Donderdag 1 September

SAUK Radio Nuus berig vir Donderdag, 1 September 2016.

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio. My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet ens

NUUS

1) Suid-Afrika marsjeer flink na die randkant van hoogste moontlike dinansiele afgrond denkbaar, en gaan moeilik weer lewendig gemaak word as hy daar afgestort het.

Dit is die mening van ’n welbekende finansiële bestuurder na aanleiding van die onderlinge gevegte wat tans binne die seniors van die ANC regering heers.

Hy sê die land is tegnies gesproke reeds in ’n resessie en is flink onderweg na rommel status as gevolg van die onderlinge magstryd onder ministers.

Kenners is die mening toegedaan dat die stryd teen die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, reeds te vêr gevorder het en dat die land se president te swak is om dit te stop.

Die uitlatings van Des van Rooyen, en die knaende aanvalle van die Valke eenheid op die Minister, gaan die land duur te staan bring, word gesê.

Die mening is uitgespreek deur finansiële kenners dat die gevegte nooit in die oopte moes kom nie, en die Valke, sowel as Van Rooyen moes nie hulle sienings oop en bloot gestel het nie.

Dit blyk egter dat die leierskap wat nodig is, nie bestaan in die ANC se geledere nie, het hy gesê.

“Ons is reeds in ’n resessie, en ons gaan binnekort rommel status kry as daar nie baie vinnig ’n einde gebring word aan die magstryd nie”, het hy gesê.

2) ‘n Volle regbank van die Kaapse Hoër Hofhoor vandag die aansoek aan van ‘n groep genaamd Dagga Party van SA, waarin die hofversoek word om die rook van dagga te wettig.

Die vervolging van dagga rokers en die vrylating van gevangenis wat in die tronke sit oor die besit van dagga is onder andere deel van die aansoek.

Die leier van die party ene Jeremy Acton beweer dat alles in die land sal verander en daar sal ‘n positiewe beweging kom in die ekonomie sowel as in die sosiale verkeer van mense.

Volgens Acton word die gebruikers van dagga geestelik ondersteun deur die daggaplant self.

‘n Soortgelyke aansoek is tans in Pretoria op die rol en sal eersdaags aangehoor word.

Politieke ontleders sê die toelating van dagga op die ope mark sal verdere verval in Suid-Afrika aanhelp en die misdaad vlakke tot ongekende hoogtes lei.

3) Ten spyte van, ten koste van, ter wille van……

So kan daar voortgegaan word,  maar die gebrek aan dissipline en opvoeding by die meeste van die studente aan hoër opvoedkundige inrigtings is tans soos ‘n albatros (of is dit ‘n Zuma)  om universiteite se nekke.

Universiteit Natal se kafeteria word afgebrand, een van Tuks se swart studente raadslede maak hom skuldig aan rassistiese uitlatings, grade word verkoop by ‘n Universiteit  – 19 universiteite staar finansiële krisisse in die gesig sou fooie nie in 2017 verhoog word nie.

Nou word voorgestel dat ryk families hoër fooie gaan betaal in 2017 – dus die wat afbrand, staak en mors word nou vrygestel van verhoogde fooie.

Intussen  gaan kosbare onderrig tyd  verlore met stakings en beskadiging van geboue, dit het die gevolg dat slegs vier universiteite in die land onder die eerste 1000 beste instansies in die wereld tel.

Universiteitsgrade raak net soos ‘n matrieksertifikaat, skaars die papier werd waarop dit gedruk is en uit hierdie voedingsbron moet die toekomstige arbeidsmark gevestig word.

4) Die ANC ontken dat hul enige geld ontvang het van die sogenaamde R80 miljoen vanuit PRASA koffers.

Interresant dat Mantashe meld dat die geld nooit by die ANC uitgekom het nie en dat die persoon(e) wat die geld ontvang het vervolg moet word.

Politieke waarnemers vra of dit beteken dat daar wel geld na die ANC gekanaliseer is, maar dat dit net nie daar uitgekom het nie?

Die Angolese besigheidsvrou wat glo noue bande met die ANC het, het geeies dat 10% van die tender bedrag aan die ANC gegee moes word.

Mantashe voel blykbaar dat die ANC se naam deur die modder gesleep word in hierdie sage.

Ontleders sê die belofte van president Zuma dat hy korrupsie sal beveg, nou bedenkinge laat oor die erns waarmee dit benader word.

5) Zwelinzima Vavi is blykbaar van mening dat die eens magtige Cosatu nou dood is en is nie verbaas oor die ineenstorting wat plaasvind nie.

Die voormalige Sekretaris-Generaal van die vakverbond Cosatu sê die Federasie is dood nadat nog ’n vakbond die skip verlaat het.

Vavi het spesifiek verwys na die uittrede van die Food and Allied Workers’ Union (Fawu)wat hul uittrede uit die federasie aangekondig het.

Hy sê die federasie word by die dag meer irrelevant nadat hulle besluit het om die metaalwerkers se vakbond, Numsa, te skors as lid van Cosatu.

Vavi het bygevoeg dat Cosatu nog verder gaan terugval want hy voorsien dat die

SA Commercial, Catering and Allied Workers’ Union ook binnekort hulle uittrede sal aankondig by die federasie.

Vavi reken ook die ander unies wat nog in Cosatu is, ook mettertyd ’n dood sal sterf as hulle nie betyds padgee nie.

Hy het bygevoeg dat ’n nuwe federasie binnekort tot stand kom, en die aankondiging daaroor sal binnekort gemaak word.

“Maar Cosatu se tyd is verby”, het hy gesê.

Politieke ontleders sê die ernstige verdeeldheid wat tans onder die swart leiers heers, nog verder sal eskaleer weens die gebrek aan sterk leiers wat die ANC bymekaar kanhou.

6) “Ons kan die konflik tussen ministers oplos as ons onder een dak vergader”, is die trooswoorde van ’n moedelose ANC Sekretaris-Generaal.

Gwede Mantashe het glo gister ’n beroep gedoen op ministers om nie hulle wasgoed in die openbaar te wil was nie, maar eerder bymekaar moet kom om die stryd te beëindig.

Mantashe het die media in Johannesburgtoegespreek nadat die ANC se vergadering van sy werkkomitee.

Die uitlatings is gemaak nadat verskeie harde woorde geuiter is deur president Zuma se voormalige Minister van Finansies, Des van Rooyen.

Van Rooyen, wat slegs twee dae die amp as Minister van Finansies beklee het, beskuldig Minister Gordhan daarvan dat hy die Valke eenheid ondermyn deur te weier om ’n verklaring af te le.

Gwede Mantashe het gesê hy betreur dit dat Des van Rooyen gekies is om oor ’n saak te praat waarby hy nie betrokke is nie, maar wat deur die Umkhonto weSizwe Military Veterans Association gevra is om sy mening te gee.

Hy het glo bygevoeg dat hy sou die taak veel beter gedoen het as Van Rooyen want hy is veel beter gekwalifiseer daarvoor.

Volgens Mantashe sê terugskouend het die veterane waarskynlik besef hulle het ’n fout gemaak om hulle te bemoei met die aangeleentheid.

’n Volkekundige van Pretoria sê dit is duidelik dat die ANC in ’n ernstige fase van verdeeldheid is, en dit kan die land ekonomies tot rommerstatus ruk in die volgende maande.

7) Een van Suid-Afrika se grootste batebestuurders, Futuregrowth het aangekondig dat hy tydelik gaan ophou om lenings aan ses van die land se grootste staatsbeheerde maatskappye te voorsien. Die maatskappy sê hy doen dit as `n veiligheidsmaatreël weens die risiko van swak leierskap in van die staatsbeheerde maatskappye. Die maatskappy sluit in Eskom, Transnet, Sanral, die Landbank, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en die Onwikkelingsbank van Suidelike Afrika. Die beleggingsbestuurder van Futuregrowth, Andrew Kantor sê hulle moet nou eers seker maak dat die staatsbeheerde maatskappye op hul boeke goed bestuur word. Hy sê hulle wil seker maak dat die maatskappye nie politieke aanstellings met ander agendas in hul bestuur het nie. Kantor sê hulle moet oortuig wees dat sulke maatskappy die regte besluite neem tot voordeel van hul maatskappye.

8) Die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Blade Nzimande sê samesprekings oor klasgelde aanstaande jaar by universiteite is nog aan die gang. Nzimande is besig met uitgebreide samesprekings met vise-kanseliers, studenteleiers en regeringsamptenare na verlede jaar se protesoptrede teen die verhoging van klasgelde. Hy sê, hy het gehoop om teen die einde van Augustus `n aankondiging te maak, maar het nie voorsien dat hulle met die samesprekings meer tyd sou benodig nie. Nzimande sê hulle is nog nie gereed om `n verslag saam te stel oor hoe die kwessie hanteer moet word nie.

9) Die bestuurshoof van Universities SA, Ahmed Bawa sê Nzimande het by `n onlangse vergadering gesê dat hy en die Tesourie nou saamwerk om `n oplossing te probeer kry. Die organisassie verteenwoordig al 26 universiteite in Suid-Afrika. Volgens Bawa word `n aankondiging voor die einde van September verwag. Hy sê hulle wag in spanning om te sien of die staat sal help of die sakesektor sal ingryp.

10) Working on Fire sê die veldbrand by die Middel Keurbooms-bewaringsgebied naby Plettenbergbaai in die Suid-Kaap is buite beheer en het nou na die Oos-Kaapse grens uitgebrei. Vroeër is bykomende brandbestrydingspanne ontbied. ‘n Woordvoerder vir Working On Fire, Lauren Howard, sê hulle het ook twee helikopters en ‘n vastevlerk-vliegtuig ontplooi. Sy sê van die spanne moes weens hulle veiligheid terug geroep word. Volgens skatting is tussen 40 en 50 duisend hektaar veld reeds afgebrand.

11) Brandweerspanne in die Nelson Mandelabaai Metro het `n veldbrand langs die Ou Grahamstadpad naby Swartkops geblus. Die brand het gistermiddag uitgebreek en is met behulp van ander spanne onder beheer gebring. Die maksimum temperatuur gistermiddag in Port Elizabeth was 36 grade Celsius. Plekke soos Coaga, Oos-Londen, Addo, Uitenahge en Patensie het almal temperature bo 30 grade Celsius ondervind. Volgens die streeksbestuurder van die Weerdiens, Hugh van Niekerk sal temperature vandag heelwat laer wees.

12) Die Nkomazi-munisipaliteit in Mpumalanga sê waterbeperkings sal ook vir watervoorsiening aan die kleiner gemeenskappe ingestel word. Die watervlakke in die Nkomazi- en Krokodilriviere wat die hoof-watertoevoer vir die munisipaliteit is, is baie laag. `n Woordvoerder van die munisipaliteit, Cyril Repinga het `n beroep op inwoners gedoen om water spaarsamig te gebruik. Hy sê hulle is verplig om water vir alle gemeenskappe te rantsoeneer.

13)  Adjunk-president Cyril Ramaphosa sal vanmiddag vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Hy sal na verwagting moet verduidelik hoe daar seker gemaak sal word dat ministers alle vrae-sessies in die derde en vierde termyne bywoon. Opposisiepartye het gister gekla dat ministers nie die parlementêre sittings gereeld bywoon nie. Hulle sê die ministers neem nie die parlement ernstig op nie. Die DA se hoofsweep, John Steenhuisen sê die parlement hou nie sy ministers aanspreeklik nie. Hy het na die leë sitplekke verwys en gesê die ministers maak ‘n bespotting van die parlement.

14) Die Vrystaatse departement van onderwys het die haarbeleid vir leerders by die St Michael’s skool in Bloemfontein opgehef terwyl die beleid ondersoek word. Die skool was hierdie week in die nuus omdat swart leerders ná bewering moes aantree en swempette moes opsit vir ‘n haarinspeksie. Leerders het die skool ook van rassisme beskuldig nadat `n onderwyser na bewering gesê het dat swart kinders soos ape optree. Die departement van onderwys het beevestig dat die haarbeleid wel deel van die skool se gedragskode is, maar ondersoek nou aantygings dat net swart meisies daaraan onderwerp is.

15) Die studenteraadslid van die Universiteit van Pretoria, Luvuyo Menziwa wat rassistiese opmerkings op sosiale media gemaak het, het om verskoning gevra. Menziwa is intussen uit die studenteraad geskors, terwyl die universiteit die saak ondersoek. Afriforum het ook ‘n klag van haatspraak by die Brooklyn-polisiestasie teen hom ingedien. Die onderwys-student in sy vierde jaar het in sy boodskappe redes verskaf hoekom hy witmense haat. Dit sluit in wit arrogansie, wit voorregte en wit monopolistiese oorheersing. Menziwa sê sy uitlatings was emosionele reaksie na leerders van die Pretoria High School for Girls betoog het teen beweerde rassisme oor onder meer hul haarstyle by hul skool.

16) Die polisie in die Wes-Kaap het byna al die aanbevelings van die Khayelitsha-kommissie van ondersoek in werking gestel om die verhouding tussen die polisie en gemeenskappe te verbeter. Die polisie en die departement van gemeenskapsveiligheid het die Wes-Kaapse parlementêre komitee vir gemeenskapsveiligheid op hoogte gebring van verwikkelinge. Die kommissie se verslag is bykans twee jaar gelede vrygestel. Dit het bevind daar bestaan ‘n vertrouensbreuk tussen gemeenskappe en die polisie. Die polisie se bevelvoerder van groeperings in Khayelitsha, Generaal Johan Brand, sê een van hul groot probleme – moorde weens boendoegeweld – het afgeneem. Hy sê daar is egter `n tekort aan kringtelevisie in die gebied, terwyl baie van die kameras ook nie werk nie. `n Nuwe polisiestasie in Makhaza word vir 2018 beplan en die stasie in Harare is opgeknap

17) Een van Suid-Afrika se grootste batebestuurders, Futuregrowth het aangekondig dat hy tydelik gaan ophou om lenings aan ses van die land se grootste staatsbeheerde maatskappye te voorsien. Die maatskappy sê hy doen dit as ‘n veiligheidsmaatreël weens die risiko van swak leierskap in van die staatsbeheerde maatskappye. Die maatskappye sluit in Eskom, Transnet, Sanral, die Landbank, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en die Onwikkelingsbank van Suidelike Afrika. Die beleggingsbestuurder van Futuregrowth, Andrew Kantor sê hulle moet nou eers seker maak dat die maatskappye nie politieke aanstellings met ander agendas in hul bestuur het nie. Kantor sê hulle moet oortuig wees dat sulke maatskappy die regte besluite neem tot voordeel van hul maatskappye.

18) Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies se onderwyskomitee, Lungelwa Zwane, sê die komitee is tevrede met die verspreiding van mobiele klaskamers in Vuwani in Limpopo en dat klasse weer normaal kan plaasvind. Die komitee het die gebied besoek waar tientalle skole voor die munisipale verkiesings afgebrand het. Zwane sê sy waardeer die harde werk wat onderwyses en leerders gedoen het om klasse te hervat. Sommige skole het reeds mobiele klaskamers ontvang, maar heelparty wag nog om voorsien te word. Van die skole het ook intussen ekstra klasse vir leerders begin aanbied waar hulle hul werk kan inhaal wat hulle tydens die stakings verloor het.

19) Die polisie in Thailand soek na ‘n Russiese kuberkraker wat vermoedelik kwaadwillige programatuur geskep het om nagenoeg 350-duisend dollar uit kitsbanke regoor Thailand te trek. Volgens berigte het ‘n internasionale kubersekerheidgroep, FireEye, gesê hulle het afgekom op die sagtewareprogram, bekend as Ripper, wat moontlik vir die diefstal van die geld gebruik is. Hulle sê die diewe wat in Thailand toegeslaan het, was uiters goed georganiseerd en het skynbaar ‘n goeie netwerk gehad. Thailand word ‘n geruime tyd al bestempel as die mekka vir sowel Thaise as buitelandse kuberkrakers.

20) Die Brasiliaanse senaat het besluit om die president, Dilma Rousseff in die pad te steek vir die manipulasie van die begroting. Een-en-sestig senators het gestem dat sy afgedank moet word, terwyl twintig daarteen gestem het. Die waarnemende president, Michel Temer sal nou Rousseff se termyn tot in Januarie 2019 voltooi. Die proses om Rousseff in `n staat van beskuldiging te plaas duur al nege maande lank. Die inwoners van Brasilië sal nog lank oor die verwikkeling stry. Baie mense het gevoel dat sy aangekla moes word, maar baie ander was daarteen gekant.

21) Skop vas oor die muur Die Republikeine se presidentskandidaat, Donald Trump hou vol dat Meksiko moet betaal vir die muur wat hy beplan om tussen die VSA en Meksiko op te rig indien hy tot Amerikaanse president verkies word. Trump het in Phoenix sy immigrasieplan uitgespel, nadat hy met die president van Meksiko, Enrique Pena Nieto, vergader het. Die plan sluit in dat immigrante met ‘n misdaadrekord gedeporteer sal word. Hy gaan ook president Barack Obama se bevel herroep dat miljoene immigrante wat nie dokumente het nie beskerm moet word. Volgens Trump het hy en Pena Nieto nie gepraat oor wie vir Trump se muur moet betaal nie, maar Pena Nieto het op twitter gesê hy het dit duidelik gestel dat Meksiko nie vir die kontruksie sal betaal nie.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Gedeeltelik Bewolk –  met ‘n min 27 max van 35

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 8 en ‘n max van 28

Pretoria  – Mooi Weer – met ‘n  min van 10 en max van 27

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 9 en max van 25

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 10 en max van 29

Bloemfontein –Mooi Weer- met min 12 ‘n max van 27

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 17 en max van 30

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 8 en max van 27

Oos Londen – Gedeeltelik Bewolk met Reen Naby – met ‘n min 18 en max van 22

Kaapstad –Gedeeltelik Bewolk Met Ligte Reen – met n min van 11 en max van 17

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 16 en max van 30

Sutherland – Mooi Weer en Koud met Min 3 en max 15

PE- Mooi Weer – met ‘n min 11 en max van 20

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

                                 KRAG VIR DIE DIE DAG

Psalms 116:1 – “ EK het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge, want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep.”

Psalms 70:6 – “ Maar ek is ellendig en behoeftig: O God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie!

Julius Magan se “Come, Lord Jesus”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

7nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment