Dinsdag 12 Julie

SAUK Radio Nuus berig vir Dinsdag, 12 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

 Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1)Die SAUK se bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng het by ‘n mediakonferensie in Johannesburg gesê hy gaan Operasie Skoonmaak instel, ingevolge waarvan interne verdeeldheid hanteer sal word. Tydens die mediakonferensie is ‘n man uit die lokaal verwyder wat ‘n plakkaat gewys het waarop ‘n einde van sensuur en suiwering geëis word.

2)Die SAUK sal Okosa se opdrag dat ‘n besluit herroep moet word om nie nuusdekking te gee aan gewelddadige betogings nie, na sy regspan verwys. Die voorsitter van die SAUK-raad, Mbulaheni Maguvhe het by die mediakonferensie volgehou dat die besluit oor beeldmateriaal van gewelddadige betogings, die regte besluit was. Okosa het die SAUK tot Maandag tyd gegee om te reageer.

3)Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela het vroeër bevestig dat sy gaan ondersoek instel of bestuurskwessies by die SAUK verbeter of verswak het sedert haar verslag twee jaar gelede. Madonsela het in Februarie 2014 haar verslag oor bestuurstekortkominge by die SAUK bekendgemaak. Sy het verskeie kwessies, onder meer beweerde magsmisbruik en wanadministrasie in haar verslag uitgelig.

4)Dit wil voorkom asof die twee Suid-Afrikaanse broers wat na bewering bande met die I.S.-groep het, bomme by die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Suid-Afrika wou plant. Die broers en nog twee verdagtes is die naweek in Newclare en Florida in Johannesburg in hegtenis geneem. Die moontlikheid van die bomaanvalle blyk uit die klagstate teen Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie wat in die Johannesburse landdroshof verskyn het. Die ander twee verdagtes sal na verwagting in die Kagiso-landdroshof verskyn. Die saak ten die twee broers is tot 19 Julie uitgestel. Die Amerikaanse ambassade het verlede maand ‘n terreurwaarskuwing gerig dat aanvalle by supermarkte in Suid-Afrika kan voorkom, maar die departement van internasionale betrekkinge het daarvan verskil.

5)Die Suid-Afrikaanse mynmaatskappy, Sibanye Gold, is weer in samesprekings met vakbonde om werkers by die Cooke 4-myn te veminder, ná groot verliese. Die maatskappy het in November 2014 met vakbonde in gesprek getree oor afleggings. Sedertdien het Cooke 4 nie sy produksie-teikens gehaal nie en is die maatskappy verplig om weer oor afleggings te onderhandel. Die bestuurshoof van Sibanye Gold, Wayne Robinson sê dié myn stel die volhoubaarheid van hul ander drie Cooke-myne in gevaar. Die Cooke-myne het in 2015 ‘n verlies van sowat vier-miljoen rand getoon.

6)Die Britse premier, David Cameron sê Brittanje sal teen Woensdag ‘n nuwe premier hê. Cameron sê hy sal Woensdag sy bedanking indien, waarna Theresa May die hoof van die regering sal word. May is die enigste kandidaat vir die pos nadat Andrea Leadsom haar aan die leierskapstryd onttrek het. Die Britse minister van finansies, George Osborn het May se oorwinning verwelkom.

7)Intussen word berig dat die dood van die vyf polisiebeamptes in Dallas die Demokratiese presidentskandidaat, Hillary Clinton se taak aansienlik bemoeilik omdat sy Amerikaanse kiesers moet gerusstel oor maatskaplike onrus, terwyl sy aktiviste teen polisiegeweld moet probeer kalmeer. Clinton kan nie bekostig om die swart kiesers te vervreem voor die verkiesing in November deur sterk standpunt in te neem teen die onlangse protesoptogte in Louisana en Minnesota waar honderde mense in hegtenis geneem is nie. Sy kan ook nie toelaat dat gematigde kiesers na Donald Trump oorloop na al die geweld op televisie nie.

8)Die president van Suid-Sudan, Salva Kiir het ‘n skietstilstand deur sy weermag aangekondig en sê hy is gereed om met sy teenstaander, vise-president Riek Machar saam te werk. Dit volg na hewige gevegte in die hoofstad, Juba, wat gedreig het om die land weer in ‘n burgeroorlog te dompel. Soldate is gelas om na hulle barakke terug te keer en geen nuwe voorvalle is aangemeld nie. Intussen het die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-Moon die veiligheidsraad versoek om streng sanksies teen Suid-Sudan in te stel.

9)Die 55ste Bergrivier kanowedvaart skop vandag in die Paarl af met ‘n tydtoets. Die wedvaart oor 240 kilometer begin more amptelik in die Paarl en eindig Saterdag in Velddrift aan die Weskus. Die tienmalige kampioen, Hank McGregor is die gunsteling, maar vanjaar se deelnemers sluit onder meer die K2 wêreldkampioen, Adrian Baros van Hongarye in. In die vroue-afdeling sal die huidige kampioen, Bianca Beavitt, sake uitspook teen die 2013-wenner, Jenna Ward en die Suid- Afrikaanse kampioen, Nicky Russell wat aan haar eerste Bergrivier wedvaart deelneem.

10)Amerika het ses miljard rand bewillig om die VIGS-pandemie in Suid-Afrika te beeïndig. Die minister van gesondheid, Aaton Motsoaledi sê sowat sewe miljoen mense in Suid-Afrika leef met M.I.V en dat die geld gebruik sal word om teen-Vigs-programme uit te brei. Motsoaledi sê 180-duisend Suid-Afrikaners is verlede jaar in die land aan VIGS-verwante siektes dood. Die skenking word deur die Amerikaanse president se noodplan vir VIGS-verligting gedoen. Die 21ste Internasionale Vigskonfrensie begin intussen aanstaande week in Durban. Na verwagting sal bykans 20-duisend mense van 183 lande die konferensie bywoon. Lede van die publiek is gevra om môre swart, wit en rooi te dra om in die aanloop tot die konferensie die fokus op Vigs-kwessies te plaas.

11)Die Airlink Lugdiens het om verskoning gevra vir ‘n foutiewe kapingsein wat op ‘n Avro RJ-vliegtuig tussen Kaapstad en Pretoria uitgestuur is. Die sein het daartoe gelei dat die polisie en metropolisie op die Wonderboomlughawe toegesak het. Volgens Airlink is die vliegtuig, die passiers en die bemanning veilig. Airlink het met ‘n ondersoek begin na die oorsaak van die foutiewe sein. Die lugdiens se uitvoerende hoof, Rodger Foster het passasiers vir hulle geduld en kalmte bedank.

12)Die Hooggeregshof in Limpopo het ‘n reeksverkragter 22 lewenslange gevangenisstrawwe opgelê. Die 51-jarige Jonas Kgabo Moshabi is Vrydag skuldig bevind op verskeie aanklagte waaronder verkragting, poging tot moord, huisbraak en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Hy het 32 vroue van 2005 tot 2012 in en om Seshego verkrag.

13)Die Franse president Francois Hollande het die digitale opnames van die Rivonia-verhoor waarin oud-president Nelson Mandela lewenslange gevangenisstraf opgelê is, aan president Jacob Zuma oorhandig. Die oudio-opnames van die 1963-64 hofsaak is deur Frankryk se Nasionale Oudiovisuele Instituut herstel en digitaal opgeneem. President Zuma sê die nuwe opnames sal sorg dat ‘n waardevolle deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis bewaar sal bly. Zuma is op ‘n staatsbesoek aan Frankryk.

14)Twee adjunk-balju’s en ‘n gevangene is dood in ‘n skietery buite ‘n hofgebou in St Joseph in die Amerikaanse staat Michigan. Nog twee mense is gewond, terwyl verskeie ander beseer is. Die Amerikaanse polisie sê die aanvaller is ‘n gevangene wat een van die balju’s se vuurwapen afgeneem het. Hy het op mense losgebrand in sy poging om te ontsnap. Polisiebeamptes het die aanvaller doodgeskiet. Dit volg na die noodlottige voorval in Dallas in Texas verlede week toe vyf polisiebeamptes doodgeskiet is. Die skerpskutter, wat as ‘n reservis in die weermag gedien het, is deur die polisie doodgeskiet. Hy het voor sy dood gesê die dood van die polisielede was uit weerwraak vir die dood van twee swartmans wat deur die polisie doodgeskiet is.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  – Gedeeltelik Bewolk  en  warm –  met ‘n min 27 max van 35

Nelspruit –  Mooiweer  met ‘n  min van 2 en ‘n max van 24

Pretoria  – Mooi weer met ‘n  min van 7 en max van 24

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 4 en max van 19

Vereeniging – Mooi weer met ‘n  min 5 en max van 23

Bloemfontein – Mooi weer – met min 5 ‘n max van 19

Durban – Mooi weer met ‘n min van 15 en max van 26

Rustenburg –  Mooi weer met ‘n min 4 en max van 22

Oos London –  Mooi weer met ‘n min 16 en max van 24

Kaapstad –Bewolk min van 10 en max van 22

Upington – Mooi weer met ‘n min van 11 en max van 22

Sutherland –Mooi weer met Min 3 en max 14

PE – Gedeeltelik bewolk met ligte reen naby met ‘n min 16 en max van 20

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig 

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.

ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

                                    KRAG VIR DIE DIE DAG

  1. Mattheüs 10:8 – “Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.”

         Cathy Viljoen se “Meer as Ooit”

Huidiglik:

 Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

3nm weeksdae – Dit wat saak maak met Mariska Delene 

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

 

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus @saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment