Maandag 25 Julie

Noodberigte

MPUMALANGA

N4  PROTEST ACTION between the

Highveld Street and Clewer exits.

Stakings padblokade word opgerig by Balmoral/dorp/Groblersdal kruising oorkant Park&sell

Bricks on the N4 both ways… from next to Highveld/X12 up to Wakefield Road… Protests also at Khusile .Balmoral afrit word ook geraak

Old Road at Costas to Clewer(Witbank alternatiewe roete) not safe to use open but a lot off people standing around.

Witbank N12 vanaf Witbank na JHB en N4 vanaf Witbank na Middleburg is gesluit, vanoggend ons wag vir meer inligting. Sal derugee soos ek iets kry

URGENT UPDATE:

KwaZulu-Natal,  The R74 has officially been closed by Okhahlamba Local Municipality Traffic Department as at 21:25. The weather condition has deterioated and it is not safe for vehicles to travel on the road.

We urge motorists to delay traveling and for our communities to remain indoors.

Ladysmith Gazette Gagasi FM Ukhozi FM East Coast Radio.

Alle paaie vanaf Witbank na Kusile is toe en word daar klippe gegooi en karre gebrand……

WEES UITERS VERSIGTIG!

Gauteng.   Lenasia. Protest action has been reported on Nirvana dr before the firestation. Road has been barricaded. use alternate routes.

Protest action in Dlamini, Soweto. Luckily it’s just one block that’s not usable

Brakpan ongeveer 300 betogers wat vanaf  Brenthurs Brakpan na stasieweg oppad is

EasternCape  Warning The following passes are CLOSED due to #SnowFalls R58 Barkly, R410 Cala, R56 M’Nek, R396 Naude’s Nek, N6 Pennhoek

MP Witbank na Kusile. Alle paaie is nou afgeblok met bande wat brand. N dringende versoek word gerig dat niemand naby die opstandige stakers moet beweeg nie. Hulle gooi die karre met klipe en sing stragle liedjies. Van hulle is gewapen met knopkieries en stokke. Vermy die pad so ver as moontlik.

SAUK Radio Nuus berig vir Maandag, 25 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Die KwaZulu-Natalse verkeersowerheid het motoriste aangemoedig om waar moontlik, hulle reise uit te stel. Die woordvoerder, Zinhle Mngomezulu sê sneeu is op die R617 by Swartberg en in Underberg aangemeld. In gebiede soos Escourt, Mooirivier, Ixopo en Richmond veroorsaak ysreën dat paaie uiters glad is. Hy sê hulle verwag dat die toestande ook na Van Reenen en Kokstad kan uitbrei. Die woordvoerder van die N-3 Tol-konsessie, Con Roux het motoriste gewaarsku dat paaie weens sneeu en ysreën in dele van die Vrystaat en KwaZulu-Natal gesluit of gevaarlik kan wees. Roux sê motoriste moet hulle vergewis van die toestand van paaie voor hulle die reis aanpak. Hy sê die gure weer kom onder meer by Ladysmith, Bethlehem en in die Middelland voor en die toestande kan tot minstens more voortduur. Hy sê motoriste wat nie die paaie kan vermy wat deur sneeu en ys geraak word nie, moet hulle voorberei vir vertragings en oponthoude.

2) n Man is dood in ‘n botsing reg van voor teen ‘n motor wat aan die verkeerde kant van die N-1 buite Kaapstad gery het. Volgens die verkeerspolisie het die man, wat vermoedelik onder die invloed van drank was, al die pad tussen die Paarl en die Brackenfell-brug waar die botsing plaasgevind het, aan die verkeerde kant van die pad gery. Hy is in hegtenis geneem op die ongelukstoneel. Die bestuurder van die ander voertuig is op die toneel dood verklaar.

3) Die polisie in Gauteng het die naweek 375 mense in hegtenis geneem weens verskeie oortredings. Die polisie het misdaadvoorkomingsoperasies op etlike plekke in die provinsie gehou. Van die oortredings sluit in motordiefstal, die besit van koperkabels en die onwettige besit van vuurwapens. Die polisiewoordvoerder, Kay Makhubela sê die verdagtes sal more in verskillende landdroshowe in Gauteng verskyn.

4) n Zimbabwiese vrou is op die Kaapstadse Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat Tik ter waarde van een komma agt miljoen rand in haar besit gevind is. Die 27-jarige vrou wat in Johannesburg woon, is in hegtenis geneem nadat sowat agt kilogram van die dwelms tydens ‘n lukrake deursoeking in haar tas gevind is. Die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, FC van Wyk sê die vrou verskyn vandag in die landdroshof in Bellville op dwelmverwante aanklagte.

5) Minstens ses mense is dood en 20 is gewond in ‘n selfmoordbomaanval in die noordweste van Bagdad in Irak. Volgens ‘n nuusagentskap wat die Islamitiese Staat-groep steun, het ekstremiste van dié groep die aanval uitgevoer. Die I.S het in die jongste tyd sy aanvalle op die Irakse hoofstad verskerp en vroeër vandeesmaand is 292 mense in ‘n aanval dood. Volgens mediese personeel by ‘n hospitaal in Bagdad kan die dodetal in die jongste aanval styg omdat talle van die gewondes in ‘n kritieke toestand is.

6) Beleidmakers van die G-20 lande wat in Sjengdoe in Sjina byeen is, het saamgestem dat samesprekings oor Brittanje se uitttrede uit die Europese Unie so gou as moontlik moet begin. Ministers van Finansies en hoofde van sentrale banke sê onsekerheid moet uit die weg geruim word en langertermyn-perspektiewe moet gevorm kan word. Die goewerneur van die Bank van Frankryk, Francois Villeroy de Galhou het ook tydens ‘n mediakonferensie gesê die afgelope dae se beraad het baie min op monetêre beleid gefokus, maar afgevaardigdes het ooreengekom dat ekonomiese groei die grootste klem moet kry.

7) Koue toestande word van vandag af in Gauteng verwag en enkele donderbuie kan voorkom. Teen Dinsdag is die kans op reën in die provinsie 80 persent. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê koue toestande word more oor groot dele van die land verwag. Die weerkundige, Wayne Venter sê baie koue toestande word in die Noord-Kaap, Oos-Kaap, die Vrystaat en dele van KwaZulu-Natal verwag. Sneeu word ook vir verskeie hoogliggende gebiede voorspel. Swaar reën is moontlik oor die Wes-Kaap, dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Die Weerdiens voorspel ook rowwe seetoestande aan die kus.

8) Die meeste politieke partye het gister nog vir ywerig stemme gewerf met die oog op aanstaande week se munisipale verkiesings. Die ANC-president, Jacob Zuma is in Gaseleka naby Lephalale in Limpopo, terwyl sy adjunk, Cyril Ramaphosa in Thembisa aan die Oos-Rand sal stemme werf. Die DA-leier Mmusi Maimane werf stemme in die Nelson Mandelabaai metropool en Julius Malema voer sy verkiesingsveldtog in Sasolburg in die Vrystaat. Cope-leiers werf stemme in Bisho in die Oos-Kaap en die leeir van die ACDP, Kenneth Meshoe besoek Katlego in Ekurhuleni.

9) ‘n Dag van rou was gister in Afghanistan afgekondig ná die selfmoordbomaanval Saterdag in Kaboel waarin minstens 80 mense dood is. Meer as 200 mense is ook gewond. Die aanval het ‘n betoging deur die Hazara-minderheid geteiken. Die gemeenskap bestaan hoofsaaklik uit Sji’ïtiese Moslems. Die Afghaanse president, Ashraf Ghani sê die dood van die slagoffers sal gewreek word. Die Islamitiese Staat groep het aanspreeklikheid vir die aanvaal aanvaar.

10) Die Turkse president, Tayyip Erdogan sê meer as dertienduisend mense is reeds in hegtenis geneem ná die mislukte staatsgreep in die land. Die presidensiële wag wat uit tweeduisend-500 van die land se beste soldate bestaan sal ook ontbind word, aangesien minstens 300 van dié soldate verdink word van betrokkenheid by die staatsgreeppoging. Een van die sleutelfigure wat Saterdag in hegtenis geneem is, Halise Hanji, word bestempel as ‘n handlanger van die uitgeweke kerkleier, Fetulla Gulen wat in die VSA woon. Erdogan beskuldig Gulen daarvan dat hy die staatsgreeppoging beplan en aangevuur het. Gulen ontken die bewerings, maar die Turkse regering hou vol dat hy gevaarliker as Osama bin Laden of die Islamitiese Staat groep is.

11) Die LUR vir Vervoer en Veiligheid in KwaZulu-Natal, Mxolisi Kaunda, het vir ‘n volledige ondersoek gevra ná verskeie wapens en ammunisie by ‘n vrou van Durban gevind is. Die polisie het tydens ‘n klopjag op ‘n huis in Hillary op ammunisie en 28 vuurwapens afgekom. Die vrou is aangekla van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, en die versuim om vuurwapens te beveilig. Kaunda sê in die lig van die onlangse vlaag skietvoorvalle in die provinsie is ‘n indringende ondersoek noodsaaklik.

12) Die verwarring oor Marius Fransman se rol in die Wes-Kaapse ANC het verder verdiep. Fransman het ‘n verklaring uitgereik waarin hy benadruk dat hy steeds die leier van die party in die provinsie is. Hy het in die verklaring gesê hy het slegs tydelik opsygestaan sodat die ANC se Integriteitskomitee sy werk kon doen. Hy het verder gesê hy verwelkom die ANC se erkenning dat hy met sy pligte kan voortgaan. Fransman is vroeër vanjaar geskors ná bewerings van seksuele teistering teen hom. Die ANC se verkiesingshoof, Nomvula Mokonyane het Donderdag aan joernaliste gesê Fransman is terug in sy pos. Die ANC-woordvoerder, Zizi Kodwa het dié bewerings egter ontken en gesê dat Fransman steeds geskors is. Kodwa sê daar is aanbeveel dat Fransman se saak na die ANC se nasionale dissiplinêre komitee verwys word.

13) Die Duitse owerheid sê die 18-jarige aanvaller wat nege mense in München doodgeskiet en meer as 27 gewond het, het psigiatriese behandeling ondergaan. Die polisie sê die man was behep met massamoordenaars maar het geen bande met die Islamitiese Staatgroep nie. Hy het vermoedelik selfmoord gepleeg na die aanval, maar geen selfmoordbrief is tot dusver gevind nie. Volgens die BBC het die aanvaller ‘n Glockpistool gehad en meer as 300 patrone. Verskeie van sy slagoffers was tieners.

14) ‘n Russiese avonturier, Fedor Konjikof, het veilig in Wes-Australië geland nadat hy volgens hom ‘n nuwe wêreldrekord opgestel het vir ‘n alleenvlug om die wêreld in ‘n warmlugballon. Die 65-jarige Russiese Ortodokse priester het volgens berigte teen hoogtes van tot tienduisend meter gereis teen snelhede van meer as 200 kilometer per uur. Sy bemanning het gesê sy ononderbroke reis het elf dae en ses uur geneem om te voltooi, en hy het daarmee Steve Fossett se rekord met meer as ‘n paar dae verbeter.Hy moes ook temperature trotseer waar dit so koud was dat altwee sy suurstofmaskers kliphard gevries het

15)Sneeu in KwaZulu-Natal gaan vir minstens nog die volgende dag voorkom. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die bergagtige gebiede in die provinsie, die Oos-Kaap en die noordooste van Lesotho sal die swaarste sneeuneerslae kry. Verspreide donderbuie sal nog tot vroeg aantaande week voorkom. ‘n Weervoorspeller, Aslam Sadiwala….

16)Die brandbestrydingsorganisasie, Working on Fire, het sy pogings om die vlamme in plantasies in die Morebeng boerderygebied in Limpopo te blus, tydelik opgeskort weens gure weer. Die brand in die gebied, voorheen bekend as Soekmekaar, het Vrydag uitgebreek. ‘n Woordvoerder van Working on Fire, Sam Mampane, sê brandbestryding deur vliegtuie en grondspanne is vir eers gestaak. Mampane sê daar is ook nog nie ‘n beraming van die skade gedoen nie. Motoriste wat tussen die ZZ2-boerderygebied en Morebeng reis, is versoek om versigtig te bestuur.

17)Talle mense is in ‘n kritieke toestand ná ‘n botsing tussen twee vragmotors op die N1 buite Musina in Limpopo. ‘n Vragmotor wat plaaswerkers van die ZZ2-boerdery vervoer het, het teen ‘n stilstaande vragmotor vasgery. Die saak word ondersoek.

18)Die polisie ondersoek die dood van drie mense in drie afsonderlike hutbrande in en om Kaapstad die naweek. ‘n Woordvoerder van Brand en Redding, Theo Layne, sê ‘n man het doodgebrand toe ‘n brand in die Witsand informele nedersettting op Atlantis uitgebreek het. Minstens tien woonplekke is in puin gelê. Layne sê nog twee mense is in brande op Phillipi en Khayelitsha dood. Die oorsaak daarvan is nie bekend nie.

19)Die KwaZulu-Natalse premier, Willies Mchunu, sê bykomende veiligheidsmagte sal in aanloop tot die komende plaaslike verkiesing by die Glebelands hostel op Umlazi, suid van Durban, ontplooi word. Meer as 60 mense is die afgelope twee jaar dood in konfliksituasies by die hostel. Mchunu sê hulle het ook die Minister van Verdediging gevra om die weermag op bystand te plaas.

20)’n Vredesooreenkoms is ook tussen strydende groepe by die hostel onderteken. Die KwaZulu-Natalse regering sowel as die tradisionele leierskap het ‘n gebedsessie by die hostel aangebied. Die premier, Willies Mchunu, het homself daartoe verbind om die inwoners te help om vrede en bestendigheid in die gebied te handhaaf. Hy het gesê dit hang af van die inwoners en indien hulle nie tot vrede verbind is nie, sal dit nooit tot ‘n einde kom nie.

21)President Jacob Zuma het ‘n beroep op kiesers in Limpopo gedoen om aan die ANC ‘n oorweldigende meerderheid te besorg. Zuma het ‘n volgepakte saal en ‘n stadion op Lephalale toegespreek en gesê daar was nog altyd ‘n oorweldigende meerderheid vir die ANC in dié provinsie. Hy sê Limpopo moet nou bewys dat die leier van die EFF, Julius Malema geen steun in sy tuisprovinsie het nie. Hy het ook gewaarsku dat ‘n kleiner meerderheid vir die ANC ‘n invloed sal hê op sy vermoë om dienste te lewer.

22)Die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe, het onderneem om weg te doen met informele woonplekke en mense van Zonkezizwe in Ekurhuleni van ordentlike huise te voorsien indien sy party die komende verkiesing wen. Meshoe het tydens sy deur-tot-deur veldtog die regering daarvan beskuldig dat hy mense afskeep. Hy sê hutte ondermyn mense se reg op waardigheid. Meshoe sê omdat die grondwet stipuleer dat toegang tot behuising ‘n basiese reg is, sal die ACDP toesien dat mense nie onder sulke haglike omstandighede woon nie.

Sportnuus

SUPERRUGBY: Die Lions speel aanstaande Saterdag in die halfeindronde van vanjaar se toernooi teen die Highlanders in Johannesburg. Die Lions het die Crusaders gister met 42-25 geklop terwyl die Highlanders die Brumbies in Canberra met 15-9 geklop het. In die ander halfeindwedstryd speel nog twee Nieu-Seelandse spanne, die Chiefs en die Hurricanes in Wellington teen mekaar. Die Chiefs het die Stormers op Nuweland in Kaapstad met 60-21 geklop terwyl die Hurricanes die Sharks met 41- nul in Wellington kafgedraf het.

Atletiek: Die land se jong atlete het op die laaste dag van die IAAF se onder 20-kampioenskappe in Pole nie goed gevaar nie. Die eerste Suid-Afrikaner in aksie was die 17-jarige Taylon Bielldt wat sewende gekom het in die eindronde van die vroue 100-meter hekkies. Botswana moes ook met die tweede plek tevrede wees in die mans se 4 x 400 meter finaal nadat hulle vir die grootste gedeelte van die wedloop voor was. Amerika het uiteindelik koning gekraai.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  Mooi Weer –  met ‘n min 25 max van 35

Nelspruit –  Bewolk met ligte reen  met ‘n  min van 12 en ‘n max van 19

Pretoria  – Gedeeltelik Bewolk  met ‘n  min van 9 en max van 17

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 7 en max van 15

Vereeniging – Mooi weer met ‘n  min 9 en max van 16

Bloemfontein –Reen met Donderbuie – met min 7 ‘n max van 12

Durban – Gedeeltelik Bewol met Ligte Reen  met ‘n min van 15 en max van 19

Rustenburg – Reen met Donderbuie  met ‘n min 10 en max van 16

Oos London –  Bewolk met Reen‘n min 16 en max van 20

Kaapstad –Mooi Weer met n min van 11 en max van 19

Upington – Mooi weer met ‘n min van 2 en max van 14

Sutherland –Bewolk en Koud  met Minus 1 en max 4

PE- Bewolk met reen met ‘n min 14 en max van 17

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Jesaja 41:10 – “ Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.”

Deuteronomium 7:18 – “ wees dan nie bevrees vir hulle nie; dink gedurig aan wat die HERE jou God aan Farao en die hele Egipte gedoen het,”

Danie Botha se “Moses en Aaron”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment