Hier is jou Top 20 vir 13 November 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, met ‘n paar verassings. In die nommer 3 plek is Brendan Peyper met sy treffer “Sê ek net ja”.

‘N julle nuwe paar liedjies het ons Top 20 betree. Niks het regtig verander nie, maar daar was ‘n gestoei oor die 19de en 20ste plek. In die 19de plek kom Juanita du Plessis in met haar nuwe treffer “Nooit alleen” en op die 20ste plek skuif Joshua na die Reën in met sy treffer “2017”.

Die sanger (Joshua na die Reën) het voorheen vertel die liedjie gaan oor mense wat hul drome najaag. “Aan die begin van 2017 was daar ‘n nuwe atmosfeer in die lug, asof dit die jaar sou wees waarin baie mense die drome in hulle harte sou begin najaag. Aan die einde van 2017 voel dit vir my asof dit tog so was”.

Loer gerus hieronder na die gratis musiekvideo’s wat ek vir julle opgesit het. Ongelukkig kon ek nog nie ‘n musiekvideo of ‘n klankgreep van die nommer 1 – “Nooit alleen” van Leah & Jo Black kry om vir julle op te sit nie, maar ek hou die media dop en sal dit opsit sodra ek dit kan opspoor.

1. Leah & Jo Black – “Nooit alleen”
2. Steve Hofmeyr – “Feeslied”
3. Brendan Peyper – “Vannaand sê ek net ja”
4. Ray Dylan – “Vir ewig jonk”
5. Emil Struwig – “Liefde wen”
6. Bouwer Bosch – “Verby”
7. Tussen sterre en Bouwer Bosch – “Hemelrym”
8. Caroline Grace – “Ek bid vir jou”
9. Retief Burger – “Oor ‘n duisend jaar”
10. Len Muller – “Ons is een”
11. Appel – “Kom lê my neer”
12. Elandrè – “Afrikaans sal bly”
13. Kurt Darren – Jy’s ‘n legend”
14. Bok van Blerk & Appel – “Lemoene”
15. Elvis Blue – “Elke hart”
16. Liezel Pieters – “Gooi joou liefde op my neer”
17. Jay – “Solank”
18. Karen Zoid – “Vir jou”
19. Juanita du Plessis – “Loop op die water”
20. Joshua na die Reën – “2017”

Kom mense, stem vir jou Nommer 1 en dalk volgende week is jou sanger of groep bo aan die lysie.

Hier is jou nommer 2:- Steve Hofmeyr – “Feeslied”

En hier is jou nommer 3:- Brendan Peyper – “Vannaand sê ek net ja”

En hier is jou bonus musiekvideo’s naamlik Juanita du Plessis – “Loop op die water”

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment