BosOorlog – Episode 8: Die Slag van Cassinga Deel 2. Elke Maandag aand op SAUKradio.


Bosoorlog reeks episode 8 Mei 2016. Die Slag van Cassinga Deel 2.

Na aanleiding van Anton van Rooyen.se fonds om hom te help met prostese.

Die wins op die verkope van my digbundel Bundel “Wondgom” deur die Erfenis stigting en Ebo Trust vir die maand van April is R1328. Ek betaal dit graag oor ter stuiwing van die fonds om Anton van Rooyen te help om weer te kan loop. Die bundel is beskikbaar by Protea Boeke se takkehttps://www.proteaboekwinkel.com/index.php/locate-us , Erfenis Stigtingwww.es.org.za en Warbooks.https://www.warbooks.co.za/products/wondgom-dawid-lotter…

Bernard HerbertVincent BlaineAnne-Marie Oosthuizen.
Natasha Prinsloo Hörsch skryf:

Graag deel ek met julle die volgende. My Pa wat ook op die grens was het vir my dit geskryf. Hy het nie toegang tot hierdie blad nie daarom wil ek dit hier pos.

Die sker
Veertig jaar gelede in die Suidwes bosoorlog was daar saam met my op Oshivello ‘n medic. Sy naam was David. Toe ek hom die eerste keer sien het ek by myself gedink “maar hy is dan nog n kind”. Hy het vir my met die eerste oogopslag gelyk soos n seun van omtrent so 14 of 15 jaar.
Menige kere wanneer daar kontak was met die vyand het hierdie klein en tenger medic onder kruisvuur met sy medictas vreesloos die gewondes te hulp gesnel. Hulle dan onder bosse ingesleep en terwyl die skote om hom klap het hy hulle wonde toegewerk en bloeding gestop. Daar het hy die nodige gedoen en van die een na die ander gehardloop en verpleeg. Boonop het hy vele op sy rug na veiligheid gedra waar die casevac helikopters hulle dan kon oppik.
Ek het by hom sy sker geleen om die ouens se hare te sny. Daardie sker waarmee hy sovele gewondes verpleeg het. Toe hy uitklaar het hy vir my gese: “Flip, hou maar die sker”.
Daardie sker het ek vandag nog. Elke keer wanneer ek die sker sien, dink ek aan David met sy leeuehart, net soos Dawid van die Bybel, wat nie gestuit het vir Goliat nie.
Ek salueer jou, David. Menige Pa en Ma se seuns het jy sekerlik gered sonder dat hulle eens daarvan geweet het en sekerlik het jy geen medalje vir jou dapperheid ontvang nie maar wat jy gedoen het het sekerlik n blywende indruk op my gemaak tot vandag!
Van jou maat.
Flip.

 

FOR THEM THE LAST POST HAS SOUNDED

On 08 May 2016, let us pause for a minute to remember the following young men from our Generation who answered the Final Roll Call.

08 May 1966 05197975PE Warrant Officer Class 1 Louis Matthys Jakobus Pienaar from the Artillery School was killed when his Landrover was involved in a head-on collision with a civilian vehicle near Heidelberg. He was 45.

08 May 1980: 79860480HV Rifleman Simon Kanunu from 35 Battalion (Later 202 Battalion) SWATF was Killed in Action during a contact with SWAPO/PLAN insurgents in Northern Owamboland. He was 22.

08 May 1980: Two members of 36 Battalion (Later 203 Battalion) SWATF were Killed in Action during a contact with SWAPO/PLAN insurgents in Northern Owamboland. They were:

78900875SP Rifleman Kumsa Ntamshe. He was 22.
78901378SP Rifleman David Twi. He was 20.

08 May 1981: Two members from 2 SAI were Killed in action in a landmine explosion in Northern Owamboland. They were:

78420015BG Lance Corporal Johannes Petrus Botha. He was 19.
75556993BG Rifleman Johannes Willem Hanekom. He was 22.

08 May 1985: 74542200BT Rifleman Petrus Johannes Theron from the Germiston Commando was killed in a head-on collision between two Buffel Troop Carriers in the Kathlehong Township. He was 26.

08 May 1985: Special Constable Linus Abraham from the South West Africa Police Counter Insurgency Wing: Ops-K Division (Koevoet) was Killed in Action during a contact with SWAPO/PLAN insurgents in Northern Owamboland. He was 24.

On 09 May 2016, let us pause for a minute to remember the following young men from our Generation who answered the Final Roll Call.

09 May 1975: 64203243E Sergeant (Flight Engineer) Jacobus Johannes Crause from 16 Squadron was killed when his Alouette III Helicopter, Serial No 62, ditched into the sea off Port Elizabeth after suffering engine failure. He was 28.

09 May 1986: 82489188BG Sapper Jacobus Petrus van den Berg from 25 Field Engineer Squadron was tragically killed at Oshakati after being struck by a bullet resulting from the accidental discharge of a fellow soldiers rifle. He was 19.

 

Their names and sacrifice have not been forgotten.


Deel 2 Voorlesing van skrywe deur Sampie stofberg oor die slag  van Cassinga

Sampie Stofberg skryf: Grensoorlog? Beslis! Cassinga dag is op hande. 4 Mei 1978. Maar soos met elke operasie het daar baie gebeur voor die geskiedkundige dag.

CASSINGA, 4 Mei 1978.

CASSINGA WAS ’N TIPE VAN ’N ADMINISTRATIEWE DORPIE IN DIE SUIDE VAN ANGOLA. DIE DORPIE IS GEDURENDE 1965 ONDER DIE PORTUGESE BEWIND GESTIG.

Cassinga, die aand van 3 Mei 1978. Grootfontein.
’n Paar van ons het finale briewe geskryf en vir makkers gegee met die opdrag dat die brief vir daardie spesiale persoon in jou lewe gegee moes word, dit is nou net ingeval jy dalk nie lewendig sou terug kom nie, of soos die troepe gespot het, ek kom dalk met die “rapport” terug.

Daar moet onthou word dat gedurende die beplanning van so ’n valskerm operasie, beter bekend as ’n “lugstorm-operasie”, word daar voorsiening gemaak vir groot verliese aan die kant van eie magte en is die verliese wat by Cassinga gely is nie eers ’n druppel in die emmer nie.

Die hele Ovamboland se telefone is afgeskakel vir die duur van die operasie, dus kon niemand iemand anders vooraf waarsku dat daar ongewone aktiwiteite van troepe, vragvliegtuie, vegvliegtuie, helikopters, ratel gevegsvoertuie en pantserkarre is nie.

Aandete is voorsien deur ’n klompie dames en ek neem aan dit was van die staandemag lede in Grootfontein se vrouens. Dit was puik, weet nie of iemand hulle ooit daarvoor bedank het nie, maar daar was ’n paar honderd baie dankbare valskerm-soldate en as ek reg onthou was die kos en warm koffie reg deur die nag beskikbaar.

Die aand is daar min geslaap en baie gebid. Ek glo elke soldaat het op sy eie manier met GOD gepraat, ek glo ook daar was seker ’n hele paar ooreenkomste met GOD aangegaan en is daar gepleit vir beskerming vir die volgende dag gedurende die geveg. Die meeste troepe het maar min en onrustig geslaap, ek was deurentyd daarvan bewus dat daar altyd beweging was soos die troepe maar deur die nag koffie gedrink het en met hulle eie dinge besig was.

Ek het ongeveer 03:00 die oggend wakker geword. Dis die stilste tyd van die nag en die tyd wat die nag uile al gaan slaap het en die dag diere ook nog slaap. Dit was toe al rustig en hier en daar het ek iemand rustig hoor snork. Ek het gelê en gedink aan die dag wat voorlê, gewonder hoeveel mense gaan ons vandag help op hulle pad die ewigheid in en hoeveel van ons gaan dalk vandag reisigers op daardie selfde pad wees? Om 04:00 is almal wakker gemaak, vinnig reg gemaak, voorbereidings gedoen toe “fit chutes”, die atmosfeer binne die hanger was gedemp en as iemand gepraat het, was dit met ’n gedempte stemtoon.

’n Paar minute voor ses is almal aan boord die vliegtuie en daar gaan ons, dit was 06:00 toe ons opgestyg het. Ons het meeste van die pad nadat ons die grens oorgesteek het boomtop hoogte gevlieg. Boomtop hoogte beteken ongeveer vyftig meter bo die bome. Ek weet nie of daar baie uie in die aand ete was nie en of die manne ook maar net soos ek ’n klein bietjie bang was nie, maar almal was maar taamlik winderig en dit het nie te vars geruik in die vliegtuig nie. Ek onthou dat die spasie in die vliegtuig baie beknop was. Die hitte binne die vliegtuie was feitlik onuithoudbaar en soos die tyd verloop het, het dit gevoel of die temperatuur teen ’n konstante tempo vinnig styg.

Die spasie binne die vliegtuig is al klaar min as dit net ’n gewone sprong is, maar die toerusting wat elkeen van ons by ons gehad het, het dit net nog meer beknop gemaak en ons vliegtuig was nie eers heeltemal vol nie, net 54 troepe waar dit moontlik is om 64 te dra. Die meeste van ons het die volgende toerusting by ons gehad; tien magasyne met twintig rondes elk, twee M26 handgranate, twee wit fosfor granate, twee 60

mm mortiere, twee rook granate, een groen en een rooi, ’n belt met ammunisie vir die LMG, twee water bottels, ’n bom-verband of twee en ’n verskeidenheid hoeveelheid kos.

Daar was geen prioriteit aan kos gegee nie en kos was beslis laaste op die lys van prioriteite. Ek kan nie onthou of ons Sosegon by ons gedra het vir pyn nie, maar ek dink nie so nie. Daar was genoeg mediese hulp beskikbaar in die vorm van seksie-medics en ’n mediese span met dokters wat saam met ons gespring het.

Dan was daar die radio-bedieners en bevelvoerders op verskillende vlakke wat ook nog ’n radio by hulle gehad het. Die anti-tenk span het behalwe vir sy R1 geweer ook ’n RPG-7 vuurpyl-lanseerder met vuurpyle gehad. Die genie span het anti-tenk myne gehad, elkeen het gevegswebbing gedra met ’n springhelmet. Meeste van hierdie toerusting was in ’n PWC

(Personal Weapon Container) verpak, wat aan D-ringe onder die nood valskerm gehaak was, dan was daar ’n 15 voet nylon tou wat aan die harnas vas was met ’n “jonas quick release” gespe, sodra jou valskerm ontplooi het en jy al jou drills voltooi het en seker gemaak het niemand is onder jou nie het jy die “PWC” laat sak en het jou toerusting 15 voet onder jou gehang. In ’n noodgeval, soos ’n water landing, kon jy van die toerusting ontslae raak deur op die “jonas” se band te trek wat die hele spul laat los gaan en alles val af aarde toe wat ongelukkig die gevolglike verlies van al jou toerusting beteken.

Lank gelede was jou wapen ook in die “PWC” verpak en as jy dan jou toerusting verloor het was jy ongewapen. Ons het egter met ons wapens aan ons gespring en jy het ook jou gevegswebbing onder jou valskerm gedra

 

Cassinga, die 6e gedeelte van die opperasie waar SWAPO seker die grootse pakslae ooit gekry het. Die sprong!
Dieselfde tyd wat ons die oggend opgestaan en finale voorbereiding gedoen het, het daar ’n klomp ander dinge gebeur wat alles deel was van ’n groter plan, soos vegvliegtuie, helikopters, ’n spotter-vliegtuig en bom-werpers wat van verskeie lugmagbasisse in Suid-Afrika en in Owamboland op pad was na dieselfde bestemming as ons. Die koördinasie is vooraf haarfyn beplan: Die bomwerpers en die vegvliegtuie het elkeen sy eie taak gehad en die moes die valskermsprong vooraf gaan sonder om te veel tyd te los vanaf die laaste bom, tot die eerste troepe sou spring. Maar die tyd tussen die laaste bom en die sprong moes ook so gekoördineer wees dat die transport vliegtuie nog nie op die doelwit sou wees as die laaste bom val nie.

P-uur was beplan vir 08:00

(Bravo tyd)(Suid-Afrikaanse tyd) ek dink ons was ’n paar minute laat, die hele operasie was ’n paar minute laat. Die paar minute het egter geen invloed op die geveg gehad nie. Die beplanning ten opsigte van die tyd wat die lug-aanval deur die bomwerpers moes begin, H-uur, was 07:50,

(Bravo – tyd) Suid-Afrikaanse tyd, dit was 06:50

(Alfa-Tyd) Angola tyd en dit was dieselfde tyd wat SWAPO in die oggende veronderstel was om aan te tree op die paradegrond. Die voordeel van ’n klomp troepe wat in die oopte bymekaar is, waar daar geen dekking is nie, is voor die handliggend gedurende ’n bomaanval. Ek glo die voorkeur teiken vir die lugmag was juis die paradegrond. Ek weet die bom aanval het nie soveel SWAPO’s doodgemaak as wat almal voor gehoop het nie, maar niemand het seker daaraan gedink dat tyd in Afrika geen waarde het nie. Die meeste van die SWAPO’s was tien teen een laat vir die parade.

En na wat soos ’n ewigheid voel, kom die volgende bevel!

SPRING…POS en kort daarna die derdelaaste bevel,

VERKLAAR! Daarna,

STAAN!… IN DIE DEUR! Die voorste man en die res van die string gee dan een laaste tree

(een-twee) tot die voorste man in die deur staan, in daai stadium is die hele string oorgehaal en reg om te spring, sonder dat jy eers daarvan bewus is bewe jy liggies soos ’n Venda meid wat op ’n Mamba getrap het. Ses vragvliegtuie van die Suid Afrkaanse lugmag kom soos die doodsengel uit verskillende rigtings na die dorpie in Angola aangevlieg. Binne die buik van die vliegtuie is daar Valskerm soldate, gereed om die dood en verwoesting namens die doodsengel te saai.

Die rooi lig is nog aan. Die afstuurders het op hierdie stadium ’n reuse-taak om alles binne die vliegtuig te beheer en te verseker dat die sprong glad verloop. Die volgende oomblik klim die vliegtuig van boomtop hoogte na spring hoogte en dit gebeur binne ’n paar sekondes. Die verhoogde swaartekrag dreig om jou op jou knieë te dwing. Party manne probeer nog gou vir oulaas kyk of hulle nie dalk net iets deur die klein ronde venstertjies kan sien nie, maar tevergeefs, elke man hou die man voor hom se strop in sy linker of regterhand vas, afhangende of jy bakboord of stuurboord spring. Die ander hand is oor jou nood-valskerm om jou nood-valskerm te beskerm.

Dan gaan die rooi lig af en die groen lig aan, ’n massa valskerm-soldate uit ses vrag vliegtuie begin gelyktydig beweeg, al wat jy hoor is

GO, GO, GO en so hardloop die manne by die deure uit, in die groot oop ruimte in waar daar skielik te veel spasie is, rondom jou hang die manne elkeen aan ’n valskerm, elkeen doen sy drills so asof ’n masjien dit doen, jy dink nie eers daaroor nie, jy doen dit net!

 

Cassinga, deel 7. Die dalings fase en die landing Suid van Cassinga.
Toe ek vir daai breek deel van ’n sekonde in die deur kom, ek het dertiende gespring, het ek die basis of dorp voor my gesien, daar was nog ’n Mirage vegvliegtuig besig op die teiken en daar het dik rook en stof wolke oor die hele teiken gehang. Toe ek by die deur uit is was daar nie baie tyd vir rondkyk nie, ek het vinnig my “drills” voltooi. Ek het seker gemaak daar is niemand onder my nie en my toerusting in my PWC laat sak. Die bietjie tyd wat daar oor was het ek gebruik om myself te oriënteer ten opsigte van die teiken en waar die troepe rondom my was. Ek het gekyk of ek ’n plek kan sien waar ek graag sou wou land, my dryf vasgestel en reggemaak vir die landing. Dit was ’n paar minute na 08:00 en ek het ’n lekker landing gehad, ontslae geraak van my valskerm, die valskerm in sy drasak gesit, alles op ’n hopie bymekaar gemaak, die nood-valskerm bo-op my hoof valskerm gesit, my uitrusing uit die PWC gehaal, die PWC opgerol en in een van die seil sakke gesit. Daarna het ek gekyk na die omgewing en gehoop ek sou die plek weer kry. Op daardie stadium was die reëlings dat ons die valskerms sou herwin na die aanval afgehandel was, die hele aanval sou mos net ’n uur of twee duur, of sou dit?

Iets wat altyd na ’n sprong in die pad is, is die valskerm wat sekondes terug nog daarvoor verantwoordelik was dat jy veilig op die DZ geland het. Nou is daar niks oor en geen doel verder vir die stuk nylon lap met baie toue, bande en harnas met ’n nood-valskerm nie.

Onder normale omstandighede sou jy nooit jou valskerm los waar jy geland het nie, jy was altyd daarvoor verantwoordelik om te sorg dat die valskerm iewers heen gevat word en dat daar later rekenskap van die valskerm en nood-valskerm gegee kon word.

’n Groot probleem tydens enige valskerm-operasie, of lugstorm-operasie is eerstens dat alle valskerm-soldate meer bekommerd oor sy landing as bv, oor die feit dat die vyand dalk op hom mag skiet. Gevolglik steur niemand hulle daai laaste ongeveer dertig meter aan enige iets anders as die plek waar hy gaan land of graag sou wou land nie en natuurlik watse tipe landing hy gaan doen nie. Niemand wil graag ’n besering opdoen tydens ’n landing nie, veral nie gedurende ’n operasionele sprong nie, indien jy beseer word en jou besering is ernstig beteken dit een of twee ander troepe is nodig om jou te help, iemand anders moet jou toerusting dra en het jou besering ’n negatiewe invloed op die momentum van die aanval of geveg.

’n Ander groot probleem is om jouself te oriënteer ten opsigte van die teiken en dan daarna ten opsigte van mede valskerm-soldate rondom jou. Die ou wat pas ’n sekonde na jou by die vliegtuig se deur uit is kan baie ver van jou af geland het, of dalk net ’n paar meter van jou af. As daar een troep elke sekonde by die vliegtuig se deur uitgaan, kan die troepe tot sover as sestig meter uitmekaar land afhangende van die spring hoogte, die windrigting en die sterkte van die wind sal ook ’n nadelige invloed hê. As dit boonop so ruig en bebos is soos by Cassinga, raak die valskerm-soldate se probleme net nog groter.

Ek dink ’n groot deel van die probleme wat valskerm-soldate ondervind ten opsigte van oriëntering na ’n sprong, ontstaan deurdat die vliegtuie nie ordentlike vensters het nie, of die vensters wat daar is, is so klein en min dat daar geen kans binne die vliegtuig is om jouself te oriënteer nie. Dan is die dalings tyd slegs ’n paar sekondes en in daardie tyd is daar ’n magdom “drills” wat die valskerm-soldaat moet doen voor daar enigsins tyd is vir rondkyk. Valskerm-soldate sit ook in die onbeneidenswaardige situasie dat sodra hy gespring het, is hy deur die vyand omsingel. ‘n Verdere probleem wat elke valskerm-soldaat op sy eie manier moet verwerk is dat hy ’n paar sekondes terug nog binne die relatiewe veilige buik van die vliegtuig was waar alles redelik normal verloop het, maar sekondes later is hy op die grond besig met ’n geveg, daar is nie ’n stadige opbou van gebeure wat tot die geveg aanleiding gee nie.

Meeste van die tyd is daar so baie wat jy wil sien of moet sien, dit voel of jou oë net eenvoudig nie groot genoeg is om alles in daai kort tydjie in te neem nie. Te gou moet jy regmaak en voorberei vir die landing. Sodra jy geland het, veral in ’n dig bebosde gebied soos by Cassinga, kan jy in elk geval niks sien nie, of tenminste nie veel verder as tien of vyftien meter nie en dan is jou ore ook nog toegeslaan as gevolg van die vinnige lugdruk verskil.

’n Valskerm-soldaat moet al die volgende drills uitvoer nadat hy by die deur van die vliegtuig uit is en sy valskerm ontplooi het. Eerstens moet hy seker maak dat die valskerm ontplooi het en moet hy die valskerm-doek inspekteur vir skeure en ander defekte. Baie keer sal daar ineendraaiings wees en dan moet jy skop om van hulle ontslae te raak.

Volgende skop jy uit jou sitvlak gordel uit om dit so ’n bietjie gemakliker in die tuig te maak. Dan moet jy seker maak dat daar nie ander springers in jou direkte omgewing is nie en as daar is, stuur albei weg. Maak seker daar is niemand onder jou nie en as daar niemand is nie sit jy jou hande op beide hakke, trek jou voete uit die pad en laat jou toerusting in die PWC los. Eers dan is daar ’n paar sekondes om rond te kyk en jou dryf vas te stel. Dan trek jy af op die stuur bande of die “toggles” afhangende hoe oud of watter model valskerm jy gekry het om jou dryf te oorkom of om te poog om te stuur na ’n billike plek om te land. Dan eers is dit regmaak vir die landing, al bogenoemde drills gebeur binne dertig sekondes nadat jy by die viegtuig se deur uit is.

Na die landing het ek gepoog om my ore oop te kry en dadelik begin om van die troepe wat maar wyd versprei was en oral geland het, te help bymekaarmaak. Elke seksie-leier tel sy eie mense, elke seksie-leier rapporteer aan die peloton-bevelvoerder en verklaar dat al sy mense bymekaar is en lig die peloton-bevelvoerder in van enige probleme soos beserings. Die peloton-bevelvoerders rapporteer weer aan Tommie wat die kompanie-bevelvoerder is. Tommie rapporteer weer op sy beurt aan Kolonel Breytenbach, wat die operasie-bevelvoerder is, dat almal teenwoordig is en lig die operasie-bevelvoerder in van enige probleme, as daar is. Op die manier weet die Kolonel binne minute of almal bymekaar is, of daar probleme is en kan hy dien ooreenkomstig beplan of veranderinge aan die oorspronklike plan maak om by die veranderde omstandighede aan te pas. En was daar probleme

 

CASSINGA: Kokkie De Waal word doodgeskiet! N Tragedie:

Die effek van die M26 hangranate was nie watwonders nie, maar as die handgranaat in die loopgraaf beland maak hy miskien twee of drie dood. As die handgranaat op die wal van die loopgraaf beland, tref die skrapnel in die meeste gevalle niemand nie en hou die skrapnel ook gevaar vir eie magte in.

Ek dink die los sand het die effek van die handgranaat nadelig beïnvloed. Ek volg toe die M26 granate op met ’n paar fosfor granate. Dit het nou regtig soos ’n bom gewerk, maak nie saak waar die fosfor granaat land nie. Hy doen sy werk! Soos my en die troepe naaste aan my se fosfor granate klaar raak, stuur die troepe hulle fosfor granate van die kante af na my toe aan en toe is dit die spreekwoordelike “uit die vet in die vuur” ’n fosfor granaat wat ontplof is baie indrukwekkend, veral as jy so ’n entjie weg van die ontploffende granaat af is. Ek het altyd gewonder wat sal gebeur as jy te naby was, of as die doel van die granaat was om jou te verniel. Ek weet nou dit is ’n lekker gemors as ’n mens brand, dan verdwyn alle baklei en aggressiwiteit of politieke lojaliteite uit jou uit en dan vergeet jy alles, los alles, spring uit die loopgraaf uit en om een of ander rede begin enige iemand wat brand altyd te hardloop. Die probleem is natuurlik ook dat niemand jou regtig kan help nie, almal rondom jou brand ook, of as hulle aan die fosfor raak dan brand hulle ook.

Daar is net iets aan ’n geveg van die aard, iets anders, iets wat nie maklik is om te beskryf nie. Elke sekonde is die dood ’n moontlikheid, maar om een of ander rede sal geen ordentlike soldaat die geleentheid wil mis om deel van juis die tipe aksie en ’n geveg van die aard te wees nie.

Die SWAPO’s binne die loopgrawe was klaar “dood” al wat nog moes gebeur het, was dat hulle nog net doodgeskiet moes word! Gevolglik het hulle baklei soos iemand wat niks het om te verloor nie.

Buite die loopgraaf was daar ’n hele klompie gretige valskerm-soldate wat gelê en wag het, party van die menslike fakkels het so 4 of 5 treë gehaal, ek dink in elk geval dit was baie beter om eerder doodgeskiet te word as om so te brand. Gedurende die tyd skree Tommie wat so ses of sewe tree regs van my was op my en lig my in dat daar van ons troepe is wat bietjie agter gebly het en nog nie deel vorm van die geveg nie, ek hardloop na agter, tot by daardie troepe, twee of drie van hulle, wat ongeveer tien of vyftien meter agter ons was. Daar deel ek ’n paar klappe en skoppe uit en jaag hulle vorentoe. Ek wou glad nie na hulle verduidelings of stories luister nie. Agterna het ek besef die lugafweerkanonne het veroorsaak dat die troepe nie by die res kon bly nie. Die vuur vanaf die lugafweer het ons planne baie deurmekaar gekrap en was die paar troepe beslis besig om nog vorentoe te beweeg.

My humeur was maar taamlik kort en ek het gevoel ek verloor ’n geleentheid om ’n paar ekstra koppe te kry en nou moet ek hier agter rond hardloop soos ’n mal mens en net miskien skiet Tommie een of twee meer SWAPO’s as ek. Hy sal tog nie die geleentheid mis om dit goed in te vryf nie. Ag het ek maar weer net geweet. Ek het die troepe vinnig georganiseer vir elkeen verduidelik waar en by wie hy moes aansluit en twee van hulle gehelp tot hulle by Tommie gevorder het. Daarna is ek terug met die ander een na my posisie toe en by my gedeelte van die troepe.

’n Rukkie later word Kokkie de Waal wat reg langs Tommie was en saam met Tommie besig was om die rook uit die SWAPO’s te skiet daar reg langs Tommie met ’n kort sarsie AK-47 vuur vanuit die loopgraaf stelling reg voor hulle op ongeveer vier meter, in die bors doodgeskiet. Wat ’n tragedie. ’n Jong man, 23 jaar oud.

’n Mens sou dink dat die dood op daardie stadium nie meer so ’n groot invloed op ons as geharde valskerm-soldate sou hê nie. Soldate is mos meer pragmaties oor die dood as die gemiddelde mens op straat. Vir die soldaat is ’n liggaam wat ophou funksioneer net dit, ’n liggaam sonder lewe, maar as die lig eers uit die oë van ’n mede valskerm-soldaat verdwyn, tref dit jou hard. Dit is iets wat buite ons beheer is. Dit laat jou lam van emosie en magteloos. In sommige gevalle ’n mal woede, dit vat die dood van ’n jong soldaat om ’n mens weer te herhinner aan die kosbaarheid van lewe en ons durf nie vergeet dat hierdie mede-soldate, bereid was om hulle lewens op te offer sodat ander kon bly leef nie.

En wat van ons wat die dood so maklik uitgedeel het?

Ek dink juis ons het ’n tipe van ’n heilige opgelegde taak om die herinneringe aan mede-soldate wat gesneuwel het net so respekvol te hanteer soos ons die feit dat ons nog lewe, moet hanteer!

Maar ondanks die dood van De Waal het die res van ons geen keuse gehad as om aan te hou met die geveg nie. In elke oorlog sneuwel daar soldate, elke soldaat het behalwe sy familie ook vriende en mede-soldate wat hom sal mis. Jy neem binne sekondes afskeid van ’n mede-soldaat wat gesneuwel het en gaan voort met die geveg. En dit kom later in jou lewe terug om jou te byt en het ’n invloed op jou hele bestaan.

En dit is presies wat gebeur het. Tommie het die lewelose liggaam van De Waal by Pikkie Petser, die radio-bediener, gelos terwyl die geveg onverpoosd voortgegaan het. Die oorgrote meerderheid van die res van D-kompanie se troepe was toe nog nie eers bewus daarvan dat De Waal gesneuwel het nie en daaroor het sy dood geen invloed gehad op die geveg nie. Dis nou nie dat sy dood enigsins ’n negatiewe invloed sou hê nie, inteendeel, sou dit juis die teenoorgestelde uitwerking hê en kon dit dalk veroorsaak dat van die troepe roekeloos sou optree om sy dood te wreek.

In die tyd voor ons by die geveg by die loopgrawe en die lugafweerkanonne betrokke geraak het, het SWAPO dit reg gekry om twee kompanies valskerm-soldate van die aanvals-mag daar vas te pen. Soos ek gesê het, was ons nie ’n vol kompanie nie. Wat het veroorsaak dat ons paar die geveg in ons guns kon swaai? Of was dit dalk al wat nodig was dat ’n paar vars troepe uit ’n ander flank ’n aanval moes loods? Ek het vir baie jare daaroor gewonder. Ek en Tommie het dit ook by verskeie geleenthede bespreek en somtyds ernstige debat daaroor gevoer en ander kere sommer lighartig daaroor geskerts en partykeer, of eintlik die meeste van die tyd, nogal windgat daaroor gewees.

Soos jy egter ouer word, dink en beredeneer jy meer oor wat werklik die oorsaak kon wees. Ek wil dit baie duidelik stel dat ek vir geen oomblik dink Delta-kompanie was in sy totaliteit alleen daarvoor verantwoordelik dat die loopgrawe geneem is nie, maar wat was die oorsaak?

Hier is my beskeie mening: Toe Tommie ons kom roep het waar ons as stopper-groep gedien het, was daar nie tyd om ons volledig in te lig oor die situasie by die loopgrawe nie. Die meeste van ons was toe nie eers bewus van Alpha en Bravo kompanies se dilemma nie. Ek glo daar was weinig, indien enige van die troepe wat die omvang van die situasie besef het. Toe Tommie my en die peloton-bevelvoerders ingelig het, het nie ek of die peloton-bevelvoerders die tyd gehad om die troepe volledig in te lig nie. Die peloton-bevelvoerders het die opdrag per radio ontvang, so hierdie troepe het van niks geweet nie. Hulle moes maar net saam gaan, op die beste het hulle geweet hulle gaan dalk die kans kry om ’n paar ekstra SWAPO’s te skiet. Daar was niks wat kon veroorsaak dat daar vooraf enige “vrees” of verwagting in hulle sou gewees het nie. Hulle het ’n opdrag gekry. Hulle het gegaan, weerstand gekry, gedoen waarvoor hulle opgelei was en nooit eers daaraan gedink dat dit wat hulle gedoen het, enige iets anders was as dit wat hulle maar onder normale omstandighede in ’n normale geveg met SWAPO sou doen nie. Ek glo die meeste van hulle het eers jare later agtergekom dat dit wat hulle gedoen het, was so ’n bietjie meer as dit waaraan hulle gewoond was. Valskerm-soldate het by verskeie geleenthede gedurende die grensoorlog gehelp om troepe van ander eenhede uit ’n penarie te help, maar om ander valskerm-soldate wat in die knyp is te help, was beslis iets nuuts vir hulle. Iets anders wat ook ingedagte gehou moet word, was toe ons op die toneel verskyn het, het dit SWAPO se aandag verdeel, die lugafweerkanonne het toe nog ’n teiken bygekry. So nou was daar die aanvals-kompanies aan die een flank, die vegvliegtuie van bo en Delta-kompanie wat uit ’n heel ander flank ’n aanval geloods het. Toe ons op die toneel verskyn het, het die verdeelde aandag van SWAPO die aanvals-kompanies kans gegee om beslis weer ten volle by die geveg betrokke te raak. Hulle kon weer die vuurgeveg wen en het hulle daarna ook die wit waks uit SWAPO begin skiet.

Sonder om nou te windgat te wees moet ek sê dat SWAPO nie ’n kat se kans gestaan het nie. Eers ’n bomaanval, dan ’n aanval deur Mirage vegvliegtuie, daarna 367 valskerm-soldate wat reg rondom jou basis spring bewapen met R1 aanvals-gewere, 7,62 ligte masjiengewere, 60mm mortiere, RPG7 vuurpylrigters, M26 handgranate, wit fosfor handgranate, no. 8 anti-tenk myne en deur die dag bystand van aanvals vliegtuie. Nee wat, die boere het hulle sleg pak gegee.


<script async src=”//pagead2.googlesyndication.com/pagead/js/adsbygoogle.js”></script>
<!– Radio –>
<ins class=”adsbygoogle”
style=”display:block”
data-ad-client=”ca-pub-2536392572910236″
data-ad-slot=”3182578855″
data-ad-format=”auto”></ins>
<script>
(adsbygoogle = window.adsbygoogle || []).push({});
</script>


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment