Aktueel – Is SA besig om Zimbabwe se voorbeeld te volg?

Terwyl daar verkondig word dat Zimbabwe ‘n land is wie se voorbeeld SA moet volg is die Land aan die brand maar so is SA ook aan die brand. Ek het so bietjie na die Geskiedenis van Zimbabwe gaan kyk en vergelyk met wat in SA aan die gebeur is.

Die program is saamgestel uit ‘n klankbaan waar Mugabe se lof besing word en 17 Artikels dateer vanaf 1992 tot 6 Julie 2016

Eers die klankbaan waar Malema Mugabe en Zimbabwe se lof besing word deur Julius Malema.

zimbabwe-dollarZim optogZim strateblocked internetZimbabwe1Zimbabwe-onrus

Dit is geen geheim dat die wit Boere in Zimbabwe vervolg is, gemartel en op hulle plase uitgemoor is nie en die meerderheid met die Mugabe regime se grondgryp beleid uiteindelik van hulle plase af weg moes vlug vir hulle lewens en in naburige lande nuwe heenkome gevind het. So het van die uitgewekenis in Zambië heenkome gevind en met hulle kundigheid strategie en beplanning bygedra tot die versterking van Zambië se ekonomie en voedselsekerheid terwyl die Zimbabwiërs kripeer van honger en elende en op strepe in miljoene uit Zimbabwe vlug opsoek na kos en werk.

Zim landgrabZim plaasmoordZim paper

Artikel 1

Hier is Landbouweekblad en Absa se jongste oorsig van die mielie-oes in Zambië.

Die oes van talle gewasse in Zambië is onderweg. Die oesvoorspellingsopname van 2015/’16 toon dat ’n mielie-oes van 2 873 052 ton verwag word. Dit is 9,73% meer as die 2 618 221 ton wat verlede jaar geoes is.

Dit volg ondanks die laat begin van die seisoen, asook onreëlmatige reënvalpatrone. ’n Gemiddelde oes van sorghum, manna, grondbone en sojabone word verwag, terwyl die oes van kassawe, rys en boontjies na verwagting laer as gemiddeld sal wees. Die patat-oes sal na verwagting vanjaar aansienlik hoër wees omdat dit geplant is toe die seisoenale reën laat Januarie/begin Februarie geval het.

Die uitvoer van Mielies wat in 2015/’16 geoes is, is tot September opgeskort. Slegs maatskappye wat in Zambië geregistreer is, sal aan die bemarking mag deelneem. Uitvoerkontrakte wat egter reeds verlede seisoen beding is, sal toegelaat word. ’n Aansienlike vraag na mielies op die plaaslike én internasionale mark het pryse opgestoot.

Om verbruikers teen hoë mieliemeelpryse te beskerm, het die regering sedert April ingegryp om die prys van mieliemeel te probeer stabiliseer en só voedselsekerheid te verhoog. Mnr. Given Lubinda, minister van landbou, het die vloerprys vir mielies vir die huidige bemarkingseisoen op 75 Zambiese kwacha per sak van 25 kg vasgestel.

Die minister het ook aangekondig dat die regering tot 1 miljoen ton mielies in die huidige bemarkingseisoen deur die Voedselreserwe-agentskap gaan koop. Daarvan sal 500 000 ton as strategiese nasionale reserwevoorrade gebruik word, terwyl die oorblywende 500 000 ton gebruik sal word om die prys van mieliemeel op die plaaslike mark te stabiliseer. Bron: Landbou weekblad

Artikel 2 op 22 Oktober 2005

Is darem ironies, sê baie waarnemers vandag, dat Zimbabwe juis sy naam van die bekende Zimbabwe-ruïnes gekry het. Want die land was tot betreklik onlangs nog een van die mees florerende Afrika-state. Nou is dit self vinnig besig om in een kolossale bouval te verander.

Die volgende is slegs een voorbeeld van die bitter hartseer ontaardingsproses wat hom anderkant ons noordgrens afspeel: Hoewel Zimbabwe eenmaal kos kon uitvoer, moet sowat vier miljoen Zimbabwiërs tans aan die lewe gehou word deur buitelandse aalmoese in die vorm van voedsel.

Die ware Zimbabwe-ruïnes is ’n kompleks van imposante murasies, wat in die suid-sentrale deel van die land geleë is en kennelik van ’n lank vergange bloeityd in hierdie wêrelddeel getuig. Maar soos die koninkryk van die ou ruïnes is die republiek van Zimbabwe se gloriedae ook nou tragies verby. Wat meer sê, daar word met groot besorgdheid in Suid-Afrika na ons buurstaat se dreigende ineenstorting gekyk, want ons gaan sekerlik self nie ongeskonde daarvan afkom indien dit sou gebeur nie.

Zimbabwe se ekonomie lê aan skerwe, verbrysel deur ’n enorme berg van buitelandse skuld en ander faktore. Die landbousektor is so te sê verwoes, die gevolg van die roekelose onteiening van plaasgrond wat aan blankes behoort het. Sout in die wonde van ’n kreperende gemeenskap was toe ’n groot menigte voorstedelike plakkershuise in 2005 genadeloos platgestoot is om konsuis van die “skuim” van die samelewing ontslae te raak.

Maar wie of wat is verantwoordelik vir hierdie geweldige krisis?

Mugabe Zim

Volgens talle kenners is dit alles grootliks te wyte aan ’n magsbeluste president wat hom as een van die mees stiksiende kontemporêre leiers op ons planeet bewys het. ’n Groot deel van die wêreldgemeenskap sal inderdaad ’n sug van verligting slaak as die meer as tagtig jaar oue pres. Robert Mugabe en sy trawante uit die kussings gelig kan word.

Tog is Mugabe (gebore 21 Februarie 1924) onlangs nog deur sekere lande op ’n internasionale byeenkoms toegejuig toe hy teen die regeringshoofde van Brittanje en Amerika uitgevaar het. As gewese verbete vryheidsvegter geniet hy steeds meer as verdiende aansien, nie soseer vanweë sy beleide nie, maar omdat hy hom so kragdadig en oënskynlik vreesloos teen die Weste verset.

Waar het alles dan eintlik vir Zimbabwe begin? Die jongste hoofstuk in die veelbewoë geskiedenis van die land is deur verskeie onstuimige episodes voorafgegaan. Hieronder volg ’n vlugtige opsomming van die land se verlede en die aanloop tot die huidige rampspoedige situasie. Verder ondertoe is ook enkele statieke oor die geografie, mense, regering en ekonomie van die land.

Voorgeskiedenis en die Suid-Rhodesiese era

HOEWEL min omtrent die gebied se vroeë geskiedenis bekend is, reken argeoloë dat ’n goed ontwikkelde inheemse staatkundige bestel reeds so vroeg as die elfde eeu nC in dié wêrelddeel bestaan het. Die eerste Europeërs wat die streek verken het, was die Portugese in die sestiende eeu. Die Europese belangstelling in die gebied het egter eers wesenlik opgevlam met die ontdekkingsreise van die Skotse sendeling David Livingstone in die middel van die 1800’s.

In die vroeë 1890’s het die British South Africa Company van die Britse imperialis Cecil John Rhodes mineraalregte van die streek se bewoners verkry in ruil vir Britse beskerming. Hierdie maatskappy het Suid-Rhodesië (soos die gebied destyds genoem is) gekoloniseer, ontwikkel en tot 1923 geadministreer. Suid-Rhodesië het in daardie jaar ’n selfregerende Britse kolonie geword.

In 1953 is Suid-Rhodesië in ’n federasie met Noord-Rhodesië (die huidige Zambië) en Njassaland (tans Malawi) verenig, maar die federasie is ná ’n dekade in 1963 ontbind.

In 1963-64, te midde van toenemende rassespanning, het Suid-Rhodesië se betreklik klein groepie blankes Britse voorstelle verwerp vir die uiteindelik oordrag van die regering aan die swart meerderheid. Toe Brittanje weier om die land sy onafhanklikheid te gee tensy die grondwet toekomstige swart beheer sou waarborg, het die blanke bewind onder Ian Smith Suid-Rhodesië in 1965 eensydig onafhanklik verklaar en dit bloot tot Rhodesië herdoop.

Guerrilla-oorlog en uiteindelike meerderheids­regering

BRITTANJE het botweg geweier om Rhodesië se soewereiniteit te erken en feitlik alle handel met sy weggebroke kolonie verbied. In 1966 het die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies sekere ekonomiese sanksies teen Rhodesië ingestel en in 1968 ’n algehele handels- en reisblokkade gelas. Rhodesiese soldate het keer op keer met swart Rhodesiese uitgewekenes gebots wat guerrilla-aanvalle vanuit basisse in Zambië geloods het.

Die guerrilla-oorlog was op sigself vermoeiend, maar dit was veral die hewige buitelandse druk wat die blanke Rhodesiërs met verloop van tyd nie langer kon weerstaan nie. Hulle het ’n ooreenkoms met gemagtigde leiers gesluit wat in 1979 tot ’n swart-wit koalisieregering met die beveiliging van blanke regte onder biskop Abel Muzorewa as premier in die hernoemde staat van Zimbabwe-Rhodesië gelei het. Muzorewa se regering is egter wyd beskou as ’n swart front vir voortgesette blanke oorheersing en het betreklik min steun by die massas geniet.

Uiteindelik, ná netelige onderhandelings tussen die belanghehhendes aan die einde van 1979 in Lancaster House in Londen, is ’n vrye verkiesing in Februarie 1980 in die herstelde Britse kolonie gehou wat tot internasionaal erkende onafhanklikheid op 17 April van daardie jaar gelei het. Zimbabwe-Rhodesië het in die proses sy dubbeldoor-naam verloor en eenvoudig Zimbabwe geword.

Bron: Mieliestronk

Zim brand

Ons land is aan die brand van einde verlede jaar en dit het begin met die afbreek van standbeelde toe volge die universitiete, die skole, munispale geboue en  verwoesting brande en plundering wat herhinner aan die tye toe die swart volke van Afrika vanaf die Noorde Suidwaarts getrek het en die nedersettings in die tog Suidwaarts ingeval geplunder en afgebrand en die inwoners wat  hulle pad gekruis het uitgewis het.

 

Artikel 3

Teen 1815 het Shaka op gewelddadige wyse die Zoeloeryk opgebou in die gebied wat later bekend gestaan het as Zoeloeland. Teen 1820, sestien jaar voordat die Groot Trek van Afrikanerpioniers uit die Oos-Kaap begin het, het Shaka en sy volgelinge uitgebreide terreurveldtogte teen verskillende Sotho-Tswanastamme in die binneland van Suid-Afrika gevoer. Daar is veral groot getalle jong en volwasse Sotho-Tswanamans deur die Zoeloes uitgemoor, terwyl hulle vrouens en vee na Natal teruggevoer is.

Een van Shaka se veggeneraals wat weggebreek het uit die Zoeloeryk was Mzilikazi (Silkaats) – die Matabeles (vandag Zimbabwe-Ndebeles) se hoofman. Mzilikazi en sy volgelinge het presies dieselfde terreurveldtogte onder Sotho-Tswanastamme in die binneland van Suid-Afrika gevoer en duisende ander swartes en lede van die Khoi en San wreedaardig uitgemoor. Shaka is in September 1828 vermoor deur sy halfbroer en opvolger, Dingane. Dingane en sy volgelinge was bekend vir dieselfde wreedhede as waaraan Shaka en Mzilikazi hulleself skuldig gemaak het.

Die ontstaan van die Basotho-koninkryk in die Malutiberge kan direk toegeskryf word aan die terreurveldtogte van Shaka, Dingane, Mzilikazi en ander tiranne soos Manthatisi van die Tlokwastam en Bergenaar van die Khoi. Hierdie tydperk in suidelike Afrika se geskiedenis (1815 tot 1835) het bekend gestaan as diemfecane/difaqane/lifaqane.

 Volgens die Britse sendeling en ooggetuie, Robert Moffat , het baie Tswanas en Sotho’s in daardie tyd soos ape in bome gebly uit vrees vir aanvalle van die Zoeloes en Matabeles. ‘n Gesaghebbende bron oor hierdie tragiese tydperk in Suid-Afrika se geskiedenis is die Amerikaanse antropoloog Omer-Cooper se boek The Zulu Aftermath. Daarin beskryf hy ook die voorkoms van kannibalisme onder sekere Sothostamme wat in Suid-Afrika tot so onlangs soos die 1800’s voorgekom het.

Die sendeling Ellenberger beweer in sy geskrifte dat daar nagenoeg 280 000 swartes deur ander swartes tydens die mfecane opgeëet is – nie omdat hulle noodwendig kannibale was nie, maar bloot omdat daar niks anders oor was om te eet nie as gevolg van die verwoesting wat tydens die mfecane gesaai is. Volgens Ellenberger sluit hierdie getal nie diegene in wat aan hongersnood dood is, of wat tydens gevegte omgekom het nie. Dit word beweer dat tussen een en twee miljoen mense dood is as gevolg van die mfecane.

Tydens apartheid en daarná het sekere akademici, soos prof. Cobbing van Rhodes-universiteit, hard probeer om die mefcane af te maak as ‘n mite. Danksy verskeie ander akademici se toetrede tot die debat word daar toenemend erkenning gegee aan die waarde van die enigste oorspronklike en geskrewe bronne van daardie tyd. Dit is dagboeke en ander geskrifte van sendelinge wat onder verskeie swart stamme in SA gewerk het, asook geskrewe bronne van mense wat nog voor die aanvang van die Groot Trek opgeteken is. Dagboeke van Voortrekkers soos Louis Trichardt en Erasmus Smit is ook waardevolle bronne wat aandui hoe die binneland van Suid-Afrika gelyk het tydens die Groot Trek – 1836 en onmiddelik daarna.

Omer-Cooper self, wat nie ‘n vriend van die apartheidregering was nie, argumenteer in reaksie op Cobbing se miteteorie dat laasgenoemde se siening van gebeure nie water hou nie. Omer-Cooper en ander antropoloë soos Elizabeth Eldridge huldig goeie argumente hiervoor. Selfs die liberale prof. Peter Delius het in 2010 in ‘n akademiese artikel ‘n beroep gedoen op akademici om tog maar weer te gaan kyk na die oorspronklike bronne wat betref die werklike gebeure rondom die mfecane.

Alhoewel die ANC-regime se propaganda geneig is om die mfecane te verswyg of die feitelike gebeure van daardie tydperk te verdraai, huiwer die Lesotho-regering nie om die ontstaan van hul koninkryk toe te skryf aan die ‘lifaqane’ nie. Resultate van onlangse navorsing dui daarop dat veediefstal en alles wat daarmee gepaardgaan in post-apartheid Suid-Afrika op die grens tussen Lesotho en die voormalige Transkei (Oos-Kaap), sterk herinner aan die gebeure tydens die mfecane.

Bron: Oase groep

Zim ImportsZim geld2

Artikel 4

Hoewel Zimbabwe lank SA se belangrikste handelsvennoot in Afrika was – Mosambiek het hom onlangs verbygesteek – het die meeste plaaslike maatskappye bitter min of geen blootstelling aan die politieke en ekonomiese onrus in dié land nie.

Kommer dat die SA ekonomie op ’n noemenswaardige manier negatief beïnvloed sal word, is misplaas, hoewel die internasionale finansiële markte SA tog benadeel weens vrese dat bure by mekaar aansteek.

Kevin Wakeford, uitvoerende hoof van die SA Besigheidskamer (Sabek), sê die meeste SA maatskappye maak nie veel staat op hul bedrywe in Zimbabwe nie en diegene wat daaraan blootgestel is, het die situasie taamlik versigtig gehanteer.

“Zimbabwe se ekonomie is baie klein – kleiner as Durban s’n – en SA maatskappye het in die afgelope twee tot drie jaar nie daarin belê nie weens die onsekerheid en onvoorspelbaarheid om die politieke omstandighede, veral rakende eiendomsreg en die oppergesag van die reg.”

Wakeford sê SA maatskappye met bedrywe in Zimbabwe werk deur bestuursmaatskappye of het hul sake verminder of vir eers gestaak.

Paul Rogers van die SA Federasie van Siviele-ingenieurskontrakteurs bevestig dat die meeste van sy lede betrokke by die konstruksiebedryf “die kat uit die boom kyk terwyl die politieke situasie in Zimbabwe so plofbaar is”.

Eric Coetzee, ontleder by die ekonomiese konsultant Wefa, sê SA banke, beleggers en finansiers het hul blootstelling sewe jaar gelede begin verminder.

“Die handelskrediet en -vloei is baie min omdat die probleme wat nou voorkom, reeds in 1995 begin kop uitsteek het.”

Maar Coetzee is bekommerd dat ’n bankkrisis sal ontstaan.

“Die Zimbabwiese regering het die banke gedwing om sy korttermyn-effekte teen 20% tot 30% te aanvaar wat heelwat laer is as die amptelike inflasiekoers van 114%. In die nabye toekoms sal rentekoerse moet styg en die markwaarde van die regeringskuld sal dus verminder.”

Ross Herbert, senior ontleder by die SA Instituut vir Internasionale Sake, sê die ondeurdagte beslaglegging op grond en die plundering van bates van hoofsaaklik die wit gemeenskap van kommersiële boere sal waarskynlik die ontwikkeling van die infrastruktuur beïnvloed. Ook kan die bestaande infrastruktuur later heeltemal ineenstort.

“Die plase word nie uitgedeel aan mense wat hulle produktief kan benut nie. Die grond word aan politieke vriende gegee wat niks van boerdery weet nie. Die land loop die gevaar dat al die voordele wat uit vooruitstrewende kommersiële boerderybedrywighede gespruit het, daarmee heen sal wees.”

Luidens die jongste verslag van die Internasionale Monetêre Fonds neem die ekonomiese verval in Zimbabwe toe weens die swak fiskale en monetêre beleid, die swak insameling van belasting en mislukte privatisering.

“Die Zimbabwiese dollar moet gedevalueer word tot op ’n realistiese vlak en die inwerkingstelling van die wisselkoersbeleid van Augustus 2000 moet hervat word. In die afwesigheid van devaluasie moet die parallelle mark verduur word, want dit maak handel en ander buitelandsevaluta-transaksies moontlik,” word in die verslag aanbeveel.

Bron: Fin24

Artikel 5

Zimbabwe se aansien laagste ooit

Mening deur Anonymous  2003-12-11

ZIMBABWE se internasionale aansien het nou ‘n ongeëwenaarde laagtepunt bereik met verpligte onttrekking aan die internasionale monitêre fonds en die land se onttrekking uit die Statebond.
Volgens die direkteur van die instituut vir internasionale aangeleenthede in Pretoria, dr. Jackie Cilliers, was Zimbabwe se onttrekking aan die statebond te wagte en kom as geen verrassing nie en sal enige post-Mugabe bewind weer by die statebond aansluit.
“Pres. Robert Mugabe self is die grootste struikelblok in die betrekkinge tussen sy land en die statebond,” het hy in ‘n onderhoud aan Republikein gesê.
Dr. Cilliers wys voorts daarop dat die Suid-Afrikaanse posisie jeens Zimbabwe is dat daar eers ‘n leierskapverandering binne die Zanu PF-party moet kom alvorens die gesprek tussen die party en die amptelike opposisie, die Movement for Democratic Change (MDC) kan plaasvind. Voorts is dit die standpunt van Suid-Afrika dat enige verandering binne Zimbabwe deur Zimbabwiers self bepaal moet word. Hy meen ook dat die grootste fout wat die MDC in die verlede gemaak het, was om hom te nou aan die kant van Suid-Afrikaanse amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie (DA), te skaar. Vanweë die gespanne betrekkinge tussen die ANC-regering en die DA het die ANC se leierskap dieselfde gesindheid jeens die MDC gekoester. Dié toedrag van sake het volgens dr. Cilliers in onlangse maande begin verander met die MDC wat selfs in die Suid-Afrikaanse parlement voor die portefeuljekomitee belas met buitelandse sake getuig het. By dié geleentheid het die MDC dit duidelik gestel dat lidmaatskap van die statebond onbenullig geword het omdat die statebond geen invloed op die hardkoppige pres. Mugabe het nie.
Dr. Cilliers meen voorts dat die statebond geen ander keuse gehad het as om Zimbabwe se skorsing te verleng nie, maar dat die dilemma is dat die organisasie geen jurisdiksie het om strafmaatreëls teen Zimbabwe in te stel nie.
In dié verband is die gedwonge onttrekking van Zimbabwe uit die IMF baie meer betekenisvol.
Die IMF, met sy hoofkantoor in Washington, het op 3 Desember aangekondig dat na hersiening van Zimbabwe se agterstallige finansiële verpligtinge en omdat dié land weier om samewerking te verleen, Zimbabwe gedwing word om uit die IMF te onttrek.
“Die IMF is jammer dat die Zimbabwese owerhede nie omvattende beleidsrigtings aanvaar het om die land se ernstige ekonomiese probleme aan te spreek nie,” lui die amptelike verklaring deur die IMF.
Ekonomiese en maatskaplike toestande in Zimbabwe het volgens die IMF verder in 2003 versleg met die bruto binnelandse produk wat met 40 persent tussen 1999 en 2003 afgeneem het en inflasie wat in Oktober vanjaar tot 526 persent gestyg het. Die vlak van armoede en werkloosheid het ook toegeneem. Vanweë die grondhervormingsbeleid en die droogte staar twee-derdes van die bevolking voedseltekorte in die gesig.
Die IMF het opnuut ‘n beroep op die Zimbabwese owerhede gedoen om hul betrekkinge met die IMF te verstewig en weer eens sy bereidheid verklaar om die land te help om programme te aanvaar wat die ekonomiese verval kon keer. Zimbabwe se agterstallige skuld sal weer oor ses maande hersien word.
Zimbabwe het sedert Februarie 2001 nie sy skuld betaal nie en teen die einde van November vanjaar was die land US$273 miljoen (meer as N$1,7 miljard) agterstallig by die IMF. Van dié bedrag is US$110 million (nagenoeg N$704 miljoen) agterstallig by die armoede verligting en groei fasiliteittrust. Zimbabwe is die eerste en enigste land ter wêreld om langdurige agterstallige skuld by dié trust te hê.
Dié land is reeds in September 2001 tot ‘n land verklaar wat nie bevoeg is om toegang tot die IMF se algemene bronne te kry nie. In Junie 2002 het die IMF ook tegniese bystand aan Zimbabwe opgeskort en in Junie vanjaar is Zimbabwe se stemreg en verwante regte by die IMF opgeskort.
Volgens die ekonomiese ontleder, mnr. Emil van Zyl van Simonis Storm Securities, is dié gedwonge onttrekking van die IFP deur Zimbabwe die eerste stap van isolering wat opgevolg word deur sanksies. “Dit is dus duidelik dat die wereld se gemeenskap besig is om die skroef aan te draai. Dit moet ook saamgelees word met die gebeure by die Statebond waar pres. Mugabe homself verder geïsoleer het deur van die Statebond te onttrek. Wanneer ‘n land eers hierdie punt bereik het, is dit net ‘n kwessie van tyd voordat iets finaal knak en die (nuwe) leierskap toenadering moet soek by die IMF en Wêreldbank om hom uit die gemors te kry.
“Dit gaan gewoonlik gepaard met heelwat voorwaardes en in die proses verloor so ‘n land
baie van sy onafhanklikheid. ‘n Mens kan dit byna gelykstel aan geregtelike bestuur waar ‘n instansie bankrot speel en die bestuur daarvan deur ‘n kurator oorgeneem word,” het mnr. Van Zyl verduidelik.

Bron: Die Republikein

Zim geldZim vuilgoed

Artikel 6

Zimbabwe  Reeds oor die afgrond Ekonomie is aan flarde

Zimbabwe se hele ekonomiese en beleidslandskap moet gerekonstrueer word. Die regerende party – Zanu-PF – se rol het verval in dié van ’n krygsheer. Elke staatsliggaam is omvergewerp om Zanu-PF se belange te dien, skryf Denis Worrall.

Humanitêre krisisse – of dit in die Midde-Ooste, Oos-Europa of Afrika is – het nie geografiese grense nie. Wat in Zimbabwe gebeur, moet die hele wêreld tot onrustigheid stem. Dat die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad beplan om die Zimbabwiese situasie te bespreek, beklemtoon die erns hiervan.

Wat belangrik is, is dat Afrika-leiers wat glo Zimbabwe is uitsluitlik ’n Afrika-probleem, weer bietjie sal moet gaan dink.

Sedert die 2008-verkiesing in Zimbabwe is daar gefokus op ’n soort van ’n politieke ooreenkoms. Oudpres. Thabo Mbeki is ’n voorstander van ’n regering van nasionale eenheid terwyl magsdeling as ’n ander alternatief gesien word.

Die argument is dus dat Zimbabwe se probleme deur Zimbabwe se politici opgelos moet word.

Nick Dawes, ’n kenner van Zimbabwiese politiek en ’n ingeligte meningsvormer, beskryf Zimbabwe soos volg: “Zimbabwe is ’n lank tyd al disfunksioneel, sy demokrasie het suurstof nodig, die ekonomie is op die ashoop en die mense word uitgebuit deur die korrupte elite, politici en hul meelopers.”

Verder: “ … dan is daar nog die verdrukking, mense wie se salarisse saam met hul vryheid gekrimp het wat vlug na Suid-Afrika, Europa en Botswana. Ons verwys nog dat Zimbabwe op die rand van ineenstorting is, maar die waarheid is dat hulle reeds oor die afgrond is.”
Dit word geïllustreer deur die cholera-epidemie wat ’n duidelike aanklag is teen die Zimbabwiese regering se onvermoë om basiese dienste te lewer. In geen onduidelike taal vertel dit die verhaal van Zimbabwe se verval.

Ital Rusika, uitvoerende direkteur van die Community Group on Health, ’n burgerlike en sosiale netwerk van 35 nasionale organisasies, antwoord op die vraag hoeveel mense al in Zimbabwe aan cholera dood is: “Zimbabwe het voorheen oor van die beste gesondheidsdienste in die streek beskik. Nou werk telefone nie, verpleeglui is nie aan diens nie en die inligtingstelsels het in duie gestort. Dit is moeilik om te sê hoeveel mense al dood is aan cholera. Dit is alles tekens van ’n regering in verval.”

Die organisasie Dokters vir Menseregte (PHR) het ook gevra dat Zimbabwe se gesondheidsdienste onder internasionale administrasie geplaas moet word.

Frank Donaghue, uitvoerende hoof van die PHR, het selfs verder gegaan en gevra dat die Veiligheidsraad die Zimbabwiese administrasie dwing indien hulle sou weier om die gesondheidsdienste onder internasionale beheer te plaas.

Terselfdertyd behoort die Veiligheidsraad aanklaers by die internasionale strafhof opdrag te gee om getuienis in te win oor die menseregtevergrype in Zimbabwe. Dit sluit in die skending van die reg op gesondheid, voedsel, water en werk.

Die PHR glo dit is iets waarmee Afrika-leiers nie gemaklik gaan wees nie. As dit so is, behoort die Afrika-unie dan so te reageer dat antwoorde verskaf word op hierdie kwessies.

Wat my bring by die definisie van ’n “staatlose staat”. Die tradisionele, internasionale regsdefinisie van ’n staatlose staat verwys na wanneer ’n land fisiek beheer verloor oor sy grondgebied. Zimbabwe is ’n soewereine staat en is lid van die VN en ander internasionale organisasies. Hy kan dus nie as ’n “staatlose staat” gedefinieer word nie.

Maar, die moderne konsep van ’n “staatlose staat” sluit ook dinge soos dienslewering, korrupsie, misdaad asook die agteruitgang van die ekonomie in. ’n Land word ook as ’n staatlose staat gesien wanneer lewensomstandighede – om ekonomiese of politieke redes – so neerdrukkend is dat mense na ander lande vlug en uitgewekenes word.

Zimbabwe se onvermoë, gemeet aan die volgende kriteria, het nie veel verduideliking nodig nie.

) Die staat het op alle gebiede van maatskaplike welsyn misluk – nie net gesondheid nie. Daar is ’n ineenstorting van basiese infrastruktuur. Een nie-regering-organisasie sê cholera-pasiënte kan nie hul medisyne drink nie omdat daar ’n tekort aan water en kos is.

) Zimbabwiërs wat honger ly is ’n direkte uitvloeisel van die Zimbabwiese regering se beleid.

) Zimbabwe se ekonomie is aan flarde. Die huidige werkloosheidsyfer trek al by meer as 80%.

) Eens was Zimbabwe trots op sy finansiële instellings. Vandag sit opgeleide en bevoegde Zimbabwiërs oral in die wêreld. Die finansiële instellings het heeltemal in duie gestort.

) Na raming woon 5 miljoen Zimbabwiërs (die helfte van die bevolking!) elders omdat hulle moeg is vir verdrukking in hul land asook weens die beheer wat die staat op die media uitoefen.

Die vraag ontstaan of die leiers wat verantwoordelik is vir die ellende van Zimbabwe se mense, en vir die verwoesting van hul eie land, toegelaat moet word om deel te neem.Arthur Mutambara, leier van een van die faksies van Zimbabwe se Movement for Democratic Change (MDC), sê: Daar is net drie maniere om van Mugabe ontslae te raak: geweld en oorlogwapens; ’n vreedsame massa-opstand of betogings; of vrye en regverdige verkiesings.

Nie een van die eerste twee sal werk nie en omstandighede in Zimbabwe is nie gunstig vir die hou van ’n verkiesing nie.

Daar kan dus geen twyfel wees dat Zimbabwe ’n staatlose staat is nie. Die kaalkop-waarheid is egter: nóg Zimbabwe nóg sy burgers is in ’n posisie om die situasie in hul land om te draai.

Dit kan net gedoen word – en alleenlik met ongelooflike verbeeldingskrag, bekwaamheid, visie en baie geld – met die hulp van die res van Afrika en die internasionale gemeenskap.
) Dr. Worrall is voorsitter van Omega Investment Research en ’n voormalige politikus en ambassadeur.

Bron: Naspers 4 Feb 2002

 

Artikel 7

Dollarisering as ekonomiese oplossing vir die Zimbabwiese ineenstorting. Tydskr. geesteswet.  2010, vol.50, n.1, pp. 50-65. ISSN 2224-7912.

Die ekonomiese en politieke verval van Zimbabwe duur reeds langer as ‘n dekade en versleg toenemend. Weghol-hiperinflasie van ondenkbare afmetings, ‘n werkloosheidskoers van bykans honderd persent en ‘n verpletterde geldeenheid met letterlik geen eksterne waarde of aansien nie, kenmerk hierdie verval. Die katastrofiese afmetings van die volhardende sosio-ekonomiese en politieke tragedie dui op ‘n nog bleker toekomsprentjie vir die land indien die huidige politieke onderhandeling nie beslissend aangepak word nie. Daar bestaan geen kits politieke of ekonomiese oplossing vir hierdie weersinwekkende situasie nie, maar ekonomiese herstel moet immers met sekere basiese ekonomiese hervorming stappe begin. Hierdie artikel stel dollarisering voor as ‘n alternatiewe wisselkoers stelsel waarmee die ekonomiese wanorde wat tans die ekonomiese toneel kenmerk, opgeruim kan word. Dit verduidelik die term “dollarisering”, die eienskappe daarvan sowel as die onderliggende rasionaal van die regime as ‘n supervaste wisselkoersstelsel vir Zimbabwe. Daarna word die moontlike voor- en nadele van so ‘n stelsel vir Zimbabwe uitgelig, gepaardgaande met ‘n bespreking van randarisering as ‘n moontlike alternatiewe oplossing. Dollarisering word as ‘n moontlike oplossing vir Zimbabwe aanbeveel, maar randarisering kan ook met versigtigheid oorweeg word. Hoewel dollarisering op sigself sal help, sal dit nie ‘n kitsoplossing vir die Zimbabwiese verval bied nie. Dit sal nie die huidige ramp oplos tensy dit deur ander wydlopende en geloofwaardige politieke en ekonomiese hervormings vergesel word nie.

Bron: Scielo

Artikel 8

ANC, grond en SA se toekoms

22 April 2013 18:06

TELKENS as die ANC so emosioneel raak oor grond soos verlede week in die parlement, doem beelde van Zimbabwe se verval onder pres. Robert Mugabe onwillekeurig op.

Gaan die ANC toelaat dat Suid-Afrika dieselfde paadjie van populistiese rampspoed loop? Want as hy dit gaan doen, moet ’n mens vroeg spring.

Ten einde onemosioneel bestek op te neem van moontlikhede, moet ’n mens die relatiewe simpatie met en ondersteuning van Mugabe se Zanu-PF binne die ANC meet en in ag neem.

Doen jy dit, moet jy eerstens toegee daar is ’n sterk minderheidsgroep binne die ANC wat dit vreeslik sal geniet om Mugabe se beleid hier toe te pas.

Baie mense wil mos maar niets vir iets hê – hoe verkeerd dit ook al as lewensbeskouing is – en die morele hoë grond behoort bepaald aan die verontregtes.

Dat onreg gepleeg is, is onteenseglik. Al ontken sommiges dit.

Maar daar is en was nog deurgaans ’n meerderheidsgroep in die ANC wat die toekoms belangriker ag as die verlede en wat nie wil hê Suid-Afrika moet op die Zimbabwe-pad beland nie.

Dié meerderheidsgroep is baie uitgesproke en was dit nogmaals verlede week in die parlement, waar Stone Sizani uit die voorsitterstoel sy mede-ANC’s vermaan het: “Oppas wat julle sê. Laat ons nou nie die mense laat dink ons wil ons ou buurman betrek nie. Hy is onskuldig. Hy weet nie eens ons vergader vandag nie!”

Kyk ’n mens na die geskiedenis van postkoloniale Afrika, verdien die ANC hoë lof dat hy nie in ’n groter mate oor grondbesit toegegee het aan die populistiese versugtinge van die armstes nie.

Hierdie benadering kan onder druk kom as die ANC volgende jaar se verkiesingsdebat wil wegkeer van sy swak diensleweringsgeskiedenis.

Daarom moet die regerende party versigtig trap en nie toegee aan die versoekinge van die populisme nie. Suid-Afrika se volgehoue sukses is belangriker.

Bron: Netwerk24

Artikel 9

4 Miljoen Ondervind Hongersnood In Zimbabwe

03/05/2016

TOPICS:4 Miljoen ondervind hongersnood in Zimbabwe

Die getal mense wat hongersnood ondervind weens die droogte in Zimbabwe, het tot ongeveer 4 ­miljoen toegeneem.

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, UNICEF, sê Zimbabwe gaan gebuk onder die ergste droogte in twee dekades en wat ook tot ‘n waterskaarste in die land gelei het.

‘n Noodtoestand is vroeër in die land afgekondig.

Zimbawe die “vooruitstrewende” land wat Malema meen ‘n voorbeeld vir SA is om na te streef

Bron: 100mikpunt6

Artikel 10

4 Mei 2016

Zimbawe het sy eie variasie van die USD bekend gestel om sy eie geldeenheid se waardevermindering te probeer stuit. John Mangudya die hoof van die Reserwe bank van Zimbabwe sê die bank sal note van USD 2,5,10 en 20 instel wat dieselfde waarde as die waarde van die USD sal dra, aldus ‘n afkondiging wat vroeër die maand bekend gemaak is.

Vanaf sy eie geldeenheid se waarde drasties geval het in 2009 het Zimbawe van geldeenhede soos die ZAR,USD en GBP en meer onlangs die Sjinese Yaun gebruik gemaak. Die versterking van die Amerikaanse geldeenheid maak Zimbabwe se handels penarie erger.

Zimbabwe voer alles van kookolie tot gesig seep in en hulle invoere vir die eerste kwartaal van die jaar beloop 410 miljoen USD  invergelyking met hulle uitvoere van slegs 167 miljoen USD

Dit plaas ‘n groot stremming op die land se kontant vloei,  het Sam Malaba die hoof uitvoerende beampte van die Landbou Bank in Zimbabwe gesê.  Die staat sukkel om die werkers in die staatsdiens te betaal en van die banke moes reeds hulle kitsbanke sluit omdat hulle gevrees het vir lang toue angstige ontrekkers.

Baie werkers bly onbetaald en van hulle word in klein paaiemente  betaal.  Mense kan nie meer bekostig om kos te koop en kan nie skoolgelde betaal nie, terwyl hulle poog om groter skuld aan te gaan om te probeer oorleef.

Bron: Quartz Afrika (Vertaling)

Artikel 11

Die Mugabe-era

ROBERT MUGABE, die onafhanklike Zimbabwe se eerste premier, was sedertdien die enigste heerser van Zimbabwe (as president sedert 1987) en hy oorheers steeds die land se politieke bestel. Aanvanklik het hy hom so goed van sy taak gekwyt dat selfs van sy vorige aartsvyande lof daarvoor gehad het. Maar rondom die afgelope eeuwisseling het betrekkinge tussen Mugabe en Brittanje tot ’n noodwendige breekpunt verswak omdat hy in die eiendomsbesit van Zimbabwe se blanke minderheidsgroep ’n sondebok vir sy land se probleme gesoek het.

Sy uiters drastiese optrede teen die land se blanke boere het ’n geleidelike aanloop gehad. Zimbabwe is so erg deur ’n verwoestende droogte gekniehalter dat ’n nasionale noodtoestand in 1992 afgekondig is. Nog iets wat die land se geldkoffers help dreineer het, was sy betrokkenheid in 1998-2002 by die oorlog in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Toe die ekonomiese skoen erg begin druk, moes die lydende swart massas op die een of ander manier gepaai word. En die wit elite moes dit ontgeld.

Die blankes van Zimbabwe—minder as een persent van die bevolking—het met onafhanklikwording sewentig persent van die land se kommersieel bewerkbare grond besit, waarvan tagtig persent sedert 1980 wettig aangekoop is. In 1999 het Mugabe egter met sy hoogs omstrede “grondhervormings” begin, met 5 000 plase in sy visier wat nog deur blankes besit is en sewentien persent van die land uitgemaak het. Dit het doodeenvoudig daarop neergekom het dat talle blankes se plase gewelddadig deur swartmense beset is en die verpletterde eienaars geen ander keuse gehad het as om sonder vergoeding van hul eie grond pad te gee nie.

Hierdie vergryp het daartoe gelei dat Zimbabwe uit die Statebond geskors is op grond van menseregteskendings en ook omdat daar met die verkiesinguitslae van 2002 gepeuter sou gewees het. Zimbabwe het hom later uit die Statebond onttrek.

Die grondbesettings self was, soos verwag kon word, ’n fatale ekonomiese flater. Die brute oorname van die plase van kundige blankes het tot grootskeepse ellende gelei omdat daar geen behoorlike oeste meer was nie.

Tot oormaat van ramp het Zimbabwe tans ’n geweldige vigs-probleem. Trouens, die Verenigde Nasies het onlangs geraam dat meer as een uit elke drie Zimbabwiërs (34 persent) MIV/vigs het, moontlik die grootste persentasie op aarde, in vergelyking met die wêreldgemiddelde van sowat 0,65 persent.

Die grondhervormings was boonop lank nie die enigste menseregteskending van die Mugabe-bewind nie. Ná die verkiesing van 2005 het die regering byvoorbeeld “Operasie Murambatsvina” ingestel om konsuis van onwettige markte en plakkershuise ontslae te raak. Maar waarop die opruimingsproses neergekom het, is dat ’n groot deel van die stedelike armes dakloos gelaat is. Daar is die persepsie dat hulle deur die Mugabe-bewind gestraf is omdat hulle—anders as die plattelandse kiesers—in die verkiesing meestal teen Mugabe gestem het.

Hoe lank die bejaarde Mugabe nog die leisels in sy wankele land kan vashou, is ’n ope vraag, maar sy veiligheidsmagte smoor steeds enige opstand teen sy gesag met alle mag tot hul beskikking. Intussen hou die mense van Suidelike Afrika asem op vir wat nog vorentoe kan gebeur. Nie almal stem saam met ons pres. Thabo Mbeki se beleid van stille diplomasie jeens Mugabe nie, maar almal is dit met hom eens dat dit in geeneen van ons se belang is dat Zimbabwe ondergaan nie.

Ekonomie van Zimbabwe

Munt DIE regering worstel met ’n groot verskeidenheid van ekonomiese probleme wat wissel van ’n reuse-skuldlas en hemelhoë inflasie tot leë rakke in die winkels. Die betrokkenheid van Zimbabwe in 1998-2002 by die oorlog in die Demokratiese Republiek van die Kongo het honderde miljoene dollars uit die ekonomie onttrek, om van die wyd veroordeelde grondhervormings nie eens te praat nie.

Daardie sogenaamde “hervormingsprogram”, gekenmerk deur chaos en geweld, was ’n geweldige slag vir die kommersiële boederysektor, die tradisionele bron van uitvoere en buitelandse valuta en die voorsiener van 400 000 werkgeleenthede.

Geldnoot voor en agter – 20 zimdollarHoogs nodige steun van die Internasionale Monetêre Fonds bly in die weegskaal omdat die land nie sy geldelike verpligtinge kan nakom nie. Die inflasiekoers is aan die weghol en die wisselkoers het van 24 Zimbabwiese dollar per Amerikaanse dollar in 1998 gestyg tot ’n ongehoorde 26.156 Zimbabwiese dollars per Amerikaanse dollar in Oktober 2005 toe hierdie artikel geskryf is.

Vir Zimbabwe is die skrif duidelik aan die muur…

*) Sekere inligting en grafika met dank uit The World Factbook van die Amerikaanse CIA , met inagneming van hul afstanddoening van kopiereg soos vervat in die volgende stellings op hul Copyright Information-bladsy: “The Factbook is in the public domain. Accordingly, it may be copied freely without permission of the Central Intelligence Agency (CIA).”

Bron: Wikipedia

Artikel 12

Zimbabwe kan armste land in Afrika word

DIE ekonomiese probleme wat Zimbabwe ondervind, is ‘n noodsaaklike
euwel om die land se program vir herstrukturering te laat slaag, het
mnr. Robert Mugabe, Zimbabwe se president, vandeesweek gesê.
Sapa berig dat hy op ‘n perskonferensie gesê het hy het
simpatie met die talle gesinne en maatskappye wat erg deur die
resessie geknou is, maar ‘n streng monetêre beleid is nodig om hoë
inflasie te bekamp.
Wat hy egter nie bygevoeg het nie, is dat die Regering
grootliks verantwoordelik is vir die gemors waarin die land se
ekonomie hom bevind.
Volgens Syfrets se jongste nuusbrief, wat as Geldsake bekend
staan, is Zimbabwe vinnig besig om die armste land in Afrika te
word. Dit is ‘n hele mondvol as ‘n mens in gedagte hou dat die
Wêreldbank sowat twee jaar gelede bekend gemaak het dat Mosambiek
die armste land ter wêreld is.
Hoewel die rassebetrekkinge in die land betreklik goed is, was
Zimbabwiërs nog nooit so ontnugter soos nou nie. Pres. Mugabe se
regering is so ongewild dat min kommentators meen dat hy in 1995 ‘n
vierde oorwinning by die stembus sal behaal.
”Korrupsie vier hoogty, ooglopende openbare besteding duur
voort te midde van stygende voedseltekorte wat veroorsaak is deur
die ergste droogte in menseheugenis.
”Huidige skattings wil dit hê Zimbabwe weens die feitlik
algehele misoes van mielies 1,7 miljoen ton mielies en 300 000 ton
suiker en koring sal moet invoer. Die inflasiekoers het tot bo 30%
gestyg en vir die laerinkomste- groep beloop dit tot 37%,” sê
Syfrets.
Dit is ook bekend dat pres. Mugabe se regeringsfilosofie was om
baantjies vir boeties en geleenthede vir mense wat moontlik ‘n
politieke verleentheid vir hom kan wees, te vind. Die kabinet het
gegroei tot ‘n regering van 56 vise- presidente, senior ministers,
adjunk- ministers en provinsiale goewerneurs met baie duur gevolge.
Die staatsdiens het, soos in feitlik elke ander Afrika-land,
baie groter geword. Tot einde 1990 het die staatsdiens in Zimbabwe
van 40 000 tot 190 000 gegroei.
Die ekonomie is erg deur hierdie ”topbestuur” getap. Dit is
só erg dat 42% van herhalende staatsinkomste gewy word aan die
instandhouding van dié burokrasie, sê Syfrets.
Staatsbesteding as ‘n persentasie van die BBP het van minder as
40% in 1980 tot 66% in 1987 gestyg. Die tekort op die begroting
sedert 1980 het tussen 8% en 15% gewissel, maar dit is minder gesond
as wat dit lyk, want dit word beheer deur veral skerp stygings in
belasting en nie deur minder staatsbesteding nie.
Die vernietigende invloed van die Mugabe-regering hou nie hier
op nie. Die totale staatskuld as ‘n persentasie van die BBP het van
6% in 1980 tot 15% gestyg. Staatskuld is nou Z$12 miljard teenoor
Z$1,8 miljard in 1980.
Pres. Mugabe en sy ministers het in dié tyd, waarin hulle die
grootste misbruikers van private geld was, ook die felste kritiek
teen die private sektor uitgespreek.

Bron: argief/berigte/beeld/1992/10/9/4/12

Artikel 13

MDC vra hulp ‘want Zimbabwe brand’

Die Movement for Democratic Change (MDC) het ’n beroep op die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) gedoen om in Zimbabwe in te gryp nadat minstens 20 mense Maandag in hegtenis geneem is ná ’n geveg tussen taxibestuurders en polisie in die hoofstad Harare.
“Zimbabwe brand. (Lande in) die streek kan nie hande gevou sit terwyl die toestand in ’n lidland vererger nie,” sê dié opposisieparty se woordvoerder, Obert Gutu.

Die voorvalle in Harare volg op erge geweldpleging die afgelope paar dae in die grensdorp Beitbrug waar ’n pakhuis van die regering en ’n kitskoswinkel afgebrand is. Verkeersligte is beskadig en paaie is met klippe versper.

Volgens die staatsuitsaaier in Zimbabwe het die polisiewoordvoerder Charity Charamba gesê daar is ook op tien busse beslag gelê tydens botsings tussen taxibestuurders en die polisie in die Epworth-, Mabvuku- en Ruwagebiede van Harare.
Die geweldpleging is uitsonderlik in ’n land waar pres. Robert Mugabe reeds sowat 35 jaar lank met ’n ystervuis regeer.

Die betogings by Beitbrug het gespruit uit ongelukkigheid oor streng nuwe invoerregulasies wat op 17 Junie deur die Zimbabwiese regering aangekondig is. Die regering het onder meer die invoer van gebottelde water, mayonnaise, meubels en aartappelskyfies vanuit Suid-Afrika verbied om “plaaslike handel te bevorder”.

Die gewledpleging hou glo verband met die swak ekonomiese toestande in die land wat volgens betogers die gevolg is van wanbestuur deur die regering.

Die staatsbeheerde Zimbabwiese koerant Sunday Mail berig die land se owerhede pak die skuld vir die geweld op “misdadige elemente” wat nie direk betrokke is by oorgrenshandel nie omdat Zimbabwiërs gewoonlik “vreedsaam” betoog.

Bron: Netwerk24

Artikel 14

Worrall se heropbou-program vir land

) Dat die Afrika-unie in oorlegpleging met die VN en sy agentskappe ’n heropboukommissie op die been bring onder die voorsitterskap van verkieslik ’n persoon uit Afrika wat die administrateur van die program sal wees (ons dink hier aan Kofi Annan, oud-pres. Thabo Mbeki, oudpres. F.W. de Klerk of oudpres. Daniel Arap Moi).

) Die kommissie sal internasionaal bekende gesaghebbendes op hul onderskeie gebiede wees wat as koördineerders geskikte beleide en programme in die betrokke regeringsafdelings sal opstel waar hulp nodig is.

) Benewens geskikte staatsamptenare van Zimbabwe sal elke koördineerder deur twee Zimbabwiese raadgewers bygestaan word wat nie noodwendig self in die parlement is nie, maar deur die parlement verkies word.

) Die Zimbabwiese grondwet sal tydelik aangepas word om die kommissie in staat te stel om ernstige besluite te neem oor die betrokke regeringsgebiede en die besluite van die kommissie sal bindend wees op alle vertakkings van die regering tensy dit deur ’n tweederde-meerderheid in die Zimbabwiese parlement verwerp word.

) Die verteenwoordiger in Zimbabwe van een van die voorste vier ouditeursfirmas sal aangestel word om die finansiering van die heropbouprogram te ontvang en te beheer. Dit sal verantwoordelik wees vir toesig oor en die toekenning van enige tenders wat deur die kommissie se werk benodig word.

Staatsveiligheid en verdediging

) Die koste van die implementering van die heropbouprogram kan nie bepaal word sonder inligting oor hoe die AU en die VN funksioneer nie. Die program is veronderstel om foute en mislukkings in Zimbabwe te herstel en om te keer. As hierdie strategie werk en begin bewys dat Zimbabwe kan gered word, sal ander beleggers en finansierders na vore kom.

Bron: Beeld 1992
Artikel 15

Zimbabwe op rand van anargie

July 6, 2016

Boodskappe op sosiale media toon inwoners van Zimbabwe het nou genoeg gehad van ‘n regering wat nie die land kan regeer nie.

‘n Protesdag word op Woensdag 6 Julie beplan met oproepe dat besighede gesluit moet bly. Die oproepe is op sosiale media gedoen omdat die land se media deur die staat beheer word.

Die onlangse instelling van onredelike invoerregulasies van sekere produkte, voedseltekorte, ‘n tekort aan kontant asook die nie-betaling van staatsamptenare se salarisse in Junie het die situasie tot ‘n breekpunt gebring.

Vrese bestaan dat die instroming van Zimbawiërs na Suid-Afrika sal toeneem.

Die nuwe invoerregulasies wat deur die Zimbabwiese regering ingestel is, was die vonk in die kruitvat wat gelei het tot die brandstiging by ‘n pakhuis by Beitbrug en betogings by die grenspos verlede Vrydag.

Sedertdien het onluste in die Zimbabwe uitgebreek wat hoofsaaklik gesentreer is in Harare. Maandag moes die polisie in Harare terugval toe betogers die strate ingevaar het oor sogenaamde padblokkades en boetes wat deur die polisie uitgereik is.

Bron: Die Vryburger

Artikel 16

Zimbabwe op ‘n mespunt weens onrus

Die Weermag in Zimbabwe is op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas om in te gryp in die protesoptrede teen die korrupte regering van president Robert Mugabe.

Jongmense het gister veral in opstand gekom in Bulawayo, waar bande in die middel van paaie gebrand is en die polisie met klippe bestook is.

Die Zimbabwiese polisie het op hul beurt toegeslaan op die media en het joernaliste in hegtenis geneem en van hulle gedwing om foto’s wat geneem is, uit te wis. Polisiegeweld kenmerk ook die optrede teen Zimbabwiërs.

Die boodskapdiens, WhatsApp, se netwerk was na bewering gister vir ‘n tyd lank afgesluit, maar desondanks het sosiale media steeds gegons met die hutsteken, #ZimShutDown2016.

Intussen is berig dat kuberkrakers, Anonymous Africa, die Zimbabwiese regering, die regerende Zanu PF en die staatsradiostasie se webblaaie gesaboteer het om die protes teen die regering te steun. Nie een van die webblaaie kon oopgemaak word nie.

Meer as ‘n honderd mense is in hegtenis geneem in onder meer Bulawayo, Harare en Victoria Falls.

Afgesien van die opstande plek-plek in Zimbabwe was die strate van die meeste dorpe en stede verlate weens staatsamptenare en sommige handelaars se wegbly-aksie.

Volgens die staatsradio was die aksie ‘n volslae mislukking, maar selfs in die grensdorp, Messina, het sake baie traag verloop by besighede in die dorp. Zimbabwiërs stroom gewoonlik op ‘n daaglikse basis daarheen om voorrade aan te koop om weer in hul eie land te gaan verkoop.

Die protesoptrede in Zimbabwe volg nadat die regering besluit het om die invoer van sekere basiese voedselsoorte uit Suid-Afrika te verbied.

Die nuwe staatsregulasies het verlede Vrydag betogings weerskante van die grenspos by Beitbrug ontlok. Aan die Zimbabwiese kant van die grenspos is ‘n pakhuis van die staat afgebrand.

Alhoewel dit sedertdien blykbaar heel rustig is by Beitbrug, het die onrus in die land begin eskaleer en is protesaksies veral op sosiale media aangemoedig.

 Bron: Vryburger

Artikel 17

SA volg in Zimbabwe se spore

Die huidige inploffing van Zimbabwe laat die herinnering ver teruggaan.

In die meer ‘onlangse’ geskiedenis sowat 38 tot 36 jaar gelede begin die “When wes” (“When we where in Rhodesia”) se uittog ontvou.

Daaragter lê natuurlik ‘n veel langer verhaal wat gevolg kan word totdat die Ian Smith-regering uiteindelik sou swig onder die druk en die knie gebuig het voor die aandrang op ‘n meerderheidsregering.

Baie het hiertoe bygedra.  Rolspelers soos onder andere Harold Wilson, Henry Kissinger, John Vorster en Pik Botha het gesorg vir die oorgawe. Die interaksie tussen politieke verraad en die bosoorlog kan, net soos in Suid-Afrika, nie in Rhodesië van mekaar geskei word nie.

Uiteindelik sou Robert Mugabe en sy ZANU-PF reeds vanaf 1980 begin klou aan die mag in Rhodesië soos ‘n tipiese Afrika-diktator.

Die tweede uittog (die eerste uittog was in 1978) van Rhodesiërs het toe oor die grens begin. Vanjaar is dit 36 gelede, en die land, bekend as Zimbabwe, het nou aldus mediaberigte finaal ineengestort.

In Suid-Afrika is die ANC, SAKP, Cosatu-alliansie, al 22 jaar van die 36 jaar besig om die land dieselfde kreeftegang te laat gaan weens die De Klerk-oorgawe.

Desondanks was Suid-Afrika nog altyd deur die jare ‘n heenkome vir eers die “When wes” en toe derduisende swart Zimbabwiërs.

Hongersnood en werkloosheid is van die grootste dryfvere wat hulle oor die grens na Suid-Afrika laat stroom.

Weens die opstande die afgelope paar dae in Zimbabwe word gevrees dat hierdie toestroming van sogenaamde vlugtelinge na Suid-Afrika sal toeneem.

Suid-Afrika gaan gebuk onder ‘n ANC-diktatuur gepaardgaande met uiters swak politieke leierskap en kenmerkende vergrype. Faktore soos ‘n hoë werkloosheidskoers, korrupsie, gewelddadige betogings en ‘n droogte maak dat ‘n nuwe vlaag ‘vlugtelinge’ uit die buurland ‘n loodswaar las op die plaaslike ekonomie sal plaas.

Nog vlugtelinge sal noodwendig Suid-Afrika se buitengewoon hoë misdaad ‘n baie kerwe hoër opskuif.

Dit bly egter knaag dat die ANC-regime Zimbabwe se Mugabe as ‘n boesemvriend hanteer en selfs as ‘n voorbeeld voorhou. Die ekstreme vleuel van die ANC, die EFF van Julius Malema, gebruik grondeiening  en -besetting in die buurland gedurig as ‘n navolgingswaardige voorbeeld.

Hierdie roete het gesorg vir hongersnood en werkloosheid, en uiteindelik die ondergang van Zimbabwe.

Plaaslik is ‘n wedloop tussen die EFF se klimaatskepping vir grondbesetting en die regime se wetgewing omtrent grondonteiening aan die gang.  

Die vriendskap tussen die twee lande se diktatorskappe het ‘n nog veel donkerder kant weens die Chinese konneksie wat altwee handhaaf en die gerugte dat plaaslike terroriste (misdadigers) oorkant die grens opleiding ontvang (het).

Hoe ookal sy, Suid-Afrika en Zimbabwe is soos twee drenkelinge wat mekaar uiteindelik in ‘n stormagtige Afrika ondertoe trek.

Bron: Vryburger

Klink al die dinge nie dieselfde as wat in SA gebeur en oppad is om te gebeur nie?


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment