Dinsdag 25 Oktober

Goeie Middag en hartlik welkom by SAUK Radio se Nuus vir vandag, my naam is Don. Stuur asb. enige nuus berigte, pers verklarings of artikels aan nuus@sauk.co.za

Indien U ons gereelde radio nuus berigte wil borg en jou besigheid se naam hier wil hoor, elke uur deur die dag, weeksdae, kontak ons op asb. nuus@saukradio.com.
Ons vra ook graag vir bydraers om aan te sluit en by te dra, ons platform is daar om gratis van gebruik te maak vir onderwerpe van volksbelang.

Luister Hier:

Buitelandse Nuus:

Volkswagen kan homself dalk uit die Suid-Afrikaanse mark onttrek en dit kan grootskaalse werksverliese en skade aan die land se ekonomie beteken.

Dié waarskuwing kom van adv. Anton Alberts van VF+, en volg op ‘n waarskuwing van Volkswagen SA dat ? tekort aan swart verskaffers in die bedryf rampspoedige gevolge kan hê. Adv. Alberts sê dit is die jongste bewys dat Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) nie werk nie en dat dit ? peperduur mislukking is.

Adv. Alberts sê die stel van SEB-kwotas is besig om die effektiewe funksionering van Suid-Afrika se ekonomie al hoe meer te ondermyn.

Hy sê Volkswagen SA erken nou self dat hulle nie genoeg swart verskaffers kan kry om te voldoen aan die strenger SEB-vereistes nie. Dit beteken dat Volkswagen sy SEB-status kan verloor en dan op velerlei wyses deur die staat gestraf kan word.

Mnr. Thomas Schäfer, voorsitter en besturende direkteur van Volkswagen SA, het gewaarsku dat Suid-Afrika se breër voertuigvervaardigingsbedryf – wat in 2015 7% tot die bruto binnelandse produk bygedra het – tot niet sal gaan indien regeringsprogramme soos die produksie-en-ontwikkelingsplan vir die voertuigbedryf (APDP) aan SEB-vereistes gekoppel sal word.

Adv. Alberts sê dit is nou tyd dat die ANC-regering ernstig besin oor hierdie tipe inmenging in die ekonomie. “Dis duidelik dat dit nie werk nie, want net ? klein handvol onverdienstelike en polities-gekonnekteerde persone word verryk deur die stelsel. Meeste armes het nog nooit hierby baat gevind nie.

“Indien SEB nie bestaan het nie, maar daar eerder gefokus is op opleiding en vaardigheidsontwikkeling van skoolvlak af, sou die ekonomie alreeds baie beter gedoen het.”

# Die Zuma-kamp in die ANC leef elke dag swaarder met selfs ernstige kritiek en geëiste optrede van binne.

Die ANC se hoofsweep, Jackson Mthembu, se eis die naweek dat die ANC se hele Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC moet bedank omdat hulle die party gelei het in die gemors waarin dit verkeer.

Opmerklik was die aanwesigheid van Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal en wat as die magtigste man in die land beskou word, by die geleentheid waar Mthembu opgetree het, en ooglopend was hy nie ontevrede met Mthembu se opmerkings nie.

Sedertdien het dit bekend geword Jacob Zuma en Shaun Abrahams, die direkteur van die Nasionale Vervolgingsgesag, reeds op 10 Oktober saam in Luthuli-huis vergader het. Die ANC het gesê die vergadering handel oor die geweld op kampusse in die land, maar die volgende dag is bekend gemaak dat Gordhan, Magagushula en Pillay vervolg gaan word. Dit is opmerklik dat hierdie vergadering slegs tussen die twee plaasgevind het, en sonder dat daar ‘n notule gehou is. Netso opmerklik is die vreemde optrede dat die vergadering plaasgevind het sonder die teenwoordigheid van die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, en die minister van polisie, Nhleko. Waarnemers is dit eens dat die vergadering dus nie gegaan het oor studente opstande nie maar oor ander sake.

Politieke kenners meld dat Gordhan se vervolging ‘n vuur binne die ANC begin het wat moeilik geblus gaan word. Oproepe vir steun aan Gordhan op 2 November het reeds vanuit besigheids- en politieke kringe begin. Die ANC se adjunk-president, Cyril Ramaphosa, se oproep tot die Balie Raad om Abrahams se bevoegdheid as advokaat te ondersoek, is ‘n verdere netelige saak vir die ANC.

# Jacob Zuma se gewese vrou, die Afrika-Unie se voorsitter, Nkosazana Dlamini-Zuma se moontlike verkiesing as Suid Afrika se eerste vroue president, is weer geopper.

Dlamini-Zuma is aangehaal as sou die ANC se vroueliga wil hê dat sy die volgende president moet word, hulle daarvoor sal moet werk. Sy het verder gesê dat vroue nodig is in leiersposisies in die ekonomiese, akademiese en regsgebiede.

Sou sy die volgende president word kan dit haar gewese man, Jacob Zuma, baat in die moontlike vervolgings wat hy in die gesig staar.

# Volgens Zimbabwe se minister van omgewingsake het die Apartheids regering die omgewing beter onderhou.

Oppah Muchinguri-Kashiri, Zimbabwe se minister van omgewingsake, het glo gesê dat dié Suider-Afrika-land een van die “vuilste lande in die streek” geword het.

Volgens New Zimbabwe het Muchinguri-Kashiri op ’n mediakonferensie in Harare gesê: “Hoewel die vorige koloniale regering wreed was, het hulle hul omgewing goed en kundig bestuur.”

Sy sê dat iets verkeerd gegaan het met Zimbabwiërs en dat hulle gevaarlik lewe.

“Die wit mens was wreed, maar het ontsaglike kennis gehad oor hoe om in ’n gemeenskap te lewe en te sorg vir die omgewing.”

Die minister se opmerkings is gemaak toe die land se owerhede ’n cholera- en tifuswaarskuwing in Harare te midde van ’n watertekort aangekondig het.

David Parirenyatwa, minister van gesondheid, sê dat 60 gevalle van cholera in die stad bevestig is.

Luidens berigte het Zimbabwe in 2008 ’n ernstige cholera-uitbraak gehad wat 4 200 lewens geëis het en 100 000 siek gemaak het.

# Die sportomroeper, Pieter van den Berg, se kontrak met die SABC is gekanselleer na ‘n beweerde rassistiese uitlating deur Van den Berg.

Na bewering het die voorval in Durban plaasgevind tydens ‘n Super 15 rugby wedstryd toe ‘n tegniese beampte laat opgedaag het vir werk. Die persoon was skynbaar bowendien onder die invloed van drank en het met verskeie persone ‘n verbale twis gevoer.

Die klag teen Van den Berg is dat hy blykbaar die opmerking gemaak het dat “swartes onbevoeg is.” Van den Berg se kontrak is beëindig ten spyte van sy ontkenning dat hy die opmerking gemaak het.

Die SAUK is nou gedagvaar om die saak in die Hoë Hof te verdedig nadat Solidariteit die saak namens Van den Berg opgeneem het.

# Daar is nog net sowat ‘n week oor vir die publiek om kommentaar te lewer oor die wetsontwerp vir die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak.

Die wetsontwerp is deur die ANC-kabinet aanvaar met die bedoeling om streng strawwe in te stel vir misdade wat verband hou met haatmisdaad en haatspraak. Oortredings vir sekere vorme van diskriminasie op grond van ras, geslag, seksuele oriëntasie, geloof en nasionaliteit sal strafbaar word.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, sê dit is bedoel om die toenemende aantal rassevoorvalle aan te spreek en dit tot misdaad te verklaar sodat dit kan verminder.


Buitelandse Nuus:

# Die Russiese ministerie van buitelandse sake het die Belgiese ambassadeur, Alex van Meeuwen, op die rooi mat gehad om die bewyse aan hom te toon van hoe Belgiese vegvliegtuie ’n lugaanval uitvoer.

Die Belgiese ambassadeur is materiaal getoon van ’n Belgiese F-16 vegvliegtuig wat betrokke is by die bombardering van die dorp Hassadjek in die omgewing van Aleppo in die noorde van Sirië.

Die Belgiese ambassadeur moes aanhoor hoe sy regering “halsstarrig” weier om die sigbare bewys van die aanval steeds te bly ontken, en dat Rusland dit uiters “verwarrend” vind dat die Belgiese regering so optree.

Vroeër is die gedetailleerde besonderhede van die twee F-16 vegvliegtuie aan die Belgiese militêre attaché in Moskou besorg.

Tot hede het die VSA en Navo geen woord geuiter oor die Russiese aanklag nie, en die vermoede bestaan dat die aanval onder leiding van die koalisiemagte uitgevoer is waarvan die VSA gewoonlik die leiding neem.

Later het Rusland die Verenigde Nasies versoek om ’n ondersoek te doen na die Belgiese aanval in Aleppo.

# Leiers van die Europese Unie (EU) het hulle samesprekings in Brussel afgesluit sonder dat ’n vryhandelsooreenkoms met Kanada getref kon word.

Die Kanadese minister van handel het na afloop van die gesprek gesê die moontlikheid om ’n ooreenkoms aan te gaan, “was op hierdie stadium onmoontlik”.

Die spanning het verlede Vrydag hoog geloop in die Belgiese hoofstad Brussel nadat die Kanadese afvaardiging druk toegepas het op die groter meerderheid in die EU geledere.

Die Kanadese verteenwoordiger, Chrystie Freedland het skerp kritiek uitgespreek en gesê die EU leiers is onbekwaam om ’n knelpunt op te los, en dit het haar land erg teleurgestel.

Sy het uitgevaar teen die EU leiers en gesê dit wil lyk asof die EU nie die vermoë het om ’n internasionale akkoord aan te gaan met ’n land soos Kanada wat ook die Europese waardes het.

Waarnemers wys daarop dat die EU se belangrikste struikelblok waarskynlik sy eie lede is wat nie almal gelukkig is om met Kanada ’n handelsooreenkoms aan te gaan wat hulle kan benadeel nie.

# Turkye staan gereed om maatreëls te tref om Irak te red sou die Verenigde State van Amerika met Irakse soldate en Koerdiese vegters nie hulle beloftes nakom om Mosoel te bevry van terroriste nie.

Dit is die boodskap en waarskuwing van die Turkse eerste minister, Binali Yildirim.

Turkye wil nie sien dat die Koerde in Iran meedoen en sukses bereik met die stryd teen die Islamitiese Staat nie, aangesien dit hulle grootste vyand is.

Volgens minister Binali Yildirim is sy magte uitgesluit om die stryd teen die terroriste aan te pak, maar is hy bereid om hulp te verleen, veral omdat sy 350 km lange grens met Irak daardeur geraak word.

Hy sê Turkye is genoodsaak om gereed te staan om Mosoel aan te val en die terroriste te verdryf, want Amerika kom nie sy beloftes na nie, en sou teen die Koerdiese magte opgetree het, maar werk ten nouste met hulle saam.

“Turkye sal ook nie stil sit en kyk as gevegte by sy grens met Irak voortwoed en mense oor die grens na Turkye vlug nie”, het hy gesê.

Irak het intussen gesê dit word verkies dat Turkye hul grondgebied verlaat, want hulle hulp word nie benodig nie.

Frankryk
Die ontruiming van die Calais-immigrantekamp het begin, en stootskrapers word gebruik om plakkershutte plat te stoot, terwyl honderde immigrant luidkeels betoog omdat hulle verplig word om te verhuis na ander kampe.

Duitsland
’n Oorvloed van dwelmmiddels het in die afgelope weke oor Duitsland gespoel soos ’n wit sneeustorm, en is vermoedelik deur die terroristebeweging van Islamitiese Staat ingevoer om ’n nuwe demensie te gee aan die stryd.

Australië
In Queensland, Australië, is ’n voorval op video vasgevang van ’n reuse spinnekop wat ’n muis aangeval en gedood het, waarna hy die vangs weggesleep het om as maaltyd te geniet.


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment