Hier is jou Top20 vir die week – 28 November 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, In vandeesweek se SAUKRadio se Top 20 is daar nege liedjies wat styg, 10 wat daal en 1 wat onveranderd bly.

Daar is geen verrasing vir die nommer 1 posisie nie, dit bly Leah & Jo Black met hulle treffer “Nooit alleen”. Steve Hofmeyr se treffer “Feeslied” wat terug gesak het na nommer 3 het een posisie opgeskuif die week na nommer 2 toe. Dit is te danke aan die gewildheid van die liedjie op iTunes die afgelope week.

Kom ons spring weg en kyk na hoe die stand van sake is tussen die Kunstenaars. Loer ook hier onder vir die bonus snit wat ons met julle graag wil deel, dis niemand anderste as Bouwer Bosch met sy liedjie “Verby”.

1. Leah & Jo Black – “Nooit alleen”
2. Steve Hofmeyr – “Feeslied”
3. Brendan Peyper – “Vannaand sê ek net ja”
4. Len Muller – “Ons is een”
5. Elvis Blue – “Blou”
6. Ray Dylan – “Vir ewig jonk”
7. Joshua na die Reën – “2017”
8. Emil Struwig – “Liefde wen”
9. Bouwer Bosch – “Verby”
10. Kurt Darren – “Laat die dansvloer brand”
11. Jay – “Solank”
12. Tussen sterre en Bouwer Bosch – “Hemelrym”
13. Caroline Grace – “Ek bid vir jou”
14. Juanita du Plessis – “Loop op die water”
15. Caroline Grace en Fatman – “Liedjie vir jou”
16. Appel – “Kom lê my neer”
17. Retief Burger – “Oor ‘n duisend jaar”
18. Jack Parrow en Hunter – “Vingerafdruk”
19. Elandrè – “Afrikaans sal bly”
20. Kurt Darren – Jy’s ‘n legend”

Soos gewoontlik sit ek graag vir julle ‘n musiek video op van die nommer 1 video tot nommer 3 en dan ‘n bonus video, maar dit blyk of ek geen video in die hande kan kry van ons nommer 1 nie, dus Leah & Jo Black met hulle treffer “Nooit Alleen”, indien jy ‘n klankgreep het van die warm liedjie, dan sal ek dit hoog op prys stel as jy dit vir my kan stuur na tersia@7.co.za

En dan jou nommer 2: Steve Hofmeyr – “Feeslied”

En hier is jou nommer 2: Brendan Peyper – “Vannaand sê ek net ja”

Hier is jou bonus snit wat ek belowe het, dis Bouwer Bosch met sy treffer “Verby”.

Ek groet tot volgende week, dieselfde plek en dieselfde tyd. Kom mense, stem vir jou Nommer 1 en dalk volgende week is jou sanger of groep bo aan die lysie.


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment