Maandag 24 Oktober

Goeie dag en hartlik welkom by SAUK Radio se Nuus vir vandag, my naam is Don. Stuur asb. enige nuus berigte, pers verklarings of artikels aan nuus@sauk.co.za
Ons volksnuus word onder andere deur die Die Vryburger verskaf.

Indien U ons gereelde radio nuus berigte wil borg en jou besigheid se naam wil hoor, elke uur deur die dag weeksdae, kontak ons op nuus@saukradio.com.

Luister hier:

Buitelandse Nuus:

Sportnuus:

HNP verwerp rasse verbastering en sê dit is volksmoord in ‘n mosie wat die naweek by die HNP kongres aanvaar is.

Dit volg op die leier van die DA, Mmusi Maimane, se verbasende uitspraak dat blankes met swartmense moet trou. Die HNP sê hy het kennis hiervan geneem.

“Dit is onder andere waarvoor so baie Afrikaners gestem het.

“Die HNP verwerp hierdie verbastering in die sterkste terme. Rasseverbastering is die vernietiging van volkere. Laat ons die HNP-standpunt ondubbelsinnig herhaal: Die HNP staan by apartheid en verwerp sosiale vermenging.

“Ons doen ‘n beroep op ons volksgenote om hierdie beginsels sover dit enigsins in die praktyk nog moontlik is, te handhaaf, maar beslis wat betref verhoudings by die keuse van ‘n lewensmaat,” lui die mosie wat eenparig aanvaar is.

Ook in sy leierstoespraak het mnr. Andries Breytenbach apartheid verdedig.

Mnr. Breytenbach is eenparig tot leier herkies by die HNP se 47ste jaarkongres wat die naweek in Pretoria plaasgevind het. Sy twee onderleiers mnre. Frans Pieterse en Frits van Graan.

Hy het gesê “Diversiteit word gebruik om verskille uit te wis. Multikulturalisme lei uiteindelik tot kultuurloosheid, wanorde en chaos.

Liberalisme sou vryhede bring. Nou vernietig dit egter die vryheid wat daar was. Die Suid-Afrikaanse grondwet praat van regte, maar as wetenskaplike waarnemings gemaak word, word wetgewing geskryf wat gesprekke oor ras gaan verbied. Die chaos wat tans heers, word verduidelik as demokrasie in werking.

Die alternatief is apartheid – die vryheid van elke volk in sy eie land.

Vyftig jaar na die moord op dr. HF Verwoerd, begin die sukses van afsonderlike ontwikkeling duidelik word.

In sy toespraak het mnr. Breytenbach verwys na keuses wat mense maak. Hy sê die verkeerde keuse is byvoorbeeld gemaak in 1994. “Ons wapens is laat sak. Al sou dit tot ‘n tweede Rebellie gelei het, sou ons ten minste ons selfrespek gehad het, en die buiteland sou na ons opgekyk het oor ons standvastigheid, soos met die oorlog teen Brittanje. Toe word daar gekies vir ‘n ‘strategiese’ oplossing.”

Ook vandag moet keuses gemaak word. “Ons kan kies om te swig voor die siek tydsgees en nuwe wêreldorde, of om vas te hou aan die suiwer koers van ons voorgangers. Al beskik ons nie oor die staatsmag om wette af te dwing nie, kan ons steeds kies om ons taal te handhaaf; om ons kinders volksgerigte onderrig te gee; keuses oor welke sedes ons wil handhaaf; om valse leringe te volg of te beveg; keuses oor ons identiteit as Afrikaners; en die keuse om ons kinders van ons heldedom te vertel.

Mnr. Breytenbach sê ons volk se krag lê nie in bondgenootskappe met vreemdes nie, bloot omdat hulle ook Afrikaans praat nie. “Die HNP is die enigste organisasie wat die waardes van Afrikanernasionalisme openlik en skaamteloos uitdra. Ons gee nie om om onpopulêr te wees omdat ons reguit is nie. Nie almal is so dom om deur ‘n valse semantiek mislei te word nie.

Hy sê die Afrikaner moet volhard. Niemand kan aftree as Afrikaner nie. Daar moet trou wees teenoor dit wat van die voorgeslagte ontvang is, om dit oor te dra aan die volgende geslag

# Die vorige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, se ondersoek na die sogenaamde staatskaping van die Guptas, waarby staatshoof Jacob Zuma uiteraard betrek word, is skynbaar gedeeltelik gelek en is nou besig om opslae te maak.

Die uitlek van inligting is net nóg ’n rede waarom dié verslag onmiddellik openbaar gemaak moet word volgens Mabine Seabe, DA woordvoerder, in reaksie op verskeie onthullings wat Sunday Times Sondag uit beëdigde verklarings aan Madonsela in haar ondersoek na staatskaping gepubliseer het.

Die koerant het onder meer berig hoe ’n fluitjieblaser, wat sedertdien landuit gevlug het, in ’n beëdigde verklaring beweer het hoe die maatskappye Trillian Capital Partners glo twee maande voor Nhlanhla Nene se afdanking as minister van finansies daarvan geweet het, terwyl dié maatskappy na bewering ook sowat R51 miljoen uit staatsentiteite gemaak het sonder om enige dienste in ruil daarvoor te lewer.

Trillian word grotendeels deur die Gupta-vennoot Salim Essa besit en het volgens die fluitjieblaser glo ook ’n uitgebreide plan gehad om ’n aantal winsgewende tenders, wat die land se omstrede kernkragtransaksie insluit, van die regering te bekom.

Trillian Capital Partners het Sondag in ’n verklaring die bewerings in Sunday Times verwerp en dit as “feitelik onjuis, erg misleidend en inderdaad sensasioneel” beskryf.

Bewerings dat Ajay Gupta R600 000 in kontant aangebied het aan die adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, is klaarblyklik een van die bewerings wat vervat is in ‘n verklaring van Jonas aan Madonsela. Die geld is klaarblyklik aangebied toe Jonas die pos van minister van finansies beloof is.

Zuma se dringende aansoek dat Madonsela se verslag nie bekend gemaak mag word nie sal op 1 November aangehoor word. Haar opvolger het intussen aangedui dat sy nie Zuma se aansoek sal opponeer nie, wat ‘n eerste aanduiding is van haar gedienstigheid aan Zuma, soos al voorheen vermoed is. Sy is dus klaarblyklik nie van plan om haar voorganger se verslag te openbaar nie.

Des van Rooyen, wat ook ‘n dringende aansoek van teen Madonsela ingestel het oor die verslag, aangedui dat hy sy saak terugtrek omdat hy nie in die verslag genoem word nie. Nietemin het veral sy optrede daartoe gelei dat die verslag nog nie in sy geheel vrygestel is nie.

Prof. Marinus Wiechers, ‘n grondwetkenner, het in ‘n onlangse radio-onderhoud gesê dat Madonsela heeltemal by magte is om die verslag steeds vry te stel, al het sy reeds uitgetree.

# Die VF Plus wil weet presies wie trek voordeel uit beleggings van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) met geld van die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF), sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor finansies.

VF Plus is nie tevrede met die inligting wat die OBK met die parlementêre portefeuljekomitee oor finansies gedeel het nie.

Hy sê die verslag wys wel uit watter bedrae belê is in watter entiteite, en dui ook die direkteure aan, maar maak geen melding aan wie hierdie entiteite, wat beleggings uit die GEPF ontvang het, behoort nie.

Die VF Plus het daarom ? aansoek in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia-Wet) by die OBK ingedien om hierdie inligting te verkry.

“Die kernvraag is of enige politiek-verbonde persone direk of indirek aandele of enige ander belang in die entiteite het waarin so mildelik belê is. Gegewe die omvang van staatskaping wat tans ontvou, is dit baie belangrik om vas te stel of enigiemand wat polities verbind is, finansieel bevoordeel is deur die OBK wat namens die GEPF en die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) beleggings maak.

“Dit is algemeen bekend dat die GEPF ideaal geposisioneer is om politiek-verbonde persone te bevoordeel ten koste van die lede van die GEPF.

“Die VF Plus onderneem dus om sy oorsig oor die GEPF te verskerp ten einde te verseker dat daar nie nog ? debakel soos met Transnet se pensioenfonds ontwikkel nie,” sê adv. Alberts.

# Ekonome en politieke raadgewers het gewaarsku dat die bykans 200 000 voornemende graduandi van 2016 wat nie hul studies kan voltooi as gevolg van die studentegeweld, dit Suid Afrika se grootste nagmerrie kan word.

Van die studente wat die arbeidsmark sou betree is dokters, onderwysers, verpleegpersoneel asook prokureurs, boekhouers en ingenieurs. Dit is noodsaaklik dat hulle die arbeidsmark moet betree, omdat daar in hierdie beroepe ook jaarliks ‘n hele aantal mense uittree. Dit sal dus ongetwyfeld leemtes laat

# Die teen-korrupsie eenheid is besig met ‘n ondersoek waarby verskeie staatsdepartemente, munisipaliteite en sekere staatsbeheerde entiteite betrek word.

R2 miljard by die Port Elizabeth munisipaliteit en beweerde bedrog van R133 miljoen by Prasa is van die sake wat ondersoek word. Die Oos-Rand oftewel Ekurhuleni munisipaliteit, word betrek by beweerde bedrog van R21,9 miljoen terwyl Pretoria se munisipaliteit ondersoek word vir geldwassery en bedrog van R 21,9 miljoen. Die Johannesburgse stadsraad word betrek by bedrog- en korrupsieklagte van R 500 miljoen en R 200 miljoen onderskeidelik

# Die ANC-staatshoof Jacob Zuma se persoonlike veiligheidswagte is verdubbel en sluit nou lede van die polisie se taakmag sowel as weermaglede in.

Zuma se motorbrigade lyk nou soos die van Robert Mugabe met bykans 20 voertuie en motorfietse.

Vroeër die jaar is ‘n bykomende R2,6 miljoen aangevra vir meer beskerming vir Zuma.

Veiligheidsbronne bevraagteken die gebruik van weermaglede, aangesien dié normaalweg slegs betrek word as daar ‘n moontlikheid bestaan van ‘n dreigende gevaar vir die president se lewe.

Intussen het TLU SA se adjunk-president en voorsitter van TLU SA se veiligheidskomitee, mnr. Henry Geldenhuys, hierdie nuus met groot ontevredenheid begroet. Hy wys daarop dat plaasaanvalle steeds styg met boere wat periodiek vermoor word terwyl hulle besig is om kos te produseer vir die land. “Boere bly egter onbeskermd met geen bykomende fondse vir hulle beskerming nie.”


Buitelandse Nuus:

# Volgens Zimbabwe se minister van omgewingsake het die Apartheids regering die omgewing beter onderhou.

Oppah Muchinguri-Kashiri, Zimbabwe se minister van omgewingsake, het glo gesê dat dié Suider-Afrika-land een van die “vuilste lande in die streek” geword het.

Volgens New Zimbabwe het Muchinguri-Kashiri op ’n mediakonferensie in Harare gesê: “Hoewel die vorige koloniale regering wreed was, het hulle hul omgewing goed en kundig bestuur.”

Sy sê dat iets verkeerd gegaan het met Zimbabwiërs en dat hulle gevaarlik lewe.

“Die wit mens was wreed, maar het ontsaglike kennis gehad oor hoe om in ’n gemeenskap te lewe en te sorg vir die omgewing.”

Die minister se opmerkings is gemaak toe die land se owerhede ’n cholera- en tifuswaarskuwing in Harare te midde van ’n watertekort aangekondig het.

David Parirenyatwa, minister van gesondheid, sê dat 60 gevalle van cholera in die stad bevestig is.

Luidens berigte het Zimbabwe in 2008 ’n ernstige cholera-uitbraak gehad wat 4 200 lewens geëis het en 100 000 siek gemaak het.

# Irak het ontken dat Turkye deelneem aan sy offensief in Mosoel om die Islamitiese Staat uit die gebied te verdryf. Dit volg nadat Turkye vroeër gesê het dat Koerdiese magte die Turkse weermag se hulp gevra het waar hulle in gevegte by Bashiqa, noordoos van Mosoel gewikkel is. Die besoekende Amerikaanse Hoof van Verdediging, Ashton Carter, wat Sondag met die Koerdiese leier, Massud Marzani vergader het, het voorgestel dat Turkye betrek word.

Irak het dit egter geweier.

# Die eerste bus met migrante het die onwettige kamp in Calais in Frankryk

verlaat. Die kamp gaan vernietig word. Minstens agtduisend onwettiges, wat

Brittanje wou bereik, is in die omstrede kamp gehuisves. Die bus het met ‘n

groep burgers van Soedan en Eritrea, meestal mans, na vestings in sentraal

Frankryk vertrek. Die verdrag van Dublin vereis dat vlugtelinge in die erste

veilige land asiel moet soek, so waarom Frankryk hulle nie asiel gee nie is

bewys dat iets nie reg is nie en dat die situasie manipuleer word…

# Die Europese Unie het ontken dat enige van sy amptenare aan boord was van ‘n ligte vliegtuig wat op eiland Malta tussen Afrika en Europa neergestort het.

Volgens berigte was slegs vyf bemanningslede aan boord die vliegtuig wat onderweg na Libië kort na opstyging van die Valetta-lughawe neergestort het.

Aanvanklik is vermoed dat die vliegtuig deur die EU gehuur is, maar die EU het die bewerings ontken. Die lughawe is ná die ongeluk gesluit.

# Minstens 13 mense is Sondag dood en talle ander beseer in ’n botsing tussen ’n toerbus en ’n vragmotor met ’n sleepwa, toe die bus van agter in vragmotor vasry, in Palm Springs in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië.

# Ontploffings in Japan eis ‘n lewe van een mens wat Sondagoggend dood is en minstens twee beseer in twee gelyktydige ontploffings in ’n park in Japan.


SportNuus:

Vrystaat-sterre se harde werk word beloon

Drie spelers van die seëvierende Vrystaat-Cheetahs wat Saterdag in die Curriebeker-eindstryd in aksie teen die Blou Bulle was, is met plekke beloon in die twee Springbok-spanne wat na Europa toer.

Hoewel die Springbok-afrigter, Allister Coetzee, ’n opdraande stryd teen Engeland op Twickenham verwag, verloop alles ook nie voor die wind vir sy eweknie van die Rose, Eddie Jones, nie.

Dié vernuftige Australiese breier en sy Engelse bestuurspan is op hete kole oor die fiksheid van die veelsydige jong voorspeler Maro Itoje.

Dié 21-jarige het Saterdag die veld verlaat in Saracens se Kampioenebeker-stryd teen Scarlets en vrese bestaan dat hy ’n gebreekte hand het.

Hy sal Maandag deur spesialiste ondersoek word, waarna daar groter duidelikheid oor sy fiksheid sal wees.

Moje kan slot én steelkantflank speel en is veral ’n handvol in die lynstane, waar hy dikwels besit op teenstanders se ingooie gaps.

Die Rose, wat op 12 November teen die Springbokke te staan kom, is reeds vier van hul oopkantflanke kwyt, terwyl nóg ’n slot, George Kruis, ook die kragmeting weens ’n enkeloperasie sal misloop.

Daarbenewens is talle agterspelers, waaronder die makro-senter Manu Tuilagi, ook tans op die krukkelys.

Benewens die toets teen die Bokke, kom Engeland ook teen Fidji, Argentinië en Australië te staan.

Coetzee het Sondag groot lof gehad vir die Engelse span, wat Australië vroeër vanjaar in drie toetse agtereenvolgens afgeransel het en gesê dié span se sterkpunte “skets alles ’n donker prentjie vir die Bokke”.

# Ofskoon Suid-Afrika amper die volmaakte begin tot sy Australiese krieket toer gehad het die naweek in Adelaide, is daar steeds ’n hele paar vrae wat beantwoord moet word voor die eerste toets op 3 November in Perth begin.

Die Proteas het ’n tweedagwedstryd teen ’n elftal van Krieket Australië oorheers en die kolwers sowel as die boulers het beïndruk.

Die enige negatiewe aspek was dat Stephen Cook, een van die aanvangskolwers, nie genoeg tyd voor die penne deurgebring het nie met tellings 5 en 12 in die wedstryd.

Die wedstryd, wat met ’n pienk bal onder spreiligte gespeel is, is ter voorbereiding vir die derde en laaste toets op dieselfde veld wat middag-aand-toets sal wees.

Die tweede opwarmingswedstryd teen ’n Suid-Australiese elftal, wat Donderdag op die Gliderol-stadion in Adelaide begin, bied egter ’n kans vir die spanbestuur om op ’n finale elftal vir die eerste toets te besluit.

Daar is ’n paar kwessies wat die keurders sal laat kop krap.

Eerste op die lys is die samestelling van die boulaanval. Gaan die Proteas die toets op die Waca, gebruiklik ’n snelbouler se droom, met vier snelboulers begin of gaan hulle besluit om ’n spesialis-draaier te kies?

Wat waarskynlik teen die twee spesialis-draaboulers in die groep – Tabraiz Shamsi en Keshav Maharaj – tel, is dat albei nog groentjies is wat nog nie ’n toets gespeel het nie. Die Waca beskik nie oor die tipe blad waar draaiers hul beste vertonings lewer nie.

JP Duminy se kolfpeil is goed en hy het tellings van 97 en 32* in Adelaide aangeteken in ’n opwarmingswedstryd. Dis egter sy vermoë om ook wegbreke af te stuur, wat dalk sal verseker dat hy sy plek in die toetsspan behou.

Selfs die legendaries Aussie-bybreekbouler Shane Warne kon in 12 toetse daar slegs 37 paaltjies teen ’n gemiddeld van 36.45 plattrek.

Dit sal dus nie verras as die Proteas met ’n boulaanval van Dale Steyn, Vernon Philander, Kagiso Rabada en Morné Morkel begin, met JP Duminy wat as draaier moet diens doen nie. Daar sal ook ’n gesprek wees oor die keuse tussen Morkel en Kyle Abbott, maar die gevoel was voor die toer dat as Morkel sy fiksheid kan bewys, hy in die binnenbaan sal wees.

# Die verdedigende Formule Een-kampioen, Lewis Hamilton, het die Amerikaanse Grand Prix in Austin, Texas, gewen. Hy is die derde renjaer met vyftig Formule Een-oorwinnings op sy kerfstok. Hy deel nou dié titel met Michael Schumacher en Alain Prost. Hamilton se Mercedes-spanmaat en voorloper in die reeks, Nico Rosberg, was tweede, en die Red Bull-renjaer, Daniel Ricciardo, derde. Die Ferrari-jaer, Sebastian Vettel het vierde klaar gemaak.


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment