Maandag 4 Julie

SAUK Radio Nuus berig vir Maandag, 4 Julie 2016. Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@ saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

 Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

  • Vier amptenare van die Beitbrug-grenspos sal vandag* in Musina se landdroshof in Limpopo op aanklagte van bedrog en korrupsie verskyn. Drie van die amptenare is van binnelandse sake en een van die inkomstediens. Hulle is tussen die 15 verdagtes wat deur die Valke aangekeer is. Hulle het na bewering teen betaling onwettige dokumente vir buitelandse burgers verskaf.
  • Die winkelverkope in Musina was nog baie swak na verlede week se verbod van die Zimbabwese regering om sommige produkte deur Beitbrug in te voer. Bykans `n honderd winkels in Musina se China City Mall is gesluit. Die bestuurder van die kompleks, Henry Chen sê beleggings van bykans `n honderd-miljoen rand en meer as `n duisend werksgeleenthede is op die spel. Hy wys daarop dat die kompleks grootliks gebou is vir handel oor die grens. Chen sê bitter min ander mense besoek Musina.
  • Sewentien mense het in die landdroshof aan die Zimbabwiese kant van die Beitbrug-grenspos op aanklagte van openbare geweld verskyn. Die organisasie, Lawyers for Human Rights sê tien van die mense is deur die polisie aangerand nadat hulle na Vrydag se protesoptrede in hegtenis geneem is. ‘n Pakhuis en ‘n kitskosrestaurant is onder meer tydens die protesoptrrede beskadig. Die aangeklaagdes sal more, om borgtog kan aansoek doen.
  • Twee mense is buite die Mall of Africa-winkelsentrum in Midrand doodgeskiet. Die polisie sê dit hou moontlik verband met taxi-geweld. Bykans sewe taxi-verenigings ding mee om die roete naby die winkelsentrum. Drie mense is in Mei in skietgevegte by die sentrum dood.
  • Werkloosheid onder die jeug is een van die grootste uitdagings vir die inwoners van Britstown in die Noord-Kaap en hulle hoop dat dit binnekort aangespreek kan word. Dit is beklemtoon met die ANC-president, Jacob Zuma se besoek gister aan die gebied. Zuma het `n kerkdiens bygewoon en daarna huise besoek. Inwoners sê die jeug gebruik dwelmmiddels omdat daar nie veel te doen is nadat hulle matriek geskryf het nie.
  • Minstens 125 mense is dood in twee bomaanvalle in die Irakse hoofstad, Baghdad. Die hoof van veiligheid sê die dodetal kan tot so hoog as 170 styg. `n Vragmotor vol plofstof is naby `n Shia-moskee in die Karrada-distrik opgeblaas. Die Islamitiese Staat-groep het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Nog vier mense is dood toe `n bom later in `n Shia-woonbuurt ontplof het. Die bomme het voor sonopkoms ontplof terwyl inwoners by eetplekke saamgekom het voordat hulle vir nog `n dag in die heilige maand van Ramadan gevas het. Die inwoners was kwaad en het die eerste minister Haider Al abad se konvooi motors met klippe en stene gegooi toe hy die gebied probeer besoek het.

Volgens Eyewitness Nuus het Die Departement van Energie bekend gemaak dat brandstof pryse weer gaan styg, prys van petrol sal styg tot by 11 cents per liter, terwyl die prys van diesel tot 42 sent kan styg komende Woensdag, terwyl LP gas 12 sent per kg kan styg. In n verklaring het die departement bekend gemaak dat 95 loodvry petrol en lood vervanging petrol, met 8c kan styg, en loodvrye 93 oktaan en loodvervanging 93 oktaan petrol met 11 sent per liter kan styg

 

Sport

Rugby: Chiefs 23 vs Crusaders13 ; Brumbies 43 vs Rds 24 : Sunwolves 12 vs Warathas 57

  • Huricannes 37 vs Blues 27 : Rebels 31 vs Stomers 57 ; Cheetas 30 Vs Force 29 ; Lions 37 vs Sharks 10; Kings 18 vs Highlanders 48 ; Jaguars 29 vs Bulls 11
  • MOTORWEDRENNE: Die verdedigende wêreldkampioen, Lewis Hamilton het in sy Mercedes die Oostenrykse Grand Prix gewen. Hy en sy spanmaat, Nico Rosberg was in die laaste ronde in `n ongeluk betrokke, maar Hamilton kon sy voorsprong behou. Rosberg het vierde geëindig. Max Verstappen van Red Bull was tweede met Kimi Raikkonen in `n Ferrari derde. Die Duitser, Sebastian Vettel was in die agtste ronde in `n ongeluk betrokke toe sy agterwiel pap geword het. Hamilton het Rosberg se voorsprong in die reeks tot net 11 punte beperk.
  • TENNISNUUS: Die wêreld se voorste vroue-speler, Serena Williams het na die vierde ronde van die Wimbledonse toernooi deurgedring deur die Duitser, Annika Beck met 6-3, 6-0 te klop. Dit was die 34-jarige Williams se 300ste Grand Slam-oorwinning wat haar in die tweede plek op die lys van meeste oorwinnings plaas. Net Martina Navratilova het al meer (306) wedstryde by een van die grotes gewen. Dit was ook haar 82ste oorwinning op Wimbledon en sy is op pad om Steffi Graft se rekord van 22 Grand Slam-titels te ewenaar.

 

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

KRAG VIR DIE DIE DAG

  1. Psalms 23:2 – “Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar

rus is, lei Hy my heen.”

 

Psalms 31:4 – “Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.”

 

Lied = Cathy Viljoen se “Ek weet die Here maak  ‘n weg vir my”

 

 

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die sa Weer buro

Warmbad  – Bewolk en  warm –  met ‘n min 26 max van 34

Nelspruit –  Mooi weer met ‘n  min van 2  en ‘n max van 21

Pretoria  – Mooi weer met ‘n  min van 5 en max van 19

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 5 en max van 17

Vereeniging – Mooi weer met ‘n  min 5 en max van 22

Bloemfontein – Mooi weer – met min 7 ‘n max van 18

Durban – Mooi weer met ‘n min van 13 en max van 24

Rustenburg –  Mooi weer met ‘n min 4  en max van 18

Oos London –  Mooi weer met ‘n min 19 en max van 30

Kaapstad – Bewolk met ‘n min van 10 en max van 23

Upington – Mooi weer met ‘n min van 16 en max van  24

Sutherland – Mooiweer  met Minus 5 en max 17

PE – Mooi weer met ‘n min 14en max van 26

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig 

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.

ons epos adres nuus@ saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

 

Huidiglik:

 

Heerlike musiek 24/7

 

7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

3nm weeksdae – Dit wat saak maak met Mariska Delene – binnekort weer terug op die lug

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

8nm Woensdag aande – Aktueel met Corrie

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

Saterdagmiddag Sport program met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boermusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

 

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus @saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment