Geskiedenis 27 Julie

nuus radioVasco da Gama (1460 of 1469 – 1524) was ‘n Portugese ontdekkingsreisiger en die leier van die eerste ekspedisie van Portugal na Indië.

Min is oor sy jeug en vroeë volwassenheid bekend, maar daar word aanvaar dat Vasco da Gama as jong man sterrekunde,wiskunde en navigasie geleer het. In 1492 is hy deur koning Johan II van Portugal as seeoffisier aangestel en gestuur om Franse skepe langs die kus van skepe gevange te neem: ‘n taak wat hy vinnig en effektief uitgevoer het. ‘n Paar jaar later, in1479, word Da Gama die eerste persoon om ‘n seevaart van Europa na Indië te voltooi (hy het in 1499 voet aan wal in Indië gesit). In dié tyd was die grootste deel van die roete reeds bekend: Diogo Cão het in 1484 tot Namibië gevaar en Bartolomeus Dias in 1488 tot Suid-AfrikaDiego de Covilhão het die Indiese Oseaan bestudeer, ‘n gebied wat ook aan die Arabiere bekend was. Da Gama was egter die eerste Europeër wat die tog suksesvol afgelê het.

Da Gama het met ‘n vloot van vier skepe en 170 man die hawe van Lissabon verlaat en ‘n gevestigde roete tot by Sierra Leone gevolg. Vanaf Sierra Leone moes Da Gama die Atlantiese Oseaan in ‘n suidwaartse rigting oorsteek. Om windstilte en die slegte weer langs die kus van Afrika te vermy, het hy hierdie afwaartse tog met ‘n draai gemaak, en tot so ‘n mate dat hy by tye waarskynlik nader aan Suid-Amerika as Afrika was. Vir meer as drie maande het die skepe meer as 9500 km geseil sonder dat hulle enige land gewaar het. Dit was eers weer op 4 November 1497 dat hulle die anker by die kus van Afrika uitgegooi het. Hulle het om die suidpunt van Afrika geseil en teen 16 Desember het hulle Groot-Visrivier bereik, die punt waar Bartolomeus Dias omgedraai het. Die naderende Kersfees het daartoe aanleiding gegee dat Da Gama en sy bemanning die kusgebied waar hulle was “Natal” gedoop het, ‘n Portugese verwysing na die geboorte van Christus. Daarna het hy die ooskus van Afrika noordwaarts tot by Malindi in Kenia gevolg.

Eers weer musiek voordat ons voortgaan, maak gou die koffie dan vertel ek jou wat verder gebeur

In Malindi het Da Gama daarin geslaag om ‘n gesoute gids te vind, wat sy skepe na die stad Kalikoet in Indië geloods het. Daar het hy probeer om handel te dryf, maar ‘n gebrek aan handelsgoedere en teëwerking van Arabiese handelaars (wat voor die Europeërs daar begin handel dryf het), het dit moeilik gemaak. Desondanks het hy daarin geslaag om van die plaaslike heerser, die “samoryn” ‘n uitnodiging tot handelsbetrekkinge te kry.

Da Gama se eerste vaart na Indië word hier uitgebeeld (die swart roete)

n Standbeeld van Vasco da Gama staan ‘n verkeersirkel in Heerengracht op Kaapstad se Strandgebied.

In 1502 het Da Gama ‘n tweede reis na Indië gemaak (die derde Portugese reis na Indië, Pedro Álvares Cabral het intussen ook ‘n ekspedisie daarheen gelei). Met sy aankoms in Indië het Da Gama uitgevind dat die Portugese wat hy met sy eerste reis by die handelspos agtergelaat het, vermoor is. Na nóg verdere teëstand van die plaaslike bevolking, het Da Gama Kalikoet bombardeer en geseil na Cochin, ‘n destydse klein koninkryk wat in kompetisie met Kalikoet was. Daar is Da Gama hartlik ontvang en het hy met goud en sy na Europa teruggekeer. ‘n Ontstoke Da Gama het al die Arabiese en Indiese skepe wat sy weg gekruis het gebombardeer en geplunder.

In 1524 is Da Gama ‘n derde keer na Indië gestuur Indië gestuur, waar daar intussen ‘n Portugese kolonie gevestig is. Hy het opdrag gehad om korrupsie daar te bestry, maar het ‘n paar maande na sy aankoms in Cochin aan ‘n siekte gesterf. Hy is aanvanklik daar begrawe, maar sy stoflike oorskot is in 1539 na Portugal teruggeneem en weereens begrawe in Vidigueira.

Seeweg na Indie
Die epiese reis van Vasco da Gama

ONDER: Voorstellings van Vasco da Gama en sy skepe.

Vloot van Da Gama                        Foto van Vasco Da Gama

Openbare besit; ’n ou skildery waarvan die kopiereg vanweë verjaring verstryk het.

Vyfhonderd en nog ’n handjievol jare gelede het Vasco da Gama van Lissabon, Portugal, vertrek op sy epiese vaart om die suidpunt van Afrika ten einde ’n seeweg na Indië te vind. Die reis het aardskuddende gevolge gehad. Nie alleen het dit die weg gebaan vir ’n handelsroete oor die see tussen Europa en Asië nie, maar dit het Portugal ook in ’n wêreldmoondheid verander. Des te belangriker nog is die feit dat dit ander ontdekkingsreisigers besiel het om dit selfs verder oor die aardbol te waag—sodat die hele onbekende wêreld mettertyd ontdek sou word…

Op 8 Julie 1497 baan ’n prosessie van sowat 170 manne hul weg deur die strate van Lissabon in Portugal—op pad na die dokke by die monding van die Taag. ’n Groep priesters en monnike loop voor hulle met brandende kerse. Die mense van Lissabon skuifel agterna en mompel hul reaksie op ’n geestelike se smeekgebed.

Toe staan die kloostervoog voor die manne en hy bieg namens hulle… skenk hulle die ”vergifnis van hul sondes” indien hulle sal sterf in die groot waagstuk wat voorlê.

Vier skepe dobber en knars in die milde Atlantiese bries. Die skepe is die vlagskip, die St. Gabriel; dié se susterskip, die St. Raphael; die kleiner Berrio; en ’n ongenoemde voorradeskip met ’n vrag meel, sout, suiker, heuning, knoffel, lensies, pruime, amandels, mosterd, wyn, olie en asyn.

Nadat hulle die laaste seën ontvang het, gaan die manne aan boord en maak reg om te vertrek. Hulle wuif tot siens, lig die ankers en vaar plegtig uit die hawe na die ontsaglike, leë see.

Die vloot se gesagvoerder is die Portugese seekaptein Vasco da Gama. Koning Manuel I het hom gelas om ’n seeweg na Indië te vind deur om die Kaap van Goeie Hoop te vaar en om vriendskaplike handelsbetrekkinge met die heersers van Oos-Afrika en Indië aan te knoop. Daar is drie vertalers aan boord, van wie twee Arabies kan praat en die derde een verskeie dialekte van swart Afrika.

Op 8 Julie 1497 baan ’n prosessie van sowat 170 manne hul weg deur die strate van Lissabon in Portugal—op pad na die dokke by die monding van die Taag. ’n Groep priesters en monnike loop voor hulle met brandende kerse. Die mense van Lissabon skuifel agterna en mompel hul reaksie op ’n geestelike se smeekgebed.
Toe staan die kloostervoog voor die manne en hy bieg namens hulle… skenk hulle die ”vergifnis van hul sondes” indien hulle sal sterf in die groot waagstuk wat voorlê.

Vier skepe dobber en knars in die milde Atlantiese bries. Die skepe is die vlagskip, die St. Gabriel; dié se susterskip, die St. Raphael; die kleiner Berrio; en ’n ongenoemde voorradeskip met ’n vrag meel, sout, suiker, heuning, knoffel, lensies, pruime, amandels, mosterd, wyn, olie en asyn.

Nadat hulle die laaste seën ontvang het, gaan die manne aan boord en maak reg om te vertrek. Hulle wuif tot siens, lig die ankers en vaar plegtig uit die hawe na die ontsaglike, leë see.

Die vloot se gesagvoerder is die Portugese seekaptein Vasco da Gama. Koning Manuel I het hom gelas om ’n seeweg na Indië te vind deur om die Kaap van Goeie Hoop te vaar en om vriendskaplike handelsbetrekkinge met die heersers van Oos-Afrika en Indië aan te knoop. Daar is drie vertalers aan boord, van wie twee Arabies kan praat en die derde een verskeie dialekte van swart Afrika.

REGS: Vasco da Gama—nog ’n voorstelling. Voorstelling van Vasco Da Gama

Illustrasie verskaf deur Download-Free-Pictures (gewysig); skakel word deur hierdie bron versoek

Suider-Afrika

DIE vloot bereik op 26 Julie die Kaap-Verdiese Eilande, waar vars kos en water aan boord gelaai word. Hulle vertrek ’n week later. Om seestrome te vermy wat hulle naby die kuslyn van Afrika sal kortwiek, en waarskynlik ook om te keer dat hulle dalk in die windstiltestreek naby die ewenaar beland, vaar Da Gama met ’n wye boog na die suidpunt, ver wes van die direkte roete teen die kus van Afrika af.
Wanneer hulle weer land sien, by die teenswoordige St. Helenabaai noord van Kaapstad, is die bemanning al 96 dae sonder onderbreking ter see en ly van die manne aan skeurbuik. Dit is ’n siekte wat deur ’n tekort aan vitamien C veroorsaak word.

Da Gama besef hy het ietwat te vroeg oos geswenk; hy wou immers heeltemal verby die Kaap van Goeie Hoop vaar. Maar dit blyk ’n gewilde misrekening te wees, want benewens die feit dat die manne siek is, moet voedselvoorrade dringend ingeskeep word. Die skepe het ook aandag nodig.

Dit is hier, by St. Helenabaai, waar die bemanning die eerste keer met mense van Suider-Afrika kontak maak. ’n Groep Khoi-Khoi nader hulle terwyl hulle hul vaartuie skoonmaak. Die inboorlinge lyk vriendelik en aanvaar dankbaar die snuisterye wat die Portugese hulle gee.

Maar toe een matroos ’n Khoi-Khoi-nedersetting ongenooid binnegaan, val die mense hom met spiese aan. Da Gama wil hom gaan help en word in die geharwar in die been gewond. Die manne bereik die skip wel veilig, maar besef dat hulle liewer moet padgee.

Die ekspedisie vaar op 22 November om die Kaap van Goeie Hoop en swenk ooswaarts. Op 2 Desember land hulle by die teenswoordige Mosselbaai, waar die manne weer van die Khoi-Khoi teëkom. Die Portugese ruil armbande, krale en klokkies vir vars beesvleis. Die onderhandelinge is ’n feestelike geleentheid. Die Portugese blaas hul trompette, die Khoi-Khoi speel hul fluite en almal dans en sing.

Voordat hulle Mosselbaai verlaat, gelas Da Gama dat die voorradeskip afgetakel en sy inhoud oorgelaai moet word op die St. Gabriel, St. Raphael en Berrio. Die leë romp van die voorradeskip word hierna aan die brand gesteek. Die kaptein wil hê dat elke skip die meeste bemanningslede en grootste vrag kos moontlik moet dra vir die ongekarteerde oseaan wat op hulle wag.

Die stuk kus wat die vloot op Kersdag bereik, word volgens oorlewering deur Da Gama Terro do Natal (Land van die Geboorte) genoem, hoewel dit nie in sy joernaal opgeteken staan nie. Die ”geboorte” waarna verwys word, is natuurlik dié van Christus. Ofskoon die plek waar Da Gama geland het glo aan die kus verby die Keirivier was (in Pondoland), sou Natal mettertyd die naam van een van Suid-Afrika se provinsies word. (Dis vandag bekend as KwaZulu-Natal.)
Anderkant Natal word die ekspedisie deur die Mosambiekstroom vertraag en raak hul vars water spoedig gedaan. Die skepe lê vyf dae lank by ’n klein riviermonding voor anker.

Mosambiek

DIE gebied noord van die Steenbokskeerkring was onder die gesag van die Arabiere, veral wat die handel aanbetref. As Da Gama teen die kus langs bly vaar het, sou hy die antieke Arabiese hawe Sofala, net suid van die teenswoordige Beira, bereik het.
Maar pleks daarvan vaar hy ver in die see in opwaarts en bereik hy Kilimane (vandag Quelimane in Mosambiek), honderde kilometers verder noord. Kilimane is ’n klein nedersettinkie en die plaaslike inwoners kan Da Gama niks omtrent die roete na Indië vertel nie.

Die Portugese vaar verder en is verheug toe hulle op die oggend van 2 Maart 1498 die koepelmoskee en kalkwit geboue sien van die eerste dorp wat hulle teëkom sedert hulle die Kaap-Verdiese Eilande verlaat het. Dié dorp is Mosambiek, ’n florerende seehawe op ’n klein koraaleilandjie oorkant die dorp Mossuril op die vasteland.

Die sultan van Mosambiek verwelkom sy besoekers en aanvaar ’n uitnodiging om saam met hulle aan boord te eet. Maar hy neem eers aan dat hulle Moslems is. Toe hy egter hoor wie hulle werklik is, is hy erg verontwaardig en weier hy om met hulle handel te dryf. Die snuisterye wat hulle met hulle saamgebring het, is goedkoop weggooigoed, verklaar hy.
Voordat hulle vertrek, gaan party matrose aan land om vars water te kry en beland hulle in ’n hinderlaag. Da Gama brand met kanonvuur op die Arabiere los. Die manne vul haastig hul vate met water, en die Portugese skepe vaar vinnig weg.

Kenia

DIE nuus omtrent die kanonaanval versprei teen die kus langs op en bereik Mombasa in die teenswoordige Kenia, die hawe waar Da Gama vervolgens aandoen.
Die sultan van Mombasa probeer die Portugese verseker dat dit heeltemal veilig is om aan land te gaan om handel te dryf. Maar Da Gama vermoed onraad en giet brandende olie uit oor twee mans, wat erken het dat hulle saamgesweer het om die aanval by Mosambiek te wreek. Daardie nag, op 10 Augustus, probeer ’n gewapende mag hul ankerkabels saboteer. Da Gama word gedwing om Mombasa onmiddellik te verlaat, al het hy geen benul hoe hy by Indië kan uitkom nie. Malindi, die derde Arabiese hawe waar hy aandoen, lê slegs 100 km noord van Mombasa.
Altyd versigtig, verbied Da Gama sy manne om hul vaartuie te verlaat. Maar die sultans van Malindi en Mombasa is aartsvyande. Die sultan van Malindi beskou die Europeërs as potensiële bondgenote en oorlaai sy besoekers met vars kos en speserye. Hy beloof hulle ook vriendskaplike handelsbetrekkinge en gee hulle ’n bedrewe stuurman om hulle na Indië te bring.

Indië

MET die Gujerati-stuurman Ahmed ibn Al Mahet as kundige gids, voltooi die vloot die vaart oor die Indiese Oseaan in slegs 23 dae en gooi hulle op 20 Mei 1498 anker by die Indiese hawe Kalikoet.

Die aankoms by Kalikoet, volgens ’n waterverf uit die laat negentiende eeu.Die aankoms by Kalikoet

Illustrasie: Openbare besit—kopiereg  het vanweë verjaring verstryk
Da Gama het in sy eerste oogmerk geslaag: om ’n seeweg na Indië te vind. Maar sy tweede taak—om handelsbetrekkinge aan te knoop—is tot mislukking gedoem. Die Zamorin (heerser) van Kalikoet stem in om Da Gama te ontmoet. Maar die krale, bakke, klokkies, klere, koraal, olie en heuning wat goed genoeg vir mense in Afrika was, imponeer hom nie.

Dan het die Moslems boonop die monopolie sover dit die handel met die Ooste aangaan. Die Hindoe-handelaars sou dit slegs waag om dalk hul tradisionele handelsvennote te vertoorn as hierdie nuwelinge werklik iets uitmuntends sou kon aanbied. Maar hulle kon nie.

Tydens hul verblyf in Kalikoet is daar verskeie kleinere skermutselings tussen die Indiërs en die Portugese, wat die betrekkinge selfs verder versuur.

Da Gama vaar hierop noord na die eiland Anjidiv, suid van Goa, in die hoop om elders vriendeliker handelaars te vind. Maar by Anjidiv is niks beters te kry nie, en vroeg in Oktober beveel hy sy matrose om weswaarts na Afrika te vaar.

Huiswaarts!

DIE terugvaart is nie makliker nie. Die oorvaart na Afrika—sonder die hulp van Ahmed ibn Al Mahet—duur drie maande weens wisselende tydperke van windstilte en die wind wat van voor af waai.
Teen die tyd dat die vloot Afrika bereik, het dertig bemanningslede weens skeurbuik gesterf. Net suid van Mombasa moet die St. Raphael ontrruim en verbrand word omdat daar nie genoeg bemanningslede vir drie skepe oor is nie.

Die oorblywende twee skepe vaar laat in Maart 1499 om die Kaap van Goeie Hoop en bereik in Mei die Kaap-Verdiese Eilande. Die Berrio vaar reguit terug Portugal toe en arriveer op 10 Julie in Lissabon.

Da Gama se broer Paulo, gewese kaptein van die St. Raphael, het egter so siek geword weens skeurbuik dat Da Gama na die Asore moes koers kies sodat hy ’n Christelike begrafnis kon kry. Die gehawende St. Gabriel kom uiteindelik op 9 September in Portugal aan en hink nege dae later in die hawe in.

Die publiek juig hulle toe en die vreugde is groot. Maar saam met die blydskap is daar ook droefheid. Want van die 170 manne wat saam met Da Gama uitgevaar het, lewe nog slegs ’n derde.

Triomf of mislukking?

WAT die handel aanbetref, het Da Gama met sy seereis gefaal. Maar dit wat hy inderdaad bereik het, is veel groter as sy mislukkings. Hy en sy bemanning het destyds die langste reis in die geskiedenis voltooi—altesaam 43 440 km. En hulle het bewys dat Indië oor die see bereik kon word.

Nog inligting oor Vasco da Gama en die gevolge van sy reis

Met die Vasco da Gama-brug in Lissabon, Portugal, word die naam van die beroemde ontdekker vandag nog in ere gehou.Vasco da Gama-brug

Foto: United States Department of Transportation / Federal Highway Administration

DA GAMA is omstreeks 1469 in Sines, Portugal, gebore en het as jong man sterrekunde en navigasie bestudeer. In 1492 het hy ’n vlootoffisier geword.

Dit is nie bekend waarom koning Manuel I nou juis vir hom gekies het om ’n seeweg na Indië te vind nie. Sy kennis van navigasie kon hom goed te pas gekom het, maar dit is waarskynliker dat hy die persoonlikheid gehad het om sy bemanning te staal vir die langste ontdekkingsreis wat toe nog ooit onderneem is. Soos Bartolomeu Dias voor hom, moes Da Gama gereeld die gesmeek aanhoor dat hy tog moes omdraai. Da Gama het geweier.

Nadat Da Gama bewys het dat Indië oor die see bereik kon word, het Europese lande ingeklim om deel van die aksie te word. Da Gama het self ’n gewapende mag na Kalikoet gelei om wraak te neem weens die stad se vyandigheid.

Portugal het nog verskeie hawens langs die weskus van Indië oorgeneem en binne slegs twintig jaar die Arabiese greep op die handel met Asië heeltemal verbreek. Die Portugese moes later party van hul handelshawens aan die Nederlanders, Engelse en Franse afstaan.

Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Wêreld
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com


 

 

 

 

 

 

 

.

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment