Dinsdag 6 September

Noodberig

PROTEST AGAINST KUSILE.

Information received that Balmoral Bronkhorstspruit rd have been closed by protesters. The reason is still wanting employment at Kusile. Situation being monitored

WARNING!!!!

People traveling from Witbank, Bronkhorstspruit and Pretoria, please be cautious as protesters are blocking the road turning on to N4 to Kusile.

SAUK Radio Nuus berig vir Dinsdag, 6 September 2016.

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio. My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet ens

NUUS

1) Die tesourier-generaal van die ANC-Jeugliga, Reggie Nkabinde, het gevra vir die skorsing van diegene wat aan die BesetLuthulihuis-beweging behoort. Hy sê hulle is soos vrot eiers wat die hele Liga kan besmet. Lede van die Jeugliga het in groot getalle by die ANC se hoofkwartier opgedaag en gesê hulle verdedig Luthulihuis teen die beweging wat vra dat die hele leierskap bedank. Nkabinde sê diegene wat die regering omver wil werp, het die beweging gefinansier. Hy hou vol dat die President nêrens heen gaan nie en sy volle termyn sal uitdien.

2) Die leier van die EFF, Julius Malema, het gewaarsku dat die party streng gaan optree teen lede wat nié 15 persent van hul salarisse aan die party bydra nie. Hy het die media in Johannesburg toegespreek ná die party se sentrale komiteevergadering oor die naweek. Hy sê die 15 persent is ‘n heffing wat alle EFF-lede van provinsiale wetgewers en die Parlement aan die party moet opdok. Malema sê die name en bedrae van diegene wat nie wil saamwerk nie, sal aan die party bekendgemaak word. Hy sê die provinsiale sekretaris in Mpumalanga is reeds geskors omdat hy nie aan die reëling wou voldoen nie.

3) Meer as 900 skoolhoofde van oral in die land is in Port Elizabeth byeen vir die simposium van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, die SAOU. Die tema is gehalte onderwys en hoe om dit te bestuur. Die unie se uitvoerende hoof, Chris Klopper, sê hulle sal ook konsentreer op die warm patat van gedragskodes na bewerings van rassisme by sommige skole in die land.

4) ‘n Navorser aan die Universiteit van Stellenbosch het ‘n metode ontwikkel om outisme in ‘n kind se breingolwe op te spoor. Die navorsing kan help met die vroeë identifisering van die toestand. Die navorser, Dr Tosca Heunis, sê mense met outisme ly lewenslank aan sosiale sowel as gedrags- en kommunikasie-steurnisse. Volgens Heunis het hulle met die navorsing gevind dat deur segmente van vyf sekondes van ‘n kind se breingolwe te ontleed, die algoritme kinders met outisme van dié daarsonder kan onderskei met ‘n akkuraatheid van meer as negentig persent. Sy sê hoewel die metode as siftings-instrument dien, moet die bevinding egter steeds bevestig word.

5) Die NVP het sy voormalige tesourier-generaal, Xolani Ndlovu, afgedank nadat die party se tugkomitee hom skuldig bevind het. Hy is ook vir vyf jaar uit die party geskop. Die klagte teen hom het ingesluit sy versuim om die party se deposito betyds aan die Verkiesingskommissie te betaal, wat tot gevolg gehad het dat die NVP nie aan verlede maand se plaaslike regeringsverkiesings kon deelneem nie.

6) n 38-jarige man het gister in die Embalenhle-landdroshof in Secunda in Mpumalanga verskyn op aanklagte van moord ses jaar gelede. Die Valke het die verdagte die naweek in hegtenis geneem nadat hulle ‘n wenk ontvang het. Die verdagte het na bewering ‘n taxi-bestuurder by sy huis doodgeskiet toe hy ná werk tuisgekom het.

7) Die ANC het ‘n memorandum ontvang van die organiseerders van die veldtog – “Beset Luthuli-huis”. Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het die memorandum by die Beyers Naudé-plein in ontvangs geneem. Lede van die MK Militêre Veterane het probeer om Mantashe te verhoed om die memorandum in ontvangs te neem. Die protesgangers eis President Jacob Zuma en die nasionale uitvoerende komitee se onmiddellike bedanking. ‘n Woordvoerder van die beweging, Ronald Lamola, sê hulle glo strukture van die ANC regoor die land gaan nou betrokke raak by prosesse om ‘n nuwe ANC daar te stel.

8) Die DA het besluit om die heraanstelling van die voorsitter van die SAL-raad, Dudu Myeni, in die hof te betwis. Die Da-leier, Mmusi Maimane, sê dar is genoetg bewyse om Myeni se heranstelling teen te staan omdat dit, soos wat hy dit noem, “irrasioneel” is. Myeni is verlede Vrydag heraangestel nadat die kabinet die nuwe SAL-raad goedgekeur het. Maimane het die Parlement toegespreek het en gesê Myeni het die lugdiens reeds miljarde rand uit die sak gejaag.

9) Die SAL is intussen nog drie weke gegun om sy finansiële verslae aan Hong Kong beskikbaar te stel, of die winsgewende roete na Asië te verloor. Hong Kong het vroeër 6 September as sperdatum gestel waarop SAL sy verslae moet indien. Die lugdiens, wat nou tot 30 September het om sy verslae in orde te kry, het die afgelope twee jaar versuim om sy jaarverslae in te dien en loop die gevaar om weens sy skuld nie sy verpligtinge te kan nakom nie. Die SAL se woordvoerder, Tladi Tladi, sê hulle is vol vertroue dat hulle die uitstaande vereistes sal nakom,

10) Veiligheidsmaatreëls by die Universiteit van Kwazulu-Natal se Howard-kollege in Durban was verskerp en die situasie word  was dopgehou ná gisteroggend se studentebetoging op die kampus. Klasse op al vyf kampusse van die universiteit is al vir langer as ‘n week opgeskort nadat studente geëis het dat klasgelde nie vir 2017 verhoog word nie. ‘n Eksamenlokaal is verlede week op die Pietermaritzburg-kampus aan die brand gesteek asook ‘n kafeteria op die kampus van die Howard-kollege. Die universiteit het verlede week ‘n hofbevel teen enige byeenkoms op die kampus bekom. Die universiteit se woordvoerder, Lesiba Seshoka, sê klasse gaan voort ondanks die protes. Seshoka het gewaarsku dat betogers in hegtenis geneem sal word.

11) n Sewe-jarige seun van Polokwane in Limpopo se linkerhand moes afgesit word nadat ‘n bomklapper in sy hand ontplof het. Kosie Wessels het Saterdag in sy ouer suster se kamer gespeel en die klapper daar gevind. Sy ma, Caroline Strydom sê hy het verskeie brandwonde oor sy liggaam opgedoen. Kosie is na die Polokwane staatshospitaal gehaas waar dokters sy hand moes amputeer. Sy ma, Caroline, sê haar seun het geweldige pyn en die hospitaal laat haar net toe om hom tydens besoekure te sien.

12) ‘n Graad nege leerder het gister in die Khutsong landdroshof, wes van Johannesburg verskyn in verband met die dood van ‘n mede-leerder. Die seun het na bewering ‘n graad tien leerder verlede Donderdag met ‘n mes doodgesteek. Volgens die polisie het die twee by die skool stry gekry en die bakleiery is na skool voortgesit wat tot die voorval gelei het.

13) Die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Tom Moyane, sê die insameling van belastinginkomste is nou van groter belang as ooit tevore weens die land se moeilike ekonomiese situasie. Hy het in Johannesburg gepraat by die derde jaarlikse Belasting-indaba. Moyane sê hy is vol vertroue dat die veranderings wat onder sy leierskap geïmplimenteer is, voordelig is vir belastingpraktisyns asook belastingbetalers

14) Die Johannesburgse munisipaliteit gaan die moontlikheid ondersoek om klinieke vir langer tye te laat oopbly. ‘n Woordvoerder van die stadsraad, Nthatisi Modingoane, sê universele toegang tot gesondheid is ‘n ideaal waarna gestreef moet word. Modingoane sê hulle sal ‘n kliniek gebruik as loodsprojek, om vas te stel of al die noodsaaklike elemente in plek is, soos werksure, skofte, veiligheid en ander kwessies. Indien die loodsprojek suksesvol is, sal dit oorweeg word om meer klinieke vir langer tye oop te hou.

15) Leiers wat die beraad van die G20 lande bygewoon het wat pas in Sjina te einde geloop het, eis die hervorming van die wêreld se leningsinstellings soos die Internasionale Fonds en die Wêreldbank. Hulle het die IMF gevra om sy kwota en stemreg te herverdeel sodat dit ‘n regverdige weerspieëling is van die status van opkomende markte en ontwikkelende lande. Die Sjinese president, Xi JingPing, het deur ‘n tolk gesê finansiële instellings behoort sensitief te wees teenoor armer lande.

16) Noord-Korea het drie ballistiese missiele aan sy ooskus afgevuur in wat bestempel word as hernieude magsvertoon. Dit volg te midde van wêreldleiers wat by die G20-beraad in Sjina vergader. Die beraad eindig vandag. Die missiele is vanaf die Hwangju-provinsie in die See van Japan afgevuur. Dit is vermoedelik Rodong-missiele met ‘n reikwydte van duisend-kilometer. ‘n Regeringswoordvoerder in Japan sê dit is strydig met ‘n resolusie van die VN-Veiligheidsraad en bedreiging vir Japan se nasionale veiligheid.

17) Nuus van die G-20-beraad in Hanzhou, Sjina, is dat verskeie lande aangedui het dat hulle belangstel in handelsooreenkomste met Brittanje wat besig is om die Europese Unie te verlaat. Britanje se eerste minister, Theresa May, sê dit sluit leiers van Indië, Suid-Korea en Singapoer in wat almal gesê het hulle sal samesprekings verwelkom oor die opheffing van hindernisse in handel tussen hul lande en Britanje. Die Australiese minister van handel sal Britanje eersdaags besoek vir verkennende gesprekke oor die beoogde handelsooreenkoms tussen die twee lande.

18) Siriese regeringsmagte het verskeie strategiese gebiede in Aleppo by rebelle oorgeneem. Rebelle het verlede maand die suidwestelike buitewyke van Aleppo oorgeneem. Die jongste gevegte toon dat regeringsmagte die oorhand kry en dus gebiede wat onder die beheer van rebelle is van voorrade kan afsny. Die Verenigde Nasies vra vir ‘n 48 uur verposing in gevegte elke week, terwyl Amerika en Rusland hul beywer vir ‘n ooreenkoms in die hele Sirië en nie slegs in Aleppo nie. President Barack Obama en Wladimir Poetin beplan informele samesprekings oor Sirië waar hulle die G20 beraad in Sjina bywoon.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Gedeeltelik Bewolk –  met ‘n min 26 max van 36

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 11 en ‘n max van 33

Pretoria  – Mooi Weer – met ‘n  min van 13 en max van 31

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 13 en max van 28

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 15 en max van 31

Bloemfontein –Bewolk- met min 13 ‘n max van 29

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 16 en max van 24

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 11 en max van 31

Oos Londen – Gedeeltelik Bewolk met ligte Reen – met ‘n min 18 en max van 20

Kaapstad –Gedeeltelik Bewolk Met ligte Reen – met n min van 12 en max van 19

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 15 en max van 29

Sutherland –Sonnig met Minus 2 en max 14

PE- Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min 15 en max van 19

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

  KRAG VIR DIE DIE DAG

Mattheüs 15:13 – “Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word.”

Johannes 15:2 – “Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.”

Piet Smit se “Saaier saai die saad”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

7nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment