Ou Herinneringe Van Die Bosoorlog – Derde Episode Potgooi


Ou Herinneringe in die 3rde  episode van die bos/grensoolog reeks – 4 April 2016

As jy ‘n storie het om te vertel. of lewer  kommentaar  of stuur vir my ‘n epos by nuus@saukradio.com dan word dit ingesluit in die volgende program oor die Bosoorlog  Maandae aande om 8nm op SAUK Nuus Radio.

Ou Herinneringe 

“Op ‘n ligter noot……..
My eerste grens-trip, ek is amper seker dit was my eerste want ek was nog erg paraat. Of in plein Afrikaans, nog skuit-bang. Dit was laat ’81 en en ek het skaars agtien geword….. Dink die basis was Okalongo, baie naby aan die kaplyn gewees, 7km dink ek. Ons gaan weer uit op patrollie en ek, sktr. nr.1 stap heel voor. Dis my plek, so ent voor die res. Maak nie saak watse formasie nie, ek loop voor. Die kit is swaar want dit voel of ek ‘n ton op my rug dra, en dis net al my water! Dan kom by, my volle eerstelyn ammo vir die my getroue R4, die ekstra Mag belde vir Johan en Willem wat tussen die seksie versprei is, die ratpacks EN die volle eerstelyn ammo vir my snotneus. Soos ek genoem het het was ek nog erg paraat en dis volle eerstelyn.
En daar stap ons. My R4 in die gereedhouding, snotneus oor die skouer en ek verken alles voor my soos dit tydens basies by ons ingedril was. Ek loop en soek met my oe van regs na links vir enigiets wat nie inpas by daai Five esses and em – Shape Shadow Silhouette Surrounding Speed and Movement- wat ek nou nog onthou nie. Ons was nog nie ge-issue met backpacks nie en het ons eie in die states gekoop en gemodify om gemaklik te dra, en myne was nog baie ongemaklik en swaar. Ons was al ‘n ent uit toe besluit ek om daai snotneus oor te skuif na die ander skouer toe…..Big mistake!!
Ek hoor daai bekende “dunk!” hier neffens my oor en voel die warm briessie langs my gesig verby. Toe ek omkyk sien ek die hele seksie het dekking geslaan en almal is gereed om tot aksie oor te gaan. Ek dog eers ek moet ook die dek slaan en rigting kry om aan te val toe sien ek ons lt. opspring, en dit was nie ‘n mooi prentjie nie. In een vloeiende beweging kom hy regop soos ‘n Jack in the Box nie kan doen nie, en storm op my af. Soos ‘n linker vleuel oppad doelyn toe side-step hy manne op die grond en ek is amper seker hy het oor die laaste een of twee gespring voordat hy die laaste paar tree op my afstorm. My Engelse Bulldog lyk nie eers so as hy op die kat afstorm wat in sy kosbak peuter nie! Op hierdie oomblik het ek tot die besef gekom dat ek vinnig sal moet kies tussen fight or fright want dit is of, veg vir oorlewing of, vlug vir my lewe. Maar ek staan versteen want dit lyk of hy ‘n gat regdeur my gaan srorm, dan omdraai en my van agter af deur dieselfde gat gaan verskeur sodat ek nie die regte woede in sy gesig sal sien nie. Ek weet nie of ek dit genadiglik kan noem nie, maar hy steek toe vas binne in my gesig en begin in vreemde tale praat. Ek is seker hy het oppad na my toe al begin oefen want ek was absoluut verbaas oor al die tale wat hierdie jong lt. in so ‘n kort leeftyd reeds aangeleer het. Geen matroos, SAKK-soldaat of enige iemand anders sou by hierdie lt. kon kers vashou nie. Die laaste sin was iets soos: ………..die …….ding ……al …..ontplof ……….!!!!!!!? En net toe, hoor ons die knal. Gelukkig, baie gelukkig ver van ons af en ver genoeg van ‘n pb kraal af om geen skade te doen nie.
Terwyl my makkers opstaan, stof afskud, boshoed en kit weer regskuif het ek my laaste deel van die les in vreemde tale aangehoor terwyl die lt. teruggestap het na sy plek in die seksie toe. En toe stap ons voort.

Ek wonder of daai sirkels wat my Samil tyre destyds om die basis gemaak het vandag nog daar is……”

Bennie Gross

 

Hendrik Snyders skryf “ Ja dit was goeie ou dae wat baie vriende op gebring het as mens so van patrollie af gekom het het daai kantien deur geloop gou was da niks mee om te drink nie was da bo van 76 tot 80 hek otto rocana odonwa alfa kamp en katima en mapatsawa lughawe was ons in tente gebly en die  snare in die bungelous het baie in Zambesie geswem en die mok op die wal met ‘n 5 , o op vir daai stompe wat lewendig word kan so baie gesels daar oor mens vergeet niks nie. Swapo was net oorkant Katima kamp oor kant die rivier, ja watte tye, lelik en swaar ma ok. Katama ons meer met die olifante gebots as met swapo dan sien jy hoe vinnig kan daar petrol mok agter uit y in al sy 8 ratte hulle kwaai gepla en die seekoeie in die nag as da vuur was hek”

Die eerste jare en Operasie Savannah Die datum wat algemeen as die begin van die Grensoorlog beskou word, is 26 Augustus 1966. Op daardie dag het ’n mag van 130 man in Alouette III helikopters ’n basis van die People’s Liberation Army of Namibia (Plan, Swapo se militêre vleuel) by Ongulumbashe in Ovamboland in die noorde van Suidwes aangeval. Die groep, onder die aanvoering van kapt. (later kol.) Jan Breytenbach, het bestaan uit 121 polisiemanne en nege lede van 1 Valskermbataljon wat inderhaas as tydelike polisiebeamptes beëdig is. Die mag het Swapo by Ongulumbashe verras en oorweldigend verslaan.

1. Die Suid-Afrikaanse regering het aanvanklik besluit dat die polisie, eerder as die SAW, weerstand teen sy oorheersing moes hokslaan, vermoedelik weens sy onwilligheid om te erken dat Swapo ’n ware bedreiging verteenwoordig het. Dit sou die geval wees tot 1974, toe die SAW amptelik toegetree het. Die weermag het in daardie jare steeds aan die gevolge gedra van die verwaarlosing wat dié mag in die tydperk direk ná die Tweede Wêreldoorlog ervaar het toe daar ’n uittog van talle ervare Engelssprekende lede was. Dit was die regstreekse gevolg van ’n besluit deur Frans Erasmus, die eerste Nasionale Party-minister van verdediging, om ’n soort regstellende aksie ten gunste van Afrikaner-offisiere in te stel.

2. Die meeste van die wapentuig het uit die Tweede Wêreldoorlog gedateer, hoewel ’n beperkte moderniseringsprogram in die vroeë 1960’s begin is.

3. Die infanterie se Lee Enfield-geweer is met die R1 vervang en die Bren- ligte masjiengeweer met ’n LMG van 7,62 mm-kaliber. Die infanterie het ook ’n aantal Saracen- gepantserde personeeldraers uit die vroeë 1950’s gehad. Die belangrikste tenkafweerwapen was egter steeds die ou sesponder-kanon wat uit die Tweede Wêreldoorlog gedateer het (die ENTAC-tenkafweermissiel is in 1966 ingevoer), terwyl die program om die ou drieduimsmortier met die 81 mm te vervang, skaars begin het. Die .303-Vickers uit die Eerste Wêreldoorlog sou nog ’n dekade lank die belangrikste medium-masjiengeweer bly. In die 1950’s het die weermag voorts 206 Centurion-tenks van Brittanje gekoop, maar die helfte daarvan weer vinnig aan Switserland verkoop. Verder was Shermans en Comets uit die Tweede Wêreldoorlog steeds operasioneel. Die SAW het wel ’n bruikbare nuwe pantsermotor gehad, die Eland – ’n verbeterde Franse Panhard – met ’n 90 mm-kanon. Die Eland (wat as die “Noddy” bekend gestaan het, weens die manier waarop hy in ruwe terrein geskud het) het egter net vier wiele gehad wat sy beweeglikheid in die bosse en ruigtes van Afrika dus beperk het. Die voertuig is voorts aangedryf deur ’n ontvlambare petrolenjin in plaas van diesel en het slegs plek gehad vir 20 kartetse vir sy kanon.

4. Die artillerie was toegerus met ligte 25-ponder- (88 mm-) en medium 5,5 duims- (140 mm-) kanonne, wat albei van voor 1945 dateer.

5. In 1962 is die vrywilligerstelsel vervang met ’n lotingstelsel waarvolgens sommige jong wit mans nege maande lank diensplig moes verrig. Dit het egter nie genoeg tyd gelaat om hulle op te lei én operasioneel aan te wend nie en gevolglik is algemene, verpligte diensplig van 12 maande in 1968 ingestel. Die meeste infanteriebataljons was nie baie goed nie en ’n rigiede Tweedewêreldoorlogse mentaliteit het steeds in die weermag geheers. Ek is in 1966 in die ou Leërgimnasium in Voortrekkerhoogte opgelei en kan uit eie ervaring getuig dat ek en my makkers slegs vir twee eenhede respek gehad het – die Gimnasium self en 1 Valskermbataljon. Die spesiale magte – die recces – is eers in 1969 gestig.

6. Die Gimnasiumlede sou hulle ongetwyfeld ook gerespekteer het! Die punt is dat die Suid-Afrikaanse Leër teen 1966 nie in staat was om enige oorlog te veg nie. ’n Sekere erfenis wat sou sorg dat die organisasie binne enkele jare in ’n hoogs beweeglike en ervare omskep kon word, was wel reeds aanwesig. Die leër het afgestam van twee voorvaders, naamlik die Britse leër en die Boerekommando’s van die 18de en 19de eeu. Wat sy organisasie en sigbare kultuur betref, was die leër in die 1960’s feitlik ’n kloon van die Britse leër. Die uniforms, die wyse waarop soldate gemarsjeer en gesalueer het, offisiere se openbare optrede – alles was in wese Brits. Die organisasie se doktrine is ook beïnvloed deur die Britse ervaring in die Tweede Wêreldoorlog, aangesien die senior offisiere en onderoffisiere meestal veterane van die veldtogte in Somalië, Ethiopië, Libië en Italië teen die Italianers en Duitsers was. Die berede-infanterie-tradisie was die opmerklikste nalatenskap van die Boerekommando’s en het ook ’n belangrike rol gespeel. In die enigste stadium van die Tweede Wêreldoorlog waar Suid-Afrikaanse magte betreklik onafhanklik kon opereer – gedurende die besetting van Somalië en Ethiopië in 1940 – het offisiere soos genl.maj. Dan Pienaar hul eenhede in gemotoriseerde infanteriekolonnes georganiseer en in ’n warrelwind-veldtog stof in die oë van die Italianers geskop.

7. Dié tradisie sou, veral met die oorgrensoperasies in Angola vanaf 1975, weer baie gou na vore tree. Die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) was eweneens onvoorbereid op ’n oorlog, hoewel hy in daardie stadium betreklik goed toegerus was. In die 1960’s het Suid-Afrika ’n aantal GAM Dassault Mirage III’s by Frankryk aangekoop (waarvan 16 Mirage IIICZ-onderskeppers was en 17 Mirage IIIEZ-grondaanvalsvliegtuie, sowel as verskeie tweesitplek-lesvliegtuie en verkenningsvliegtuie).

8. Toe die Grensoorlog in 1975 begin eskaleer, was die Mirage III wel grotendeels verouder. Sy reikafstand was te beperk vir die groot afstande wat afgelê moes word en sy uitvlugte het soms slegs 40 minute geduur. Die eerste van ’n nuwe besending Mirage F1’s (16 Mirage F1CZ-onderskeppers en 32 Mirage F1AZ-grondaanvalsvliegtuie) is net betyds in 1975 ontvang, hoewel hulle eers in die loop van 1978 operasioneel sou word. Tog het maj. (later brig.genl.) Dick Lord in die vroeë 1970’s toe hy uit die Britse vloot-lugmag by die SALM aansluit het ’n mag gevind “wat in die strik getrap het om ’n ‘vredestydse’ lugmag te word” waar “vlieg eerder soos die bedrywighede van ’n eksklusiewe vliegklub geword het”.

9. Die lugmag het in die 1960’s ook 16 Blackburn Buccaneer Mk. S50- en 8 Canberra B. (1) Mk. 12- en T. Mk. 4-bomwerpers en -lesvliegtuie gekoop. Saam met die Mirages het dit aan Suid-Afrika ’n formidabele bomwerpervermoë gegee. Die Buccaneer-mag is egter in die aanloop tot die 1980’s aansienlik deur ’n hele aantal ongelukke verswak. Volgens Lord het sekere senior SALM-offisiere gemeen hulle weet beter as die Britte hoe om die “Buc” te onderhou met die gevolg dat dit “’n rampspoedige veiligheidsrekord” binne die SALM gehad het.

10. Teen April 1978 is nege Buccaneers aan ongelukke afgestaan. Toe die klimaks van die Grensoorlog in 1987-’88 aanbreek, was slegs vyf oor.

11. Die ander belangrike bate in die SALM-arsenaal was helikopters, waarsonder die leër eenvoudig nie sou kon veg nie. Oor die jare is altesame 128 Sud-Aviation Alouette III- ligte helikopters in verskeie besendings aangekoop.

12. Hulle sou later aangewend word in ’n rol waarvoor hulle nooit ontwerp is nie, dié van geskutshelikopters teen Swapo-infiltreerders in die operasionele gebied in die noorde van Suidwes en die suide van Angola. Vir troepevervoer, wat noodsaaklik is vir die vinnige ontplooiing van soldate in ’n teeninsurgensie-rol, was ’n groter tuig nodig. Daarvoor is die Aérospatiale Puma gebruik, waarvan 20 in 1970 aangekoop is. Verskeie besendings het daarna gevolg totdat Suid-Afrika teen 1978, toe die Verenigde Nasies ’n wapenboikot teen die land afgekondig het, uiteindelik 69 gehad het. Dié mag is aangevul deur 16 Aérospatiale Super Frelons. Al hierdie helikopters was Frans van oorsprong.

13. Die lugmag se ander belangrike taak was die vervoer van voorraad en toerusting. Die SALM – met sowat 40 Douglas C-47 Dakotas uit die Tweede Wêreldoorlog, 9 Transall C-160’s en 7 Lockheed C-130 Herculese – was egter nie voldoende toegerus om ’n beduidende mag op die slagveld van voorraad te voorsien nie. Genl. Constand Viljoen, toe hoof van die weermag, het gou ingesien dat ’n groot deel van die logistieke voorraad nie per vliegtuig vervoer sou kon word nie en eerder per vragmotor daar sou moes kom.

14. Dié gebrek sou die leër se vermoë om langdurig met groot troepemagte diep in Angola te slaan, aansienlik beperk. Die vloot sou ’n taamlik ondergeskikte taktiese en operasionele rol in die Grensoorlog speel. In die vroeë 1970’s is die vloot toegerus met twee gemoderniseerde torpedojaers uit die Tweede Wêreldoorlog (wat in die loop van die dekade uit diens gestel is), drie tipe 12-President-klas-fregatte (almal by Brittanje aangekoop) en drie Franse Daphne-klas-duikbote. Hoewel die duikbote danksy hul vermoë om onsigbaar te wees baie bruikbaar vir spesmagte-operasies was, was die vyf groot oppervlakte-skepe nie juis geskik vir die eise van die Grensoorlog nie. Bowendien was hulle nie regtig bedoel om in Suid-Afrika se behoeftes te voorsien nie, maar eerder in dié van Brittanje teen die agtergrond van die Koue Oorlog. In die tweede helfte van die 1970’s sou Israeliese aanvalsvaartuie, wat ook uiters geskik vir klandestiene operasies was, hulle as die vloot se belangrikste oppervlakte-vaartuie begin vervang Hartseer en snaakse stories, luister wat regtig in die grensoorlog gebeur het:

 

The Angolan Bush War or the South African Border War where our young hero’s 1966-1988 communism terrorism has become something of a forgotten war. In South Africa, the war was heard of, but the details were not known to the general public. For all practical purposes it was a ‘secret war’. “Relatives and friends had no idea what their loved ones were going through while serving [on] the border” (p. 13). Today, many South Africans have a limited or distorted understanding of why there was a border war or, for that matter, few can explain why South Africa was entangled in a quagmire of that sort for years on end in Angola. The consistent stream of border war literature has tried to fill this void. The main contributors from South Africa were at first commanding officers (veteran colonels and retired generals) but thereafter numerous former conscripts. The declassification of information paved the way for aspiring researchers interested in uncovering this ‘secret war’. More recently, the opposing sides have started to chronicle ‘their side of the story’ and record details of ‘their’ experiences. A recent contribution is that of Gennady Shubin and Andrei Tokarev.1 For many South Africans – both white and black – who sacrificed their lives in service of their country, the undertone of a ‘forgotten war’ is a bitter pill to swallow considering the sacrifices they were expected to make. For the duration of the war, life in South Africa continued almost unhindered (p. 13). It is for this reason, that Marius Scheepers – and many others before him – felt obliged to chronicle the untold stories and experiences of the Angolan Bush War. The first reality check for Scheepers came in about 1981 while he was still at school. On 12 August 1981, the pupils at Voortrekkerhoogte Secondary School learned overnight, the African National Congress (ANC) military wing Umkhonto we Sizwe (MK) launched stand-away attacks on the area, during which two rockets exploded near the school. Scheepers frankly admits that the attack motivated him to contribute towards the prevention of future incidents of that kind (p. 17). Moreover, accepting this challenge appeared to be less of a problem, as his father Scientia Militaria http://scientiamilitaria.journals.ac.za 140 and two elder brothers were already commissioned officers in the South African Defence Force (SADF) (p. 17), which undoubtedly influenced his choices. Marius Scheepers was born in Wesselsbron in the Free State province of South Africa. He completed his junior studies at Voortrekkerhoogte Secondary School, situated inside Thaba Tshwane military base, Pretoria. After matriculating, he served for two years in the military as part of the national service system (nasionale diensplig), a system of enforced conscription for all white able-bodied males. He began his training at the start of 1982 and, later that year, was deployed to operational base HQ at Ongiva Airport and the Tactical HQ at Londe as a signals officer to 32 Battalion, South Africa’s most formidable fighting unit during the Angolan Bush War. After serving thirteen long months inside Angola, he returned home to start his tertiary education. By 1994, Scheepers had graduated twice with a BProc (Law), attained in 1989 at the University of the Free State, and an LLB (Law) in 1994 at the University of Pretoria. He is currently the director and owner of Marius Scheepers & Company Labour Attorneys in Pretoria. Striking inside Angola with 32 Battalion is Scheepers’s first book. The title hints at what can be expected as, for the larger part of the war, 32 Battalion was the main fighting force that was used to strike inside Angola as part of the larger SADF’s counter-insurgency (COIN) strategy against South West Africa People’s Organization (SWAPO) and their perceived allies. The battalion was used effectively behind enemy lines and like the Reconnaissance Commandos (‘Recces’), the unit deployed to areas which other units rarely saw. The battalion was used as a rapid force when contact was made either by the Recces, forces of the rebel movement, the National Union for the Total Independence of Angola (UNITA), or other regular SADF units. The book cover illustrates the conventional nature of the war and the technological level of the arms of the time. It depicts the smaller and lighter armed SADF Ratel 90mm capturing and destroying the superior Soviet T- 54/55 during Operation Askari inside Angola (1984). The pictures, although of relatively poor quality, are useful in helping the reader visualise the context. The work is also enriched by appendices containing incident reports, radio codes and pictures of weapons and equipment of belligerents, which cater for those who lack military knowledge. However, the table of contents and subtopics are less descriptive of the real content and could have been better. Notwithstanding, the book provides an eye-witness account of a signals officer while on national service with the ‘battle-respected’ 32 Battalion during the Angolan Bush War. As a signals officer of the unit, Scheepers witnessed the tactical operations that were made inside Angola between December 1982 and 1983, and in all served for thirteen months with the unit (p. 16). The chronicle begins with Scientia Militaria http://scientiamilitaria.journals.ac.za 141 Scheepers’s training and departure to the operational base HQ at Ongiva in 1982 and concludes with addressing the war and its consequential impact on the society. Although the author briefly discusses the major operations, such as Askari and the battle of Cuito Cuanavale, the main emphasis is on events that took place between his arrival in December 1982 and his departure in January 1984. In writing this book, the author largely depended on his personal recollections, declassified documents and previous South African literature on the border war.

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment