Nuwe Kunstenaar: Petra Mans met “As Musiek Groen Was”

Petra se einddoel is om erken te word as ‘n gerekende kunstenaar en leef haar daarin uit met haar sang en verhoogvertonings.

Die omvang van haar stem se vermoëns laat ‘n diverse repertoire toe, in verskeie genres: ballades, ligte Jazz, Blues, kabaret, popmusiek, Gospel, sterk ballades en ‘n bietjie Country.

Petra sing in Afrikaans en Engels en is opgewonde om haar vlerke te sprei deur die tale van ons ander kulture te verken.

Petra se eerste Afrikaanse solo, As Musiek Groen Was, is geskryf deur J.J. Brits en geproduseer deur J.J. Brits,  Christiaan Blom en haarself:

Luister daarna hier:

 

Petra is in 1990 gebore. Op die ouderdom van 12 het sy haar eerste sanglesse by Cecily Pepler van  Somerset-Wes geneem.  Op 14 het sy by die Le-Adri Sangskool in Kaapstad aangesluit.

Sy het gematrikuleer aan Hoërskool Stellenbosch,  waar sy betrokke was by die koor, kabaret, a cappella en verskeie musiekproduksies.

Petra het gekwalifiseer in grafiese ontwerp in Stellenbosch. Tans beklee sy ‘n voltydse pos as ‘n verhuringsagent by die Rawson Eiendomme Groep in Stellenbosch. Wat musiek betref, tree sy as gaskunstenaar in die Wes-Kaap op, tree op by welsynsorganisasie-fondsinsamelings en sing by koöperatiewe funksies. Sy het by die Woordfees op Stellenbosch as gaskunstenaar opgetree, asook as agtergrondsanger vir bekende kunstenaars in die musiekbedryf. Tans sing sy ook in die Canticum Novum Koor onder leiding van Louis van der Watt en die Klein Libertas Teater Koor onder leiding van Rika Vermeulen.

 TOEKENNINGS:

Uitsluitend suksesse by vele ander kompetisies, is die volgende haar mees waardeerste:

2013 Making of a Star Sangkompetisie.

2012 Barnyard Teater, Kaapstad. Wenner van Solo-afdeling

2012 Star Search Wes-Kaap. Algehele wenner

2010 SATCH National Talent in Johannesburg: Cum Laude

2007 KWV Wynland Sangkompetisie. Algehele wenner

2006 Gemini Talent Wes-Kaap. Algehele wenner

 

OORSPRONKLIKE LIEDJIES:

Petra het die Oorspronklik Kategorie by die Making of a Star Kompetisie met haar oorspronklike liedjie My Invincible Heart gewen. Haar broer, Hèrjo Schoeman is verantwoordelik vir die lirieke en dit is gekomponeer deur Petra. My Invincible Heart is deel van SAUK Radio en RSG radiostasie se speellys, sowel as ander stasies.

Sy het ‘n akoestiese weergawe daarvan op TygerBurger se Orange Couch gedoen.

 

DIE TOEKOMS:

Daar is reeds nog oorspronklike musiek wat wag om geproduseer te word. Indien u graag u ondersteuning wil bied en deel van hierdie opwindende reis wil wees, kontak:
KUNSTENAARBESTUURDER:  Thea-Mariè Schoeman op 082 356 6180 of theamans65@gmail.com

 

Die video van My Invincible Heart kan hier gesien word.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment