Korrupsie en Agteruitgang van Staats Hospitale Gaan Hand in Hand


” ’n Land wat deur eerbare leiers tot stand gebring is, kan egter nie deur korrupte politici in stand gehou word nie. Salomo sê in Spr.29:4 dat korrupsie ʼn land se ontwikkelingsmoontlikhede skaad. En dis waar. Kyk maar net na Suid-Afrika waar alles besig is om onder die gewig van korrupsie in duie te stort! “

Onlangse misdaad statistieke toon dat Suid-Afrika een van die gewelddadigste lande ter wêreld is. Tot ʼn klompie jare gelede was dit een van die veiligste en seker een van die beleggingvriendelikste lande in die wêreld. Wat het hierdie geweldige ommekeer veroorsaak? Dwase politieke besluite en korrupsie.

ʼn Land verval na gelang van die korrupsie wat daarin voorkom. Korrupsie is een van die grootste vernietigende magte ter wêreld omdat alles wat daardeur aangeraak word, verval.

Oral waar korrupsie by ʼn land se voordeur instap, loop voorspoed by die agterdeur uit. Afrika lewer sprekende voorbeelde hiervan waar korrupsie nie net endemies is nie, maar ook as standaard praktyk epidemiese afmetinge aanneem.

Naas moord is korrupsie die tweede hoogste misdaad in Afrika. Korrupsie en onafhanklikheid is ʼn resep vir die dood. Die Afrika Unie het onlangs bereken dat Afrika-leiers jaarliks meer as $148 miljoen steel en meer as 25% van hierdie vasteland se bruto binnelandse inkomste jaarliks weens korrupsie verlore gaan.

Global Financial Integrity het bereken dat Afrika minstens $900 miljard sedert 1970 verloor het. Dis meer as die totale ontwikkelingshulp wat Afrika gedurende hierdie tyd van die buiteland ontvang het! Die Wêreldbank het in 2012 berig dat 40% van Afrika se privaatrykdom in die buiteland bewaar word.

Meer as die helfte van Afrika se mense leef van minder as $2 per dag. Dis benewens onverantwoordelike mense-aanwas ook aan korrupsie toe te skryf. Buitelandse hulp alleen kan nie Afrika se armoede uit die weg ruim nie.

Korrupsie moet ook opgeruim word. Afrika ontvang al meer as 50 jaar lank oorvloedige buitelandse hulp sonder enige armoedeverligting. Dit het in effek net die diktators en hul politieke kaders ryk gemaak.

In Afrika word die reg dikwels verkrag sodat staatshoofde en ander korrupte hoëlui aanklagtes van korrupsie teen hulle kan omseil

Solank as wat Afrika nie van korrupsie bevry word nie, sal dit die armste vasteland in die wêreld bly. Onbevoegde, geldgierige regeringslui roei Afrika uit en skep ʼn atmosfeer van verskrikking soos tans in Zimbabwe heers.

Korrupsie waai ook teen orkaansterkte in Suid-Afrika. Ons land gaan onder politici wie se korrupte lewens ensiklopedies groot is gebuk. Plaaslike nuusmedia berig feitlik daagliks van regeringslui skandale – wapen-skandale, reisskandale, die misbruik van openbare fondse, dokumentvervalsing, omkoopgeld ens. Dis die nuus van die dag!

Die regering se gewaande besorgdheid oor die opheffing van armes was is ʼn rookskerm. Dit was ʼn slenter om die deur vir korrupsie en selfverryking te open. Kyk maar wat Allan Boesak destyds met die buitelandse fondse vir hulpbehoewendes gedoen het!

In 2012 het die ouditeur-generaal rapporteer dat meer as R20 biljoen aan ongemagtigde uitgawes in Suid-Afrika bestee is en dat minstens R30 biljoen weens korrupsie verlore gegaan het. Van die 39 staatsdepartemente het slegs drie ʼn skoon oudit gehad.

Die plaaslike nuusmedia word weekliks oor hoëlui skandale, hulle verregaande leefstyl en belaglike uitgawes oorval. Ten spyte van die meer as R600 biljoen wat die staat in belastinggeld inwin, is daar nog elke jaar ʼn tekort van inkomste. Hospitale het ʼn tekort aan medisyne en skoolkinders moet sonder handboeke klaarkom. Korrupsie skilder voorwaar ʼn droewige prentjie!

Geen pen kan die omvang van die skade wat korrupsie Suid-Afrika aangedoen word, beskryf nie. ʼn Joernalis het dit met muise vergelyk wat in ʼn bos gevang en in beheer van ʼn kaasfabriek geplaas is! Ongelukkig het mense al so daaraan gewoond geraak, dat die skurke wat in weelde leef en geen noemenswaardige teenstand kry nie. Onverskilligheid is soos ʼn turbo-aanjaer vir korrupsie.

Korrupsie is egter nie ʼn alleenloper nie. Dis die vroedvrou van ontwrigting. Korrupsie gaan altyd met anargie, geweld, wetteloosheid en onsedelikheid gepaard. Korrupte gemeenskappe is gewoonlik altyd sedelose gemeenskappe. Baie van die korrupte lande word deur diktators gelei. Mag neig altyd na korrupsie en absolute mag maak alles korrup.

Korrupsie is sonde want dis wesentlik diefstal, Geldgierigheid. Mense wat hulle aan korrupsie skuldig maak, is nie noodwendig arm nie. Hulle het genoeg om van te leef, maar wil nog meer hê.

Let op die verskil tussen armoede en gierigheid; armoede is om dinge te benodig en gierigheid om alles te wil hê. Rykdom wat weens korrupsie verkry en by die dood aan erfgename bemaak word, bring ʼn vloek oor erfgename. Korrupsie en omkopery is stalmaats en ʼn gruwel omdat dit die reg verdraai en wetsgehoorsame burgers daaronder laat lei.

Korrupsie is vir elke landsleier ʼn versoeking.

ʼn Eerbare mens vind meer rus op sy bed as ’n korrupte koning op ’n troon. En dis waarna die mens smag – sielerus. Korrupsie jaag, vermoei en belas mense. Hoe kosbaar daarenteen is sielerus en vrede nie!

Korrupsie is soos selfopgelegde tronkstraf. Dit ontneem die mens van ware vryheid. En dis net moontlik as ons die lewenspad reguit stap. Daar is geen tolgeld op die reguit pad van die lewe te betaal nie. Daarom lei die reguit pad altyd na die regte dinge in die lewe. Korrupsie daarenteen is ʼn donkerte van die siel; ’n maanlose nag sonder sterre.

’n Land wat deur eerbare leiers tot stand gebring is, kan egter nie deur korrupte politici in stand gehou word nie. Kyk maar net na Suid-Afrika waar alles besig is om onder die gewig van korrupsie in duie te stort!

Daarbenewens maak korrupsie ook lande sag vir bewindsoorname. Neem maar net kommunisme as voorbeeld. Kommunisme het nog nooit in ʼn land vastrapplek verkry wat nie eers deur korrupsie geteister is nie. Suid-Afrika is ʼn sprekende voorbeeld hiervan.

Korrupsie is wesenlik skadeliker as prostitusie. Prostitusie skaad enkelinge, maar korrupsie ʼn hele volk. Daarom beteken die einde van ʼn korrupte regering altyd groot vreugde vir ʼn volk!

Gedeeltes van die skrywe van Ds Andrè van den Berg

Gelofteland

Artikel 2

Korrupte amptenare vererger siekes se leed

In Pretoria doen gerugte die rondte dat amptenare by staatshospitale in en om die stad siekes genadeloos uitbuit.

Klaers, wat uit vrees vir verdere uitbuiting en viktimisasie annoniem wil bly, het aan ´n verslaggewer vertel hoedat pasiënte ure, selfs dae, moet wag om deur ´n dokter ondersoek te word.

Die gerug is dat tot R 5,000 betaal moet word, voordat enige aangemelde geval na die diensdokter verwys word.

Ofskoon die klaers volksgenote is, kon nie vasgestel word of slegs blankes op hierdie wyse geteister word nie.

Latere navrae by mediese dokters, waarvan baie tyd beskikbaar stel aan staatspasiënte, kon van die rekord af bevestig word dat verwysingsprobleme ervaar word.

Daar is ook bevestig dat alle gevalle wat die insae of ingrype van ´n dokter noodsaak, onverwyld na die dienspersoneel verwys moet word en dat geen amptelik goedgekeurde verwysinggelde betaalbaar is nie. Bron: Vryburger

Artikel 3

Siekwees word al duurder

Lede van mediese skemas se premies gaan vanjaar weer meer wees as die inflasiekoers.

Discovery Health Mediese Skema (DHMS), die grootste oop mediese skema, se gemiddelde premieverhoging is 8,9% terwyl Momentum se premieverhoging vir volgende jaar 8,6% is.

Verbruikersprysinflasie was in Augustus 4,6%, maar die verwagting vir 2016 is 6,1%.

Die premieverhogings word gegrond op aannames wat skemas maak oor die prysverhogings van gesondheidsorgverskaffers soos hospitale en dokters, asook kwessies wat eise jaarliks laat toeneem soos dat mense meer eis omdat hulle ouer word en die voorkoms van chroniese siektes wat verhoog.

In Julie het die Raad op Mediese Skemas (RMS), aanbeveel dat skemas die aannames wat hulle vir kostestygings maak, tussen 5% en 6% hou. Bron: Vryburger

Artikel 4

Vrystaat betaal nie hul dokters nie

Die Vrystaatse LUR vir gesondheid is gevra om dringend in te gryp by hospitale in die provinsie, waar dokters in sekere gevalle vier maande laas salarisse betaal is.

Dokters by die hospitaal in Bothaville het begin staak weens die nie-betaling van hulle salarisse. Soortgelyke probleme kom by distrikshospitale in Welkom, Hoopstad en Wesselsbron voor.

Daar word al ‘n geruime tyd gewaarsku dat die gesondheidsdienste in die provinsie besig is om heeltemal ten gronde gaan weens onbevoegdheid, korrupsie en nalatigheid.

Vroeër vanjaar is aangedui dat 40 dokters, 25 spesialiste, 5 tandartse en 100 verpleegsters in Kuba gewerf is om in die provinsie te werk. – Bron Vryburger

Artikel 5

Vrou lankal dood – Verpleegster sê: ‘vital signs are good…’

Bets Claassen is dood! Sy het gesterf terwyl muggies en miere oor haar lyf krioel en brommers om haar gedraai het.’n Statige vrou wat so ‘n wrede dood moes sterf en waarvoor haar familie nou antwoorde soek.

Me. Claassen se kinders, Sankus Smit, Regina Dercksen en Gerda Hendriks voor die Patalogiese Dienste Maandag afgeneem. Hulle wil ‘n saak van nalatigheid open teen die Middelburg Hospitaal.

 

Me. Claassen was op 3 Februarie nog besig om te loop, toe sy gegly en haar heup gebreek het. Haar kinders, Sankus, Gerda en Regina, het geglo dat sy gehelp sou word by die Middelburg Provinsiale Hospitaal.

 

Wat ‘n wrede ontnugtering het nie op hulle gewag nie! Binne ‘n week het sy begin bedsere ontwikkel en bykans 12 weke later moes haar seun haar oë toedruk…toe sy gesterf het.

 

“Ons wou haar verskeie kere skuif, maar die dokter het ons verseker hulle sal die bedsere gesond kan maak en dan moet sy geopereer word. Toe haar liggaam heeltemal vrot word, wou geen ander instansie haar meer hê nie, want dit was duidelik dat sy septisemie het!”

 

Dag vir dag het hulle vrae gevra. As daar vir ‘n kombers gevra is, is dit na hulle gegooi. As hulle oor haar toestand uitgevra het, was daar soms sarkastiese antwoorde.

 

Verlede Woensdag moes me. Gerda Hendriks met ‘n handdoek die brommers wegwaai wat op haar ma in haar hospitaalbed kom sit het. “Ons het naar geword van die reuk, maar kon haar nie net so los nie!”

 

Bykans elke dag het sy skoon linne gebring vir haar ma en die personeel het aan die begin toegelaat dat sy help om haar ma te bad. Toe hulle egter begin vrae vra oor haar agteruitgang en foto’s neem van die wonde weens bedsere, is dit beantwoord met aggressie van die hospitaalpersoneel. Daar is selfs ‘n kennisgewing opgesit by die hospitaal wat gesê het dat daar nie foto’s geneem mag word nie.

 

Deur trane vertel haar kinders dat hul ma teen die einde só oortrek was van die bedsere “dat sy nie meer boude gehad het nie. Daar was bedsere op haar skouers, haar rug, voete en bene. Toe hulle die gewig afhaal om haar in die sak te sit, het die velle sáám afgekom!”

 

Die kinders is Sondagoggend laat weet dat hul hospitaal toe moet kom. Hulle sê haar toestand was ernstig en hul ma was baie onrustig.

 

Me. Hendriks het haar ma oopgemaak en was geskok toe sy oral op haar ma se lyf muggies en miere kry. “Die miere het aan my ma gebyt!”

 

Me. Claassen se kleindogter, Ursula Groenewald, sê sy het op ‘n stadium oor haar ouma gebuk en agtergekom sy haal nie meer asem nie.

Almal was in die kamer en mnr. Smit het sy ma se oë toegedruk, nadat sy gesterf het.

 

“Ons het vir hulle gesê ons ma is dood, maar ‘n verpleegster het die hele tyd na die masjien gekyk en gesê: ‘her vital signs are good.’ Dit nadat sy al ‘n geruime tyd dood is!”

 

  • Die familie wil ‘n lykskouing laat doen om te bepaal waaraan sy dood is. Daarvoor moes hulle egter ‘n saaknommer hê en is Maandagoggend polisiestasie toe om ‘n saak van nalatigheid te gaan open.

 

‘n Groot skok het egter op hulle gewag. ‘n Polisievrou het in ontvangs op mee. Hendriks en Dercksen geskree en gesê dat hulle nie ‘n saak kan open nie, aangesien hulle nie bewyse het van enigiets nie “en dat niemand vermoor is nie.”

 

Me. Dercksen het probeer verduidelik dat hulle ‘n saak van nalatigheid wil oopmaak teen die hospitaal. “Sy het haar hande in die lug gegooi en geskreeu: ‘vir wat!”

Hulle was omgekrap oor die gebeure en kon nie glo dat die polisie weier om ‘n saak te open nie.

 

  • Mediawoordvoerder kapt. Khanyisile Zwane het gemeld dat “daar tans ‘n vergadering is om te bepaal of daar meriete is of die familie ‘n saak kan open.” Dit nadat sy in verskeie vorige mediaberigte gesê het dat die polisie nie kan weier om ‘n saak te open nie.

 

  • Kol, Manus Oosthuizen (waarnemende stasiebevelvoerder) het gesê dat hy “weet daarvan en dat dr. Dr. Ntuli hom ook gebel het.”

Dr. Lientjie Ntuli (Kliniese Bestuurder) het tydens die Observer se vorige navraag oor me. Claassen gesê dat hulle “alles aan die familie verduidelik het en as hulle nie tevrede is nie, hulle die provinsiale gesondheidskantoor kan kontak.” Volgens die familie het daar nooit ‘n dr. Ntuli met hulle gepraat nie.

 

  • Die kantoor van die premier het verlede Donderdag reageer in ‘n navraag wat die Observer aan hul kantoor gerig het rakende me. Claassen se toestand.

 

Me. Jermina Reneiloe Marakala (Direkteur Generaal Ondersteuning, Kantoor van die Premier, Mpumalanga Kantoor) het gesê dat daar per opdrag (direktief) van die Direkteur Generaal se kantoor opdrag gegee word dat die Mpumalanga Gesondheidsdepartement die kwessie moet ondersoek en dat daar op 20 April ‘n verslag ingedien moet word. Die Observer het hul kantoor Maandag in kennis gestel dat me. Claassen oorlede is.

 

  • Kort voor druktyd het me. Dercksen laat weet dat dr. Ntuli hulle in kennis gestel het dat daar wel ‘n lykskouing gedoen sal word.

 

  • Kapt. Zwane het kort voor druktyd gesê dat die polisie aangevra het vir ‘n geregtelike doodsondersoek en dat ‘n lykskouing wel gedoen sal word

Bron – Middelburg Observer

Artikel 6

Parkinsons-lyer sterf aaklig

Die familie van ‘n Parkinsons-lyer wat Maandag in die Middelburg Hospitaal oorlede is, sê die dokter en verpleegpersoneel het hom weens honger en dors laat sterf.

Mnr. Elmo van Dyk tydens sy laaste dae.

Me. Aletta van Dyk, van Nelspruit was kort voor ha pa Elmo se dood die week, erg bekommerd oor die behandeling, of gebrek daaraan, wat hy by die hospitaal ontvang het sedert sy opname op 1 Junie.

 

“My pa kon die dag nie uit die bed nie en ‘n ambulans is laat kom, maar by die hospitaal is hy gedwing om self uit te klim en moes van 06:00 tot na 23:00 wag om opgeneem te word.”

 

Die dokter aandiens het bloed laat trek en ‘n breinskandering aangevra omdat hy volgens me. Van Dyk oortuig was daar is breinbloeding..

“Nietemin is die skandering eers op 12 Junie gedoen, sy kritieke toestand ten spyt,” sê sy oor die “die dokter wat die naweek nêrens te vinde was nie want dis mos weekend en holiday,” rol sy die traak-my-nie-agtige susters se woorde op haar tong.

 

Twee weke voor mnr. Van Dyk se opname het hy reeds gesukkel om te eet en bloederige sere in sy mond ontwikkel en me. Van Dyk sê dat haar pa geen, “nie eens sy normale Parkinsons mediaksie of pynmediaksie, ontvang het nie”.

 

Na die skandering is mnr. Van Dyk met dementia gediagnoseer en daar is aan die familie verduidelik dat sy roggel ‘n stadium van die kondisie was – “maar dit was ‘n doodsroggel,” sê me. Van Dyk in retrospek.

 

Hy is nooit aarvoeding gegee nie en me. Van Dyk sê selfs toe slym by sy mond en neus uitgeborrel het ure voor sy dood, het personeel geweier om toiletpapier te bring “want hulle het nie”.

 

Familie moes noodgedwone lakens gebruik om hom skoon te vee

“Gepraat van die lakens, my pa het na sy opname op die bed opgegooi en vyf dae later was die gemors nog net so op sy beddegoed,” kla me. Van Dyk waar pasiënte aan hulle genoem het “van hier af is dit die mortuary”.

 

Sy sê sy het nog nooit in haar lewe so iets ondraagliks beleef nie – “Middelburg Hospitaal is verskriklik, dis die vuilste, koudste plek waar geestesversteurdes vryelik tussen siekes in saal 15A rondloop”.

 

Die ergste is, die hospitaal kan nie vir die familie sê wanneer mnr. Van Dyk oorlede is nie. Hy is kort voor 20:00 die laaste maal besoek en die tyding is Dinsdag omstreeks 05:00 aan die familie deurgebel.

 

Sy liggaam is net so in die bed gelaat tot die ondernemer dit na 10:00 kon gaan haal.

“Sy dood spook by ons,” is al wat me. Van Dyk uitkry oor die onmenslike manier waarop haar pa beswyk het, “in pyn, met honger en dors, sonder enige bystand.”

 

Hy is elke dag deur sy broer, swaer en vrou besoek, maar hoe hoër hulle stemme verhef is oor die diens, hoe minder diens is aangebied.

 

Geld vir skoonmaak is daar nie by Middelburg Hospitaal.

“Hoeveel mense moet nog hierdeur gaan voordat die staat aanspreeklik gehou gaan word vir dié stadige moord,” vra sy.

 

  • Dr Philemon Lethlalo, sê hy vind dit moeilik om te glo dat drie skofte se personeel almal hul rug op die pasiënt sou draai.

Hy het die familie genooi om hom te besoek sodat hy deeglik deur mnr. Van Dyk sê lêer met hulle kan werk en kan wys watter medikasie hy ontvang, en wanneer dit togedien is.

“Ek was persoonlik self deur saal 15A en B verlede Donderdag saam met die LUR vir gesondheid en die ander bestuurders van die hospitaal, en ons sou dadelik opgemerk het as mnr. Van Dyk nie menslik behandel is nie,” verseker dr Lethlalo.

Bron – Middelburg Observer

Artikel 7

19 April 2016 Herman le Roux (43) wag dae vir behandeling by die Steve Biko akademiese hospitaal . Hy het by die huis geval en sy knie gebreek verlede Woensdag en benodig ‘n operasie.

Ek het besef my knie is gebreek en het na ongevalle gegaan by die Steve Biko akademiese hospitaal, waar ek 20 ure moes wag in die noodkamer op ‘n bed.

My patella is in die helfte gebreek en my knie is in ‘n gemors en ek verkeer in geweldige pyn het hy gesê. Die personeel was ook glad nie vriendelik nie.

Ek het ‘n verpleegster vir ‘n glas water gevra waarop sy “ ausa” gesê het en in my gesig vir my gelag het. Vir ‘n paar dae is aan my gesê ek mag nie iets eet nie want ek mag dalk die dag teater toe moes gaan. Dit was die ergste om die hele dag niks te eet nie en teen 17h00 vertel te word jy gaan nie geopereer word nie.

My rug is verskriklik seer en die dokter het gesê hy kan ‘n MRI doen maar my besering is nie ernstig genoeg daarvoor nie en volgens wat ek verstaan is dit die enigste manier om vas te stel wat fout is met my rug.

HY is uiteidelik gister teater toe geneem maar die operasie was nie gedoen nie omrede daar ‘n ander noodgeval was.

Bron: Rekord
Berig 8
Kathy Van Dyk
skryf op 18 April op Facebook

Baba dogtertjie is Vrydag aand met keisersnee gebore in Evander hospitaal, daar was komplikasies met baba na geboorte. Haar slukdermpie is foutief, blykbaar gekrul en moet onder operasie reggemaak word en daarom het hulle Mamma en baba oorgeplaas na Witbank hospitaal toe.

Hospitaal is verskriklik rasisties, daar was reguit vir haar gese omdat sy wit is hoort sy nie eintlik daar nie. Sy is enigste blanke vrou in kraamsaal of afdeling waar sy lê.

 

Tracey Heylen skryf op 17 April 2016 dat haar susterskind eerder buite in die parker terrein op ;n bankie gaan lê het met haar drip as in die hospitaal saal by die Helderberg hospitaal in Kaapstad as gevolg van die stank in die hospitaal wat onuithoudbaar is. Welkom by Suid Afrika se staats hospitale trots aan u gebring deur die ANC!

Artikel 9

14 April 2016 Terwyl familie soek, is ma reeds dood
“Was sy alleen, het sy koud gekry, was sy honger, was sy bang?…”

’n Vloedgolf van emosies het deur André Vickery geruk terwyl hy hierdie vrae vra. Na ’n week se wanhopige gesoek is sy grootste vrees Saterdag 9 April bewaarheid.

Sy ma, me. Rita Vickery (67) se liggaam is vroeg Donderdag 7 April deur twee sekuriteitswagte langs die ou Pretoria begraafplaas gekry.

 

Vickery se liggaam is na die staatslykshuis geneem.

Omdat sy geen dokumente aan haar gehad het nie, kon niemand haar familie laat weet nie.

 

Op Facebook is talle foto’s van Vickery geplaas en sonder ophou het haar familie nog steeds na haar gesoek, min wetend dat hul ma reeds dood is.

 

Op Vrydag 8 April het ’n joernalis van WITBANK NUUS ’n foto van die toneel gekry.

“Die vrou se gesig het so bekend gelyk, ek het geweet ek het haar iewers al gesien,” het die joernalis gesê.

 

Nadat sy die familie se plasings op Facebook en Vickery se foto gesien het, het sy geweet dis dieselfde persoon.

“Dit was ’n emosionele tweestryd. Hoe stuur jy ’n foto van ’n liggaam aan die familie sodat hulle hul ma kan uitken?”

 

Me. Rita Vickery saam met haar kinders Estelle, Ronel en André.

“Ek wou flou word toe ek my skoonma herken. Dit was so onwerklik, dis nog steeds soos ’n fliek wat afspeel,” het Cornel gesê.

 

André het vertel dat hulle Maandag 4 April op Zello vir hulp moes vra omdat sy ma wat aan Alzheimer gely het, buite beheer geraak het. As gevolg van progressiewe siekte wat stelselmatig die brein aftakel het sy gereeld woedeuitbarstings gehad en het ook weggeloop. Sy kon nie haar weg terug huis toe vind nie, want sy het vergeet waar sy bly.

 

“Sy het by my broer en sy gesin op Clewer gebly. ’n Staatsambulans is uitgestuur om haar te sedeer en na Witbank Hospitaal te neem sodat ons vir haar hulp kon kry,” het André vertel.

 

Hy het gesê hy het vroeg Dinsdagoggend hospitaal toe gegaan om sy ma te gaan besoek en uit te vind of daar iets vir haar gedoen kan word.

“By die opnames was daar geen rekord dat sy opgeneem was nie. Ek het van saal tot saal geloop en soek, dit was tevergeefs. Ek kon haar net nêrens kry nie.”

 

Die volgende dag het André ’n taxi geneem en weer hospitaal toe gegaan.

“Ek het weer gaan kyk, die keer het ek onder my ma se volle name Magrietha Susanna Vickery, gaan soek. Daar was niks nie. Ek het weer in elke hoekie in elke saal gaan soek, maar sy was weg …” André se droë snikke het die res van sy woorde ingesluk.

 

Cornel het elke dag plasings op Facebook gemaak en ’n foto van Vickery rondgestuur in die hoop dat iemand haar sou herken.

“Ek kan dit nie ‘rewind’ nie, my ma is dood. Die manier waarop sy dood is, is die rede vir die nagmerries in die nag,” het André gesê.

 

Hy het gesê die gesin bly al jare in die omgewing, eers op Wilge, toe Bank Colliery en hulle het later na Clewer verhuis.

“Almal het my ma geken. Sy was ’n ystervrou met die sagste hartjie. Alzheimer het my ma ’n ‘onbekende monster’ gemaak.”

“My lief onthou jy hoe lief sy vir teddiebeertjies was? Sy het ’n hele kot vol teddies gehad,” het Cornel gesê terwyl sy André se trane afgevee het.

 

André het gesê sy laaste gesprek met sy ma het op 1 April plaasgevind’

“Ek is ’n karwag by Checkers Hyper in Klipfontein. Hulle het kom inkopies doen en sy het by my kom sit en gesels. Sy het gesê sy verlang verskriklik baie na my pa wat twee jaar terug dood is. Ek het haar hand styf vasgehou en gesê, ‘Mamma, dis nie nou jou tyd nie. Ons het nog so baie om te doen, ek wil Mamma nog ’n hele rukkie by my hê’.”

 

Vickery was vroeër vanjaar ook soek. Sy het op haar verjaarsdag op 23 Februarie ‘verdwyn’.

“Iemand het haar langs die Ogies-pad afgelaai. Pink Ladies, ’n organisasie wat help om vermiste persone te soek, het haar die Vrydag in Springs opgespoor,” het Cornel gesê.

 

“Dit is elke dag seer, elke dag feitlik ondraaglik om te dra. Ek wens ek kan haar een laaste keer vashou. Miskien sal die wind hierdie boodskap na haar toe aandra, “Mamma, ek is lief vir jou …..”

Vickery laat haar seuns André, Nico en Marius en haar dogters Estelle en Ronel asook vyf kleinkinders agter.

 

Die Departement van Gesondheid is genader om vas te stel hoekom Vickery nie in die hospitaal opgeneem was nie.

In sy nadoodse ondersoekverslag het dr. Xola Kanta Maandag 11 April aangedui dat Vickery onnatuurlik dood is.

“Dit kan wees dat sy dood is nadat sy aan die natuur se elemente blootgestel was, onthou dit was verlede week koud gewees in die nag,” het kapt. Eddie Hall polisiewoordvoerder gesê.

Hy het gesê Vickery het geen uitwendige beserings gehad nie, sy is nie verkrag, aangerand of vermoor nie.

Bron – Witbank Nuus

Artikel 10

March 30, 2016  Matrone in moeilikheid

‘n Matrone van die Steve Biko hospitaal wat nie haar frustrasies kon inhou nie, sal binnekort dissiplinêr verhoor word.

Dít volg nadat sy van die verpleegsters in die kraamafdeling met die k-woord aangespreek het.

Volgens ‘n spesialis in een van die Vrystaatse hospitale ondervind hulle gedurig probleme met verpleegsters wat lui is en ook ongedissiplineerd optree.

Blanke pasiënte kla ook lankal oor personeel wat nie hul werksverpligtinge nakom nie en deurgaans onbeskof is teenoor pasiënte; dikwels ouer mense wat nie hulleself meer kan help nie.

So ja, ‘n mens kan jou seker vererg as jy ‘n krisis in ‘n teater het en boonop met lui en ongeskikte ondergeskiktes moet werk en genoodsaak is om hulle op geen onsekere terme aan te spreek nie. Bron : Vryburger

Artikel 11

March 16, 2016  Kubaanse dokters moet ons studente oplei

‘n Oproep is deur die Natalse LUK van Gesondheid gedoen dat Kubaanse dokters gewerf moet word om Suid-Afrikaanse mediese studente op te lei. Volgens Sibongiseni Dhomo sal dit goedkoper wees om Kubaanse dokters na Suid-Afrika te bring as wat dit tans is om studente na Kuba te stuur.

Hy versuim egter om te meld dat van die Suid-Afrikaanse studente onlangs deur Kuba teruggestuur is aangesien hulle nie hulle kontrakvoorwaardes nagekom het nie.

Kubaanse dokters se rekords in die verlede het veel te wense gelaat toe hulle in die land se staatshospitale ontplooi is.

 

Artikel 12

June 18, 2015 Korrupsie: Ons land is stadig besig om te sterf

ONS leef in ‘n siek land en dan dink ek nie eers aan goed soos ‘n R 248 m “Nkôndla” as ek my uitspraak volgens ‘n giggelende JZ reg het of die eierdans rondom ‘n internasionaal gesoekte misdadigerpresident vir misdade teen die mensdom wie toegelaat is om die land te verlaat ten spyte van ‘n hofbevel daarteen, of R 838 000 vir ANC T-Hemde in Mogalakwena onder die dekmantel van sogenaamde burgermeestersuitreikaksies nie.

 

Wat gaan in ‘n ma se kop aan as sy haar 11-jarige dogter help vasdruk sodat dié teen betaling deur talle mans verkrag kan word, soos die afgelope week wyd in die media berig is? Wie se daad is die mees afskuwelike – die ma s’n, of die mans s’n?

 

Verlede week bevind ek my by die SAVF se provinsiale kongres hier in Mokopane gehou en uit SAVF dokumente besef ek meteens hoe terminaal siek ons gemeenskap werklik is. Proe bietjie aan onderstaande syfers en voel dan sommer naar in die beskutting van u eie klein wêreld.

 

Daar is twee miljoen weeskinders in Suid Afrika. In 2010, die laaste jaar wat akkurate syfers beskikbaar was, want die regering dink blykbaar dat as hy nie sê hoeveel van ‘n ding gebeur nie, dan gebeur dit nie. Amper soos met die plaasmoorde was daar 3 500 weggooi babas. Van aborsies praat ek nie eers nie. 827 kinders is vermoor, met ‘n verdere 870 pogings tot moord op kinders. Seksuele misdrywe met kinders gepleeg, en dan is dit net daardie wat aangemeld is, was ‘n skokkende 26 278.

 

Daar was ‘n verdere 11 809 aangemelde aanrandings teen kinders. Wanneer mens besef dat twee uit elke drie kinders sonder die teenwoordigheid van ‘n vaderfiguur grootword, kan jy amper hierdie syfers verstaan. Daar is doodeenvoudig nie pa’s wat kinders kan help beskerm nie.

 

Hoe gesond is ons gesinslewe? Elke jaar word 30 000 egskeidings registreer, meeste daarvan uit die wit bevolking. In 48% van egskeidings het die huwelik minder as 10 jaar gehou. In 55% gevalle is daar kinders jonger as 18 jaar wat geraak word. Meer as 40% van huishoudings het ‘n enkelouer. Maar, hou vas jou hart, dit raak nog erger. In 2010 was daar reeds 92 365 huishoudings met ‘n kind aan die hoof daarvan.

 

Kyk ons na armoede, dan beskou die regering dat armoede binne ‘n gesin bestaan wanneer ses lede van dieselfde gesin gesamentlik minder as R1 150 per maand ontvang. Dan verstaan mens ook sommer hoekom meer as 15 miljoen mense toelaes as hul enigste inkomste ontvang.

 

Vir my is die laagste vorm van politieke boewery wanneer hierdie mense deur stemwerwers op die grond die skrik op die lyf gejaag word met die dreigement dat indien hulle nie vir die regerende party stem nie, hul toelaes weggeneem sal word. Dis natuurlik die grootste pot snert, maar as jy afhanklik is van ‘n hand wat uitdeel, dan glo jy alles wat daardie hand vertel.

 

In 2012 het 74% van skoliere in openbare skole in SA baat gevind by voedingskemas. Die kontrole daaroor in Limpopo is egter so swak dat kinders in hospitale beland weens voedselvergiftiging.

 

Volgens verskeie berigte in die nuusmedia word honderde kinders siek van die kos – verlede week weer 45 iewers by ‘n skool. Die OG se verslag vir 2012/13 sê dat van die kos nie geskik is vir eet nie. Limpopo se onderwysdepartement sê self 1 593 715 kinders kry daagliks kos by skole.

 

Vir meeste van hulle is dit die enigste kos wat hulle kry. Dan slaan mens jou hande in afgryse saam wanneer ‘n dagblad berig dat verskeie skoolhoofde klagtes van poging tot moord by die SAPS aanhangig gemaak het weens beweerde glasskerwe in die kos.

 

Die amptelike ondersoek na die gemors met die gemors kos is nou reeds maande aan die gang, sonder ‘n kwêk of kwaak daaroor vanaf die verantwoordelike instansie.

 

Intussen is die tenderkas vir Limpopo se skoolvoedingskema letterlik opgeblaas. As R807 miljoen vir tenderpreneurs beskikbaar is, kan kinders seker maar vergiftig word en in hospitale beland. Ek meen, hulle is mos maar net kinders en wie gee nou vir hulle om as die realiteit is soos ek dit voorafgaande geskilder het?

 

Het ek iewers gelees dat die DA die konsep van gesonde gesinne die basis van hul verkiesingsveldtog gaan maak? Begin sommer in Limpopo en doen dit gou!

 

Uit die bloute het ‘n kopie van die KPMG verslag oor ‘n forensiese oudit na beweerde ongeruimdhede by Mogalakwena Munisipaliteit, gedateer 5 Februarie 2014, sy weg na my toe gevind.

 

Dit is interessante leesstof, heeltemal in lyn met ons siek land en ek sien uit na meer dokumente van soortgelyke aard! Laat kom gerus. Mogalakwena se nuwe burgermeester kom na bewering uit dieselfde dampkring as die oue.

 

Ek lees dat hy reeds voorheen munisipale bestuurder by twee ander munisipaliteite in Limpopo was – en dit klink nie of sy teenwoordigheid daar juis bygedra het tot enige uitnemende bestuur van munisipale sake nie. Sy kwalifikasies word op internet aangedui as “STD, Certificate in School Library and Media S”. Dit klink darem beter as “taxidrywer” vir sy voorganger.

 

Ek het egter groot begrip vir die ongelukkigheid oor sy aanstelling soos deur die Mogalakwena Residents Association (MRA) in ‘n persverklaring in verlede week se Bosveld uitgespreek – weereens ‘n buitestaander. En dan help dit ook nie juis as die ANC se streeksekretaris vir Waterberg, Tolly Mashamaite, MRA afmaak as dat hulle minder as ‘n kwart van Mogalakwena se inwoners verteenwoordig nie en dan ewe sedig beweer “we as the ANC will never disobey the law”.

 

Ek kan nie help om te wonder of sy ANC dieselfde ANC is wat toegelaat het dat ‘n internasionaal gesoekte misdadiger teen die mensdom ewe suutjies uit SA kon glip ten spyte van ‘n hofbevel wat dit verbied het nie?

 

Dan is dit dieselfde Tolly wat in ‘n Capricorn Voice berig van 4 Feb 2014 geïmpliseer word dat hy bietjie gepanelbeat is omdat hy geld van tenderpreneurs sou ontvang het sonder om die tenders te verskaf en dat hy ondersoek word vir “defeating the ends of justice” oor die aanranding.

 

Nou wonder ek net. Gaan Parks Sebatjane, as nuwe burgermeester, dit ook as geregverdig beskou om R838 000 van belastingbetalers se geld aan 12 000 ANC T-hemde te spandeer onder die dekmantel van burgermeestersuitreikaksies soos sy voorganger se kantoor gedoen het, terwyl dit op bl. 79 van die KPMG verslag gestel word “… some of the outreaches were disguises for ANC rallies.”

 

Die verslag se bevinding is dan ook: “The expenditure incurred by the municipality during these outreaches ….. be considered as fruitless and wasteful.” Ek sal nie juis geld daarop verwed dat enigiemand aanspreeklik gehou gaan word nie, al is die verslag reeds verlede jaar in Augustus via die Limpopo United Business Forum per hand by die premier se kantoor afgelewer, met ontvangsbewys en al.

 

Kom ons werk bietjie uit volgens die regering se eie armoede maatstaf vroëer genoem – R838 000 gedeel deur R1 150, vermenigvuldig met ses, gee 4 372. Dit is hoeveel behoeftige mense vir ‘n maand lank buite algehele armoede gehou sou kon word as kos eerder as partypolitieke T-hemde met belastingbetalersgeld gekoop was.

Ek wonder of die DA hiervan weet, of is van hul raadslede so behep met selfbemarking dat die groter saak vir van hulle bysaak geword het?

Bron: Bosveld Review

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment