Dinsdag 26 Julie

SAUK Radio Nuus berig vir Dinsdag, 26 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Die Arbeidshof in Johannesburg sal Donderdag ‘n dringende aansoek deur nog drie afgedankte SABC-joernaliste aanhoor om hul afdankings ter syde te stel. Lukhanyo Calata, Busisiwe Ntuli en Thandeka Gqubule is afgedank nadat hulle die SABC se redaksionele beleid bevraagteken het. Hannes du Buisson van die vakbond Bemawu, wat die drie joernaliste verteenwoordig, sê die SABC het nie die korrekte prosedures gevolg tydens die afdankings nie. Volgens Du Buisson bevraagteken hulle ook of SABC-regulasies dat werkers nie sonder toestemming met ander media mag praat nie, grondwetlik is. Vier ander afgedankte joernaliste het verlede week die Arbeidshof genader, en uitspraak in hulle saak word môre verwag.

2) Die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande het ontken dat ‘n besluit geneem is om universiteitsgelde aanstaande jaar met minstens ses persent te verhoog. Die Suid-Afrikaanse unie van studente het vroeër gewaarsku dat hulle werksaamhede by alle universiteite tot ‘n stilstand sal bring indien die styging in universiteitsgelde bevestig word. Duisende studente het verlede jaar betoog oor universiteitsgelde en toegang tot tersiêre onderrig.

3) Die owerhede in Turkye het lasbriewe uitgereik vir die inhegtenisneming van 42 joernaliste, as deel van die ondersoek na ‘n mislukte staatsgreep op 15 Julie. Duisende soldate, regters en staatsdienswerkers is reeds sedert die mislukte staatsgreep in hegtenis geneem. ‘n Aantal mediamaatskappye is gesluit in die dae na die staatsgreep, maar indiwiduele joernaliste is vandag vir die eerste keer geïdentifiseer. Die regering het verlede week ‘n noodtoestand afgekondig, en teiken enige persone wat beweerde bande het met die Moslem-godsdienstige, Fethullah Gulen, wat in Amerika woon. Die regering beskuldig Gulen daarvan dat hy die staatsgreep beplan het.

4) Die Amerikaanse polisie sê drie mense is ingeneem vir ondervraging na die skietery by ‘n nagklub in Forty Myers in die staat Florida, waarin twee mense dood en minstens 14 gewond is. Die aanval het net na middernag in die parkeerterrein van die Club Blu-nagklub plaasgevind. Daar was volgens berigte ‘n tienerpartytjie by die klub. Die polisie sê die beserings wissel van lig tot lewensgevaarlik, en ‘n aantal mense is in die hospitaal opgeneem. Skote is volgens berigte ook by ‘n huis en voertuig afgevuur, waar een persoon lig beseer is. Die polisie probeer steeds die motief vir die skietery bepaal. Ses weke gelede is 49 mense doodgeskiet by ‘n nagklub in Orlando in Florida.

5) Die KwaZulu-Natalse departement van Samewerkende Regering het rampbestuurspanne op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas te midde van wydverspreide reën en sneeu in die provinsie. ‘n Woordvoerder, Lennox Mabaso het ‘n beroep op motoriste gedoen om seker te maak dat hulle kos en komberse in hulle voertuie het vir ingeval paaie gesluit word weens sneeu. Hy het skole ook gevra om verkeersowerhede te raadpleeg oor die toestand van paaie na skole. ‘n Aantal bergpasse in die provinsie was vroeër weens sneeu gesluit.

6) Die borgtogaansoek van ‘n tweeling wat van terreur aangekla word, is weer in die Johannesburgse Landdroshof uitgestel. Brandon Lee en Tony Lee Thulsie van Newclare, wes van Johannesburg is vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle beplan het om die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Gauteng aan te val. Die 23-jarige tweeling sal môre oggend weer in die hof verskyn. Die saak is uitgestel om hulle tyd te gee om hulle nuwe regsverteenwoordiger, Anneline van den Heever te raadpleeg. Van den Heever is die voormalige regsverteenwoordiger van die Tsjeggiese sakeman, Radovan Krejcir. Die klagstaat sal na verwagting ook aangepas word.

7) Die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande het ontken dat ‘n besluit geneem is om universiteitsgelde aanstaande jaar met minstens ses persent te verhoog. Die Suid-Afrikaanse unie van studente het vroeër gewaarsku dat hulle werksaamhede by alle universiteite tot ‘n stilstand sal bring indien die styging in universiteitsgelde bevestig word. Duisende studente het verlede jaar betoog oor universiteitsgelde en toegang tot tersiêre onderrig.

8) Die IVP-leier, Mangosuthu Buthelezi sê kandidate van die party kry doodsdreigemente. Hy sê volgens die dreigemente gaan IVP-kandidate vermoor word sodat daar kort ná die munisipale verkiesing op 3 Augustus, tussenverkiesings kan wees. Buthelezi het ‘n verkiesingsaamtrek op Nongoma in KwaZulu-Natal toegespreek. Hy het ook met die Nasionale Vryheidsparty gesimpatiseer omdat hulle nie aan die verkiesing mag deelneem nie, weens die laat-betaling van die party se deposito.

9) Veeboere in KwaZulu-Natal het die sneeu wat in die provinsie geval het, verwelkom. Die voorsitter van die KwaZulu-Natalse Rooivleisprodusente organisasie, Hendrik Botha sê daar het 25 sentimenter sneeu geval op sy plaas naby Kokstad. Hy sê dit is die eerste keer in drie jaar dat dit in hulle gebied sneeu. Die provinsie gaan gebuk onder ‘n voortslepende droogte. Botha sê die sneeu sal vog verskaf vir die grond en drinkwater vir die diere.

10) Die Johannesburg Metro ontken aantygings dat sy advertensiekostes meer as verdubbel het om die ANC-veldtog vir aanstaande week se munisipale verkiesings te help. Die Metro het sy advertensie-rekening vanjaar tot 62-miljoen opgestoot, terwyl dit in 2015 net 26-miljoen rand was. Die DA se burgemeesterskandidaat, Herman Mashaba sê die veldtog is oneerlik. ‘n Woordvoerder van die Metro, Nthatisi Modingoane sê die bedrag is spandeer om, wat hy noem, die problem met die indrukke oor Johannesburg te verander.

11) Twee motors is van ‘n brug by Reddy’s Corner in Chatsworth deur stormwater afgespoel en die vroue-bestuurder van een van die voertuie word vermis. Groot dele van Durban en die omliggende gebiede is na swaar reën oorstroom, en reddingspanne moes bontstaan. ‘n Woordvoerder van Rescue Care, Garrith Jamieson sê talle ongelukke kan aan die weer toegeskryf word. Verskeie motors is in stormwater vasgekeer. Drie mense moes uit twee voertuie in die stad gered word nadat hulle deur vloedwater vasgekeer is. ‘n Woordvoerder van ER24, Russel Meiring sê twee vroue moes in Amanzintoti gered word nadat water deur ‘n gebou gestroom het.

12) Die Suid-Afrikaanse weerdiens voorspel koue, nat en winderige toestande oor groot dele van die land, Behalwe vir die oorstromings in Durban, het swaar sneeuneerslae in die bergagtige dele van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Vrystaat voorgekom. Nog ‘n koue front het oor die Wes-Kaap inbeweeg en winde van tussen 65 en 70 kilometer is langs die Suidkus voorspel. Die weerburo voorspel ook dat donderstorms en haelbuie tot Donderdag in Gauteng kan voorkom.

13) Die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth sal Suid-Afrika se tiende mediese fakulteit aanbied. Dit is deur die universiteit se visekanselier, Derek Swartz aangekondig. Dit volg na jare se veldtogte vir ‘n tweede mediese fakulteit in die Oos-Kaap na die Walter Sisulu-universiteit in Mthatha. Die Departement van Hoër Onderwys het meer as 72-miljoen bygedra om die mediese fakulteit in Port Elizabeth moontlik te maak. Die stad beskik oor drie groot openbare hospitale.

14) Die Arbeidshofregter, Robert le Grange, sal na verwagting vandag uitspraak lewer in die saak van vier afgedankte SABC-joernaliste. Die vakbond – Solidariteit – het die aansoek in die Arbeidshof in Johannesburg namens die joernaliste gebring. Die hof sal Donderdag ook ‘n dringende aansoek deur nog drie afgedankte SABC-joernaliste aanhoor om hul afdankings ter syde te stel. Lukhanyo Calata, Busisiwe Ntuli en Thandeka Gqubule is afgedank nadat hulle die SABC se redaksionele beleid bevraagteken het. Hannes du Buisson van die vakbond Bemawu, wat die drie joernaliste verteenwoordig, sê die SABC het nie die korrekte prosedures gevolg tydens die afdankings nie.

15) n Man is dood na ‘n fratsongeluk op die Matlala-pad in Limpopo toe hy van ‘n bewegende bus gespring het. Die man het glo uitgespring en die bus het oor hom gery. ‘n Polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die voorlopige ondersoek dui daarop dat die bestuurder beheer van die bus verloor het nadat ‘n brandblusser ontplof het. Verskeie pasasiers het beserings opgedoen.

16) Sowat 19 mense is in Sagamihara, wes van Tokio in Japan vermoor, nadat ‘n man ‘n tehuis vir gestremdes aangeval het. Meer as 20 ander mense is in die aanval gewond. Die 26-jarige aanvaller het die inwoners van die tehuis met ‘n mes aangeval. Hy is in hegtenis geneem nadat hy homself by ‘n polisiekantoor oorgegee het. Hy is glo ‘n voormalige werknemer.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  Gedeeltelik Bewolk –  met ‘n min 25 max van 34

Nelspruit –  Bewolk met ligte reen  met ‘n  min van 13 en ‘n max van 18

Pretoria  – Gedeeltelik Bewolk met ligte Reen  met ‘n  min van 7 en max van 16

Johannesburg – Gedeeltelik Bewolk  met Ligte Reen met ‘n min 3en max van 12

Vereeniging – Geddeltelik Bewolk met Ligte Reen ‘n  min 5 en max van 15

Bloemfontein –Mooi Weer – met min 2 ‘n max van 12

Durban – Mooi Weer met ‘n min van 18 en max van 25

Rustenburg – Gedeeltelik Bewolk met ligte Reen  met ‘n min 3 en max van 15

Oos London –  Bewolk met Reen‘n min 15 en max van 24

Kaapstad –Bewolk met matige reen met n min van 9 en max van 15

Upington – Mooi weer met ‘n min van 4 en max van 14

Sutherland –Bewolk, Koud met Periodes van Reen  met Minus 2 en max 4

PE- Gedeltelik Bewolk met ‘n min 13 en max van 21

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Deuteronomium 31:8 – “ En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.”

Deuteronomium 9:3 – “ Weet dan vandag dat die HERE jou God die Een is wat voor jou oortrek soos ’n verterende vuur. Hý sal hulle vernietig en hulle voor jou onderwerp, sodat jy hulle gou kan verdrywe en tot niet maak soos die HERE jou beloof het.”

Ronéll Erasmus se “Ek loop in God”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment