Bos Oorlog Episode 4 Potgooi


Ou Herinneringe in die 4rde  episode van die bos/grensoorlog reeks wat 11 April 2016 uitgesaai was.

As jy ‘n storie het om te vertel. of lewer  kommentaar  of stuur vir my ‘n epos by nuus@saukradio.com dan word dit ingesluit in die volgende program oor die Bosoorlog  Maandae aande om 8nm op SAUK Nuus Radio. Jy kan jou storie ook lewendig op die lug vertel Kontak my dan maak ons ‘n afspraak

Waarskuwing van Klug (Scams) wat die rondte doen oor weermag pensione!

Moet asb nie reageer op sulke boodskappe wat in omloop is nie hulle kul jou uit geld uit daar is geen sogenaamde gelde of voordele wat deur die regering uitbetaal word aan oorlog veterane nie!!

Voorbeeld van boodskap in omloop:
Daar is R153 600 Backpay vir Almal wat in die Weermag was 1960 – 1994. En dan R3 200 pm plus Behuising en Militere Medies. WApp of bel my 081 ****676 Gerhard. ek wil net vir julle se hierdie is regtig ounens die eerste batch word uitbetaal in Maart stuur aan vir almal asb My baas vandag sy vorm gestuur SMS jou nr en email adress jy stuur aansoek vorm en julle almal gaan my uit vat vir n ete”

Ou Herinneringe: 

 

Sampie Stoffberg skryf:

Die Grensoorlog! SA magte was in n menigte gevegte betrokke. In die begin jare 1966 tot miskien vroee tagtigs primer met Swapo, met n geveggie hier en daar waar FAPLA magte ondersteun deur Russe, Kubane, Oos Duitsers en soldate van n paar ander lande betrokke was. Later jare het Fapla en die ander magte meer en meer na vore getree om die SA magte te probeer stuit. Soos; n Seksie Valskerm-soldate wat in in n Fapla Brigade naby Ongiva vasloop. Een Valskerm-soldaat sneuwel in die geveg. Netso het lede van 32 Bataljon by verskeie geleenthede in n oormag vyand vasgeloop. Baie ander Eenhede het soortgelyke ondervindings beleef! Wat het die SA magte in die gevalle gedoen? Gehardloop! Maar nooit weggehardloop nie! Gevlug, maar nooit weggevlug nie. Ons get geskrik, maar was nooit verskrik nie! Ons was seuns, maar ons het geveg soos manne! Ons het gevlieg soos Arende, maar geveg soos leeus! Saluut, julle maak my trots om deel van julle te wees!

 

Ons bring Hulde aan ons Helde wat vir Volk en Vaderland op 11 April 1966 – 1989 die hoogste prys betaal het:

FOR THEM THE LAST POST HAS SOUNDED

On 11 April 2016, let us pause for a minute to remember the following young men from our Generation who answered the Final Roll Call.

11 April 1979: 76204841BG Signaller Gerhardus Johannes Jacobus Senekal from Grootfontein Headquarters Signal Unit, attached to 52 Battalion was critically wounded while sitting on his bed at the Unit. A fellow soldier came into the bungalow, put a magazine into his rifle, cocked the weapon twice and pulled the trigger as the weapon was being put down. A shot went off, critically wounding Senekal in the head. He was immediately evacuated to the hospital facility in Grootfontein but was declared dead on arrival. He was 19.

11 Apr 1980: 77264414BG Rifleman John Edward McEwan from 5 SAI was Killed after suffering a gunshot wound accidentally inflicted while attached to Alpha Company, 5 SAI. His platoon had just been deployed to Ruacana and Concor Dam. After Klaarstaan at the Ruacana Airfield, one of his mates indicated to John that the ejector mechanism on his R1 rifle was not functioning. John fiddled with it, cocked the weapon and fired it with the rifle butt still on the ground. A bullet struck him in the head, killing him instantly. He was 18.

11 April 1982: 79464954BG Sapper Brian Robert Gibbs from 2 Field Engineer Regiment attached to the Army Battle School was killed instantly at Olifantshoek after receiving multiple shrapnel wounds in an accidental rifle grenade explosion. He was 19.

11 April 1982: Special Constable Pedro Sakaria from the South West Africa Police Counter-Insurgency Wing: Ops-K Division (Koevoet) was Killed in Action during a contact with SWAPO/PLAN Insurgents in Northern Owamboland. He was 28.

11 April 1986: Special Constable Matias Vilho from the South West Africa Police Counter-Insurgency Wing: Ops K Division (Koevoet) was Killed in Action during a contact with SWAPO/PLAN Insurgents in Northern Owamboland. He was 26.

11 April 1991: 72422603PS Major Robert Michael Turner from 85 Combat Flying School was killed after his Atlas MB326KM Impala Mk II, Serial Number 1041 suffered engine failure while on final approach to land at AFB Pietersburg. By the time he ejected from the aircraft, he was already amongst the trees and he was killed instantly. He was 34.

Their names and sacrifice have not been forgotten.

Die jaar 2016 beloof om ‘n baie spesiale jaar vir alle 61 Veterane te wees. Ons is veral afwagtend vir wat alles in Augustus gaan gebeur met die bekendstelling van ons 61 boek “Mobility Conquers – The Story of 61 Mechanised Battalion Group 1978 – 2005”, asook die Algemene jaar vergadering en lekker skouerskuur daarna. Die gevoel is dat hierdie jaar se AJV die grootste nog gaan wees.
Met dit in gedagte word een en elk vriendelik tog ernstig uitgenooi na ons Wesrand Skouerskuur wat sal plaasvind by die Moth Shell Hole Muldersdrift op 27 April 2016. ( Let daarop dat dit ‘n publieke vakansiedag is) Dit skep vir ons die ideale geleentheid om so bietjie ons wederhelftes en kinders saam met ons te laat kuier onder die 61 Vaandel.
Dus is daar geen verskoning nie. Ons maak dit ‘n bring en braai vir die hele gesin. Drankies is te koop by die kroeg en geen eie drank word toegelaat nie. Die fondse uit die kroeg help die Moths weer met hul werksaamhede en ons lewer ‘n groot bydrae deur hulle te ondersteun.
Hierdie jaar se fokus moet wees dat ons, ons families, kinders, kleinkinders en almal wat trots is op ons 61 agtergrond, moet betrek by ons funksies. Hierdie gaan sommer net ‘n lekker losmaker vir die res van die jaar wat voorlê wees waar ons lief en leed deel en oudergewoonte die humor tussen ons gaan geniet.
Ons gaan so vanaf 14:00 saam kuier en ons nooi al die 61 Meg veterane, hulle families en ondersteuners van die Wes Rand en omgewing na hierdie skouerskuur toe.
Kom ruk asseblief in groot getalle op en nooi jou pelle, vrou en kinders ook saam vir ‘n lekker kuier. Gesinne is vir ons belangrik. Alle ander veterane is ook welkom om by te woon.

 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment