Dinsdag 19 Julie

SAUK Radio Nuus berig vir Dinsdag, 19 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@ saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

 Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@ sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Die voorsitter van die ANC in Gauteng, Paul Mashatile sê alle Suid-Afrikaners, insluitend opposisiepartye, het die reg om oudpresident Nelson Mandela te vereer. Mashatile het by die Gautengse premier, David Makhura, die ANC se burgemeesterskandidaat vir die Tshwane Metro, Thoko Didiza en die voormalige politieke gevangene, Ahmed Kathrada aangesluit by die Uniegebou in Pretoria. Die ANC-leiers het as deel van Mandeladagvieringe ‘n sirkel van eenheid rondom die standbeeld van Mandela gevorm. Die Mandela-familie het onlangs die DA gekritiseer omdat die party Mandela se stem in ‘n verkiesingsadvertensie gebruik het. Mashatile sê hulle het nie ‘n probleem met enigeen wat Mandela wil vereer nie, aangesien hy die vader van die nasie was. Hy sê egter dit is verkeerd om Mandela se nalatenskap van die van die ANC te probeer skei, aangesien Mandela dit duidelik gemaak het dat hy ‘n ANC-lid sou bly tot sy dood.

2)Intussen het duisende mense landwyd vandag vir 67 minute goeie dade verrig om Mandeladag te vier. Skoene, komberse, handoeke en sanitêre hulpmiddels is in baie plekke geskenk, terwyl skoonmaak en opknappingsprojekte uitgevoer is en skole oorhandig is. In Orange Farm, suid van Johannesburg het die nie-regeringsorganisasie Habitat for Humanity die dag saam met gemeenskapslede deurgebring om aan hulle basiese selfdoen-vaardighede te leer. Dit sluit in om gloeilampe te vervang, loodgieterswerk en teëlwerk. Gemeenskapslede het die inisiatief verwelkom.

3)Die vakbond Nehawu in die Wes-Kaap sê hulle gaan die Parlement onregeerbaar maak tot daar aan hulle eise voldoen word. Daar is sedert verlede jaar ‘n dispuut tussen Nehawu en die bestuur van die Parlement oor salarisverwante kwessies. Die provinsiale strukture van Nehawu het die media vandag toegespreek. Hulle het ‘n beroep op die ANC en die voorsittende beamptes van die Parlement gedoen om in te gryp, of gereed te maak vir ‘n stryd. Die provinsiale sekretaris, Eric Kweleta sê hulle gaan ook ‘n optog hou na die provinsiale kantore van die Openbare Beskermer om ‘n memorandum te oorhandig wat eis dat bewerings van wanadministrasie teen die sekretaris van die Parlement, Gengezi Mgidlana ondersoek word. Kweleta sê Mgidlana skend die grondwetlike regte van werkers en beweer dat hy die steun van die voorsittende beamptes en die ANC het.

4)Die familie van ‘n ANC-kandidaat wat vanoggend op Harding in die suide van KwaZulu-Natal doodgeskiet is, het ‘n beroep gedoen vir die spoedige inhegtenisname van die moordenaars. Die 41-jarige Bongani Skhosana was oppad na sy motor toe hy vroegoggend voor sy huis deur gewapende mans doodgeskiet is. Daar was ook kinders in sy voertuig wat hy skool toe sou neem, maar hulle is ongedeerd. Minstens 10 ANC-lede en leiers is reeds in die provinsie vermoor in aanloop tot die munisipale verkiesing op 3 Augustus. Skhosana se familie sê hulle vermoed dat die motief vir die aanval polities is.

5)’n Busbestuurder is by Greewood Park, noord van Durban deur onbekende aanvallers doodgeskiet. ‘n KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, Thulani Zwane sê die busbestuurder was besig om passasiers op te laai toe hy aangeval is. Dit is nog nie duidelik wat die motief vir die moord is nie, en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

6)President Jacob Zuma het sy skok uitgespreek met die dood van die renjaer en televisie-aanbieder, Gugu Zulu wat vanoggend dood is terwyl hy Berg Kilimanjaro in Tanzanië geklim het. Hy was deel van ‘n Trek4Mandela-span wat beplan het om die piek vandag, op Mandeladag te bereik. Hy het egter asemhalingsprobleme ontwikkel. Zulu was betrokke by verskeie afdelings van motorsport – as jaer, finansiële bestuurder, ambassadeur en TV-aanbieder. `n Presidensiële woordvoerder, Bongani Ngqulunga sê Zuma is hartseer oor die dood van Zulu. Hy sê Zulu was `n goeie sportman wat betrokke was by gemeenskapsprojekte. Zuma het sy familie steun toegewens.

7)Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki Moon het ‘n beroep gedoen dat die internasionale konferensie oor Vigs in Durban die gaping sal verklein tussen diegene wat teenvigs-middels gebruik, en diegene wat steeds nie toegang tot die behandeling het nie. Ban het die media in Durban toegespreek. Hy het ook ‘n beroep op rolspelers gedoen om die stigma en diskriminasie teen mense met MIV/Vigs, veral in kwesbare groepe, te beëindig. Hy het bevestig dat dit sy laaste Vigs-konferensie as sekretaris-generaal van die VN sal wees. Agtienduisend afgevaardigdes woon die weeklange konferensie by.

8)Die SAUK het verskeie joernaliste afgedank wat onlangs geskors is of teen wie tugstappe geneem is. Dit is in die stadium nie seker hoeveel afdankingsbriewe die SAUK uitgestuur het nie. Die agt joernaliste wat betrokke is, is Busisiwe Ntuli, Krivani Pillay, Jacques Steenkamp, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko, Thandeka Gqubule, Foeta Krige en Suna Venter. Hulle het Vrydag ‘n aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien om die openbare uitsaaier se klagtes teen hulle onwettig te laat verklaar. Die SAUK se woordvoerder, Kaizer Kganyago, het die afdankings bevestig.

9)Die SAUK het intussen weer gesê dat hy slegs `n aanbeveling van die kommunikasie-owerheid Okosa gekry het om sy besluit om nie gewelddadige protesoptrede uit te saai nie, te herroep. Die uitsaaier sê hy het `n nuwe brief aan Okosa se komitee vir klagtes gestuur om sy standpunt te verduidelik dat volgens die SAUK, daar nie `n beslissing of bevel teen hom gemaak is nie. Die uitsaaier sê Okosa se besluit is nie aan die voorsitter van die SAUK raad oorgedra nie. Daar is ook nog geen bevestiging dat Okosa se raad die beslissing bekragtig het nie.

10)`n Tweede ANC-wykskandidaat is binne 24 uur is in KwaZulu-Natal doodgeskiet. Die 41-jarige Khanyisile Ngobese-Sibisi is in Ladysmith in `n lokval doodgeskiet nadat sy `n Mandeladag-geleentheid bygewoon het. Sy is verskeie kere raakgeskiet en het op pad na die hospitaal gesterf. Vroeër vandag is Bongani Skhosana by sy huis in Harding in die suide van die provinsie doodgeskiet. Meer as tien 10 ANC-lede en leiers is reeds in die provinsie vermoor in die aanloop tot die munisipale verkiesing op 3 Augustus. `n Provinsiale polisiewoordvoerder, Thulani Zwane sê Ngobese-Sibisi was saam met ander mense in die motor toe `n groep mense op hulle losgebrand het. Die ander insittendes is nie beseer nie. Die ANC-vroueliga het die aanval veroordeel en beskryf dit as `n barbaarse misdaad.

11)Duisende aktiviste van regoor die wêreld het ‘n optog deur die strate van Durban gehou voor die amptelike opening van die internasionale konferensie oor Vigs, en waarsku dat dit nog te vroeg is om te praat oor die einde van Vigs. Die VN Vigs-program se doelwit is om MIV/Vigs as ‘n bedreiging vir openbare gesondheid te beëindig. In die aanloop tot die konferensie het talle mense begin verwys na die einde van Vigs. Die hoofsekretaris van die drukgroep Treatment Action Campaign, Anele Yawa sê egter daar is nog baie probleme met openbare gesondheidsorgstelsels. Yawa sê Suid-Afrika het die grootste getal mense wat teenvigsmiddels gebruik, maar daar is steeds talle mense wat ophou om die middels te gebruik. Volgens Yawa kan daar nie gepraat word oor ‘n einde aan Vigs voordat die onderliggende probleme opgelos word nie.

12)Die VN se boodskapper van vrede, Charlize Theron, sê sy wil die stem vir jong meisies en seuns met Vigs wees. Die Suid-Afrikaans gebore Oscar-wenner was deel van paneel van hooggeplaastes wat die Vigskonferensie toegespreek het. Theron sê insiggewende vordering kan slegs gemaak word indien die uitdagings van die jeug aangespreek word.

13)`n Onafhanklike verslag oor dwelmisbruik onder Russiese sportmanne en -vroue het verdoemende getuienis gevind van wydverspreide staatsbeheerde kullery met die Winterspele van 2014 in Sochi en ander sportbyeenkomste. Russiese atlete is reeds verbied om aan die Olimpiese Spele in Augustus in Rio de Janeiro deel te neem. Hierdie verslag van die agentskap teen dwelmisbruik, WADA sal nog verdere druk plaas op versoeke dat die hele Russiese span verbied word. Volgens die verslag het die Russiese ministerie vir sport toegesien dat uitslae van dwelmtoetse gemanipuleer word. Die president van die Internasionale Olimpiese Komitee, Thomas Bach het die bevindinge as skokkend beskryf. Hy sê dit is `n ongekende aanval op die waardes van sport en die Olimpiese Spele. Bach sê hulle sal nie skroom om die strafste moontlike stappe te neem nie.

14)Die Verkiesingskommissie het `n direktoraat vir verkiesingsoortredings geskep om te verseker dat alle politieke partye die verkiesingskode vir die munisipale verkiesing op 3 Augustus nakom. Die direktoraat is in samewerking met die partye geskep om te help met die ondersoek van voorvalle en klagtes in aanloop tot die verkiesing. Dit is deel van die VK se pogings om seker te maak dat die verkiesing vry, regverdig en geloofwaardig is, veral in sekere Metro’s waar `n taai stryd verwag word. Die VK-voorsitter, Vuma Mashinini sê die nuwe direktoraat sal alle klagtes ondersoek.

15)’n Groep van meer as twintig lede van die Black Land First-beweging, oftewel die BLF, is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering die kantore van die Openbare Beskermer in Pretoria beset het. Hulle eis antwoorde op ‘n klagte wat sowat vyf jaar gelede ingedien is. Dit hou verband met bewerings dat 26-miljard rand tydens die Apartheidsjare deur sogenaamde wit kapitaal gesteel is. Die BLF eis ook terugvoering oor ‘n korrupsieklagte wat teen die sakeman Johan Rupert ingedien is. Die Openbare Beskermer en haar woordvoerder was nie by die kantore toe die voorval plaasgevind het nie, maar werksaamhede is vir meer as ‘n uur ontwrig. Die groep is na die Brooklyn polisiestasie geneem.

16)’n Berugte bendeleier in Noordwes, Paul Knowledge Mandlazi van die RAF 4-bende, is in die Zeerust Streekhof tot lewenslange tronkstraf en ‘n bykomende 59-jaar gevonnis. Mandlazi word verbind met verskeie plaasaanvalle in die gebied tussen 2012 en 2014. Hy is ook verlede maand in die Hooggeregshof in Pretoria gevonnis tot lewenslange tronkstraf plus 38 jaar, nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens. Die misdade is tussen Maart en Junie 2014 in die Brits-omgewing gepleeg met meestal kommersiële boere wat geteiken is. Hy het reeds sy vorige vonnisse begin uitdien.

17)Inwoners van Kaapstad se suidelike voorstede is versoek om water spaarsaam te gebruik weens instandhoudingswerk. Pypkoppelings sal tussen agtuur vanoggend en vieruur vanmiddag aan die nuwe hooftoevoerpypleiding in Kalkbaai se hawe en by Clovelly aangebring word. Die Departement van Water en Sanitasie sê hy sal verseker dat alle plaaslike opgaartenks genoeg water het.

18)Krediteure van die beleërde Oostelike Provinsie-rugbyunie wil hê die finale likwidasie van die unie moet voortgaan wanneer die saak op 4 Augustus in die hof aangehoor word. ‘n Aantal spelers het ‘n likwidasie-aansoek teen die unie gebring weens uitstaande salarisse van sowat 18-miljoen rand. Craig Jessop, wat die meerderheid van die spelers verteenwoordig, sê hulle gaan vra vir ‘n permanente likwidasie-bevel. Die rugbyunie is al sedert Maart onder voorlopige likwidasie. Die unie het in Mei tydelike verligting ontvang toe 20-miljoen rand van ‘n beloofde 80-miljoen rand borgskap oorbetaal is. Jessop sê egter hulle is gekant teen ‘n sakereddings-aansoek.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  Gedeeltelik Bewolk met ligte reen  –  met ‘n min 26 max van 35

Nelspruit –  Mooi weer  met ‘n  min van 6 en ‘n max van 26

Pretoria  – Mooi weer met ‘n  min van 8 en max van 23

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 5 en max van 19

Vereeniging – Mooi weer met ‘n  min 6 en max van 21

Bloemfontein – Mooi weer – met min 6 ‘n max van 20

Durban – Mooi Weer met ‘n min van 15 en max van 30

Rustenburg –  Mooiweer  met ‘n min 6 en max van 23

Oos London –  Mooi weer met ‘n min 15 en max van 30

Kaapstad –Bewolk met ligte reen met n min van 13 en max van 15

Upington – Mooi weer met ‘n min van 11 en max van 25

Sutherland –Gedeeltelik son  met Min 4 en max 13

PE- Deeltelik Bewolk met ‘n min 12 en max van 23

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig 

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.

ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

                                   KRAG VIR DIE DIE DAG

  1. 2 Korintiërs 3:18 – “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.”

1 Korintiërs 13:12 – “Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.”

Gerhard Steyn se “Meer wees soos U”

Huidiglik:

 Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus @saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment