Dinsdag 16 Augustus

Noodberigte

4 rigting by Riamarpark na Ekandustria is vol klippe en stokke word voor jou voertuig geswaai

By die vieringting stop kerk &  Groblersdal pad, staan ‘n klomp mense en hulle het die baan rigting Balmoral toe vol gepak met klippe. En dan het is daar ‘n klomp mense met stokke gekry in De la Rey str oppad hoërskool koshuis toe.Wees asb versigtig

Vanaf Kusile. Protesdeerders maak ook nou daar toe. Hele gebied tot by ouetehuis is daar mans wat loop met stokke en veral in Masada

Klippe op brug rigting Cultura Versterpark. Vure brand . Rigting dorp toe oop

Betogers op snelwegbrug Cultura/Versterpark laat jou in dorp maar keer jou ad jy wil uit. Vermy roete. Ry deur Culturapark OTK om na dorp.

Stasiebevelvoerder bevestig groepe van 30-40 mense op N4 by Bronkhorstspruit/Witbank afrit, Pretoria/Bronkhorstspruit 4-rigting stop & R25 rigting Balmoral 4-rigtingstop versper paaie. Polisie monitor situasie.

SAUK Radio Nuus berig vir Dinsdag, 16 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Vreemde politieke koalisies word verwag teen more as die DA sy koalisievennote amptelik bekend gaan maak. Op hierdie stadium wil dit egter voorkom of die DA inderdaad in die politieke bed gaan spring met die radikale en uitgesproke kommunistiese en rassistiese EFF van Julius Malema.

In politieke kringe word gesê dit is heeltemal begryplik dat geen party sommer goedsmoeds met die ANC in koalisie wil gaan nie, aangesien sy reputasie van wanbestuur en korrupsie oor die afgelope meer as twintig jaar, enige moontlike vennoot se geloofwaardigheid onmiddellik in gedrang sal bring. Hoe dit egter moontlik gaan wees dat partye wat as absolute teenpole beskou word, met mekaar gaan probeer saamwerk, kan ‘n tot dusver ongekende oefening in politieke opportunisme word, meen waarnemers.

Skynbaar het die DA se Wes-Kaapse leier, die oud PAC-lid, Patricia de Lille,  agter die skerms gewoel om die EFF se grondgrypbeleid te akkommodeer in ‘n moontlike koalisie. Dit word gesien as ‘n toegewing deur die DA en ‘n oorwinning vir die EFF, met die landbouers as die waarskynlike groot verloorders.

Intussen doen sterk beweringe die rondte dat in terme van die ooreenkoms, die DA die burgemeester in Pretoria sal aanwys, en dat die EFF dan die burgemeester in Johannesburg sal aanwys, of omgekeerd.

Kleiner politieke partye se name word ook as moontlike koalisievennote met die DA genoem, naamlik die IVP, UDM en VF+.     

2) Nadat die DA met swier aangekondig het dat hy na die onlangse plaaslike regeringsverkiesing die wenner is in die Nelson Mandelabaai Metro, wat Port Elizabeth insluit, het die ANC se Danny Jordaan gesê die DA moet nie te seker wees van homself nie.

Alhoewel die DA die meeste stemme behaal het, het hy nie die meerderheid van vyftig plus een behaal nie, wat beteken dat hy koalisievennote moet kry. Dit is egter so dat die ANC ook kan probeer om deur middel van ‘n koalisie die mag in hande te hou. Alhoewel Jordaan nie verder uitgewei het oor watse moontlike troefkaart hy in hande het nie, het hy die insinuasie gelaat dat hulle wel moontlik teen alle verwagtinge in enkele vriende het wat hulle kan help om aan hulle posisie van mag vas te klou.

Dit kan ‘n besonder interessante verskynsel wees as ‘n bepaalde politieke party op een plek met die ANC ‘n koalisie aangaan, en op ‘n ander plek met die DA. Dit kan die volgende vyf jaar lei tot heelwat onbestendigheid as politieke partye oor en weer van koalisievennote kan verander, meen politieke ontleders.

3) Die polisievakbond Popcru het die aanval op vyf beamptes van Korrektiewe Dienste by die Sun City-tronk, suid van Johannesburg, veroordeel. Die beamptes is met skerp voorwerpe gesteek toe hulle ingegryp het in ‘n geveg tussen lede van twee tronkbendes. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê behoorlike rehabilitasie is nodig om sulke voorvalle te voorkom. Mamabolo sê ‘n voorstel dat kringtelevisiekameras in tronke aangebring moet word, sal nie werklik help om dié soort misdaad te bekamp nie. Hy meen gevangenes moet eerder vaardighede aanleer waarmee hulle ná hul vrylating ‘n lewe buite die tronk kan hê sodat hulle hul nie weer tot misdaad hoef te wend nie.

4) Die Wes-Kaapse minister van Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, het sy kommer uitgespreek oor beweerde dreigemente deur die provinsiale hoof van die Departement van Justisie, Hishaam Mohamed. Hy dreig om aanklagte te lê teen ‘n senior polisiebeampte van Mitchell’s Plain op die Kaapse Vlakte wat na bewering sy departement gekritiseer het. Generaal-majoor Gregory Goss het na bewering gesê dat bendelede wat skuldig bevind is, ligte vonnisse deur die departement opgelê word. Plato sê Goss se stelling is kwetsend, maar sy bewerings is nie ongegrond nie.

5)  Die polisie en metropolisiebeamptes het ‘n grootskaalse veiligheidsoperasie in en om Mthatha in die Oos-Kaap gehou. Dit volg nadat taxigeweld sewe lewens die afgelope paar maande geëis het. Padblokkades is opgestel op die N2 naby Mthatha en die R61 buite die stad. Meer as 50 motoriste is in hegtenis geneem vir verskeie oortredings. ‘n Polisiewoordvoerder sê hulle sal voortgaan met die padblokkades en operasie totdat die geweld beëindig word.

6) Die eerste Afrika-droogtekonferensie het gister in Windhoek, Namibië begin en word bygewoon deur meer as 600 internasionale afgevaardigdes. Dit sluit in ministers van Afrika en verteenwoordigers van agentskappe van die Verenigde Nasies. Die Namibiese ministerie van Omgewing en Toerisme is die gasheer vir die konferensie. Daar sal gefokus word op die identifisering van spesifieke behoeftes van Afrika-lande in droogtetoestande. Die konferensie duur tot Vrydag.

7) Die minister van polisie het ‘n Transformasie Taakspan van stapel gestuur. Dit volg na ‘n aanbeveling deur die Farlam-kommissie. Die kommissie het gevra dat die polisiediens meer professioneel bestuur word. Die polisie het skerp kritiek gekry oor hul optrede tydens die staking by Marikana in 2012, toe die polisie 34 stakende mynwerkers doodgeskiet het. Die minister van polisie, Nathi Nhleko sê die taakspan sal onder meer kyk na openbare orde polisiëring en watter soort wapens ontplooi word.

8) ‘n Familielid van die vrou wat tronk toe gestuur is vir die ontvoering van Zephany Nurse, sê die tiener gaan gebroke wees omdat die vrou die enigste ma is wat sy ken. Die vrou van Lavender Hill op die Kaapse Vlakte is tot effektief 10 jaar gevangenisstraf gevonnis in die Wes-Kaapse Hooggeregshof gevonnis. Sy het Zephany uit die Groote Schuur-hospitaal ontvoer toe sy drie dae oud was. Regter John Hlophe sê die ontvoerder het geen berou getoon nie en die Nurse-familie ongekende skade aangedoen.

9) Die DA se hoofonderhandelaar, James Selfe sê sy party het gefinaliseerde koalisievoorstelle aan die EFF en ander partye voorgelê en wag nou op terugvoer. Selfe sê die EFF se sentrale bestuur kom vanaand byeen om te besluit oor koalisievorming. ‘n Aankondiging word teen Woensdag verwag. Intussen het die DA die munisipaliteite waar hy hoop om in koalisie oor te neem, gevra om die verpligte eerste vergaderings uit te stel totdat die koalisieproses afgehandel is. Intussen sê die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty in Gauteng dat hy onderneem om ondersteuners teen DA-EFF-koalisies te mobiliseer in metro’s waar die ANC nie ‘n volstrekte meerderheid behaal het nie. ‘n Woordvoerder van die SAKP, Jacob Mamabolo sê die armes het vir die EFF gestem en die party kan homself nie met wat hy noem, die imperialistiese DA assosieer nie.

10) Die Hoër Onderwys Transformasie-netwerk het ‘n beroep op die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande gedoen om ‘n voorstel deur die Raad op Hoër Onderwys te verwerp. Die Raad het voorgestel dat hoër onderwys-instellings hulle klasgelde aanstaande jaar met ses persent verhoog. Studente-organisasies dreig egter met klasboikotte en betogings indien klasgelde verhoog word. Die netwerk sê die minister moet wag totdat ‘n presidensiële kommissie oor hoër onderwys sy bevindings oor die lewensvatbaarheid van gratis onderrig bekendgemaak het. ‘n Woordvoerder van die netwerk, Hendrick Makaneta het ‘n beroep op die minister gedoen om die proses van die kommissie te respekteer, aangesien voortydige aankondigings kan lei tot protesoptrede.

11) Samesprekings oor die staking in die petroleumbedryf was gister  in Johannesburg hervat. Werkers van die nasionale petroleumwerkgewersvereniging het twee weke gelede begin staak. Die staking het tot dusver nie grootskaalse tekorte by vulstasies veroorsaak nie. Die adjunk-voorsitter van die vereniging, Zimisele Majamane sê hulle sal weer vandag om twee-uur begin onderhandel. Hy sê die werkers en die werkgewers is optimisties dat `n loonooreenkoms bereik kan word.

12) Die sakeregte waghond, AfriSake het gisteroggend begin om talle onwettige grondbesetters net buite Brits in Noordwes te verwyder. Die operasie word uitgevoer met behulp van die balju, die Rooimiere en die Suid-Afrikaanse Polisiediens. AfriSake en drie applikante het op 29 Junie ‘n tussentydse hofbevel in die Pretoriase Hooggeregshof verkry. Die woordvoerder van AfriSake, Stefan Pieterse sê eiendomsreg in Suid-Afrika moet beskerm word en dit is die staat se verantwoordelikheid om behuising aan die grondbesetters te voorsien.

13) Die assistent-bestuurder van die departement van binnelandse sake wat deur die Valke vir bedrog en korrupsie in Giyani in Limpopo aangekeer is, Het gister in die Musina-laddroshof om borgtog aansoek doen. Hy is verlede week in hegtenis geneem omdat hy glo in 2012 omkoopgeld van asielsoekers by die vlugtelingkamp in Musina gevra het. Hy word van bedrog, korrupsie en afpersing aangekla. Die ander immigrasiebeampte by die Beitbrug-grenspos wat op soortgelyke aanklagte tereg staan, is Vrydag op borgtog van twee-duisend rand vrygelaat. Die Valke het die afgelope twee maande 17 verdagtes in Musina en by die grenspos in hegtenis geneem. Van hulle is reeds skuldig bevind.

14) Die Parlement begin weer vandag met sy werksaamhede met parlementslede wat vir die derde kwartaal terugkeer vir hulle parlementêre sessies tot einde September. Sewe-en-twintig vergaderings van die Nasionale Raad van Provinsies en komiteevergaderings van die Nasionale Vergadering sal vandeesweek plaasvind. Die Nasionale Raad van Provinsies sal onder andere ‘n debat hou oor Vrouedag, terwyl die Nasionale Vergadering se Reëlskomitee vanmiddag vergader om riglyne oor die reëls af te handel.

15) Bendegeweld op die Kaapse Vlakte is gister onder die soeklig geplaas op die eerste dag van die Suid-Afrikaanse Nasionale Konferensie oor Geweld. Dit is die eerste keer dat ‘n konferensie van dié aard in die land gehou word. Die kwessie van vreemdelingehaat en geweld teen gays en lesbiese vroue is bo-aan die agenda. Daar word gehoop dat oplossings vir die geweld gevind sal word. Die konferensie eindig môre.

16) ‘n Vrou van Venezuela is by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe aan die Oos-rand vasgetrek met kokaïen wat in Kubaanse sigare versteek was. Sy was afkomstig van Brasilië en onderweg na Hong Kong. Sy is met haar aankoms op die O.R. Tambo lughawe, vir haar aansluitingsvlug, deur doeanebeamptes deursoek. ‘n Woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Janine Mqulwana, sê die vrou het agt-kilogram kokaïen ter waarde van twee-miljoen rand by haar gehad. Die dwelmmiddel was in honderd sigaaromhulsels versteek.

17) Die Oos-Kaapse polisie soek na ‘n verdagte in verband met die moord op ‘n 17-jarige leerder van Uitenhage. Die tiener is na bewering in die bors gesteek ná ‘n argument met ‘n man. Hy is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

18) ‘n 32-Jarige man wat van die moord op ‘n sesjarige seun van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap verdink word, sal tot sy volgende hofverskyning agter tralies bly. Die verdagte het gister vlugtig in die hof verskyn vir die moord en poging tot verkragting op die seun se ma. Sy het verlede Vrydag haar ses- en agtjarige seuns skool toe geneem waartydens die verdagte hulle voorgekeer en geld geëis het. Sy kon nie geld aan hom gee nie en hy het ‘n gebreekte bottel uitgepluk en wou haar verkrag. Haar sesjarige seun het haar te hulp gesnel en die man het die kind verskeie kere met die bottel gesteek. Sy agtjarige boetie het hulp ontbied. Die verdagte moet weer Maandag in die hof verskyn vir sy borgtogaansoek.

19) Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Jonathan Jansen, het Suid-Afrika se gouemedaljewenner, Wayde van Niekerk, se oorwinning by die Olimpiese Spele bestempel as die grootste prestasie by verre van enige Kovsie in 114 jaar. Die 24-jarige Van Niekerk het ‘n nuwe wêreldrekord in die 400 meter opgestel met ‘n tyd van 43-komma-nul-drie-sekondes en Suid-Afrika se eerste gouemedalje ingepalm. Jansen sê die feit dat hy die Amerikaner, Michael Johnson, se rekord verbeter het, maak van hom ‘n rolmodel vir miljoene Suid-Afrikaners.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Gedeeltelik Bewolk Met Ligte Reen –  met ‘n min 26 max van 35

Nelspruit –  Gedeeltelik Bewolk – met ‘n  min van 13 en ‘n max van 25

Pretoria  – Mooi Weer met ‘n  min van 10 en max van 24

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 8 en max van 22

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 10 en max van 25

Bloemfontein –Gedeeltelik Bewolk – met min 12 ‘n max van 23

Durban – Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min van 19 en max van 23

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 10 en max van 24

Oos London – Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min 18 en max van 21

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 11 en max van 22

Upington – Mooi Weer – met ‘n min van 17 en max van 28

Sutherland –Gedeeltelik Bewolk met Min 6 en max 16

PE- Gedeeltelik Bewolk Met Ligte Reen – met ‘n min 14 en max van 19

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Jesaja 57:15 – “ Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.”

Psalms 126:2-3 – “ Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen. Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!”

Twila Paris se “He Is Exalted”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment