Afrikaanse Musiek is Witwarm – Of is dit?

Hier by AfrikaanseMusiek.net erken ons die sukses van Afrikaanse musiek die afgelope paar jaar (in terme van verkope). Maar is die gehalte van die musiek altyd so hoog? Of is die gemiddelde gehalte van die musiek en/of liriek maar taamlik laag, maar die deursneë luisteraar gee net glad nie om nie? Of was die die gemiddelde gehalte redelik hoog, maar begin baie afneem die afgelope jaar of twee?

Hierdie is die vrae waaroor ons heelwat begin debatteer het, en ons het nog nie die antwoorde daarop nie. Ons weet dat die gehalte van die musiek gaan verskil van genre tot genre, maar dit voel tog of daar ‘n vervlakking in die gehalte van musiek in die breë ligtemusiek- en popmusiek genres is. Dit kan egter net ‘n persepsie van ons kant af wees, en ons kan dit nie kwantifiseer nie. Maar ons voel ons wil ons sienings ook aan ons lesers oordra en met julle daaroor ‘n gesprek voer.

In die volgende inskrywing gaan ons julle voorstel aan twee van ons skrywers wat die saak gaan hanteer en hopelik kan ons dit op ‘n ligte trant hou en ook baie pret hê daarmee!

Julle gaan later uitgenooi word om deel te hê aan die gesprek met julle kommentaar, maar onthou ons behou die reg voor om ongepaste kommentaar te verwyder of te modereer. Neem asseblief in ag dat kinders ook hierdie inskrywings en kommentaar lees, en daarom moet taalgebruik asseblief sodanig hanteer word. Taalpuriste moet hulself maar inhou, want daar gaan nie noodwendig altyd suiwer Afrikaans gepraat word nie, maar sien dit eerder as ‘n poging om die taal uit te bou en te laat oorleef.

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment