Geskiedenis 7 September

nuus radioInleiding

Dit was gister 50 jaar gelede dat dr. HF Verwoerd die middag om veertien minute oor twee deur die sluipmoordenaar Tsafendas in die Volksraad in Kaapstad vermoor is.

Suidland Media sê in ‘n huldeblyk dat daarmee ‘n einde gemaak is aan die lewe van een van die grootste staatsmanne van die twintigste eeu, en ‘n geliefde leier van die Afrikanervolk.  “Hy bly egter voortleef in die harte van honderde duisende van sy volksgenote en verskillende inisiatiewe is geloods om sy nalatenskap in herinnering te roep  en vir die nageslag te bewaar.  Die bestuur van Suidland Media wil volksgenote aanmoedig om hierdie aksies te ondersteun.  Daardeur sal hulle nie alleen op hoogte kom van die ware feite van die geskiedenis van ‘n tydperk wat grootliks uit ons volksgeheue verdwyn het nie, maar hulle sal ook hulle dankbaarheid toon vir die offers wat een man in sy lewe gebring het om ‘n samelewingsorde te skep waarvan ons as sy nageslag die vrugte kon geniet.”

Gedurende die leeftyd van dr. Verwoerd, maar veral na sy dood, is daar baie oor hom geskryf.  “Alles lê ongelukkig in biblioteke, argiewe, museums en ander plekke van bewaring waar dit baie moeilik toeganklik is.  Ten einde inligting oor dr. Verwoerd vir die breë publiek toeganklik te maak, is ‘n webtuiste oor hom geopen.  Soos die titel Die ware Verwoerd aandui, is die doel daarvan om inligting te verskaf oor die lewe, werk en dood van dr. Verwoerd, inligting waaroor die meeste 21ste eeuse Afrikaners óf nog nooit beskik het nie óf waarvan hulle vergeet het.  Die ware feite oor hom word gestel teenoor die leuens wat oor hom versprei is en daar word gefokus op die herontdekking van die era van Verwoerd in die geskiedenis in ons land, sê Suidland Media.  Die webtuiste kan besoek word by www.hfverwoerd.net.

Vandag is daar ook twee ander funksies waartydens die ware dr. Verwoerd bekendgestel gaan word.  Dinsdagnamiddag word ‘n seminaar met die tema Perspektief op Verwoerd in die SAOU-ouditorium in Garsfontein gehou en Dinsdagaand ‘n gedenkdinee op die Diamantvallei Landgoed Oos van Pretoria.  Meer besonderhede oor die twee geleenthede kan verkry word op genoemde webtuiste.  Verder is daar ‘n aantal boeke oor dr. Verwoerd in die proses van voorbereiding om later vanjaar te verskyn.  Besonderhede sal mettertyd op die webtuiste bekend gemaak word.  In Die Historiese Kompas, ‘n periodieke elektroniese nuusblad wat deur Suidland Media uitgegee word, word baie sterk op die lewe van dr. Verwoerd gefokus.  Vorige uitgawes kan gelees word op Suidland Media se webtuiste by www.suidland.net of opwww.gelofteland.org.

Die hoogtepunt van die herdenking is die vrystelling en vertoning van ‘n dokumentêre film oor dr. Verwoerd op Saterdagaand 10 September in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument.  Dr. Verwoerd is op Saterdag 10 September 1966 in die Helde-akker in Pretoria begrawe.  Die produksie van die film word onderneem deur Die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis en die regisseur is Johan Wiesner.  Sy vader, mnr. Louis Wiesner was  een  van  die  grondleggers  van  die  filmindustrie  in  Suid-Afrika  en  het  saam met

Dr. Verwoerd gewerk toe laasgenoemde redakteur van Die Transvaler was.  Johan het die kuns om films te maak sowel as die liefde en bewondering vir dr. Verwoerd van sy vader geërf.  Meer besonderhede daaroor is beskikbaar op ons webtuiste, wat ‘n kort uittreksel uit die film insluit.

Dit sal die eerste dokumentêre film in Afrikaans oor die lewe van dr. Verwoerd wees en sal sy openbare en private lewe dek.  Fotografiese en filmmateriaal wat nog nooit vantevore in die openbare domein was nie, is onder andere gebruik om die film te maak.

Die keuse van die Voortrekkermonument vir die bekendstellingsgeleentheid is nie sonder rede nie.  Onder die leiding van dr. Verwoerd is die vryheidsideaal waarvoor die Voortrekkers soveel offers gebring het verwesenlik toe Suid-Afrika op 31 Mei 1961 ‘n vrye republiek onder ‘n Afrikanerregering geword het.  Dit was ook by die Voortrekkermonument waar dr. Verwoerd tydens die 5-jarige herdenking van die Republiek op 31 Mei 1966 sy laaste boodskap aan sy volk gebring het.  Die film sal uit twee DVD’s bestaan en aan die publiek te koop aangebied word.  Om te bespreek vir die bekendstellingsgeleentheid gaan na www.hfverwoerd.co.za, ‘n ander webtuiste wat spesiaal vir dié doel geopen is.

Suidland Media se betrokkenheid by hierdie herdenking vloei voort uit ons historiese erfenisbewaringsprojek wat die oorsit van films oor ons volk se geskiedenis op DVD’s behels.  Dit is ons siening dat die geskiedenis die basis moet vorm waarop ‘n toekoms vir ons kinders gebou moet word en die digitale media is baie geskik vir die oordra van hierdie kennis.  Meer besonderhede daaroor kan verkry word by www.suidland.net.

Dr Verwoerd 1

Dankie vir u belangstelling in die lewe van Dr. H F Verwoerd. Hy het op Dinsdag 6 September 1966, as sesde Eerste Minister van Suid-Afrika, aan die hand van ‘n sluipmoordenaar in die Volksraad gesterf. Die vyftigjarige herdenking van sy dood bied die geleentheid om te fokus op die betekenis van sy lewe vir ons as 21ste eeuse Afrikaners. Ons vertrou dat die besoek aan hierdie webtuiste vir u ‘n lewensverrykende en waardeskeppende ervaring sal wees. Op die oomblik is die inligting op die webtuiste beperk aangesien die webtuiste maar onlangs geopen is. Daar word beplan om op ‘n deurlopende basis meer inligting oor Dr. Verwoerd op die webtuiste te plaas. Die fokuspunt van die Verwoerdherdenking is die dag van sy dood. Dit sal egter nie daar eindig nie. Dr. Verwoerd het ‘n ryk en veelsydige lewe gelei. Hy was ‘n ware gawe van God aan ons volk. Daarom sal 6 September 2016 slegs die beginpunt

wees van ‘n lang proses om sy nalatenskap ten volle vir ons as 21ste eeuse Afrikaners te ontsluit.

Die inligting oor Dr. Verwoerd word aan die hand van die volgende onderwerpe hanteer:
DIE NALATENSKAP VAN DR VERWOERD
Redes waarom dit nodig en van waarde is om sy nalatenskap te eer.
DIE LEWE VAN DR VERWOERD
‘n Oorsigtelike beeld van sy lewe, toegelig met enkele foto’s.
DIE WERK VAN DR VERWOERD
‘n Bespreking van die sake waaraan hy sy lewe gewy het.
DIE DOOD VAN DR VERWOERD
Enkele waarneminge en opmerkinge oor sy dood.
DIE ERA VAN DR VERWOERD
Perspektiewe op die verlore bladsy van ons geskiedenis.
DIE WAARHEID OOR DR VERWOERD
Na sy dood is daar baie onwaarhede oor hom verkondig. In hierdie afdeling word die ware feite oor hom verskaf.
DIE HERDENKING VAN DIE LEWE VAN DR VERWOERD
Besonderhede van aksies en inisiatiewe ter herdenking van sy lewe.

Op Dinsdag 6 September 1966 om 14h14 is Dr. H F Verwoerd, sesde Eerste Minister van Suid-Afrika se hart in die Volksraad deur vier dolksteke van die sluipmoordenaar Dimitrio Tsafendas deurboor. Kort daarna het hy gesterf. Nou, 50 jaar later, kan daar geen twyfel bestaan dat dit ‘n waterskeidingsgebeurtenis in die lewe van die Afrikanervolk was nie. Dit het ‘n einde gebring aan ‘n tydvak van ongeëwenaarde, groeiende prestasies op militêre, politieke, geestelike, ekonomiese en ander terreine sedert ons volk in die laat-agtiende eeu tot ‘n bewuswording van sy afsonderlike identiteit as ‘n volk gekom het. Terselfdertyd het dit ‘n halwe eeu van abdikasie en kapitulasie ingelui wat in sy spoed en intensiteit waarskynlik ook ongekend in die geskiedenis van volkere is. Daar kan ook geen twyfel wees dat, as dié proses toegelaat word om so voort te gaan, dit uiteindelik op die totale vernietiging van ons volk sal uitloop nie. As ons as 21ste eeuse Afrikaners die voortbestaan van ons volk wil verseker en ‘n toekoms vir ons kinders wil skep, is dit dus van kritieke belang dat ons die ware feite van die geskiedenis bemagtig en die regte perspektief daarop vorm. Winston Churchill, Britse Eerste Minister het by geleentheid gesê: Hy wat die diepste in die verlede inkyk, kan die verste in die toekoms insien. Die vyftigjarige herdenking van die sluipmoord op Dr. Verwoerd bied aan ons die geleentheid daartoe.

Behalwe dat dit ons sal help om die ware feite van ons geskiedenis te bemeester, is daar ‘n veelheid van ander redes waarom dit groot waarde het om die lewe van Dr. Verwoerd te herdenk. Hieronder volg enkele van die belangrikstes.

HERSTEL DIE NAAM VAN VERWOERD IN ERE

Daar was voor Dr. Verwoerd nie ‘n leier in ons volk se geskiedenis wie se goeie naam na sy dood só beswadder en belaster is as sy naam nie. Dit het binne enkele maande na sy dood begin toe daar eers net bedenkinge oor die uitvoerbaarheid van sy volkerebeleid uitgespreek is. Dit het oorgegaan in ‘n aanval oor die morele regverdigbaarheid daarvan en uiteindelik op sy persoon.

So het hy die simbool geword van die misdaad teen die mensdom waarvan ons volk beskuldig is. In hierdie proses was daar bykans geen pogings vanuit die geledere van die amptelike volksleiers op politieke, kerklike en kulturele terreine om sy naam te beskerm nie. Op dié wyse het die positiewe fasette van sy lewe heeltemal in die slag gebly en is sy nageslag beroof van die voorreg om moed en inspirasie uit sy lewe te put. Die 50ste herdenking van sy dood en die aanloop daartoe in die jaar wat voorlê sal aan ons as 21ste eeuse Afrikaners die geleentheid gee om sy naam weer in ere te herstel en die ware Verwoerd aan sy nageslag bekend te stel. “Eer jou vader en jou moeder….” het God aan die Israeliete by Sinai gesê. Dit geld vandag nog.

BRING DR VERWOERD WEER TERUG IN DIE HARTE VAN ONS VOLK

Ons het ‘n spreekwoord wat lui: Uit die oog uit die hart. Dit beteken dat as jy vir ‘n lang tyd niks van ‘n ander persoon hoor of sien nie, jy mettertyd van hom/haar vergeet en later ook jou toegeneentheid teenoor hom/haar verloor. Vanweë die sluier wat daar oor die positiewe aspekte van Dr. Verwoerd se lewe en werk getrek is, is dit presies wat met hom gebeur het. Dit het egter nie daar geëindig nie. Deur die doelbewuste verkondiging van leuens oor hom is daar vyandigheid en selfs haat teenoor hom in die harte van ons volk opgewek. Die verant-woordelikheid lê nou op ons, as verteenwoordigers van ‘n geslag wat hom geken het of oor inligting oor hom beskik, om Dr. Verwoerd weer terug te bring in die harte van ons volk.

ONWAARHEDE, HALWE WAARHEDE EN VERDRAAIDE WAARHEDE

Daar is ‘n ideologiese rede waarom dit van belang is om die lewe van Dr. Verwoerd in oënskou te neem. By enige ernstige waarnemer van die moord op Dr. Verwoerd en die politieke gebeure voor en na dit, is daar geen twyfel dat dit ‘n belangrike veldslag was in die vyandelike offensief wat die uiteindelike uitwissing van die Afrikanervolk ten doel het. Die verwydering van Dr. Verwoerd uit die politieke arena het die weg gebaan vir ‘n stroom van liberale propaganda wat daarop gerig was om ons te oortuig dat ons volk, veral onder die leiding van Dr. Verwoerd ander volke in Suid-Afrika verontreg het en om ‘n valse skuldkompleks by ons te vestig. Toe dit uiteindelik op die 1994-oorgawe uitgeloop het, is ons oortuig dat die nuwe bedeling finaal en onomkeerbaar is, dat ons vir altyd daarby moet berus en dat ons ons identiteit moet prysgee om op te gaan in die sogenaamde reënboognasie. Die huidige landswye veldtog teen rassisme is ‘n voortsetting daarvan. Dit is natuurlik alles onwaarhede, halwe waarhede en verdraaide waarhede, maar dit vorm ongelukkig die basis en verwysingsraamwerk van verreweg die meeste hedendaagse Afrikaners se denke oor die toekoms.

Vir ons as 21ste eeuste Afrikaners om ‘n toekoms vir ons kinders te skep, is dit van kritieke belang dat hierdie valse verwysingsraamwerk in ons denke uitgewis en vernietig word en met ‘n kragtige, feitegebaseerde verwysingsraamwerk vervang word. Daartoe kan die herdenking van Dr. Verwoerd se lewe ‘n besliste bydrae lewer.

‘N MAN VAN DIE VRYHEID

Daar is ‘n ander rede waarom Dr. Verwoerd se lewe en dit waarvoor hy gestaan het vir ons van belang is. Dit was onder sy leiding wat die lank-gekoesterde ideaal van ons volk, naamlik om ‘n eie republiek, vry van Britse oorheersing vir alle Afrikaners tot stand te bring, verwesenlik is. Dit was die eindpunt van ‘n stryd wat reeds in 1795 met die stigting van die eerste Afrikanerrepubliek in Graaff-Reinet begin het, sterk momentum gekry het met die Groot Trek en die stigting van twee Boere-republieke, maar wat ‘n groot terugslag gekry het toe die twee republieke hulle onafhanklikheid na die Tweede Vryheidsoorlog in 1902 verloor het. Gelukkig was daar manne en vroue wat geweier het om in die verlies van hulle vryheid te berus en die vryheidstryd weer opgeneem het. Dit het uiteindelik uitgeloop op die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961. Ons sou egter net bietjie meer as 5 jaar van ware vryheid geniet, want met die sluipmoord op Dr. Verwoerd op 6 September 1966 het die proses begin wat uiteindelik op 27 April 1994 op die formele beëindiging van ons eie republiek uitgeloop het en ons weer onder vreemde heerskappy gebring het.

Net soos die manne en vroue van na 1902 mag ons ook nie berus by die verlies van ons vryheid nie. Ons skuld ons kinders ‘n vrye land onder ons eie regering soos ons voorvaders vir ons nagelaat het, want anders dompel ons hulle in ‘n moeras van Afrika-ellende. Die hand van die geskiedenis druk swaar op die geslag Afrikaners wat nou lewe. In hierdie opsig maak die lewe van Dr. Verwoerd ‘n besondere appél op ons. Hy was die laaste in ‘n ry van volksleiers wat hulle vir die vryheid van ons volk beywer het. Enkele name kom dadelik in ‘n mens se gedagtes op: Andries Hendrik Potgieter, Piet Retief, Sarel Cilliers, Gerrit Maritz, Andries Pretorius (uit die era van die Groot Trek), President Kruger, President Steyn, Genl De Wet, Genl De la Rey (uit die era van die Boere-republieke), Genl Hertzog, Dr. Malan, Adv Strydom (uit die 20ste eeu). Dr. Verwoerd staan in dieselfde linie as hulle en ‘n fokus op sy lewe as die een wat die vryheidsideaal verwesenlik het, trek dadelik hierdie ander persone en ons hele geskiedenis in die gesigsveld in. Ons geskiedenis sal die basis moet vorm waarop ons weer vir ons nageslag ‘n vrye toekoms moet skep.

SKEP U EIE TOEKOMS

Dr. Verwoerd was by uitstek ‘n visionêre denker. Hy het die toekoms bedink en vir homself ‘n baie duidelike begrip gevorm van wat gedoen moet word om vir sy volk ‘n toekoms in Suid-Afrika te skep. Daarvoor het hy die nodige toekomsbeplanning gedoen en konkrete stappe in werking gestel om dit ten uitvoer te bring. Daardeur is ‘n samelewingsorde geskep waarvan ons as sy nageslag die vrugte gepluk het. Daar is al deur meer as een persoon van hom gesê dat hy sy tyd 50 jaar vooruit was en as gevolg daarvan ‘n eensame figuur was.

Dit is nou ons verantwoordelikheid om ook vir ons kinders in Suid-Afrika ‘n toekoms te skep. Daarvoor sal ons ook die vermoë tot visionêre denke moet ontwikkel. Dit sal baie moeilik wees om ‘n beter leermeester in visionêre denke en toekomsbeplanning as Dr. Verwoerd te vind. Sy lewe as ‘n man van die toekoms het tipies uitdrukking gevind in sy leuse vir sy volk: SKEP U EIE TOEKOMS.

PUT INSPIRASIE UIT SY LEWE

Ander volkere het die voorreg gehad om geïnspireer te word deur die denke en dade van hulle leiers wat min of meer tydgenote van Dr. Verwoerd was. Vir die Engelse was Winston Churchill die man wat Engeland deur die krisis van die Tweede Wêreldoorlog gelei het. Net so ‘n man was Genl Charles de Gaulle vir die Franse en kon hulle nog tot in die laat sestigerjare van die 20ste eeu uit sy leierskap inspirasie put. Vir die Duitsers was Dr. Konrad Adenauer die man wat hulle uit die as van die Tweede Wêreldoorlog opgetel het. Wat staatsmanskap betref, het Dr. Verwoerd ten minste gelyk gestaan aan enige van hierdie drie persone, maar sy volk is die geleentheid ontneem om na sy dood inspirasie uit sy lewe te put.

Daar is baie ander aspekte van Dr. Verwoerd se lewe wat aandag verdien. Een daarvan is sy beleid van volkereskeiding in Suid-Afrika, seker die faset van sy lewe waaroor hy die meeste beswadder is en waaroor die krane van die leuen vol oopgedraai was. Dit is nodig dat die waarheid hieroor weer geboekstaaf word vir die nageslag. Ander wat genoem kan word, is sy betrokkenheid by die armblankevraagstuk van die dertigerjare van die vorige eeu, die rol wat hy as Eerste Minister gespeel het in die onderwerping van die beplande kommunistiese revolusie in Suid-Afrika onder leiding van Nelson Mandela, sy rol in die ekonomiese opbou van Suid-Afrika en sy betrokkenheid by die wel en weë van die destydse Suidwes-Afrika en Rhodesië. Daar moet ook gefokus word op sy persoonlike en gesinslewe. Dan is daar natuurlik die gebeure rondom sy dood wat ook bepaalde waarnemings verdien.

‘N BETUIGING VAN DANKBAARHEID

Dr. Verwoerd en diegene voor en saam met hom het ‘n positiewe en konstruktiewe rol in die vorming van ons as 21ste eeuse Afrikaners gespeel. Hulle visionêre denke en die vermoë om dit ten uitvoer te bring, het die basis gelê vir ‘n samelewingsorde wat tot vandag nog in ‘n groot mate in Suid-Afrika heers en wat vir ons die geleentheid geskep het om baie goeie dinge van die lewe te geniet. Ons kon gesinne vorm en kinders en kleinkinders sien groot word en wonderlike tye saam met hulle deurbring. Ons kon boerderye, besighede, professionele en korporatiewe loopbane bou wat ons in staat gestel het om in ons gesinne se materiële en ander behoeftes te voorsien en in baie gevalle kon ons materiële besittings vergader wat weer baie ander genietinge van die lewe binne ons bereik geplaas het. Vir dit alles kan ons nie vir Dr. Verwoerd vergoed nie, maar ons kan die nodige dankbaarheid teenoor sy nalatenskap betoon.

DIE WERK VAN DR VERWOERD

Die geskiedenis lewer nie getuienis van baie mense wat in hulle lewens soveel tyd en kragte aan die belang van hulle volk bestee het soos Dr. Verwoerd nie. Hy het inderdaad gewoeker met die gawes en talente wat hy van God ontvang het. Van sy kaliber verskyn daar waarskynlik net een in elke paar eeue op die wêreldtoneel. Daar word beplan om verskillende sake waarby hy betrokke was mettertyd in meer besonderhede te bespreek. Vir ‘n begin plaas ons twee bydraes. Die een is ‘n kort biografiese skets van Dr. Verwoerd, geskryf deur Dr. HO Terblanche van die Departement Geskiedenis aan die voormalige Universiteit van Port Elizabeth. Dit het verskyn in die boek Verwoerd: Só onthou ons hom, wat in 2001 deur Protea Boekhuis uitgegee is. Inligting daarin oorvleuel met die biografiese besonderhede onder die afdeling Die lewe van Dr. Verwoerd, maar is meer gefokus op sy lewe as politieke leier en staatsman.

Die tweede bydrae is die Voorwoord tot die boek Man van die Volk deur Pieter W Grobbelaar en in 1966 uitgegee deur Human en Rousseau. Die Voorwoord is geskryf deur Dr. JS Gericke en is ‘n kernagtige samevatting van die rol wat Dr. Verwoerd as politieke leier in die lewe van die Afrikanervolk en op die wêreldtoneel gespeel het.

SY VOLK SAL HOM NIE VERGEET NIE

Wanneer die geskiedenis onsterflikheid aan ‘n man verbind dan word daar in die reël voorkeur gegee aan diegene wat die moed gehad het om ter wille van ‘n oortuiging of ‘n beginsel alleen te staan teenoor die gees en die koers van hulle tyd.  Die name van hulle wat met die stroom saamgedrywe het, kry selde ‘n ereplek op die bladsye van die geskiedenis.  Byna sonder uitsondering word blywende grootheid op die eensame pad verwerf.

In die ry van staatsmanne was daar seker nog selde iemand wat so alleen gestaan het teenoor die wêreld soos Dr. Hendrik Verwoerd.  Hy het die ganse wêreldpers teen hom gehad en al die massamedia is gebruik om ‘n vloed van teenstand en haat teen hom op te werp.  Met weinige uitsonderinge het al die staatsmanne van die wêreld, die kleintjies en die grotes, stelling ingeneem teen hom.

Weliswaar het hy daarin geslaag om die mense van sy eie land agter hom te verenig soos wat geen ander leier in Suid-Afrika dit nog ooit reggekry het nie.  En rondom sy graf het die bevolking van ons land één groot treurende familie geword.

Dit was sy lot om voor die voetligte te verskyn op ‘n tydstip in die geskiedenis toe daar ontsaglike omwentelinge in die koers en in die denke van die mensdom plaasgevind het.  Gebore uit die verskrikkinge van die Tweede Wêreldoorlog en gevoed deur ‘n doelbewuste, subtiele en volgehoue propaganda, het die oortuiging soos ‘n vloedgolf oor die wêreld gegaan dat die heil van die mensdom geleë is in die besef en die uitlewing van die eenheid van die menslike ras.  Hierdie eenheidsfilosofie is tot sy uiterste konsekwensies deurgevoer en met byna waansinnige ywer verkondig.  Slagspreuke oor menslike waardigheid, gelykheid en vryheid het die status van ‘n nuwe godsdiens verkry en het die voorkeur geniet op die sakelyste van sekulêre èn kerklike vergaderings.  Elke vorm van skeiding en differensiasie, om watter goeie rede en met watter goeie gevolge ook al, het meteens ‘n doodsonde geword en is met méér gloed vanaf die politieke verhoë en die kansels van die wêreld verdoem as wat enige oortreding teen ‘n gebod van God ooit te beurt geval het.

God, wat die Skepper is van die allergrootste verskeidenheid in die sienlike dinge om ons heen ook verskillende rasse en rasseverskille geskep het, en dat die hoogste ontwikkeling van die ras of groep alleen moontlik is langs die weg van die behoud van eie identiteit.  Die gedagte van eiesoortige ontwikkeling het veral onder sy leiding praktiese staatsbeleid geword.  En dit was tydens sy ampstermyn as Eerste Minister dat mense in toenemende getalle begin glo het dat hierdie beleid dalk kan slaag en dat die Suid-Afrikaanse “eksperiment” moontlik ‘n aanneemlike alternatief kon word vir die “een kraal”-beleid van die wêreld.  Bowendien het die gebeure elders in Afrika en in ander dele van die wêreld nie alte goed afgesteek by die voorspoed, rus en vrede in Suid-Afrika nie.  Ons land het dus in die onbenydenswaardige posisie beland dat juis ons suksesse, en nie ons teenspoede nie, die wêreld al meer in die harnas teen ons geja het.  Dit kon net nie geduld word dat Dr. Verwoerd met sy siening en optrede sou slaag nie.  Dit is dan ook die rede waarom Suid-Afrika se sege by die Wêreldhof ‘n nuwe kampanje van beswaddering en haat ten gevolg gehad het.  Hoe beter dit in hierdie land gegaan het, hoe venyniger het die aanvalle van buite geword.

Vir agt jaar lank is hierdie venyn veral op die hoof van één man uitgegiet.  Maar deurgaans het hy die glimlaggende staatsman gebly wat tot die einde toe die hand van vriendskap uitgesteek het, ook na diegene wat hom beswadder het.

Op die internasionale verhoog het hy ‘n eensame figuur gebly tot sy dood toe.  Of die wêreld van die toekoms ook so ‘n onvriendelike oordeel oor hom sal vel, sal afhang van die mate waarin die wêreld weer tot ewewig, realisme en gesonde verstand sal terugkeer.

In sy eie land sal hy onthou word as die man wat al sy kragte en talente, en uiteindelik ook sy lewe, gegee het terwille van dié beginsels waarin hy geglo het.  Hy sal onthou word as die man wat deur sy lewe maar ook deur sy dood ‘n nuwe gees van eenheid en welwillendheid onder ons ingedra het.  Hy sal onthou word as die groot leier wat sterk genoeg was om alleen te staan, maar ook ootmoedig genoeg om naby sy eie mense te bly;  wat groot genoeg was om toegejuig te word, maar ook klein genoeg om die aandag op die saak te vestig en nie op homself nie; wat konserwatief genoeg was om aan die verlede vas te hou, maar ook realisties genoeg om met die eise van vandag en môre rekening te hou;  wat verstandelik so goedbedeeld was dat hy sy man kon staan teenoor die grotes van die wêreld, maar in sy hart so gelowig dat hy voor God kon buig.  Hy sal voortlewe in die harte van sy landgenote en die mot en die roes van die tyd sal sy beeld nie kan verteer nie. Al sou mense na ‘n honderd en meer jare nog altyd oor standpunte kon verskil, sal daar in elk geval met eenstemmigheid getuig kan word: “Hy was ‘n groot man!”

DIE DOOD VAN DR VERWOERD

Oor die sluipmoord op Dr. Verwoerd is daar baie geskryf en daar verskyn nog steeds van tyd tot tyd geskrifte daaroor. Ons sal mettertyd daaroor ook meer besonderhede verstrek. Op hierdie stadium plaas ons net eers ‘n greep uit die genoemde boek van Pieter W Grobbelaar.  Dit dek die paar dae voor sy dood, die gebeure in die Parlement op die dag van sy dood en enkele foto’s wat onmiddellik daarna geneem is.

VIER MAAL TREF DIE DOLK – – – –

Saterdag, 3 September.  Dr.  en mev.  Verwoerd bring die naweek op Stalkkiesdraai deur.  Hy gaan ry met sy nuwe boot op die Vaalrivier.  Lank gesels hy met die jongste, Wynand oor die seun se toekomsplanne.

Die aand speel hy, sy seun Krisjan, sy plaasbestuurder, mnr Wolfaardt, en sy persoonlike lyfwag, kolonel B. M. G.  Buitendag, ‘n paar potte snoeker in die ontspanningskamer.  Danksy ‘n pragstoot van Doktor wen hy en die kolonel die laaste wedstryd.

Sondag, 4 September.  Rustige ure van stilte en vrede.  ‘n Diens oor die radio.  Bepeinsing.  ‘n Wandeling.  Sondae word in dr. Verwoerd se huis nie gewerk nie.

Maandag, 5 September.  Hoekom doen Doktor dit?  Wonder sy lyfwagte.  Dis mos ‘n openbare vakansiedag. Hy keer na Pretoria terug. Gewoonlik bly hy so lank as moontlik op Stokkiesdraai.  Nou lyk hy haastig om weg te kom.

Die middag eet die ouers en hul kinders saam in Libertas.  Dr.  Verwoerd dring daarop aan.  Hy reël dit self.  Later ry hy na die huise van sy getroude seuns, drr. Wilhelm en Daan.  Hy vertoef ‘n halfuur lank by elkeen.

Dinsdag, 6 september 1966.  Dr. Verwoerd keer na Kaapstad terug.   Later die oggend woon hy die gebruiklike koukusvergadering van sy party by.  Vandag is sy begrotingspos.  Hy laat niks blyk nie.

Die middag vergesel sy twee lyfwagte hom Parlement toe.  Voor die ingang wens adjudant-officier Pelser hom alles van die beste toe.  Dr. Verwoerd glimlag.  Hy is heeltemal voorbereid – wat die Opposisie ook al beplan.  Kol. Buitendag stap met hom binne.

Voor sy kantoor wag ‘n besoeker: mnr. J. E. Potgieter, hoofsweep van sy party, oud-student uit Stellenbosch se dae.

Dit is drie, vier minute voor die klokkies vir die sitting lui.

Die Opposisie, sê die Hoofsweep, wil graag weet of die Premier vanmiddag dadelik praat?  Nee, hy sal Sir De Villiers Graaf eers kans gee, en nog ‘n paar sprekers aan weerskante.

By die kantoordeur gee die Hoofsweep hom ‘n handdruk met sy verjaardag oor twee dae; hy self moet ongelukkig vir ‘n rukkie binneland toe.  Dr. Verwoerd bedank hom met ‘n glinlag, vat sy vriend se hand in albei syne.  Dan praat hulle weer verder oor die middag se debat.

Skielik begin die klokkies vir die sitting.

Dr. Verwoerd glimlag toe hy die Raadsaal instap.  Die spierwit hare is besonder netjies, die houding baie regop – net soos altyd.  Oë volg hom oral na sy bank toe:  uit die stampvol openbare galerye, in die Raadsaal wat nou vinnig vul.

By die ingang druk ‘n bode binnetoe. ,,Onbeskof!” dink ‘n lid wat hy opsystamp.

Eintlik het die man hier onder niks te maak nie.  Hy noem homself Demitrio Tsafendas – tydelike bode in die persgalery.

,,Sê dan maar vir die V.P. ‘s, Pottie.”  Die Hoofsweep knik en maak verskoning.

Dr. Verwoerd gaan sit allenig in sy bank.

Die klokkies lui nog.

Dr. Dönges stap agter die bode.  ,,Wat woel die kêrel tog so met sy klere?”  Hy wil hom net daaroor berispe.  Toe swaai die man by die sygang in en werp hom oor dr. Verwoerd se bank.

Dr. Verwoerd kyk op.  Hy glimlag.  Hy meen seker die man het net gestruikel.  Hy lig sy arm asof hy wil help.

Vier maal tref die dolk.

Dit is 2.14 namiddag.

Die klokkies lui.

DIE WAARHEID OOR DR VERWOERD

Soos reeds in die afdeling oor die nalatenskap van Dr. Verwoerd genoem, is daar na sy dood ‘n verdraaide en verwronge beeld van hom geskep. Daar is veral gekonsentreer op sy rassebeleid en die persepsie is gevestig dat hy ‘n harde, wrede diktator was wat op ‘n onmenslike wyse teenoor swartes en mense van ander rasse in Suid-Afrika opgetree het. Vyftig jaar na sy dood word baie van die probleme wat vandag in Suid-Afrika bestaan nog steeds voor sy deur gelê.

Besoekers aan hierdie webtuiste wat die vorige afdelings gelees het, sal waarskynlik alreeds tot die besef gekom het dat die werklike Verwoerd glad nie dieselfde man is as dié wat aan hulle voorgehou is nie. In hierdie afdeling sal die waarheid oor Dr. Verwoerd gestel word teen die algemeen-verkondigde onwaarhede oor hom. Vir ‘n begin word daar op twee van die belangrikstes gefokus.

Daar word gesê dat Dr. Verwoerd die argitek van apartheid was en apartheid word dan gedefinieër as ‘n stelsel wat daarop gerig was om alle nie-blankes in Suid-Afrika te onderdruk, uit te buit en te weerhou van die voorregte wat blankes in die land geniet het. Hierteenoor moet die volgende feite gestel word:

Dr. Verwoerd was nie die argitek van apartheid nie. Apartheid was die naam wat gegee is aan ‘n bestaande samelewingsorde wat sedert die volkstigting in Suid-Afrika ontwikkel het en onder Britse beheer in Suid-Afrika in verskillende wette beliggaam is. Talle van hierdie wette is gemaak lank voor Dr. Verwoerd se geboorte en aan baie van die wette wat na sy geboorte gemaak is, het hy geen aandeel gehad nie. Om hom te bestempel as die argitek van apartheid, is dood gewoon net nie die waarheid nie.
Die stelsel van volkereskeiding soos Dr. Verwoerd dit toegepas het, was glad nie daarop gerig om nie-blankes te onderdruk, uit te buit en te weerhou van voorregte nie. Hy was bereid om aan die swart volke van Suid-Afrika in die gebiede wat hulle histories beset het dieselfde selfbeskikkingsreg te gee as wat hy vir die balnkes opgeeïs het en hy het ook begin om konkrete stappe te neem om dit ‘n werklikheid te maak. Dit is algemene kennis en benodig geen verdere motivering nie. Sover dit uitbuiting betref; dit was juis Dr. Verwoerd se beleid om swartes teen uitbuiting te beskerm. In die boek Verwoerd: So onthou ons hom verskyn ‘n bydrae deur Prof W A Kleynhans. Prof Kleynhans was ‘n politieke wetenskaplike wat met Dr. Verwoerd verskil het. Op bl.186 van die boek skryf hy soos volg:

“Dr. Anton Rupert, bekende ekonoom en nyweraar van wêreldformaat, het reeds vroeg in die sestigerjare sekere basiese gebreke in die apartheidsbeleid raakgesien wat hy aan Dr. Verwoerd persoonlik gaan oordra en tegelykertyd sekere voorstelle vir die verbetering daarvan gemaak het. Hierdie voorstelle het Rupert ná 25 jaar openbaar gemaak in ‘n eksklusiewe onderhoud met ‘n verslaggewer, Eddie Botha, van die Afrikaanse Sondagkoerant Rapport, op 29 September 1985, onder die opskrif: ‘Vir alles het Verwoerd net nee gesê.’ Rupert se besware teen apartheid in die praktyk het ook van my eie probleme met die beleid weerspieël, daarom haal ek ‘n deel van die onderhoud aan.

Volgens Rapport het Dr. Rupert vertel dat hy die eerste keer met Dr. Verwoerd ’probleme ondervind het toe hy voorstel om in vennootskap sake te doen met ‘n groep bruin mense. Dit is afgeskiet en daar is gedreig dat sy onderneming gesluit sou word as hy daarmee voortgaan. Hierdie denkrigting van medebestaan in die praktyk tot industriële vennootskap was om te breek met die konsep van aparte of afsonderlike ontwikkeling. Dr. Verwoerd het eerlikwaar gevrees dat die wit man swartes sou uitbuit in gebiede soos Transkei……Dr. Verwoerd het absoluut nee gesê vir deelname….”

Dr. Verwoerd wou nie alleen swartes teen uitbuiting deur sakemanne beskerm nie; hy het probeer om deur ekonomiese ontwikkeling swartes in ‘n posisie te plaas om dieselfde voorregte te kan geniet wat blankes in Suid-Afrika geniet het. In die boek Hulle het ons eeu gevorm, verwys Dr. Anton Rupert na “die besteding van ons energie aan die ontwikkeling van ons medeburgers en buurstate.” Dit was in 1971. In 1996 het hy soos volg daarna verwys. “Ek glo dat geen klein volk in die geskiedenis ooit vrywilliglik soveel bates oorgedra het as ons poging tot die skepping van tien nuwe republieke in ons land nie”. Dit waarna hy hier verwys, het hoofsaaklik deur die inisiatief van Dr. Verwoerd plaasgevind en ons moet onthou dat Dr. Rupert geen ondersteuner van sy beleid was nie.

AKSIES TER HERDENKING VAN DIE LEWE VAN DR VERWOERD

Daar is reeds verskillende aksies aan die gang om die lewe van Dr. Verwoerd te herdenk. Enkeles word hieronder genoem.

MAN  VAN  GRANIET

Bogenoemde is die titel van ‘n dokumentêre film oor die lewe van Dr Verwoerd wat in die proses van vervaardiging is.

‘n Geruime tyd gelede het ons by Suidland Media die leemte uitgewys dat daar nog nie ‘n dokumentêre film oor Dr Verwoerd gemaak is nie terwyl daar wel sodanige films oor die meeste ander volksleiers gemaak is. Reeds in September 2012 het ons met die bekendstelling van ‘n aantal historiese DVD’s soos volg geskryf: “Verder bly dit altyd ‘n vraag hoekom daar nog nie ‘n behoorlike omvattende dokumentêre film in Afrikaans oor die lewe van Dr Verwoerd gemaak is nie. Is daar nie dalk iemand wat die inisiatief wil neem om dit te doen nie?” En: “Ons kan niks doen om Dr Verwoerd as persoon weer na ons terug te bring nie. Ons kan egter baie doen om sy goeie naam te herstel en daartoe kan die verspreiding van so’n DVD beslis ‘n bydrae lewer.”

Die DVD-tegnologie, aangevul deur die optimale gebruik van die internet en ander sosiale media skep bykans onuitputlike moontlikhede vir die verspreiding van inligting. Die skyfies self is baie goedkoop, dit kan maklik, vinnig en in ‘n groot getalle, teen baie lae koste gedupliseer word. Vanweë die formaat en die byna gewigloosheid daarvan kan dit vinnig en baie koste-effektief in massas versprei word. Dit kan maklik ook op enige plek gekyk word, want DVD-spelers kan teen so laag as R400 gekoop word. Daarbenewens het elke rekenaar ‘n DVD-speler. Die kombinasie van aksie, klank en beeld wat die DVD-tegnologie bied, maak daarvan ‘n kragtige instrument om waarheids-openbarende inligting te versprei. Dit is veral doeltreffend by jongmense, wat die hoofteiken van ons aksie is. Daardeur kan daar ‘n lewende monument vir Dr Verwoerd in elke Afrikanerhuis gebou word.

In die loop van 2014 is daar wel met ‘n projek begin om ‘n dokumentêre film, in DVD-formaat, oor Dr Verwoerd se lewe te maak. Die projek word onderneem deur Die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis en wel onder leiding van Johan Wiesner. Johan het ‘n persoonlike verbintenis met Dr Verwoerd gehad. Sy vader mnr Louis Wiesner, was een van die pioniers van die Afrikaanse rolprentbedryf en het hierdie kennis van hom tot die beskikking van Dr Verwoerd gestel toe laasgenoemde die redakteur van Die Transvaler van 1937 tot 1949 was.

Die film sal, as dit klaar is, twee DVD’s beslaan, die een oor Dr Verwoerd as openbare figuur, die ander oor hom as private persoon en gesinsman. In onderhoude vertel sy kinders en andere oor hulle herinneringe aan hom as vader en gewone mens. Hulle vertel onbekende feite oor hom, wat bewys watter innemende, saggeaarde en diep-gelowige mens hy was; hulle vertel van ander aanslae op sy lewe as net dié van 1960 en 1966; en deel nog baie ander interessante besonderhede oor hom. Hulle het ook ou film-, foto-, en klankmateriaal, wat nog altyd net in die besit van die Verwoerd-kinders was, aan Johan beskikbaar gestel, met toestemming om dit te mag gebruik. Daar sal dus materiaal wees wat die publiek vir die eerste keer te siene en te hore gaan kry.

Die vrystelling van die DVD’s sal DV op Saterdag 10 September 2016 plaasvind in die sarkofaagsaal van die Voortrekkermonument in Pretoria, met ‘n ligte vingerete-onthaal wat na die tyd in die heldesaal aangebied sal word. Drag is formeel. Die tyd is 19h00 vir 19h30. Kaartjies, teen R200 per persoon, sluit toegang en die onthaal na die tyd in. Kaartjies kan by info@hfverwoerd.co.za, of die webtuiste bywww.hfverwoerd.co.za bespreek word. ‘n Beperkte aantal van die stel van 2 DVD’s sal ook die aand te koop wees. U kan ook die Facebook-blad by www.facebook.com/hfverwoerd besoek, waar u meer inligting en van die foto’s wat aan Johan beskikbaar gestel is, sal vind.

VERWOERDMEDALJE

Die slag van Majuba wat op 27 Februarie 1881 plaasgevind het, word elke jaar by Majuba herdenk. As deel van die herdenking word die berg deur feesgangers uitgeklim en elke persoon wat dit tot bo maak, ontvang gewoonlik ‘n medalje met een of ander historiese simboliek. Met die 2016-herdenking is ‘n medalje ter herdenking van die lewe van Dr. Verwoerd aan die klimmers uitgereik. Tydens die slag van Majuba is die vryheid van Transvaal herwin nadat Transvaal in 1877 onwettig deur die Britte ge-annekseer is. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het Transvaal en Vrystaat hulle vryheid verloor, maar die vryheidsideaal is nie laat vaar nie en na die vorming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 is die stryd om die herwinning van die vryheid weer voortgesit. Hierin het Dr. Verwoerd vir ongeveer ‘n kwarteeu ‘n deurslaggewende rol gespeel en in 1961, tagtig jaar na die slag van Majuba het die Republiek van Suid-Afrika onder sy leiding tot stand gekom. Dr. Verwoerd, alhoewel nie in Suid-Afrika gebore nie, het homself ten volle vereenselwig met die eeuelange vryheidstrewe van die Boerevolk.

Die medaljeprojek is geïnisieër deur die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans.

Hieronder is ‘n afdruk daarvan.

Dr Verwoerd medalje


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment