Is daar ‘n Toekoms Vir Die Witman in Suider Afrika?


Die program is saamgestel deur artikels oor die toekoms van die witman in SA asook ‘n klankbaan deur Karin Smith van RFSA oor die die houding van die regerende Party teenoor die witman, en laastens, artikels oor die jongste plaasmoorde en waarskuwings en raad oor hoe om jou eie lewe te red in die geval van aanvalle en nie in gevaar te stel nie.

Artikel 1

Daar is ‘n toekoms…

Daar is toekomshoop vir jong Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika. Dit gaan egter nie op ‘n skinkbord aangedra word nie en die tyd het aangebreek om hande te vat, vernuwend te dink en saam te werk om vir die Afrikaner ‘n plek in sy geboorteland te waarborg.

Dit was die boodskap van dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, aan studente van die Juventus-jeugvereniging in Pretoria. Juventis is ‘n instansie wat christelike leierskap en waardes onder Afrikaanssprekende jong mense bevorder.

Dr. Mulder het gesê die Afrikaner is by verre die minderheid in hul land van geboorte en nie net sy taal en kultuur nie, maar sy oorlewing is onder druk. Die realiteit is dat hy alle werklike politieke mag verloor het. Die destydse Nasionale Party se onderhandelings-uitgangspunt was slegs die beskerming van individuele regte en geen grondregtelike waarborge is ingebou vir die beskerming van minderheidsgroepe nie.

Om hierdie redes het die tyd aangebreek dat veral jong Afrikaners moet soek na oplossings en daar is talle internasionale voorbeelde waar wel oplossings gevind kan word om minderheidsgroepe se voortbestaan en die handhawing van hul taal en kultuur te verseker.

“Die moderne tendens wêreldwyd is die erkenning van minderhede en hul regte. Lande soos Indië, Israel en Pakistan het onlangs selfs ministeries gestig om minderheidsgroepe se belange te behartig.

“Ons hoef nie die wiel van voor af te ontwerp nie, maar kan lesse leer van lande met soortgelyke probleme. Oplossings wat op ons van toepassing kan wees, kan ons oorneem en aanpas vir ons eie omstandighede. “Die Afrikaner sal sy eie toekoms moet skep en kan nie sy hoop op die regering of ander groepe plaas om hom te red nie.

“Genoeg mense moet opstaan vir minderheids- en selfbeskikkingsregte en hulle uitspreek teen druk en verswelging van die meerderheid voordat ‘n regering aandag daaraan sal gee,” het dr. Mulder gesê. Volgens hom is daar organisasies binne en buite die parlement nodig om druk op die regering te plaas. Dit sluit in ‘n politieke partye asook ‘n verskeidenheid burgerlike organisasies.

Dr. Mulder het verskeie voorbeelde genoem waar direkte gesprek op parlementêre vlak reeds ‘n belangrike bydrae tot die Afrikaner se saak gelewer het. Hy het gewys op die belangrikheid om ‘n koalisie te vorm met ander opposisie politieke partye en om so deel te wees van ‘n koalisie wat ‘n verkiesing kan wen.

“Ons vra ‘n toekoms vir ons kinders en ‘n regverdige bedeling vir almal in die land. Om passief daarop te wag, gaan nie werk nie. Ons het nie ‘n keuse as om nederlae te gebruik as basis vir die bou van ‘n beter toekoms nie,” het dr. Mulder gesê. – Vaandel

Padda

Artikel 2

Dit is tyd vir ‘n toekoms visie

Die naïewe terug hunkering na die belofte van ‘n reënboognasie deur die neo-verkramptes is verbasend. Mens sou dink dat die realiteite oor die afgelope bykans 20 jaar hierdie miete en die moontlike haalbaarheid daarvan reeds by uitstek onmoontlik verklaar het. Daar kan maar slegs tot een gevolgtrekking gekom word, die reënboog is terminaal en nie eens die afgod Mandela se toorkuns (magic) sal hom kan red nie. Om steeds vas te klou aan die “droom” van ‘n reënboognasie, is dagdrome van ‘n verlede wat nooit bestaan het nie. Die reënboogdroom, is immers niks anders as ‘n nagmerrie. Daar kan nie langer in die verlede gelewe word nie.

Dit is tyd vir ‘n toekoms visie. ‘n Toekoms visie gebou op die realiteite van die hede en nie lugkastele en drome oor wat kon gewees het nie. Die realiteit van die hede is dat die meerderheid swart inwoners van Suid-Afrika, haat blankes bloot omdat ANC politici blankes voorhou as die versinningsbeeld van alles wat verkeerd is in Suid-Afrika. Veral deur die volgehoue ongekwalifiseerde veroordeling van apartheid vir alles wat verkeerd is met spesifieke klem op die leuen dat blankes deur die eeue swart mense in SA besteel het. Gevolglik maak hierdie swart rassiste nie onderskeid tussen Apartheid en blank nie, ook nie tussen Abel Malan en Tim du Plessis nie en nog minder tussen die Verkenners en Afriforum.

Die realiteit van die hede is, hierdie swart rassiste, is die produk van die miete van die reënboog Suid-Afrika, want aan hulle verwagtinge is nie voldoen nie en die skuld word gepak op die skouers van die witman. Daarom is daar sinnelose moordaanvalle op onskuldige drie jarige wit kinders. Daarom word weerlose oumense se vingers met snoeiskêre afgesny, daarom sing hulle “kill the Boer” en daarom wil hulle alles wat aan die witman behoort nasionaliseer. Of jou van du Plessis of Geldenhuys is, dit maak nie saak nie. Jy is wit, daarom het jy skuld aan Apartheid en daarom moet jy bloei vir wat NOU verkeerd is.

Die realiteit van die hede is, die witman in Suid-Afrika is op geleende tyd. Die prysenswaardige weerstandsaksies wat onder andere Afriforum dryf, koop slegs tyd, maar in die langtermyn stel dit slegs die kwade dag uit. ‘n Sikofante houding van Afrikaner vernedering soos deur die Professor van Niekerks van die land, vererger die situasie deur dat dit regverdiging van die vernietiging van die Afrikaner te weeg bring.

Die enigste positiewe langtermyn oplossing, is territoriale selfbeskikking vir die Boere-Afrikaner, in ‘n eie begrensde grondgebied. Laat ons dus ophou om in die verlede te leef, onrealisties drome te droom en eerder werk aan ‘n positiewe, realistiese, toekoms gedrewe oplossing. Selfbeskikking.

Ben Geldenhuys – Vryburger

 

Ons speel ‘n klankbaan deur Karin Smith van RFSA oor die situasie in SA

 

Artikel3

Boer van Odendaalsrus vermoor

‘n Plaasboer van Odendaalsrus, Jan Barnard (73) is deur terroriste vermoor.

Sy vrou, Corrie (72) het heelnag langs haar man se lyk om hulp geroep.

‘n Plaaswerker het haar Vrydagoggend gevind. Die werker het ondersoek ingestel toe hy op die egpaar se dooie Duitse herdershond afgekom het.

Die werker het na die grootpad gehardloop en ‘n geleentheid na die Harcos-eierplaas gevra van waar hulp ontbied is.

Die krag het laatmiddag met die swaar weer afgegaan en Jan het die kragopwekker aangeskakel. Om 21:00 het die opwekker gevrek en volgens inligting wat Corrie gegee het, het Jan gaan ondersoek instel. Hy is by die deur van die enjinkamer oorrompel en doodgeskiet.

Corrie het die skote gehoor en na buite gegaan waar sy ook aangeval is. Die aanvallers, het haar erg aangerand en in die been en heup geskiet. Almal het klapmusse aangehad en het geld en gewere geëis.

Die egpaar se selfone is ook gesteel en dit lyk of handwapens en kontant uit die kluis geneem is.

Vrystaat Landbou (VL) het in ’n verklaring gesê Jan Barnard was een van dié organisasie se lede in die Odendaalsrus-distrik.

 

Artikel 4

Plaasbestuurder vermoor

Piet de Kock (40), ‘n plaasbestuurder op ‘n plaas tussen Nylstroom en Vaalwater in Noord-Transvaal is Vrydagmiddag deur terroriste vermoor.

‘n ID-dokument van een van die moontlike terroriste is op die toneel opgetel.

De Kock het gaan ondersoek instel nadat verdagtes aan die een kant van die plaas Doringfontein opgemerk is. Hy het voor die tyd sy werkgewer daarvan in kennis gestel.

De Kock se liggaam is in bosse gevind met ’n skietwond agter sy oor.

Die polisie soek na twee verdagtes wat na bewering te voet gevlug het.- Vryburger

 

Laastens in die lig van die laaste 2 artikels kyk ek weereens na  raad oor plaasveiligheid. Die slagoffers het hulle veilige fort nes baie van al die ander slagoffers  –  hulle huis verlaat om te gaan ondersoek instel wat buite aangaan.

 Die waarskuwings word gereeld gemaak – MOENIE JOU HUIS VERLAAT NIE DIT IS WAT DIE AANVALLERS WIL Hê JY STEL JOUSELF EN JOU FAMILIE BLOOT AAN GEVAAR EN LOOP DIE RISIKO OM WREEDAARDIG GEMARTEL EN BRUTAAL VERMOOR TE WORD SOOS DIE SLAGOFFERS VAN DIE MEESTE AANVALLE.  OF JY IN DIE STAD OP OP ‘N PLAAS BLY indien jou krag afgaan of jy geluide buite hoor bly binne en ontbied hulp van buite af dit kan die verskil tussen lewe en dood beteken!

 

Artikel 5

Die profiel van ‘n Plaas aanvaller en die manier waarop hy toegang kry tot jou eiendom asook ’n gevalle studie wat gedoen was tov een van die plaas aanvalle deur die groep Plaasveiligheid.

PROFIEL

Plaasaanvallers is meestal tussen 15 en 35 jaar oud, alleenlopend en werkloos.

Hulle beweeg meestal in groepe van drie tot sewe mans rond.

Sulke mense het ‘n persepsie dat álle boere vuurwapens het en dat die wapens maklik bekombaar is omdat boere op afgeleë plekke woon.

Die motief vir die meeste aanvalle is roof of wraak. Gewoonlik soek hulle vuurwapens, geld en ‘n voertuig.

Plaasaanvalle word meestal met militêre presisie uitgevoer.

Die aanvalle is so grusaam en brutaal moontlik.

Geen boer is te oud of te jonk, te ryk of te arm om deur te loop nie.

Volgens ‘n studie onder aanvallers wat vonnisse uitdien, skrik die tronkstraf hulle nie af nie, maar hulle voel tog dat die vonnisse te straf is.

‘n Plaasaanval het ‘n baie traumatiese uitwerking op ‘n gemeenskap.

Boere verskerp hul waaksaamheid nadat ‘n aanval in hul omgewing plaasgevind het, maar ná ‘n paar weke verslap hul waaksaamheid weer.

Plaasaanvalle word haarfyn beplan.

Die plaas word drie tot sewe dae lank dopgehou en daar was al gevalle waar dit weke lank dopgehou is.

Die aanvallers wil nie as ‘n groep saam gesien word nie – daarom doen net een of twee lede verkenningswerk.

n Metode waarmee aanvallers inligting bekom, is om voor te gee hulle soek werk.

Al het ‘n boer ‘n werker dringend nodig, moet hy eers die aansoeker se agtergrond deeglik ondersoek.

Vra sy naam en identiteitsboekie. As hy nie ‘n identiteitsdokument het nie, moet die boer hom onder geen omstandighede werk gee nie.

Vind uit waar hy voorheen gewerk het en doen navraag by daardie werkgewer.

As dit klink of hy vae inligting verskaf, of dit klop nie met die inligting wat die boer self inwin nie, moet hy die polisie ontbied en sy waaksaamheid verskerp.

SCS Beveel aan :-

ons stel voor dat die nuwe persoon se foto sowel as vingerafdrukke geneem word en by die boer se prokureur of iemand dergeliks gestoor word.

Maak ook ‘n afskrif van die nuwe werker se ID boek en maak seker u win soveel moontlik inligting oor hom in.

U MOET navraag doen by sy vorige werkgewers.

Voornemende aanvallers kom soms op ‘n plaas aan onder die voorwendsel dat hulle landbouprodukte of werktuie wil koop. Só bekom hulle waardevolle inligting oor die standaard van veiligheid op die plaas.

Om dít te voorkom, moet die boer die hekke om die plaaswerf gesluit hou (wat nie altyd prakties is nie) of ‘n kennisgewing by die ingang aanbring wat besoekers inlig dat die werf verbode terrein is. Die boer moet oplettend wees as vreemdes opdaag. As sulke mense hom nader, moet hy altyd sy waaksaamheid verskerp.

SCS Beveel aan :- dat die boer sy hele gesin opskerp deur die korrekte pro-aktiewe opleiding te kry.

Mense wat ‘n aanval beplan, is senuweeagtig en lyk skuldig. Moontlike tekens van senuweeagtigheid is vinnige spraak, uitermatige sweet, aggressiewe handbewegings, oë wat vinnig rondkyk en vlak asemhaling.

Wees baie versigtig vir iemand met ‘n baadjie of jas aan, want wapens kan maklik daarin versteek word.

Nóg ‘n metode wat misdadigers gebruik om inligting te bekom, is om huidige of gewese plaaswerkers te betrek, te intimideer of om te koop. Soms dreig hulle die werker of sy gesinslede met die dood. Andersins gee hulle vir hom geld, drank of sigarette. Inligting word ook op ‘n subtiele wyse uit werkers verkry deur hulle dronk te maak.

‘n Boer moet ‘n goeie verhouding met sy werkers handhaaf en hulle oorreed om hom te waarsku as ‘n vreemdeling inligting oor hom probeer bekom. Bied hulle ‘n beloning aan as hulle dit doen. Aanvallers se teiken is dikwels ‘n huisbediende, want sy is die enigste een wat weet waar die kluis- en motorsleutels is en wat die boer en sy gesin se bewegings ken. Boere moet dus nooit hul daaglikse beplanning voor bediendes bespreek nie.

As die misdadigers agterkom ‘n boer is voorbereid op ‘n aanval, sal hulle hom buite sy plaaswerf voorlê deur hom by ‘n plaashek in ‘n hinderlaag te lok, deur voor te gee hul voertuig het onklaar geraak, deur ‘n brand te stig of deur die kragtoevoer na die huis af te sny.

Die omstandighede waaronder aanvalle plaasgevind het, word deur verskeie kenners ontleed. Hulle kyk na foute wat in elke geval gemaak is, hoe dit voorkom kon word en gee wenke oor algemene veiligheid. Lesers kan hierdie wenke en lesse oor plaasveiligheid gebruik om méér paraat te word en só plaasaanvalle te voorkom. Dorpenaars en stedelinge kan die veiligheidswenke ook ter harte neem.

GEVALLESTUDIE

Beveiliging van huis baie swak

Die bejaarde egpaar in hierdie gevallestudie het net ‘n paar honderd meter van hul seun op die plaas gewoon. Hulle het baie veilig gevoel, maar die middele waarmee hul huis beveilig is, was baie ontoereikend.

Behalwe vir ‘n klein hondjie en ‘n Marnet-radiostelsel in die huis, was daar geen ander beveiligingsmaatreëls nie. ‘n Dowwe liggie bokant die voordeur was die enigste lig. Daar was geen diefwering voor die vensters of veiligheidshekke in die huis nie; ook geen waghonde buite op die werf of ‘n veiligheidsheining om die werf nie – toegang tot die huis was dus kinderspeletjies.

Die egpaar se pistool is in ‘n klerekas weggesteek. Met die Marnetstelsel in die huis het die egpaar gedink hulle kan dadelik hulp ontbied as hulle aangeval word. En wie sou dit waag om die huis binne te gaan, aangesien hulle ‘n pistool en ‘n paar jaggewere in die huis het? Baie mense wat só dink, is egter ‘n maklike prooi.

Die egpaar van in die sewentig het dié aand teen agtuur in hul slaapkamer televisie gekyk. Toe die hondjie begin blaf, was die aanvallers reeds in die huis. Die hondjie was baie oud en kon nie meer goed hoor nie. Daar was vier aanvallers – ‘n vyfde een het die seun se huis dopgehou. Drie aanvallers het handwapens gehad en die ander twee messe. Almal het musse gedra.

Daar was nie kans om alarm te maak nie, want die Marnet was in die eetkamer. Die bejaardes is met dasse vasgebind. Die aanvallers het toe vuurwapens en geld geëis, maar die oumense het nie geld gehad nie. Die aanvallers wou dit nie glo nie. Elke keer as die vrou gesê het daar is nie geld in huis nie, het hulle haar man geslaan. Hy het later geval. Een aanvaller het aan die kas vasgehou en op sy bors begin spring. Die geweldenaars het heeltyd gedreig om hulle “vrek” te maak.

Die egpaar se grootste vrees was vir hul kinders en kleinkinders, want die aanvallers het gesê hulle sal enigiemand doodskiet wat daar aankom. Hulle het gesoebat en mooi gepraat dat die mans moes ophou, maar die aanranding het eers geëindig toe die man sy bewussyn verloor het. Hulle het hom só styf in ‘n dik kombers toegedraai dat hy gesukkel het om asem te kry.

Hy het in ‘n stadium bygekom en sy vrou gevra of sy nog reg is. Die aanvallers het hom toe weer geskop en geslaan en hom stywer vasgebind, vermoedelik sodat hy moes versmoor. Die vrou is daarna losgemaak sodat hulle haar kon verkrag, maar sy het hardop begin bid en een van die aanvallers het die ander toe gekeer.

Sy is weer vasgebind en toe het hulle tydsaam die huis deurgesoek vir geld en vuurwapens. Hulle het die handwapen gevat en die jaggewere gelos. Die televisiestel, radio, klere en ‘n klomp huisraad is op die egpaar se bakkie gelaai en hulle het weggery.

Die kleinseun in die huis langsaan het sy oupa se bakkie hoor wegjaag, maar hy het nie sy pa daarvan gesê nie.

Die vrou het die heeltyd wat sy vasgebind was, gedink haar man is dood. Laat die nag het sy haarself losgewikkel en haar man gaan losmaak. Hy het geleef, maar het kwalik asemgehaal. Sy arms was só styf aan mekaar vasgemaak, dat sy die das om sy arms met ‘n skêr moes afknip. Toe het sy hulp ontbied.

Die aanvallers is ‘n week later aangekeer. Een van hulle het vroeër by die egpaar gewerk.

Die egpaar het ná die aanval ‘n klomp honde aangeskaf en diefwering voor al die vensters aangebring. Hulle leef steeds in vrees, want die geweldenaars het gedreig om eendag terug te keer as hulle die aanval sou aanmeld. Hoewel hulle traumabehandeling by hul kerk gekry het, kon hulle nog nie die gebeure verwerk nie.

plaasmoord_netwerk24-275x275


Luister ook na: Donker dae vir die Witman: “Blanke” word nietig verklaar


 

 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment