Dinsdag 27 September

nuus radioSAUK Radio Nuus berig vir Dinsdag, 27 September 2016.

Goeiedag en hartlik welkom by SAUK Radio. My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

1)Die voedselreus Pick & Pay, het ‘n loodsprojek begin in Obsevatory, Kaapstad. Dit behels die opening van sogenaamde met selfhelp verkoopspunte.  Kliënte wat die stelsel reeds beproef het meld dat dit  tydbesparend en ook gemaklik is. Die stelsel word ook jare lank reeds in ander wêrelddele suksesvol gebruik.

Vakverbonde en werkers is bekommerd dat dit kan lei tot werksverliese onder veral kassiere in die bedryf. Soos landbou reeds getoon het is meganisering tydbesparend en effektief en nie aan stakings en loonverhogings blootgestel nie.

2)Mediese fondse is tans besig om hul premies vir 2017 vas te stel, en uit voorlopige ramings, veral na die aankondiging van Discovery kan lede van mediese fondse hul gereedmaak vir ‘n dubbelsyfer aanpassing in 2017.

Discovery se aankondiging dat fondse met gemiddeld 10,2 % gaan styg, maak dat sekere mediese planne selfs met tot 14,9% kan styg. Bonitas en Gems het nog geen prysaanpassings aangekondig nie maar dit lyk of siektes Jan Publiek meer geld uit die sak gaan jaag. Inmiddels heers daar steeds onsekerheid oor die staat se beoogde eenvormige en gratis mediese plan vir almal.

3)Die omstrede grootbaas van die SABC, Hlaudi Motsoeneng, dompel homself in verdere omstredenheid deur ‘n yslike bonus aan homself toe te ken of te laat toekom. Dit volg op sy nederlaag verlede week in die hof, toe ‘n vroeëre hofuitspraak gehandhaaf is dat hy inderdaad onregmatig as SABC-hoof aangestel is.

Sy regspan het daarop aangedui dat hulle nie hierdie uitspraak op appèl gaan neem nie. Nietemin het Motsoeneng by die werk opgedaag sonder dat hy weet wat hy daar moet doen. Die SABC-raad moet nog oor sy lot beslis, en selfs die ANC dring daarop aan dat hy summier afgedank behoort te word, of dat hy ten minste verlaag word in posvlak.

Terwyl al hierdie onsekerheid oor sy kop hang, is aangekondig dat hy ‘n bonus van meer as R11 miljoen ontvang. In politieke kringe word dit as ‘n reuse skandaal bestempel, en wek nie net vraagtekens oor Motsoeneng se eie integriteit nie, maar ook oor die SABC-raad, wat sekerlik so ‘n bonus moes goedgekeur het. Dan word daar ook vrae gevra oor of Motsoeneng steeds ‘n salaris van R3,7 miljoen per jaar gaan ontvang as hy bloot in posvlak verlaag gaan word.

4)’n Leier van die veldtog teen universiteitsgeld, Mcebo Dlamini sê tientalle vakbonde gaan hulle môre by die veldtog aansluit om gratis onderrig te eis. Dlamini het gister honderde studente by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg toegespreek nadat hulle ‘n optog van die Braamfontein-kampus na die Wits Mediese Skool in Parktown gehou het. Hulle wou mediese studente mobiliseer om by hulle veldtog aan te sluit, maar het by ‘n leë gebou opgedaag.

Klasse by die Wits-kampusse is reeds vroeër opgeskort. Dlamini sê hulle sal hul veldtog verskerp en vakbonde soos Numsa en Fawu gaan by hulle aansluit. Hy sê daar sal more geen openbare vervoer wees nie.

5)Die mynwerkersvakbond, die N.U.M het sy steun aan adjunkpresident Cyril Ramaphosa toegesê om president Jacob Zuma op te volg as leier van die ANC. Die N.U.M is die eerste Cosatu-vakbond wat openlik sy keuse van ‘n opvolger vir Zuma bekend maak nadat Cosatu vroeër die maand nog nie ‘n aankondiging in die verband wou doen nie.

Ramaphosa was een van die stigters van die N.U.M in 1982 en was die vakbond se eerste hoofsekretaris. Die vakbond se huidige hoofsekretaris, David Sipunzi, sê Ramaphosa is die mees geskikte kandidaat vir die pos omdat hy al as president waargeneem het en ook al geruime tyd vir die pos voorberei word.

6)Ses mense is in drie afsonderlike motorongelukke op paaie in Limpopo dood. Drie lede van een gesin is dood in ‘n botsing tussen twee voertuie op die R37 tussen Lebowakgomo en Burgersfort in Limpopo. ‘n Polisiewoordvoerder in die provinsie, Moatshe Ngoepe, sê die twee voertuie het reg van voor gebots. Hy sê die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie, maar ‘n klag van strafbare manslag word ondersoek. Op die R40 tussen Klaserie en Hoedspruit is twee mense dood toe die bestuurder van ‘n voertuig beheer verloor en dit teen ‘n boom gebots het. In nog ‘n ongeluk op dieselfde pad is een persoon dood in ‘n botsing reg van voor.

7)Die polisie in Mpumalanga het ‘n 31-jarige vrou in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog. Die vrou, wat as ‘n administratiewe klerk by die Hazyview-polisiestasie werk, wou na bewering 20-duisend rand se vervalste tweehonderd-rand-note by ‘n bank op die dorp deponeer. ‘n Polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Leonard Hlathi, sê die teller by die bank het opgemerk dat die note vervals is en het die polisie daarvan in kennis gestel. Volgens Hlathi beweer die vrou sy het die geld by haar man gekry. Sy verskyn binnekort in die hof.

8)‘n Broer van ANC-president, Jacob Zuma, het gevra dat sy president-broer moet aftree. Zuma se broer Michael woon ook by Nkandla.

Hy sê die toenemende openbare ontevredenheid met sy broer, stel dié se lewe in gevaar. Hy verwag dat broer Jacob die slagoffer van ‘n sluipmoord kan word om hom uit die pad te kry.

Hy sê as sy broer aftree en die politiek heeltemal vaarwel toeroep en op Nkandla gaan bly saam met sy familie, hy veilig behoort te wees.

9)Die meeste universiteite het aangekondig dat hulle hul deure voorlopig sluit as gevolg van die geweld wat deur ontevrede studente gepleeg word.

Studente eis steeds dat hulle gratis tersiêre onderwys moet kry.

Dit wil egter voorkom of dit nie meer net oor die finansies gaan nie, maar ook oor die aanbieding en standaard van onderrig op universiteite.

Hulle eis nou ‘n sogenaamde “gedekoloniseerde afrosentriese opvoedingstelsel”. Die rede wat daarvoor aangegee word, is dat swart studente verkleineer word deur die huidige stelsel. Eurosentriese opvoeding benadeel die belange van die swarte, want wit dosente leer swart studente vanuit ‘n westerse agtergrond.

Akademici begin al meer neig na die gedagte dat daar weer aparte universiteite vir verskillende bevolkingsgroepe met elk ook hulle eie dosente.

Die volgende probleem sal dan by primêre onderrig opduik, waar dieselfde stelsel en waardes sal moet geld

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Geeeltelik Bewolk –  met ‘n min 27 max van 36

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 16 en ‘n max van 35

Pretoria  – Mooi Weer – met ‘n  min van 15 en max van 31

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 13 en max van 28

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 13 en max van 31

Bloemfontein –Gedeeltelik Bewolk Met Ligte tot Swaar Reen Buie – met min 9 ‘n max van 27

Durban – Bewolk – met ‘n min van 18 en max van 26

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 15 en max van 32

Oos Londen –Gedeeltelik Bewolk met Ligte Reen – met ‘n min 15 en max van 23

Kaapstad –Gedeeltelik Bewolk Met Ligte Reen  –met  min van 11 en max van 15

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 9 en max van 23

PE- Gedeeltelik Bewolk Met Ligte Reen – met ‘n min 15 en max van 21

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment