Jou Top 20 vir die week – 2 November 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, met ‘n paar verassings. ‘N julle paar sangers het ons Top 20 verlaat en van die oues is weer met ons. Bok van Blerk en Appel (Christoph Kotzè) se liedjie “Lemoen”, maak die week sy toetrede tot ons Top 20. Die musiek video van die liedjie is reeds meer as 130 000 gekyk vandat dit ‘n week gelede opgelaai is.

Caroline Grace, die dame wat ‘n finalis was op The Voice, neem die week se No. 1 posisie in mer haar liedjie “Ek bid vir jou”. Loer gerus hieronder na die musiekvideo van Wynand Strydom se “Katrina”.

1. Caroline Grace – “Ek bid vir jou”
2. Appel – “Kom lê my neer”
3. Steve Hofmeyr – “Feeslied”
4. Tussen sterre en Bouwer Bosch – “Hemelrym”
5. Kurt Darren – Jy’s ‘n legend”
6. Liezel Pieters – “Gooi joou liefde op my neer”
7. Karen Zoid – “Vir jou”
8. Elandrè – “Afrikaans sal bly”
9. Elvis Blue – “Elke hart”
10. Ruan Josh ft Franja du Plessis – “Ek wil lewe”
11. Wynand Strydom – “Katrina”
12. Ray Dylan – “Vir ewig jonk”
13. Emil Struwig – “Liefde wen”
14. Die Heuwels Fantasties – “Bietjie hoop”
15. Saarkie – “Vir altyd”
16. Joe Forster – “Ridder”
17. Monique Steyn – “Die boom”
18. Deon groot – “As ek net jou man kon wees”
19. Ons lieflinge (Rudi & Charnè) – “Miljoen stemme”
20. Bok van Blerk & Appel – “Lemoene”

Kom mense, stem vir jou Nommer 1 en dalk volgende week is jou sanger of groep bo aan die lysie.

Hier is jou nommer 1 – Caroline Grace – “Ek bid vir jou”

Hier is jou nommer 2 – Appel – “Kom lê my neer”

En wie kan nou nommer 3 mis – Steve Hofmeyr – “Feeslied”

En hier is jou bonus musiekvideo:- Wynand Strydom – “Katrina”


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment