Jou Top 20 vir die week 21 November 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, met ‘n paar verassings, daar is sommer ‘n paar liedjies wat groot spronge gemaak het, en daar is 3 nuwe kunstenaars tot die Top 20. Leah en Jo Black behou vir die derde keer in ‘n ry die top posisie met hulle liedjie “Nooit Alleen”.

Die 3 verrasings is:
Kurt Darren met sy liedjie “Laat die dansvloer brand”
Jack Parrow en Hunter met hulle liedjie “Vingerafdruk”, en die laaste verrasing vir julle daar buite is Caroline Grace en Fatman met hulle liedjie “Lied vir jou”.

Loer ook hier onder vir die bonus snit wat ons met julle graag wil deel, dis niemand anderste as Emil Struwig met sy liedjie “Liefde wen altyd”.

1. Leah & Jo Black – “Nooit alleen”
2. Brendan Peyper – “Vannaand sê ek net ja”
3. Steve Hofmeyr – “Feeslied”
4. Ray Dylan – “Vir ewig jonk”
5. Len Muller – “Ons is een”
6. Emil Struwig – “Liefde wen altyd”
7. Bouwer Bosch – “Verby”
8. Tussen sterre en Bouwer Bosch – “Hemelrym”
9. Elvis Blue – “Blou”
10. Caroline Grace – “Ek bid vir jou”
11. Retief Burger – “Oor ‘n duisend jaar”
12. Appel – “Kom lê my neer”
13. Jay – “Solank”
14. Elandrè – “Afrikaans sal bly”
15. Kurt Darren – Jy’s ‘n legend”
16. Joshua na die Reën – “2017”
17. Caroline Grace en Fatman – “Liedjie vir jou”
18. Juanita du Plessis – “Loop op die water”
19. Jack Parrow en Hunter – “Vingerafdruk”
20. Kurt Darren – “Laat die dansvloer brand”

Soos gewoontlik sit ek graag vir julle ‘n musiek video op van die nommer een video tot nommer 3 en dan ‘n bonus video, maar dit blyk of ek geen video in die hande kan kry van ons nommer 1 nie, dus Leah & Jo Black met hulle treffer “Nooit Alleen”, indien jy ‘n klankgreep het van die warm liedjies dan sal ek dit hoog op prys stel as jy dit vir my kan stuur na tersia@7.co.za

En hier is jou nommer 2: Brendan Peyper – “Vannaand sê ek net ja”

En dan jou nommer 3: Steve Hofmeyr – “Feeslied”

En HIER is jou bonus snit: Emil Struwig – “Liefde wen altyd”

Ek groet tot volgende week, dieselfde plek en dieselfde tyd. Kom mense, stem vir jou Nommer 1 en dalk volgende week is jou sanger of groep bo aan die lysie.


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment