Donderdag 11 Augustus

NOODBERIG

Protesaksie by die ingang na Lamontville.

SAUK Radio Nuus berig vir Donderdag, 11 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Die Departement van Koöperatiewe Regering en Tradisionele Aangeleenthede het glo R100 miljoen eenkant gesit as ’n pensioen.

Die Salga hoof in die Wes-Kaap, ene Khalil Mullagie, sê die geld sal volgens ’n berekende formule en die aantal jare diens toegedeel word.

Hy sê die raadslede wat nie weer verkies is gedurende die afgelope munisipale verkiesing nie, sal mettertyd ’n uitbetaling ontvang wat gelyk is aan drie maande se salaris.

Gewone stadsraadslede ontvang ’n vergoeding van tot R800,000 per jaar, wat volgens kenners verklaar waarom die munisipaliteite finansieel sukkel om kop bo water te hou.

Nuutverkose raadslede gaan nog opleidingskursusse bywoon, en in Port Elisabeth sal dit aangebied word by die Universiteit.   

2) Die emeritus Aartsbiskop Njongonkulu Ndungane van die Anglikaanse Kerk het Suid-Afrika se munisipale verkiesing as ’n:Wakker-word-geroep” genoem wat afkomstig is van die kiesers. Hy sê die roepstem van kiesers het ook gewaarsku teen die arrogansie van die ANC en die uitslag staan in skerp kontras teen dit wat in 2011 behaal is, en behoort ’n duidelike boodskap aan die ANC te wees. Hy sê die ANC se arrogansie sal hopelik verdwyn nadat die mense van die land dit vir hulle duidelik gemaak het dat die houding nie verdra word nie.

Desmond Tutu het ook daarby aangesluit en gesê die mense in veral die stedelike gebiede het die ANC laat verstaan dat hulle nie gediend is met huidige situasie nie, want hulle het die gewone mense geïgnoreer, en hulle het by die stembus geprotesteer.                                        

3) Reeds in November 2015 is ‘n verslag gepubliseer wat meld dat Zuma voor die 2011 verkiesings ontmoetings gehad het met van die mees gevreesde bende leiers in die Wes-Kaap. Die ontmoeting sou volgens die gerugte, in sy amptelike woning in Groote Schuur plaasgevind het. ‘n Ene Lloyd Hil van die Durbanse onderwêreld het die ontmoeting gefasiliteer om steun vir die ANC te werf.

Die bendeleiers het dan ook volgens berigte beloof dat hul Marius Fransman sal ondersteun om die Wes-Kaap in ANC hande te kry.

Die ANC het uiteraard die berigte afgemaak as pateties en sonder waarheid, maar later het dit ook geblyk dat ‘n Kaapse persoon uit die onderwêreld, en  Mark Lifman reeds Zuma se verjaarsdag fees op 12 April 2014 bygewoon het.  Daar was hy opgemerk in die geselskap van Fransman.  Intussen was Fransman betrokke by sy molesterings skandaal in Rustenburg en is daarna geskors deur die ANC.

Fransman het ’n aansoek na die hof gebring, maar Gwede Matashe het ‘n teen aansoek met koste aangevra, en dit het Fransman sy aansoek laat onttrek maar in die hofstukke blyk dit dat Fransman, volgens Patrick Chauke, die ontmoetings met die bendelede en Zuma gereël het.                            

4) Volgens koerante in Suid-Afrika, is die Minister van Polisie besig om sy vrou te kul, want hy is gesien met ’n dokter toe hulle saam by ’n hotel ingeskryf is.

“Sunday Sun” het rapporteer dat die Minister van Polisie, Nathi Nhleko, met ’n ander vrou deurmekaar is wat ’n dokter is.

Die twee het glo saam ingeboek by die “Holliday Inn” in Richardsbaai en in die berig is gepoog om van die voorval ’n “ligte voorval” te maak deur te rapporteer dat die minister nie mediese behandeling by die dokter ontvang het in die hotel nie.

Die minister en sy vrou, Nothando, is in 2014 getroud en sy verhouding met die dokter kom redelik vroeg in sy getroude lewe.

Die dokter, Nomcebo Mthembu, het glo gesê sy en die minister is lief vir mekaar.

5) Die “National Union of Mineworkers” (NUM) het sy streekverteenwoordigers versoek om ’n volledige plan op te stel vir ’n staking by Eskom.

Die vakbond is egter in ’n moeilike situasie aangesien so ’n staking onwettig sal wees wat werkers hulle poste kan kos.

Eskom werkers mag nie staak nie aangesien die diens van die kragvoorsiener beskou word as ’n noodsaaklike.

Die staking van enkele lede het tot dusvêr geen uitwerking op Eskom se produksie getoon nie, en die afwesiges is verplig om daagliks by hulle hoofde aan te meld om te verseker dat hulle nie hulle werk verloor nie.

Sedert Maandag het sowat 20 van die NUM lede by Eskom besluit om te staak, wat sowat 15% van die totale aantal NUM lede is.

Intussen het Eskom aangekondig dat die swart werkers vandag begin met ’n volskaalse staking weens ’n loongeskil met die kragvoorsiener. Die 15,000 werkers eis ’n verhoging van 10% terwyl Eskom glo 7% aanbied.

6) n Woordvoerder van die Instituut vir Sekerheidsstudies sê plaasmoorde en plaasaanvalle behoort ‘n unieke benadering in die polisie se landelike veiligheidsplan te hê. ‘n Woordvoerder van die Instituut, Johan Burger, het by die jaarlikse konferensie van Vrystaat Landbou in Bloemfontein gesê statistiek het getoon dat die motief vir meer as 90 persent van die plaasaanvalle en moorde roof was. Burger sê verkeerde opvattings oor plaasmoorde en aanvalle het ‘n negatiewe rol gespeel in die verhoudinge tussen boere en landelike gemeenskappe.

7)  Die Demokratiese Alliansie en die EFF in die Vrystaat wou nie kommentaar lewer oor berigte dat hulle deur die ANC genader is om ‘n koalisie te vorm in die Metsimaholo-munisipaliteit nie. Die ANC het 19 setels gekry met die DA in die tweede plek met 12 en die EFF met agt setels. Metsimaholo is die enigste munisipaliteit in die Vrystaat waar die ANC nie ‘n volstrekte meerderheid kon behaal nie.

8) Die polisie moes Maandag 8 Augustus 2016 weereens ingryp en optree teen persone wat die grenspos wou sluit weens Zimbabwe se beperkings maatreëls oor invoere vanuit Suid Afrika.

Die regering in Zimbabwe wil hul eie ekonomie probeer stimuleer deur invoere te beperk, maar die infrastruktuur in die buurland is reeds so afgebreek dat geen plaaslike maatskappye die nodige goedere kan vervaardig nie.

Intussen het die land ’n ernstige krag tekort ontwikkel en is deels afhanklik van Suid-Afrika, nadat talle kragsentrale eenhede onklaar geraak het.

Die grenspos is egter intussen oopgestel, maar dit is onseker of die toestand uiteindelik op hoër vlak opgeklaar gaan word.    

9) Die voete sleep van die regering om swartes se grondhonger te stil, het ’n nuwe wending gekry en gaan swartes nou ’n plan aan die regering voorlê om grondgryp te bespoedig.

Die swartes reken glo die plan is nie ter vervanging van die regering se bestaande metodes nie, maar moet as ’n aanvullende plan gesien word om swartes vinniger van landbougrond te voorsien.

Die plan wat tydens ’n gesamentlike kongres van Nerpo en Afasa gehou is in die Noord-Vrystaat, het ten doel om grondgryp te bespoedig.

Die kongres het sy voorstel geformuleer in aanmerking geneem dat die regering gekniehalter word deur ’n ernstige tekort aan geld om uitvoering te gee aan hulle metode om grond aan te koop.

Die kongres se plan kom daarop neer dat die swart koper self ’n plaas identifiseer waarin hy belangstel, en dan met die eienaar daarvan onderhandel oor die prys, waarna die waardeerder-generaal dit beoordeel.

Daarna nader die swart koper die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming om ’n 50% subsidie te bekom.

Sodra dit deur die Departement goedgekeur is, kan die koper aansoek doen vir ’n lening by die Landbank of ’n gewone handelsbank.

Die rentekoers op so ’n lening moet glo nie meer as 5% wees nie, met ’n termyn wat nie langer as 30 jaar is nie.                               

10) Patricia de Lille het haar uitvoerende komitee aangekondig en slegs twee veranderings aangebring.

Hierdie veranderings is genoodsaak deurdat twee kandidate nie weer verkiesbaar was nie.

De Lille is aangeval op die sosiale media oor haar gebrek aan transformasie en die party is uitgeskel vir ‘n rassistiese party wat swartes gebruik om die kwotas vol te maak.

Talle teenstanders beskuldig haar daarvan dat die komitee te “wit” is, en dat transformasie nie toegepas word nie.                  

11) Die hoof van die veiligheidsafdeling by Koeberg Kernkragsentrale in die Wes-Kaap is geskors nadat ’n onbemande hommeltuig op die perseel gebots het.

’n Woordvoerder van Eskom, ene Khulu Phasiwe, sê dat personeel wat onder die bevel van die veiligheidshoof is, het die hommeltuig weer aan sy eienaar oorhandig wat buite die perseel gestaan het.

Hy sê die hoof behoort bewus te wees daarvan dat die Koeberg sentrale ’n nasionale sleutelpunt is, wat streng bewaak moet word.

Alhoewel geen skade aangerig is nie, word die aangeleentheid volledig ondersoek, en die polisie doen ook ’n afsonderlike ondersoek.

“Die Vryburger” het intussen verneem dat ’n Stasie bestuurder en ’n ander bestuurder van Koeberg ook onder verdenking is nadat dit aan die lig gekom het dat hulle vertroulike dokumente aan ’n derde instansie beskikbaar gestel het.

’n Ondersoek is na die aangeleentheid gedoen, en ’n hofgeding is aanhangig gemaak.                                                               

12) Die Departement van Onderwys het bevestig dat nog ’n skool Dinsdagnag in die Noord Transvaalse swart dorpie Vuwani afgebrand is.

Die vandalisme volg nadat 20 skole deur swartmense afgebrand het wat geprotesteer het teen herindeling van die dorp na Malamulele.

Verlede week is ’n groot aantal weermag soldate na die gebied gestuur in ’n poging om die vandale vas te vat, en verdere brande te voorkom en toe te sien dat die munisipale verkiesing nie ontwrig word nie.

Die skole wat vernietig is dra by tot die verdere verswakking van eksamen uitslae wat aan die einde van die skooljaar verwag kan word.

Noord-Transvaal is bekend daarvoor dat die matriek uitslae van die swakste in die land is, en honderde leerlinge sal vanjaar druip weens die gebrek aan voldoende onderrig. Onderwys deskundiges sê dit bly vreemd dat sekere mense hulle frustrasies met vuurhoutjies wil demonstreer en daarmee hulle eie mense benadeel.                                                            

13) Sedert die PAGAD bomaanvalle in Kaapstad gedurende die laat negentigerjare, was daar nie ‘n ernstige terreur aanval in Suid Afrika nie.

Dat daar wel bande bestaan tussen terreur groepe plaaslik en internasionaal is egter ’n onbetwisbare werklikheid.

In Junie 2016 het die VSA ambassade sy burgers  in Suid-Afrika gewaarsku  teen moontlike terreur aanvalle.

Brittanje en Australië het soortgelyke waarskuwings uitgereik aan voornemende besoekers aan die land.

Volgens veiligheidsraadgewers bestaan daar getuienis dat SA as oorgang terrein gebruik word vir terroriste asook dat SA as ‘n basis gebruik word vir die beplanning, opleiding en finansiering van terreur operasies.

Die regering het hierdie bewerings afgemaak en eerder ‘n onsekere houding ingeneem.

In 1999 is Khalfan Khamis Mohamed, in Kaapstad gearresteer, want hy is ’n opgeleide  al-Qaeda vegter van Tanzaniese afkoms, wat betrokke was by die Kenia en Tanzaniese bomplantings by VSA ambassades.

Die “wit weduwee” Samantha Lewthwaite, weduwee van van Germaine Lindsay een van die vier terroriste betrokke by die 7/7 bomaanvalle in London, het twee jaar gewerk in Suid Afrika met ‘n vals SA paspoort.

Vals SA paspoorte is gevind by ander al-Qaeda lede.

Die Departement van Binnelandse Sake in  SA is wêreldwyd berug vir hul hantering en uitreiking van paspoorte.

Verskeie faktore soos korrupsie en georganiseerde misdaad maak SA ‘n ideale land vir die beplanning van terreur aanvalle.

Voeg hierby die derduisende onwettige migrante uit Afrika wat toon dat grensbeheer en die (on)vermoë van veiligheidsmagte om diesulkes op te spoor wat binne ons grense opereer.  Gerugte van opleidingskampe het reeds sedert 2007 die rondte gedoen , Barry Gilder wat hoof was van die Nasionale Intelligensie Koördinerings Komitee in die tyd het toegegee dat daar wel terroriste opleidingskampe kan wees.

14) Die Blitsbokke het deurgedring na die halfeindstryd nadat hulle Australië in die kwarteindronde met 22 –5 geklop het. In die groepfase het die Blitsbokke teen Australië verloor. Suid-Afrika kom later vandag teen Brittanje te staan, terwyl Fiji en Japan mekaar in die ander halfeindwedstryd pak.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Mooi Weer-  met ‘n min 26 max van 36

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 4 en ‘n max van 27

Pretoria  – Mooi Weer met ‘n  min van 10 en max van 26

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 9 en max van 23

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 9 en max van 28

Bloemfontein –Mooi Weer – met min 8 ‘n max van 22

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 15 en max van 26

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 8 en max van 24

Oos London –  Mooi Weer – met ‘n min 20 en max van 31

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 13 en max van 22

Upington – Mooi Weer – met ‘n min van 12 en max van 28

Sutherland –Mooi Weer met Min 7en max 19

PE- Mooi Weer – met ‘n min 18 en max van 29

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

1 Petrus 2:9 – “Maar julle is ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,”

Handelinge 26:18 – “Want jy is ’n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.”

Dana De Waal & Lisbe Visser se “God’s Woord vir alle volke

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment