Maandag 5 September

Noodberig

Johannesburg Volgens berigte gaan die optog nie meer na Lethuli huis toe nie maar wel na Beyers-Naude plein

Potgietersrus…. Hul brand weer karre en buitebande by die myn wees versigtig

SAUK Radio Nuus berig vir Maandag, 5 September 2016.

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio. My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet ens

NUUS


1) Volgens die jongste syfers wat die ANC-regering vrygestel het, het die moordsyfer in die land met 4,9% toegeneem.

Daar is gepoog om die suur te versoet met ‘n stelling dat die syfer in drie van die nege provinsies laer is, maar dit beteken dus dat die syfer drasties gestyg het in die ander ses provinsies. In die Noord-Kaap het die syfer met 9,9% gedaal. Die SAPD noem dit ‘n “problematiese misdaad”.

Ander misdade wat gestyg het is poging tot moord (3,4%), aanranding om ernstig te beseer (0,2%), gewone aanranding (2,2%), roof met verswarende omstandighede (2,7%) en gewone roof (1,5%) gestyg. Rooftogte by woonhuise het ook die vierde agtereenvolgende jaar gestyg. Daar was 20 820 rooftogte by woonhuise, ‘n styging van 2,7%. Een van die grootste stygings is met motorkapings wat met 14,3% gestyg het.

Dr. Pieter Groenewald van VF+ sê in sy reaksie op die syfers dat die algemene publiek regverdiging het om te sê hulle voel onveilig en dat misdaad in Suid-Afrika net toeneem. Statistiek oor plaasmoorde en –aanvalle is ook bekend gemaak nadat dr. Groenewald daarop aangedring het. In die verslagjaar was daar 49 plaasmoorde en 446 aanvalle. TLU SA is nog besig om die syfers te vergelyk met hulle eie databasis.

Dr. Groenewald sê die VF Plus verwelkom die besluit om misdaadstatistiek van nou af kwartaalliks bekend te stel ingevolge ʼn kabinetsbesluit.  Die voorneme om ʼn eksterne oudit te laat doen op misdaadstatistiek is ook deur hom verwelkom. Ontleders bly egter bekommerd oor die vraag of die statistiek werklik betroubaar en korrek is.  Popcru skryf die misdaad toename toe aan werkloosheid, armoede en dwelmmisbruik onder jeugdiges. Daar is egter geen syfers beskikbaar oor wie en in watter ouderdomsgroepe die misdadigers val nie.

2) Die Vryheidsfront Plus het aangekondig dat die party verskeie senior poste beklee in die koalisieregering in Pretoria.

Dit sluit in dat mnr. Sakkie du Plooy, voormalige weermagkapelaan, nou lid is van die uitvoerende komitee vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling. Mnr. Awie Erasmus is voorsitter van die Munisipale Openbare Rekeninge Komitee, kol. Piet Uys is voorsitter van die Reëlskomitee, en past. Ben Erasmus is voorsitter van ‘n toekomstige subraad. Verder is die posisie van ‘n uitvoerende adjunk-burgemeester wat in die toekoms geskep kan word ook vir die VF Plus gereserveer.

Adv. Anton Alberts, sê die VF Plus se span sien baie daarna uit om ‘n substantiewe rol in die metro te speel “om die stad leefbaar te maak vir almal wat daarin woon, asook om minderheidsregte tot wasdom te laat kom deur middel van die afwenteling van mag na subrade toe wat dienslewering enersyds sal verbeter en andersyds sal sorg dat die stad se kulturele diversiteit beskerm en bevorder word.”

3) Die polisie in Noordwes sê hulle het die naweek 49 verdagtes in die Ikageng-township en Potchefstroom in hegtenis geneem in verband met verskeie oortredings. Dit sluit in die besit van dwelmmiddels en bestuur onder die invloed van alkohol. Die polisie het ook beslag gelê op nagemaakte goedere. Die verdagtes sal vandag in die Potchefstroomse Landdroshof verskyn.

4) Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners gevra om saam te werk om te verseker dat diegene wat polisiebeamptes vermoor, in hegtenis geneem en gestraf word. Hy het gepraat by ‘n jaarlikse gedenkdag by die Uniegebou in Pretoria om hulde te bring aan polisiebeamptes wat vermoor is. Minstens 72 polisiebeamptes is in die 2015/2016 boekjaar dood, waarvan 40 dood is terwyl hulle aan diens was. Ramaphosa sê die moorde op polisiebeamptes is onaanvaarbaar en kan nooit regverdig word nie

5) n Jeugdige van Manenberg, die 21-jarige Maruwaan Scullard is doodgery terwyl hy van Johannesburg na Kaapstad gestap het om geld in te samel vir ‘n inisiatief teen bendes. Scullard, Jonathan Jansen en Jaryd Jooste het middagete by ‘n afrit op die N1 buite Sebokeng in die Vaalgebied geniet, toe hulle deur ‘n motor getref is. Die groep het geld ingesamel vir die Love Out Loud-inisiatief wat mentorskap aan jeugdiges van Manenberg verskaf. Jansen en Jooste is ernstig beseer en is nog in die hospitaal.

6) Die liggaam van ‘n bejaarde man is op die strand by Kleinmond in die Overstrand gevind. Sy familie het die owerhede gekontak toe hy nie teruggekeer het nadat hy met sy hond gaan stap het nie. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon sê reddingspanne het die polisie gehelp met die soektog langs die kus en tussen die duine. Hy sê die man se liggaam is in vlak water gevind. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

7) Gemeenskapslede van die Moleleki-township in Ekurhuleni het brandbestryders met klippe bestook en ‘n brandweervoertuig aan die brand gesteek. Die brandbestryders het probeer om ‘n brand in ‘n plakkershuis te blus. ‘n Man se huis is aan die brand gesteek nadat hy na bewering sy buurman doodgesteek het. ‘n Woordvoerder van die Ekurhuleni Nooddienste, sê die brandbestryders het gevlug en die brandweervoetuig op die toneel agtergelaat, waar dit aan die brand gesteek is. Die skade beloop sowat vier-komma-vyf miljoen rand.

9) ‘n Gebied om die dorp Memel in die Noordoos-Vrystaat het die eerste in die provinsie geword wat as ‘n beskermde omgewing verklaar is vir sy uitsonderlike natuurlike skoonheid, sy verskeidenheid spesies en belangrikheid as ‘n waterbrongebied. Die gebied van meer as 17-duisend hektaar, bekend as die Sneeuwberg Beskermde Omgewing, is amptelik in die Staatskoerant afgekondig. Die gebied is ryk aan fauna en flora en val binne die Grasland Belangrike Voël- en Biodiversiteitsgebied. Dit sluit verskeie bedreigde voëlsoorte in. Daar is ook ‘n skaars boksoort wat daar voorkom. Birdlife Suid-Afrika het die proklamasie verwelkom.

10) Die regsverteenwoordigers vir 17 geskorste studente van die Universiteit van Johannesburg het die univerisiteit gevra om ‘n interne verhoor tot na die eksamen uit te stel. Die verhore is beplan vir die 19de van die maand. Die studente is die universiteit verbied nadat hulle na bewering die ouditorium op die kampus vroeër vanjaar aan die brand gesteek het. Die universiteit het tyd tot Maandag om die aansoek teen te staan. ‘n Lid van die studente se regsspan, Mongezi Ntanga, sê hulle het dokumente by die Hooggeregshof ingedien waarin hulle versoek dat die skorsing van die studente opgehef word, sodat hulle toegang tot die kampus kan kry om hulle eksamen af te lê.

11) Die ACDP het sy stem gevoeg by kritiek teen die minister van Minerale Bronne, Mosebenzi Zwane se verklaring dat die kabinet ‘n versoek vir ‘n regterlike kommissie van ondersoek na Suid-Afrika se grootste banke aanbeveel het. Zwane het gesê hulle het ooreengekom om President Jacob Zuma te vra vir ‘n kommissie om die banke se besluit om bande te verbreek met die Guptabeheerde Oakbay Investments, te ondersoek. Die Presidensie het die regering egter van die verklaring gedistansieer. Die ACDP sê die ANC het geen leierskap en geen rigting nie, en dat Zwane se verklaring skade aan die ekonomie gedoen het. Die party eis dat die Presidensie sy geskil met die Tesourie staak en met stappe begin om die Nasionale Ontwikkelingsplan uit te voer. Die DA het die President gevra om ‘n interministeriële komitee, wat die banke ondersoek het te ontbind en Zwane af te dank. Die SAKP het ook  gesê dat Zuma sal verdere optrede oor die kwessie moet oorweeg. Die ANC-woordvoerder, Zizi Kodwa het gese dat die regerende party ‘n beroep op President Zuma doen om Zwane te berispe oor die verwarring wat hy geskep het deur sy irrasionele en onverantwoordelike verklaring.

12) Te danke aan die heksejag van die Valke, waarskynlik in opdrag van ANC-president Jacob Zuma, op minister Pravin Gordhan, is die daling in die brandstofprys aansienlik minder as wat dit kon gewees het.

Eerskomende Woensdag daal die petrolprys met 18 sent per liter, diesel sal 48 sent per liter goedkoper wees, terwyl die prys van gas en lampolie ook daal.

Ekonome wys daarop dat die pryse aansienlik meer kon gedaal het as die rand sy stewiger vlakke kon behou het. Die rand het egter in ‘n vryval gegaan nadat die Valke vir Gordhan wou “dagvaar” en daar sprake was dat hy gearresteer sou word. Hierdie optrede het dus elke verbruiker in die land direk benadeel, bo en behalwe die skade wat aan die ekonomie aangerig is.

Ekonome waarsku egter dat brandstofpryse weer later vanjaar kan styg. Die huidige daling kan dalk inflasiedruk effens verlig, maar ander kostestygings gaan daartoe lei dat die inflasie steeds die 7 persent vlak kan verbysteek. Dit kan ook weer tot ‘n rentekoersverhoging deur die Reserwebank lei.

13) Die verwagte besetting van Luthuli-huis wat vandag kan plaasvind kan moontlik gewelddadig word en SAPD is op bystand geplaas. Lemmetjiesdraad en waterkanonne is reeds ontplooi in afwagting van die optrede.  Die protes kom te midde van oproepe binne die party dat sy leier, Jacob Zuma, moet bedank.   Die ANC jeugliga is teen die besetting en dit kan lei tot botsings tussen ANC-lede.  Die groep wat die optog en besetting reël, eis nie net Zuma se kop nie maar ook die van die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC.

14) Die kultuur van brand en verwoes kry nie einde nie.  Inwoners van Katlehong het Sondagoggend ‘n brandweerwa aangeval nadat dit uitgeroep is na ‘n brand by ‘n plakkershut. Die noodpersoneel moes vlug vir hul lewe en die voertuig is vernietig. Nog R 4,5 miljoen het sodoende in rook en as opgegaan. Die vraag word gevra hoe lank noodpersoneel nog bereid gaan wees om informele woonbuurte in te gaan en die situasie eerder laat sodat die inwoners self hul moorde en brande oplos.

15) ‘n Vader van twee in Westville , Gary Mackay, is koelbloedig in sy huis dood geskiet nadat hy rowers in sy huis betrap het.  Sy vrou en twee kinders is daarna aangehou en beroof.  Johan du Toit, adjunk-hoof van Akasia hoërskool het intussen beswyk aan sy wonde wat hy opgedoen het nadat hy nege keer in sy huis in Pretoria Noord geskiet is. Na ‘n aanvanklike verbetering van sy toestand het hy gesterf, weke na die aanval.   Intussen loop sy moordenaars en die van Gary Mackay nog vry rond.

16) ‘n Masjinis en assistent is dood toe ‘n trein in Natal ontspoor het. Die ongeluk het by die Delville Wood stasie in Natal plaasgevind. ‘n Grondstorting het vermoedelik aanleiding tot die ongeluk gegee.

17) Die stof, of hare, wil nie gaan lê na die debakel by Pretoria Girls High skool nie. Intussen het daar skielik nog ‘n klomp benadeeldes na vore gekom by ander skole wat kla oor diskriminasie en rassisme .  Die LUR vir Onderwys sê die gebeure is ‘n botsing van kulture en ouers moet gesamentlik verantwoordelikheid aanvaar vir rassisme.  Die “melting-pot” stelsel in die VSA het tot soortgelyke voorvalle gelei met dieselfde mislukking.

18) Ongeveer 55 000 liter petrol is vernietig toe ‘n brandstoftenkwa by die depot in Waltloo, Pretoria, uitgebrand het. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die voertuig het skynbaar nie in die depot self gestaan nie maar meer aan die kant. Nietemin is die gebied afgekordon omdat dit as ‘n veiligheidsrisiko gesien is.

19)Siriese rebelle met steun van Turkse magte het beheer oor minstens agt dorpe van die Islamitiese Staat-militantegroep teruggeneem. Die dorpe is in die omgewing van al-Rai naby Sirië se grens met Turkye. Turkye hoop om die militantegroep van sy grense weg te dryf. Die militêre operasie van die afgelope paar weke is Turkye se eerste volskaalse operasie in Sirië sedert die oorlog vyf jaar gelede begin het.

20)Sportnuus: Curriebekerrugby: Die WP het die Haaie Saterdagaand op Nuweland in Kaapstad in hulle wedstryd met 34-27 geklop. Die tuisspan het vyf drieë aangeteken teen die besoekers se twee. Vroeër die middag het die Vrystaatse Cheetahs die span van die OP in Bloemfontein met 57-25 platgevee. Vrydag het die Blou Bulle die Goue Leeus met 31-17 geklop terwyl die Boland Kavaliers die Pumas gewen het met 25-22

Atletieknuus: Suid-Afrika se Caster Semenya het haar oorheersing van die vroue 800 meter wedloop voortgesit toe sy gisteraand haar wedloop by die Wêreld Uitdaagbyeenkoms in Berlyn in ‘n tyd van een-minuut-55-komma-ses-agt sekondes gewen het. Semenya het ook vroeër die week die wedloop by die Diamantligabyeenkoms in Zurich gewen om nog ‘n medalje by haar Olimpiese goue medalje te voeg.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Mooi Weer –  met ‘n min 27 max van 37

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 13 en ‘n max van 33

Pretoria  – Mooi Weer – met ‘n  min van 13 en max van 28

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 12 en max van 26

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 14 en max van 29

Bloemfontein –Mooi Weer- met min 13 ‘n max van 28

Durban – Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min van 19 en max van 31

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 11 en max van 29

Oos Londen – Mooi Weer – met ‘n min 16 en max van 31

Kaapstad –Bewolk – met n min van 12 en max van 16

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 15 en max van 28

Sutherland –Gedeeltelik Bewolk met Reenbuie met Min 2 en max 12

PE- Mooi Weer- met ‘n min 15 en max van 30

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

  KRAG VIR DIE DIE DAG

Handelinge 2:2 – “En daar kom skielik uit die hemel ’n geluid soos van ’n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.”

Handeling 4:31 – “En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.”

André Bester se “lewendmakend Gees Van God ; Kom Soos ‘n Duif ; Waai Deur My ; Halleluja, U Is Koning”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

7nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment