Maandag 8 Augustus

Noodberig

Mpumalanga –Witbank: Protes op die N12 tussen Ogies en Balmoral Afritte. Wees asb versigtig sou jy in daardie rigting ry

SAUK Radio Nuus berig vir Maandag, 8 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Die munisipale verkiesing het gelei tot die getjank wat gepaard gaan met die swakste verskonings denkbaar oor die resultate.

Die ANC verloor sy houvas in Port Elizabeth. En sê hy aanvaar nie die uitslag nie want daar is gekonkel.

Die ANC tjank ook oor sy massiewe nederlaag in die Wes-Kaap, en kon nog nie al sy krokodiltrane afvee oor plekke soos Beaufort-Wes en Swellendam wat ook nie meer onder sy swak beheer staan nie.

Die enigste verskoning waaraan Mantashe kon dink om sy teleurstelling te verberg, is om die skuld op die swart kiesers te plaas wat “nie die waarde van ’n verkiesing” begryp nie.

’n Groot aantal “nuut gestigte partye” was net ’n foefie, en van die kandidate kon nie meer as 20 stemme trek nie.

In Wes-Transvaal is ’n houer vol stembriewe glo weggedra en vernietig, terwyl die verkiesing vry en regverdig verklaar word .                                                                                                            

2) Die Landbank se versekeringsafdeling, bekend as die Landbank Versekerings Maatskappy, het ’n program saamgestel om aan swartes opleiding te gee as toekomstige versekeringsmakelaars.

Die Versekerings afdeling het gebruik gemaak van die databasis van die Finansiële Dienste Raad om vas te stel watter swartes moontlik kan kwalifiseer vir opleiding.

Die drie maande opleidingsprogram sal glo swartes se vaardigheid om as makelaars op t tree, aansienlik verhoog om die versekeringsbedryf in die kommersiële landbou te hanteer.

Die bedoeling is om swartes te gebruik om die sogenaamde :opkomende swart boere” met versekering te bedien.

Die Landbank het glo ’n mark geïdentifiseer vir diens aan swart saaiboere wat op kleiner skaal produseer en versekering mag nodig kry vir gesaaides.

Volgens ’n woordvoerder van die Bank beskik swart opkomende boere nie oor kennis en inligting van versekeringsdienste wat hulle gesaaides kan beskerm teen rampe nie.

Volgens die Landbank beskik Suid-Afrika oor sowat 450,000 opkomende- en kleinboere wat moontlik van die dienste nodig het.                                                                                                      

3) Dit is nie net droogtehulp wat weggeneem is van die boer, of die verpligte minimum loon van sy werkers wat die speelveld verander het in die landboubedryf nie.

Benewens die vreemde arbeidswette, grondgryp projekte, en verskeie ander veranderings wat die boer getref het in die afgelope paar jaar, is daar nog nuwe gevare wat hy die moet trotseer om staande te bly.

Dit is die mening van ’n jong landbouleier (26) in Transvaal wat verkies om anoniem te bly.

Hy sê die nuwe omstandighede bring nuwe uitdagings, maar die ou gevestigde metodes wat in die boerdery gegeld het, is nie meer in die nuwe omstandighede van toepassing nie.

Hy sê die kennis van die ouer geslag mag nie verlore gaan nie, maar saam daarmee moet die nuutste ontwikkeling help om ’n dinamiese vooruitgang te verseker.

Hy sê van die belangrikste aspekte wat nou toegepas moet word, is eerstens die produksie van gehalte kos, en daarvoor behoort meganisasie ingespan te word saam met die nuutste tegnologie om die produksie te oes en te bemark.

Die arbeid wat in Suid-Afrika beskikbaar is, word toenemend minder produktief terwyl die uitgawes jaarliks styg teen onrealistiese koerse.

Sy aanbeveling is om jaarliks ’n bedrag opsy te sit wat aangewend word om meganisasie geleidelik in werking te kry en sodoende minder plaaswerkers te huisves. “As die speelveld verander, kan boere ook ’n bydrae lewer deur minder afhanklik van menslike hulpbronne te word”, het hy gesê.                                      

4) Minstens vyf maatskappye, waarby direkteure en personeel betrek word, is glo by ’n R750 miljoen korrupsie skandaal betrokke in Natal.

Die skandaal in die sogenaamde eThekwini Metro (Durban en omgewing) het tot gevolg dat  kriminele vervolging teen die maatskappye ingestel gaan word.

’n Skielike ondersoek deur KPMG wat blykbaar etlike maande geduur het, toon dat groot transaksies op bedenklike wyse aangegaan is.

Die inligting wat beskikbaar is, dui daarop dat groot bedrae by tender bedrog betrokke was, en die ondersoek het minstens vyf maatskappye geïdentifiseer wat by die beweerde bedrog betrokke is.

Dit blyk dat talle senior amptenare ook vervolg gaan word aangesien hulle in gebreke gebly het om die tender dokumente volgens regulasies op te stel en te hanteer.

’n Dokument van meer as 200 bladsye bevattende die forensiese ondersoek dui op die betrokkenheid van die vyf minder bekende maatskappye, AKRT Investments, Taurus Garden Trading, Mogeena Constructions, Taset 13 en Centwi                                                                                                                                            

5) Iran het 20 mense wat as jihadiste en terroriste bestempel is, Donderdag voor ’n vuurpeloton tereggestel, maar waarnemers meen dit is teenstanders van die regering en nie noodwendig terroriste nie.   Berig deur die Vryburger

6) In Brittanje het ’n vreemdeling ’n mesaanval uitgevoer, een vrou daarmee gedood, en talle mense in die nabyheid ernstig gewond.                                                                                                                                   

7) Die gewese vrou van die gestorwe terroris Nelson Mandela, het die stemmery as baie pynlik ervaar terwyl sy terug gedink het aan al die helde wat gesterf het tydens die “struggle”.  Sy is  deur ‘n blou-brigade vergesel met hul ligte en sirenes.  Dit is onseker of sy aan Stompie gedink terwyl sy gestem het?                                    

8) Klasse is by Wynberg Boys High opgeskort tot volgende week nadat ‘n brand van die klaskamers vernietig het.  Vier klaskamers en ‘n akademiese vleuel is beskadig in die brand. ‘n Elektriese kortsluiting was klaarblyklik verantwoordelik vir die ontstaan van die brand.                                                                        

9) Vier mans is in die Sinoville, in die noordelike deel van Pretoria vasgetrek met petrolbomme in hul besit. Dit word vermoed dat die voorval verband hou met die brandstof staking en dat die mans die tenkwa wou opblaas.  Geen verder inligting is beskikbaar nie.                                                                                                     

10) Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Des van Rooyen sê sy departement is gereed om munisipaliteite by te staan in die oorgangsproses na nuwe besture. Hy het by ‘n mediasessie in Pretoria gesê daar is bepaalde prosedures wat gevolg moet word. Van Rooyen sê sy departement sal met die vereniging van munisipaliteite, Salga, saamwerk om te verseker dat die wetlike vereistes nagekom word. In talle munisipaliteite het die politieke mag verander, en in verskeie daarvan sal koalisies gevorm moet word.

11) Die ANC het die Johannesburg Metro in die plaaslike verkiesing met 44-komma vyf vyf persent van die stemme gewen, gevolg deur die DA se 38-komma drie sewe persent en die EFF met 11-komma-nul nege persent. Die ANC kry 121 setels in die Raad, die DA 104 en die EFF 30. Die DA het 93 setels in die Tshwane Metroraad gekry terwyl die ANC 89 het. Die EFF hou die troefkaart met sy 25 setels in die raad. In Ekurhuleni het die ANC 109 setels, terwyl die DA 77 en die EFF 25 het.

12) Die DA-leier, Mmusi Maimane, sê die argument dat townships in Port Elizabeth nie gestem het en dat dit tot sy party se oorwinning in die Nelson Mandelabaai Metro gelei het, hou nie water nie. Die stempersentasie in die metropool was 64 persent. Maimane sê hulle ontledings dui daarop dat die opkoms nie net goed was nie, maar dat mense vir die DA gaan stem het.

13) Die DA in die Tshwane metropool sê hy sal vandag kan bekendmaak met watter party hy in koalisie sal tree om die hoofstad te regeer. Die DA, wat die meeste stemme in die metroraad gekry het, kort 15 setels om ‘n metroraad saam te stel. Die burgemeesterskandidaat, Solly Msimanga sê die partyleiers het met samesprekings met ander partye begin. Hy sê die DA sal seker maak dat die mense van die Tshwane metropool behoorlike dienslewering kry. Hy sê die grootste fokus moet wees om die stad se ekonomie te laat groei sodat beter dienste gelewer kan word.

14) Eskom sê die jongste internasionale ontwikkelings dui daarop dat die wêreld toenemend na kernkrag neig en dat Suid-Afrika op die regte pad is met sy kernkragplanne. Die kragvoorsiener het sy en die regering se planne in ‘n verklaring verdedig en sê die land is daartoe verbind om nuwe kernkragaanlegte te bou in ‘n poging om sy koolstofvoetspoor te verklein en goedkoper elektrisiteit op te wek wat kan bydra tot ekonomiese groei. Eskom sê die oogmerk is om teen 2030 nege komma ses gigawatt kernkrag op te wek wat volhoubaar bekostigbaar sal wees. Eskom sê die departement van energie sal die verkrygingsagent wees terwyl Eskom die eienaar-operateur van nuwe kernkragaanlegte sal wees.

15) Die woordvoerder van die departement van Korrektiewe Dienste, Manelisi Wolela weier om besonderhede te verskaf oor beserings wat die voormalige paralimpiese atleet, Oscar Pistorius blykbaar in die hospitaal laat beland het. Pistorius is behandel en het na die gevangenis teruggekeer. Die departement ontken dat dit ‘n selfmoordpoging was. Volgens berigte het Pistorius sy polse in sy sel beseer. Pistorius is verlede maand tot ses jaar tronkstraf gevonnis in verband met die dood van sy vriendin Reeva Steenkamp.

16) Drie mense is in hegtenis geneem op die Vrystaatkant van die Maseru-grenspos met Lesotho ná ‘n verkeersbeampte Vrydag op Standerton in Mpumalanga doodgeskiet is. Die polisie is aangesê om op die uitkyk te wees vir ‘n swart Jeep met Lesotho nommerplate. Die 37-jarige verkeersbeampte is drie keer geskiet terwyl hy probeer het om ‘n verkeersboete uit te reik. Tydens die deursoeking van die voertuig by die grenspos het die polisie beslag gelê op ‘n vuurwapen met skerp ammunisie en ‘n verkeersboete kwitansieboek wat vermoedelik op die toneel gesteel is. Al die verdagtes is in hegtenis geneem en word aangekla van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en diefstal van staatseiendom. ‘n Aanklag van moord sal bygevoeg word. Die verdagtes sal in die landdroshowe op Ladybrand en Standerton verskyn.

17) Eskom het die afgelope naweek ’n dringende waarskuwing gerig tot kragverbruikers om uiters versigtig te wees en hulle nie tel laat mislei deur e-posse wat aan hulle gestuur word met nuwe bankbesonderhede van die kragvoorsiener nie. ’n Woordvoerder van Eskom sê berigte is ontvang van mense wat ’n e-pos ontvang het waarin die “nuwe bankbesonderhede” voorsien word, en waarin gevra word om alle betalings vir Eskom rekeninge elektronies na die nuwe rekening te doen. Die skurke wat daarmee doenig is, stuur ondermeer ook fakse en briewe aan kragverbruikers met ’n vervalste handtekening van Eskom se Hoof Uitvoerende Beampte, Brian Molefe. Die skrywes word met die Eskom kenteken daarop gestuur, en die Eskom bankrekening by Nedbank word daarmee saamgegee. Eskom beskik nie oor enige bankrekening by Nedbank nie, en die kragvoorsiener sê hy sal niemand op die wyse kennis gee van veranderings nie.

Eskom se noodnommer, 0800 11 27 22, en hul e-pos adres investigate@eskom.co.zakan gebruik word om inligting te verstrek, of navrae te rig.                                                                              

18) Dit is nie net die stembrief houers van Port Elizabeth wat in die veld opgetel is nie, maar talle houers is ook in die omgewing van Krugersdorp gevind. In alle gevalle was die kartonhouers leeg in die oop veld gevind en die stembriewe nêrens in sig nie. Die Verkiesingskommissie (OVK) het te kenne gegee dat sy verskillende kantore die aantal stembriewe wat weg is, kan bepaal.’n Woordvoerder van die OVK sê ’n hele aantal van die karton houers is gevind nadat mense met selfone die houers afgeneem en beskikbaar gestel het aan beamptes. In Krugersdorp is verskeie houers in Robert Broom rylaan gevind sonder enige stembriewe daarin, maar die houers was duidelik gemerk dat dit deel van wyk 29 se stembriewe is. Onbevestigde berigte lui dat stembus houers ook in Wes-Transvaal gevind is wat sonder stembriewe iewers langs die pad na Ventersdorp opgemerk is.Berig deur die Vryburger

19) Etikettering van alle groentesoorte is so belangrik vir die verbruiker, dat boere nou aan streng reëls onderwerp word om die vereistes na te kom. Saam met die belangrike etiket wat volledige aanwysings moet bevat, sal die gradering van elke houer ook duidelik aangebring moet word. Vanaf die middel November sal alle verpakkings duidelike identifikasie besonderhede moet bevat waarsonder niks verkoop mag word nie. Handelaars sal moet toesien dat die reëls deur verskaffers nagekom word, om self enige boete te voorkom. Die stelsel waaraan aartappels reeds vir jare onderwerp is, maar nie altyd nagekom word nie, geld nou vir elke ander groentesoort. Die maatskappy Prokon is deur die Departement Landbou aangestel om as inspekteurs van vars produkte wat plaaslik verbou en bemark word, die nodige kontroles uit te voer. Die Departement se woordvoerder sê die maatreëls is in die verbruiker sowel as in die produsent se belang, en moet streng nagevolg word. ’n Landbou kenner het gesê die Wet op Landbou produkte se standaarde is reeds in vervat in Wet 118 van 1990, en is net nie die afgelope 20 jaar toegepas nie. Prokon is sowat 23 jaar gelede gestig met die doel om kontrole uit te oefen in die aartappel bedryf, en het die nuwe maatreël verwelkom. Van die belangrikste bepalings is dat Prokon sal toesien dat vars produkte in goeie verpakkings aangebied word, met graderings daarop aangedui, en dat die inhoud ooreenstem met die aanwysings op die houer.                                                                                                Berig deur die Vryburger

20) Eers was dit die Ebola virus, toe die Zika, en nou is daar nog ’n gevaarlike virus wat die wêreld ’n al gevaarliker plek maak om in te woon. ’n Nederlander het siek geword na ’n wandeling deur die Utrechtse tuine waarna ’n besmetting opgedoen is wat begin het as ’n grieperige aandoening. Min het die wandelaar geweet dat breinvliesontsteking sy voorland is, of dalk meer ernstig, dat hy ’n aantasting van die breinweefsel ondervind. Gelukkig bestaan daar ’n entstof wat jaarliks toegedien moet word aan mense wat die virus in die sisteem het wat glo deur ’n soort spinnekop se byt veroorsaak kan word.

’n Tiental pasiënte is met die virus besmet in Europa, en verskeie het wel volkome herstel nadat die entstof toegedien is, maar ander moes herhaaldelik behandel word. Geneeskundiges sê die mense bo die ouderdom van 50 jaar ondervind erge komplikasies.                                                                                              

21) Die ANC se nederlaag in Port Elisabeth en in Pretoria was so vernederend dat hulle die “oorwinnings party” afgestel en verkies het om druipstert na hulle huise is om te gaan wegkruip vir kiesers. Toe die internasionale media die sout nog dieper invryf met berigte dat die ANC vir die eerste keer sedert sy bewindsaanvaarding van 1994, minder as 60% van die kiesers se steun kon trek, het die skande selfs vir president Zuma te veel geword. Jacob Zuma het nie ’n veel woorde kwytgeraak nie, want hy moes sy toespraak kort knip toe swart vroue met plakkate hom herinner het aan sy verkragting.  ’n Politieke ontleder het gesê die partye wat nou in beheer is, sal na vier jaar waarskynlik ook gaan wegkruip, want die moontlikheid dat dienste op munisipale vlak gaan verbeter, word betwyfel. “Dit is nog steeds dieselfde onbekwame, of onwillige werkers wat groot salarisse trek sonder om aanvaarbare en professionele diens te lewer”, het hy gesê. Buitelandse media het wyd gerapporteer oor die ANC se nederlaag nadat die party in 2006 met 67% stemme gewen het teenoor die huidige 53%. In die volgende twee weke sal politici mekaar se drumpels deurtrap om koalisie praatjies te maak wat lei tot gesamentlike regering, en die vermoede bestaan dat die gekoukus om Pretoria en Johannesburg te regeer, gaan die twee grootste partye dwing om roekelose toegewings te maak aan kleiner partye..

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Gedeeltelik Bewolk-  met ‘n min 26 max van 36

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 6 en ‘n max van 28

Pretoria  – Mooi Weer met ‘n  min van 8 en max van 26

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 5 en max van 22

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 6 en max van 23

Bloemfontein –Mooi Weer – met min 4 ‘n max van 18

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 14 en max van 20

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 8 en max van 26

Oos London –  Gedeeltelik Bewolk met ligte Reen – met ‘n min 13 en max van 17

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 8 en max van 19

Upington – Mooi Weer – met ‘n min van 10 en max van 23

Sutherland –Mooi Weer met Minus 1 en max 13

PE- Mooi Weer – met ‘n min 12 en max van 18

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Jesaja 55:6 – ” Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.”

2 Korintiërs 6:2 – “Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.”

Ronéll Erasmus se “As ek soek”

                                             Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment