Vrydag 5 Augustus

AMANZIMTOTI/KZN

N2 Southbound SINK HOLE near the Adams Road exit – right lane closed. Please reduce speed and approach with caution

ELDORADO PARK/GAUTENG

N12 – Eastbound CRASH beforfe the N1 Highway Interchange. HEAVY TRAFFIC. Please reduce speed and approach with caution

Warning from TrafficSA

JHB/GAUTENG  M1 Grayston offramp – Smash and grabber is back. Motorists using that route be warned!

SAUK Radio Nuus berig vir Vrydag, 5 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Die bestuur van ENB sê in ’n verklaring dat die nuwe stelsel van ’n eerste mobiele bank die gevolg is van die instelling se personeel wat inisiatief getoon het om kliënte se lewe te vergemaklik.

Die Eerste Nasionale Bank het die week die eerste mobiele bank-eenheid in werking gestel wat diens sal lewer in gebiede waar geen bank diens beskikbaar is nie.

Die mobiele eenheid is saamgestel uit die materiaal van ’n verskepings houer wat vindingryk omgesit is in ’n “volwaardige” bank waar kliënte hulle normale dienste kan kry.

Die eenheid beskik oor ’n OTM, en ’n deposito afdeling sowel as ’n gewone bank kassier afdeling.

Lee-Ann van Zyl, die Hoof Uitvoerende Beampte van ENB wys daarop dat ’n winkelsentrum in Tembisa die eerste gebied is wat bedien gaan word aangesien die gebied verlede week deur ’n tornado ontwrig is.

Die eenheid is ook bedoel om in Noord-Transvaal diens te doen en sal op elke plek vir ’n paar dae oopgestel word vir kliënte.                                                                                                                                                       Berig deur die Vryburger

2) Na berig word het die SA Lugdiens bykans R 1,38 biljoen verloor in die eerste kwartaal van die huidige finansiële jaar, ten spyte van aansienlike koste-besparings.

Nieteenstaande hierdie verlies word beweer dat die redery “ in ´n sterker kontant posisie is” en nie in die komende maande befondsing gaan benodig nie, terwyl lenings weer teen Desember benodig sal wees.

Hierdie inligting, ingedien by die Tesourie, weerspreek onlangse verklarings deur beleërde SAL voorsitster, Dudu Myeni, wat meen die SAL het nie verdere waarborge van die regering nodig nie.

Ontleders meen egter dat behoorlike ontleding van die ware toedrag van sake by die lugdiens word bemoeilik deur die lang uitstaande finansiële jaarverslag.

2014-15 verslae is steeds uitstaande, nieteenstaande uitstel.

Verder word eendersyds berig dat die redery begin kontant verdien uit lopende bedrywighede, wat die kontantvloei-posisie verbeter, andersyds dat lenings onlangs her-onderhandel is en nie meer in die nabye toekoms terugbetaalbaar is nie.

In afwesigheid van ´n omvattende verslag is dit egter nie moontlik om vas te stel wat die ware toedrag van sake is nie – aldus ´n analis wat verkies om annoniem te bly.

“Die inligting-brokke is duidelik weersprekend – indien die bedrywighede kontantvloei verbeter, waarom is nuwe lenings voor einde 2016 nodig?”

Wat verder duidelik blyk, is dat die omkeer strategie by die redery, om stygende verliese sedert 2012 te probeer stuit, nie op koers is nie.

Voorts is minister van Finansies, Pravin Gordhan, vasbeslote om die direksie in die pad te steek weens die voortslepende wanbestuur.

Tans blyk dit egter dat voorsitster Myeni se bande met president Zuma enige daadwerklike verbetering by die SAL op spreekwoordelike ys gaan hou.

Berig deur die Vryburger

3) Dit wat lankal uitgespel is word nou erken deur die Suid Afrikaanse Raad van Opvoeders.

Die vereniging het ‘n beroep gedoen op onderwysers om die waardigheid van die profesie te herstel te midde van die toenemende beskuldigings van seksuele eskapes van onderwysers met leerlinge.

Onderwysers in die sogenaamde agtergeblewe skole het lankal ‘n reputasie dat hul minder aandag in klaskamer aan leerlinge gee as met hul “buitemuurse bedrywighede.” Geen wonder die oud model C-skole word oorval met die leerders uit die buite-buurte nie.

Die onderwys standaard daal vinnig weens die swak opleiding van honderde onderwysers wat klasse aanbied, terwyl skoliere gereeld ’n skooljaar moet begin sonder ’n enkele boek.

In Transvaal is sowat 25 skole afgebrand in die onlangse verlede, wat opleiding in swart skole nog verder beïnvloed.                                 Berig deur die Vryburger

4) Elke dag word berig in die media dat “die mees gevaarlike misdadiger” aangekeer ofdoodgeskiet is.

Die nuutste voorval was in Inanda die afgelope naweek, waar ‘n krimineel betrokke was in ‘n skiet voorval met die SAPD. Die waarnemende bevelvoerder  van Natal Majoor-Genl. Bhekinkosi Langa het kriminele gewaarsku om eerder oor te gee as om op polisie te skiet.

’n Politieke ontleder vra hoeveel kriminele, terroriste, plaasaanvallers en moordenaars loop rond in die nuwe Suid Afrika.

Durf Jan Publiek homself verdedig word daar dossiers van moord en manslag teen hul geopen.

Ons leef in ‘n land van geweldenaars en kriminele, want gemiddeld 42 mense sterf daagliks in die land in gewelddadige voorvalle.                                                                                                    Berig deur die Vryburger

5) Die aantal rooftogte in en om die kampus van die Universiteit Kaapstad het met 163% toegeneem die afgelope 4 jaar. Meer as 70 gevalle is in 2015 aangemeld met roof van selfone, kontant, skootrekenaars, klere en kredietkaarte as die mees algemene goedere wat gesteel word. Messe en vuurwapens is in die meeste gevalle gebruik terwyl die oortreders  meestal mans was.

Die Universiteit het tans 280 kampus beskermings beamptes in diens en 300 geslotebaan televisie kameras word ingespan om die veiligheid van studente en personeel te verseker.

Voor 1994 was kampusse plekke waar studente kon kuier en selfs saans kon rondloop sonder enige vrees van aanranding of roof.

Die beloofde land het klaarblyklik nie gerealiseer nie.     Berig deur die Vryburger

6) Geen Engels vir ons nie, want ons is Afrikaans, en wil in ons taal bedien word omdat ons daarop geregtig is.

Dit is die opmerking wat gemaak is deur die Bruin mense van Eersterus wat sê hulle sal beter bedien kan word as hulle in Afrikaans deur die polisie en die plaaslike kliniek aangespreek word.

“Dit is ons huistaal, en ons eis om in ons eie taal bedien te word”, het Colin Papier, president van die plaaslike Koisan Raad gesê. Die inwoners van Eersterus het ’n petisie oorhandig aan die stasiebevelvoerder, van die SAPD, luitenant-kolonel Malesela Kgoetego waarin gekla word dat hulle beter bedien kan word deur minstens in die taal van die inwoners aangespreek te word. Die inwoners se die plaaslike kliniek behoort ook die inwoners in Afrikaans te bedien sodat hulle minstens kan verstaan wat die kliniek personeel wil sê.                            Berig deur die Vryburger

7) Die ryk lande van die wereld gooi meer kos weg as wat in die grootste deel van Afrika, suid van die Sahara geproduseer word.

Na raming word meer as 225 miljoen ton bruikbare voedsel, jaarliks deur die ryk lande van die wêreld weggegooi terwyl 600,000 swart kinders ’n hongerdood in die gesig staar.

Landbou kenners wat navorsing gedoen het oor voedsel produksie en voedsel vermorsing, sê dat Suid-Afrika se verkwisting van bruikbare kos, een van die redes is waarom pryse gedurig opwaarts neig.

’n Ekonoom van Pretoria wys daarop dat te veel eetbare kos op die ashoop beland, en baie daarvan dikwels onaangeraak weggegooi word.

Die toedrag van sake veroorsaak dat menige deskundige bekommerd raak oor die aard en wese van voedselsekerheid terwyl tonne kos verlore gaan.

Hy sê die prys van voedsel kan gemiddeld met tot 10% daal as die vermorsing stopgesitkan word, en sou aanbeveel dat wetgewing oorweeg word wat minstens ’n beperking op vermorsing teweeg kan bring.

Hy wys daarop dat die vermorsing ook beteken dat belastingbetalers se geld gebruik word om diegene wat sonder kos sit, finansieel te ondersteun.

Tussen 30% en 45% van die vars produkte wat op markte verskyn, gaan verlore en word weggegooi.

Een van die redes daarvoor is die onrealistiese wins wat die handelaars maak, wat die kliënte minder laat koop terwyl alles verkoop kon word as die prys realisties is.

Berig deur die Vryburger

8) Die adjunk-hoofverkiesingsbeampte van die VK, Sy Mamabolo het intussen bevestig dat die stembriewe wat in Port Elizabeth gevind is, reeds getel was en nie `n rede tot kommer is nie. Tientalle gemerkte stembriewe is in ‘n tent buite ‘n Verkiesingsentrum in Port Elizabeth gevind.

9) Werkgewers in die petroleumbedryf het ingestem om salarisonderhandelinge met die stakende vakbond CEPPWAWU te hervat. Sowat 15-duisend lede van CEPPWAWU het verlede week begin staak. Die vakbond eis ‘n salarisverhoging van nege persent, terwyl die werkgewers sewe persent aanbied. CEPPWAWU se hoof-onderhandelaar, Jerry Nkosi sê hulle het aan die werkgewers geskryf omdat die salarisdispuut opgelos moet word. Hy sê ‘n vergadering is vir Vandag bevestig.

10) Die vier liggame van die mense wat in die helikopterongeluk in die Msikaba-kloof by Lusikisiki in die Oos-Kaap gesterf het, is uit die kloof gehaal. Die polisie het ook die name van die slagoffers bekend gemaak. Hulle is die 50-jarige Abraham Swanepoel, sy 24-jarige seun, Abraham junior, die 40-jarige Gordon Gray en die 38-jarige Theo Roos. Die ongeluk het laat gistermiddag gebeur toe die helikopter vanaf Margate `n spaarwiel vir `n klein vliegtuig gebring het wat vroeër die week in die omgewing geland het.

11) Die Egiptiese weermag sê hy het die leier van die Islamitiese Staat-groep in Sinai, Abu Duaa al-Ansari doodgemaak. Hy is dood na verskeie lugaanvalle naby die dorp Arish. Na bewering is bykans 45 ander IS-vegters in die aanvalle dood en wapenopslagplekke is ook vernietig. Geen bevestiging vir die dood van hul leier kon van die IS in die Sinai-provinsie verkry word nie.

12) Die Wes-Kaapse hoof van die Verkiesingskommissie, Courtney Sampson sê die skietery waartydens ‘n polisieman in Athlone op die Kaapse Vlakte gewond is, hou nie verband met die plaaslike regeringsverkiesing nie. Vier gewapende verdagtes het ‘n sersant buite die stemlokaal in Lawrenceweg aangeval en hom van sy dienspistool beroof. Sampson sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

13) Nkandla in KwaZulu-Natal het tot ‘n stilstand gekom terwyl die Inkatha Vryheidsparty feesvier nadat die party beheer oor die plaaslike munisipaliteit behou het. Die munisipaliteit is waar president Jacob Zuma se private woning geleë is. Die IVP het elf uit die veertien wyke gewen. Die ANC het drie wyke. Die IVP se voorsitter en burgemeester van Nkandla, Thamsanqa Ntuli skryf die oorwinning toe aan ‘n verbetering in dienslewering en steun van die Nasionale Vryheidsparty.

14) Die leier van die Demokratiese Alliansie, Mmusi Maimane sê egter dit is te vroeg om oor enige samewerkingsooreenkomste met enige partye te praat. Maimane het by die uitslagsentrum in Pretoria gepraat.

15) Die Egiptiese weermag sê hy het die leier van die Islamitiese Staat-groep in Sinai, Abu Duaa al-Ansari doodgemaak. Hy is dood na verskeie lugaanvalle naby die dorp Arish. Na bewering is bykans 45 ander IS-vegters in die aanvalle dood en wapenopslagplekke is ook vernietig. Geen bevestiging vir die dood van hul leier kon van die IS in die Sinai-provinsie verkry word nie.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  Mooi Weer-  met ‘n min 25 max van 36

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 6 en ‘n max van 24

Pretoria  – Mooi Weer met ‘n  min van 9 en max van 20

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 5 en max van 18

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 7 en max van 20

Bloemfontein –Mooi Weer – met min 4 ‘n max van 17

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 14 en max van 25

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 6 en max van 20

Oos London –  Mooi Weer – met ‘n min 14 en max van 27

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 12 en max van 19

Upington – Mooi Weer – met ‘n min van 8 en max van 23

Sutherland –Sonskyn met Minus 4 en max 13

PE- Mooi Weer – met ‘n min 12 en max van 23

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

1 Korintiërs 13:1-4 – “En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,”

Ø  Randall Wicomb se “Geloof, Hoop ennnie liefde”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment