Nuus Brokkies

Aktueel Brokkies Nuus vir 8 April 2016

Die program vanaand is saamgestel uit verskeie artikels

Artikel 1

Gupta’s word verwerp in SA

Dit is nie net die inwoners van die land wat keelvol is vir die eienaardige rol wat die Gupta’s vervul nie, maar ook instansies soos FNB het hulle aangesê om hulle geldjies te vat en te loop.

FNB het kennis gegee dat sekere rekeninge wat verband hou met die “Oakbay Investments” gesluit word.

’n Woordvoerder van die Gupta-groep het die besluit as skokkend beskryf en ’n verduideliking geëis van FNB se hoof.

Die ouditeursfirma KPMG het vroeër bekendgemaak dat hulle nie meer sake wil doen met die omstrede groep nie, en Sasfin het kort daarna ’n soortgelyke besluit geneem.

Die Absa besluit om alle bande met “Oakbay” te verbreek het die afgelope week bekend geword, maar is reeds sedert Desember verlede jaar toegepas.

In reaksie op die reeks verwerpings het die Gupta’s gesê dit is ’n “georkestreerde aanslag van politieke aard”.- Vryburger

 

Artikel 2

ANC se verkeerde denke

Die ANC  se hoofsweep sê hul dink, maar hulle dink nie daaraan en bied ook verskoning aan nie, al het hulle gedink hulle doen reg en die hof bevind dit verkeerd.

Die nuwe hoofsweep van die ANC Jackson Mthembu het in ‘n verklaring gesê dat die parlement gedink het hul het binne die grondwet opgetree toe hul Zuma teen die Openbare Beskermer. beskerm het.

Hy meld dat die parlement berou het oor hul verkeerde optrede. Dit was Woensdag 6 April, maar Donderdag 7 April weier die klomp ANC LP’s om die Openbare Beskermer om verskoning te vra oor hul aanhoudende kritiek teen haar.

Eendag erken jy, jy was verkeerd, maar die volgende dag weier jy om verskoning te vra vir jou swak optrede.

Laat mens dink aan die houding van sekere bevolkingsgroepe wat sê as jy oneerlik is. is dit goed, maar as jy uitgevang word bring dit skande op jou familie. So verskil wit en swart.

 

Artikel 3

Mantashe dreig ANC kaders

Die Sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe het party leiers inTransvaal gewaarsku dat sou hul Zuma beledig vanaf openbare verhoë hul die prys sal betaal.

Dit volg na oproepe van organisasies en individue dat Zuma moet bedank.

Trevor Manuel, Mavuso Msimang, Ahmed Kathrada en selfs Gauteng premier David Makhura is van die hoë koppe wat Zuma se kop eis.

Besware moet glo in die binnekamers van die ANC gelug word.

Ontleders sê die druk begin wys maar Jacob Zuma byt vas, want as hy moet padgee, is daar ’n groot moontlikheid dat ht vervolg kan word.- Vryburger

 

Artikel 4

Dokters werk ten spyte van klagtes van manslag

Twee dokters van die Steve Biko hospitaal is steeds werksaam terwyl die saak oor die dood van ‘n pasient in 2014 nog hangend is.

Prof, Letlhogela Ntlhe en dr Mpho Sandamela moet weer op 12 Mei in die Pretoriase landroshof verskyn oor die saak.

Die pasiënt James Swart het ‘n gewas verwydering ondergaan na klagtes van hoë bloeddruk, en die twee dokters die bloeddruk toegeskryf het aan die gewas. Swart se vrou het die dag na die operasie hom bewusteloos en sterwend gevind. Die Mediese Raad het bevestig dat ‘n saak van onprofessionele gedrag ondersoek word teen die twee.

’n Klag van manslag is aanhangig gemaak teen die twee, maar hulle is steeds aan diens by die hospitaal.- Vryburger

 

Artikel 5

“ANC stryders” vra Nasionale Kongres

Volgens die gegewens op die Engelse koerant, “Business Day” se webblad het ’n groep wat diep bekommerd is versoek dat ’n dringende Nasionale Kongres gehou moet word want die aanhoudende weg beweeg van die ANC se koers, word in ’n ernstige lig gesien, veral omdat die mandaat wat die parlementslede gekry het, verontagsaam word.

Die groep se brief lui ondermeer dat die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee gevra word om dringend ’n spesiale nasionale kongres moet hou.

Die groep noem hulleself blykbaar “Masupatsela a Walter Sisulu” wat beteken “Jong strydeers van Walter Sisulu”.

Van die lede is familielede van die voormalige speaker van die parlement asook afstammelinge van oud MK-lede.

Die NUK word gevra vir ’n  spesiale kongres om die optrede van leiersfigure te ondersoek en te bepaal hoe die skade herstel kan word wat reeds aangerig is.

’n Politieke ontleder sê die optrede van ANC leiers is nie die enigste rede waarom die party verbrokkel nie, want die verskille in volke, al is hulle swart, is nie ’n waarborg vir immergroen saamwees nie, veral as ’n gebrek aan leierskap al duideliker word.

Hy sê die politieke wittebrood is nou verby, Mandela se verafgoding vergete, en al wat oorgebly het is ontredderde volgelinge.- Vryburger

 

Artikel 6

Builepes waarskuwing in Johannesburg

Die Pikitup se máánde lange staking in die goudstad het vrese laat ontstaan dat siektes en plae kan uitbreek as gevolg van die tonne rommel en gemors wat ophoop in die strate.

Gerugte dat ‘n rot in die stad positief getoets is vir builepes is deur die burgemeester van Johannesburg parks Tau ontken.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) het egter in ‘n verklaring gemeld dat tydens ‘n toets op dertien rotte een rot wel die teen-liggame gehad het wat kan lei tot builepes. Vlooie wat op die rotte leef kan die pes versprei sou hul ‘n persoon byt. Die laaste geval van builepes was in 1982 in die Oos-Kaap. Intussen het van die stakers vullis-houers aan die brand gesteek in die omgewing van Linmeyer. – Vryburger

 

Artikel 7

“Swart politiek” word opvallend intimiderend

Die Mugabe-styl is besig om geleidelik sy staan te maak in die Suid-Afrikaanse politiek, en die gebeure speel af teen die agtergrond van menige se mag-sug en dreigende houding teenoor opponente.

Dit is die mening van ’n volkekundige na aanleiding van die bewering dat sowat 12 polisie beamptes Julius Malema uit sy voertuig gedwing het en hom klaarblyklik geïntimideer het.

Malema sê hy is Sondagaand in Sandton,Johannesburg uit sy motor gedwing deur ’n groep polisielede wat almal swaar gewapen was.

Malema het op die sosiale netwerk beweer dat die 12 polisielede hulle wapens op hom gerig het en hom beveel om uit die voertuig te klim.

Later het hy beweer dat dit sowat 10 polisielede was wat hom gekonfronteer het, maar het erken dat “hulle ’n fout gemaak het” en hom toegelaat om te ry.

Dit is die jongste voorval van “swart politiek” waar intimidasie en afdreiging ’n hoofrol vervul om opponente van die regerende party te probeer inperk.

Die groot verskille onder die swart politici het verdeeldheid in die ANC gebring oor die toekoms van Zuma as president nadat hy skuldig bevind is deur die Grondwethof vir skending van die Grondwet.

Vroeër is adv. Madonsela as Openbare Beskermer deur talle lede van die Zuma-kabinet afgekraak, verdag gemaak en was daar pogings om haar uit haar pos te verwyder.

Intussen is ’n stille stryd aan die gang teen die Minister van Finansies, Pravin Gordhan oor sy beweerde betrokkenheid by ’n geheime struktuur wat bestaan het in die Inkomstediens van die land.

Kenners sê die verbrokkeling is besig om plaas te vind in die “swart politiek” en die “Mugabe-styl” sal toenemend in werking kom om van opponente ontslae te raak.

Intussen het O’Sullivan ook geproe hoe “swart politiek” smaak toe hy summier van die vliegtuig verwyder was kort voor sy vertrek na Brittanje waar hy ’n paar waarhede wil bekend maak oor die regime se vergrype.

Koerant redakteurs kom agter dat hulle ook blootgestel word aan die Valke en ander veiligheidsdienste se “swart politieke” intimidasie.

Diegene wat meen Rusland word met ’n ystervuis regeer, het nog nie die intimidasie tegnieke van Afrika leiers beleef nie, word gesê.- Vryburger

 

Artikel 8

Sakevertroue in landbou wisselvallig

Die tekort aan algemene reën in die somerreën gebiede het nie net ernstige skaarste aan sekere voedselsoorte teweeg gebring nie, maar ook die landbouers oor die algemeen in finansiële drukgang gejaag.

Die verswakking in die land se ekonomie, die daling van die Rand se waarde, en die stygende pryse van boerderybenodighede het die sakevertroue negatief beïnvloed, sê ’n onafhanklike landbou ekonoom vanPretoria.

Lede van georganiseerde landbou wys daarop dat hulle doelbewus sekere uitbreidings aangaan weens die sakevertroue wat deur instansies van die Oranje-projek geskep is.

Ondernemings soos die Oranje Nywerheidsontwikkelings Koöperasie (ONOK) het getoon dat dit noodsaaklik is om toekomsgerig te beplan, en in die landbou sal die beter reënseisoene weer sorg vir verhoogde landbou produksie.

Hy sê dit is derhalwe noodsaaklik om met die nodige beplanning, betyds te begin om voorsiening te maak vir die opswaai tydperk wat in landbou sal vereis dat die boer gereed is daarvoor.

Dit beteken nie dat boere roekeloos moet begin met uitbreidings wat groot somme geld vereis nie, maar eerder om marktendense na te vors en daarvolgens die moontlikhede beplan binne die raamwerk van die beskikbare hulpbronne.

As die plaas geskik is daarvoor om op beperkte skaal met aartappel produksie te begin, dan mag die koste van meganisasie daarvan dalk die remskoen wees, het hy gesê.

Hy wys daarop dat die vertroue in die hele land se ekonomiese omstandighede sodanig gedaal het dat dit noodwendig  uitwerking op vertroue in landbou teweegbring.

Met die vertroue wat 80% laer is as wat dit ’n jaar gelede was, kan niemand verkwalik word as hulle begin vrees dat ’n resessie op hande is nie, maar landbouers moet hulleself deurlopend posisioneer om te produseer wat hulle as produsente onmisbaar maak, het hy gesê.

Gedagtig daaraan dat die wêreldekonomie besig is om te verlangsaam, moet landbouers egter bly produseer wat gewoonlik hoog in aanvraag sal bly, en die gehalte so hoog hou dat die uitvoermark se deure oop sal bly, maar dit vereis deeglike beplanning, en versigtige toepassing, het hy beklemtoon. – Vryburger

 

Artikel 9

Suid-Afrikaners ontevrede met bemagtiging

Die “SA Institute of Race Relations” (IRR), ´n uiters liberale belangegroep wat sterk bande met bedenklike VSA groepe het, meen dat meeste Suid-Afrikaners, van alle rassegroepe, ontevrede is met onder meer die regime se bemagtigings-beleid (ook bekend as aandele-afpersing vir swartes).

“Aangesien hierdie beleidsrigting misluk het om armes en benadeeldes te bevoordeel, ondersteun min mense dit.”

Volgens IRR beleids-hoof, doktor Anthea Jeffrey meld dat meer as 83% van swart respondente meen die regime se bemagtigings-beleid bevoordeel net ´n klein kliek.

Sy gaan voort om te verklaar dat in stede van AAS en ander mislukte beleidsrigtings, behoort ´n sogenaamde Ekonomiese Bemagtiging vir die Benadeeldes ontwikkel en ingestel te word.

Nader ontleding van die stellings en verslag wys duidelik op die IRR se ooglopende anti-Afrikaner sentiment.

Die beswaar is bloot teen die verwatering van sakebelange, wat meer spruit uit die toepassing van AAS, as wat beswaar teen die beginsel van anti-Afrikaner beleid gemaak word.

Enige beleid wat op grond van neo-rassistiese oorwegings swartes bevoordeel, is in wese onverdedigbaar, of jy dit SEB of EBB noem.

Dit is die algemene beskouing onder onafhanklike ontleders.

Aangesien “benadeeldes” sinoniem is met “swart”, is die voorstelle blote oëverblindery.- Vryburger

 

Artikel 10

Neo-rassistiese standaarde in gesondheidsorg

Die Vryburger het vroeër omvattend berig oor die intimiderende optrede teen dokter Wouter Basson.

Nieteenstaande dat hy onskuldig bevind is op verskeie polities-gemotiveerde aanklagte, teister die reguleerder en verskeie inrigtings hom.

Nou het dit aan die lig gekom dat twee swart geneeshere, aan die PretoriaAkademiese hospitaal verbonde, nieteenstaande dat hulle tereg staan weens die dood van ´n pasiënt, James Swart, steeds toegelaat word om pasiënte te behandel.

Dit blyk verder dat die provinsiale gesondheidsdepartement die twee doodsengele ondersteun, wie volgens woordvoerder Steve Mabona “net hulle werk gedoen het”.

Onbevestigde berigte dui ook daarop dat die reguleerder tot hede versuim het om teen die twee op te tree.- Vryburger

 

Artikel 11

Uiteenlopende anti-Zuma besware vra voortgesette korrupsie

In die nadraai van die onsuksesvolle parlementêre mosie om Zuma te ontsetel, neem uiteenlopende besware en oproepe vir Zuma se bedanking steeds toe.

Gemeenskapsleiers het betoog op die trappe voor die Konstitusionele Hof.

Geestelik leiers, wat in naïewe napratery van die ANC-hoofsweep Zuma se verskoning aanvaar, maak die stelling dat die ANC hul morele grondslag verloor het.

Vakbonde en ander groepe vergader sedert Woensdag om ´n protes-veldtog te beplan.

En in ´n stap van blinde optimisme, wil opposisie partye nou die Speaker – mede-skuldig bevind deur die Grondwethof – versoek dat teen Zuma dissiplinêr opgetree moet word.

Langs die kantlyne van hierdie drama beweer verloopte liberaliste dat hierdie dui op ´n “aktiewe demokrasie”, ´n “regstaat” – terwyl die feit dat Rome spreekwoordelik tot as verbrand, by almal verby gaan.

In wese is die verskillende uitsprake bloot ´n oproep tot voortgesette korrupsie, onderdrukking en wanorde.

Ofskoon Zuma natuurlik in persoon skuldig staan en geensins werklike berou toon nie, verloor al hierdie groepe die waarheid uit die oog:

Zuma is toegelaat tot hierdie vergrype juis deur die ANC en ANC-beleid;

Juis die inherent-korrupte kultuur van swart Afrika aanvaar sulke gedrag as toelaatbaar.

Ook spesifiek die grondvlak ondersteuners van die ANC onderskryf hierdie optrede – stembus-uitslae spreek vanself!

Die kultuur van korrupsie en vergryp is gevestig deur Nelson Mandela, verfyn deur Thabo Mbeki in die wapenskandaal en bloot tot nuwe hoogtes gevoer onder Zuma.

Die besware uit veral swart kringe is nie teen die vergrype nie – dit gaan eerder daaroor dat die buit nie onder almal verdeel word nie.- Vryburger

 

Artikel 12

Nuwe president vir Nuwe Suid-Afrika?

Met ’n ontevredenheid by talle leiersfigure in die regerende ANC, is die moontlikheid nie uitgesluit dat president Zuma uiteindelik uit sy amp verwyder word nie.

Politieke ontleders wat die ANC noukeurig volg, is van mening dat genoeg steun onder die invloedrykes bestaan om Zuma die trekpas te gee.

Of die onwillige president gaan toelaat dat hy deur ander voorgesê word wat om te doen, bly egter ’n onbeantwoorde vraag, en sal die metode wat toegepas is om Thabo Mbeki uit te skuif, hierdie keer nie werk nie.

Talle name word genoem van wie as opvolger die plek van Zuma kan inneem om weer ’n mate van vertroue te wek in ANC geledere, maar ook in die buiteland.

Die logiese is dat die adjunk dan die Eerste Burger word, maar politieke ontleders glo dat die uittredende Openbare Beskermer, adv. Thuli Madonsela dalk die beste aanstelling sou wees.

Sy beskik oor die vermoë om te onderskei tussen reg en verkeerd, maar een swaeltjie maak nie die somer nie, word gesê.- Vryburger

 

 

 

Artikel 13

Builepes waarskuwing in Johannesburg

Die Pikitup se máánde lange staking in die goudstad het vrese laat ontstaan dat siektes en plae kan uitbreek as gevolg van die tonne rommel en gemors wat ophoop in die strate.

Gerugte dat ‘n rot in die stad positief getoets is vir builepes is deur die burgemeester van Johannesburg parks Tau ontken.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) het egter in ‘n verklaring gemeld dat tydens ‘n toets op dertien rotte een rot wel die teen-liggame gehad het wat kan lei tot builepes. Vlooie wat op die rotte leef kan die pes versprei sou hul ‘n persoon byt. Die laaste geval van builepes was in 1982 in die Oos-Kaap. Intussen het van die stakers vullis-houers aan die brand gesteek in die omgewing van Linmeyer.- Vryburger

 

Artikel 14

Mense gekant teen ANC se grondgryp

Die ANC verloor sy tradisionele ondersteuners omdat hy nie ag slaan op wat die ondersteuners sê nie, en een van die mistastings is om te dink sy mense wil hulle eie plase besit.

Dit is die mening van ’n landbouer wat navorsing gedoen het oor die regime se grondgryp program waarin ondermeer beperkinge geplaas word op die aantal hektaar waarop ’n landbouer mag oier.

Hy sê die regering hoor nie as sy mense sê hulle wil nie grondbesitters wees nie, want hulle wil nie boer nie, en is gevind dat by verre die meeste swartmense gekant is teen die “honger ly-program” van die regering.

Selfs die Instituut vir Rasseverhoudinge het in ’n meningspeiling gevind dat mense van alle rasse meen die regering tas mis met sy grondgryp program, en is ook gekant teen die sogenaamde swart ekonomiese bevoordeling asook die diskriminerende indiensnemings beleid wat toegepas word.

Kenners wys daarop dat die bevindinge wat in teenstelling met adjunkpresident Ramaphosa se siening is, juis die bewys lewer dat die regering uit voeling geraak het met sy ondersteuners.

Dit verklaar waarom hy steun verloor, en besef nie dat sy beleid oor talle aangeleenthede net ’n diskriminerende uitwerking op die samelewing het nie.

Die meningspeiling is onder sowat 2,300  mense van alle rasse gedoen, waarvan die meerderheid swartmense is.

Bykans al die deelnemers het erken dat die diskriminerende beleid van die regering geen voordele ingehou het vir hulle nie.- Vryburger

Artikel 15

Niks-doen Kubane kos miljoene

Die ANC regering in die Vrystaat het in die eerste helfte van 2015 die blink gedagte gekry om blanke kundigheid wat in die land is, te vermy en ’n aantal Kubane ten duurste ingevoer om die waterprobleme op te los.

Die 33 Kubane, wat glo ingenieurs is, het reeds R22 miljoen in hulle sakke gesteek, terwyl die waterprobleme nie juis opgelos is nie.

Die ingenieurs wat in verskeie munisipale gebiede ontplooi is, se totale salarisrekening is glo op R17 miljoen gestel, maar heerlike verblyf in gastehuise beloop bykans R5 miljoen wat die rekening aansienlik hoër maak.

Inligting wat aan “Die Vryburger” verstrek is, dui daarop dat die ingenieurs tot hede ’n aangename vakansie teen goeie betaling geniet, want nog geen steek werk is verrig nie.

Die Kubane is nie heeltemal skuldig nie, want hulle kon nog nie begin werk nie omdat hulle werk indeling nog nie bepaal is deur die munisipaliteite nie.

Ondersoeke gaan glo nou gedoen word na die optrede van die munisipaliteite vir moontlike onbillike arbeidspraktyke.

Die Kubane, wat klaarblyklik nie Engels magtig is nie, sukkel glo om te kommunikeer met die owerhede.

Intussen in verskeie dorpe in die provinsie se waternood is sodanig dat inwoners afhanklik is van goedgesinde boere in die distrikte.

Artikel 16

Graderings firma waarsku SA

Standard & Poor (S&P) het gewaarsku dat politieke onrus ‘n risko plaas op die land se krediet gradering. Intussen wend die regering(ANC) hul aandag aan politieke sake soos Zuma se hof uitsprake in plaas van om aandag aan lands- en ekonomiese sake te gee.

Dit is volgens Gardner Rusike van S&P ook die rede waarom die rand sy vorige wins teenoor die dollar verloor het en op ‘n laagtepunt gesluit het Dinsdag.

Hy meld weereens dat staats beheerde firmas soos SAL en Eskom ‘n risiko inhou vir verdere afgradering wat kan lei tot uiteindelike rommel-status wat nie net die binnelandse ekonomie verder gaan inperk nie, maar ook ernstige gevolge meebring met buitelandse verhoudinge.- Vryburger

Artikel 17

Gupta’s ook op Evkom se direksie

Mark Pamensky wat ‘n direkteur op die raad van die Oakbay Maatskappy is, is ook aangestel as raadslid by Evkom.

Volgens die Gupta’s sal dit nie lei tot ‘n belange konflik nie solank Pamensky net professioneel optree in sy hoedanigheid op beide rade.

Etiek en moraliteit het volgens Nazeem Howa niks te doen met persoonlike verhoudings nie, dit is klaarblyklik hoe jy jou besigheid bedryf wat tel.

Howa beweer dat sou Oakbay(Gupta’s) enige leiers beïnvloed, dan beteken dit dat SA ‘n marionet regering het.- Vryburger

Artikel 18

Die President se vergrype

Dit is nie nodig om al die ergerlike dinge weer op te haal asof dit nuwe nuus is nie, en omdat dit tot skande van Suid-Afrika strek, vermy almal die onderwerp soos wat melaatsheid vermy word.

Wat egter betekenisvol is, is die feit dat die land se president deur ’n regbank van 11 regters skuldig bevind is daaraan dat hy die Grondwet geskend het, en dat hy nou gehoor moet gee aan wat advokaat Madonsela as openbare beskermer aanbeveel het.

Dit is om die minste te sê, ’n geweldige vernedering vir ’n land en sy president om gehoor te gee aan dit wat die Openbare Beskermer aanbeveel.

Daarbenewens is dit ewe vernederend vir enige regdenkende wat die amp van president beklee, om deur sy eie Minister van Finansies aangesê te word oor die bedrag wat hy verskuldig is aan die staat vir sy vergrype.

As dit ’n verantwoordelike president getref het dat hy deur die land se hoogste hofskuldig bevind is daaraan dat hy die Grondwet geskend het, dan betaam dit so ’n persoon om die eerbare weg te volg en uit die amp te bedank.

Dit blyk dat so ’n waardige stap nie sal gebeur nie, en daarom is dit nie vreemd dat opposisie lede dreig om Jacob Zuma in die toekoms te verhinder om ’n enkele woord in die parlement kwyt te raak.

Boere-Afrikaners is dit eens dat sulke optrede nooit aanvaarbaar sal wees vir die Westerling met sy hoë etiese waardestelsel nie, en dit veroorsaak ’n nog groter hunkering na volkome volksvryheid.

Redakteur

Artikel 19

Volksmoord aanklag teen Zuma?

Die moord op ’n boer van Groblersdal verlede Vrydag, en die aanval op mev. Van der Merwe in die Vaalwater omgewing het weer ernstige vrae na vore gebring oor die verantwoordelikheid van die Zuma-regering.

Ingevolge die Grondwet is die regering verantwoordelik om te sien dat die inwoners van die land veilig is, en moet die nodige maatreëls getref word om dit te verseker.

Een van die belangrikste maatreëls is oorweging om die doodstraf weer in te stel, veral op gevalle van koelbloedige moord soos die geval in Groblersdal waar ’n stuk of vyf terroriste die boer ingewag het op sy plaas en hom met ’n mes doodgesteek het.

Tans is die tronke ’n lekker blyplek, met drie borde kos elke dag, en ’n bed om op te slaap, eintlik ’n uitkoms vir leeglêers wat hulle ophou met moorde op blankes.

Die tweede moontlikheid wat die onverskillige regering moes oorweg het teen hierdie tyd, is om sulke moordenaars in ’n straf-kamp te laat klippe kap.

Hulle kan mooi stewige hop-huise daarmee bou in lokasies.

Die feit dat die regering nooit melding maak van die moorde op blankes nie, en dit nie veroordeel nie, skep die indruk dat hulle hulself rassisties verlekker daarin, want ’n groot bohaai word opgeskop as ’n blanke ’n swarte te na kom, wat nog as dit ’n koelbloedige moord sou wees.

’n Voorbeeld van rasse-haat word gesien in die parool aansoeke van Derby-Lewis en Walus wat met skerp opmerkings en optrede teengestaan is deur Hani se mense en ’n ANC minister.

Die aantal moorde op blankes sedert die Ruwe Suid-Afrika tot stand gekom het strek reeds vêr oor die 1000 onskuldige mans, vroue en kinders, en sal met die bestaande kommunisties gesinde regering se benadering, nie ophou voor die laaste blanke vermoor is nie.

Dit is geregverdig om ’n klag van misdaad teen ’n volk aanhangig te maak op internasionale vlak.

Marie Odendaal – Vryburger

Artikel 20

ie Sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe het party leiers inTransvaal gewaarsku dat sou hul Zuma beledig vanaf openbare verhoë hul die prys sal betaal.

Dit volg na oproepe van organisasies en individue dat Zuma moet bedank.

Trevor Manuel, Mavuso Msimang, Ahmed Kathrada en selfs Gauteng premier David Makhura is van die hoë koppe wat Zuma se kop eis.

Besware moet glo in die binnekamers van die ANC gelug word.

Ontleders sê die druk begin wys maar Jacob Zuma byt vas, want as hy moet padgee, is daar ’n groot moontlikheid dat ht vervolg kan word. – Vryburger

 

 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment