Dinsdag 2 Augustus

SAUK Radio Nuus berig vir Dinsdag, 2 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Dit is met leedwese dat “Die Vryburger” moet rapporteer van die afsterwe van mnr. Abel Malan, ’n voormalige lid van die Boere-Afrikaner Volksraad. Mnr. Malan het ’n lang stryd gevoer teen sy siektetoestand, en is verlede Vrydag oorlede. Hy het opslae gemaak toe hy die rektor van ’n Universiteit gekonfronteer het, en moes uiteindelik ’n boete betaal vir sy optrede toe hy die man se lessenaar omgekeer het. Abel Malan sal deur Boere-Afrikaners onthou word as stryder en vegter vir sy volk se vryheid.   

 

2) Die Universiteit van Zululand is geskud met die skandaal dat meer as 4 000 valse grade “gegee” is aan mense oor die afgelope 20 jaar. Dit is veral in in die regs-, besigheidsadministrasie-, en opvoedkunde  departemente wat die onreëlmatighede plaasvind.  Ondersoek toon dat meer as 500 onderwysers kwalifikasies die afgelope tyd “uitgereik” is.  Die ondersoek beampte Kaptein Helberg ondersoek tans sake van bedrog, korrupsie, afpersing asook gedwarsboom van die gereg by die universiteit.  Twee weknemers by die Universiteit is reeds geskors , Dudu Myeni  SAL raadsvoorsitter het so ver terug as in 2009 gemeld dat sy ‘n BA graad by die universiteit  behaal het, ‘n stelling wat sy later terug getrek het as sou sy besig wees om daar te studeer.  Fooie wissel van R 500 – R 5000 vir module veranderings.  Komende van ‘n Universiteit wat sopas onder die top vier in SA gegradeer is wonder mens wat gebeur by die ander inrigtings.  Berig deur die Vryburger

3) Oproep word nou gemaak dat die SA Spoorweg Polisie weer her ingestel moet word. Die oproep is gemaak deur die Verenigde Nasionale Vervoer Unie (UNTU).Volgens UNTU is die oproep gedoen weens die toename in gewelddadige  misdade by spoorwegstasies reg oor die land Die Spoorweg Polisie is in 1986 ontbind. Veiligheid deskundiges se dieselfde vraag kan gevra word oor wanneer die Kommando stelsel weer terug gebring word om plaas moorde en plaas  aanvalle te bekamp. Berig deur die Vryburger

4) Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) poog om die politieke moorde te verhoed, maar is klaarblyklik nie daarmee suksesvol nie, en derhalwe word derduisende beamptes op 3 Augustus ontplooi.Die Minister van Polisie, Nathi Nhleko, en die waarnemende Nasionale Kommissaris van Polisie, Luitenant-Generaal Khomotso Phahlane, het in ’n gesamentlike verklaring bekend gemaak dat 100,000 polisiebeamptes ontplooi word om ’n oog te hou regoor die land tydens die munisipale verkiesing.Die verklaring lui voorts dat die polisie daarmee wil verseker dat stembus lokale veilig is vir die kiesers.Sowat 54,000 polisie sal die meer as 22,000 stemlokale van die Onafhanklike Verkiesings Kommissie bewaak.Die oorblywende 46,000 beamptes sal beweeg in die verkillende gebiede en op die uitkyk bly vir kwaaddoeners en moontlike geweldsmisdade. Volgens die minister is sowat 650 verkiesingslokale deur die polisie geïdentifiseer as hoë risiko lokale, waar meer polisie aan diens sal wees. Berig deur die Vryburger

5) n Aanlyn petisie wat ’n beroep doen op die groot instansies soos die bankier FNB en Vodacom om hulle advertensies by die nasionale uitsaaier te staak, het reeds honderde ondersteuners gekry.Die beroep word op maatskappye gedoen in die lig van die afgelope dae se chaotiese bestuurspraktyke by die SABC waar verskillende personeellede se werk in gedrang gekom het en uiteindelik afgedank is.Die hofuitspraak dat die verslaggewers weer in diens geneem moet word, en dat daar nie teen hulle opgetree mag word nie, is gisteroggend deur die SABC geïgnoreer.Die vier joernaliste wat die saak in die arbeidshof gewen het teen die SABC moes gister ervaar dat hulle nie toegelaat is om die perseel van die SABC hoofkantoor te betree nie.Die jongste skandaal tref die SABC op ’n tydstip vlak voor die munisipale verkiesing, en het die petisie om die uitsaaier te boikot deur advertensies te kanselleer, ’n groot hupstoot gegee.Later gistermiddag het die bestuur hulle deuntjie radikaal verander en het bekend gemaak dat al vier joernaliste heraangestel gaan word, asook drie van die joernaliste wie se saak nog nie voor die hof gedien het nie.Die skielike ommeswaai is die tweede standpunt wat binne enkele dae verander het.’n Vorige standpunt het ook verval nadat die Uitsaaiowerheid die SABC beveel het om gewelddadige handelinge op TV uit te saai wat aanvanklik deur die uitsaaier geweier is. Berig deur die Vryburger

6) Die voormalige senior werkers van die Nasionale lugdiens moet teruggebring word in hulle ampte, en die Minister van Finansies moet daarna omsien dat dit gebeur. Dit is die boodskap van mnr. Duvenhage van Outa wat gerig is aan die adres van die Minister van Finansies, Pravin Gordhan. Outa versoek dat die voormalige hoofbeampte, Walt meyer, en die voormalige Uitvoernde Hoof, Nico Bezuidenhout, asook die geskorste tesourier Cynthia Stimpel en Sylvain Bosc in hulle ampte herstel moet word en daarmee die kundigheidsvlak herstel tot wat dit vroeër was. Die SA Lugdiens het sedert die betrokke bestuurders vervang is, agteruit geboer en groot ekonomiese verliese getoon wat daarop dui dat die bedryf tegnies bankrot is as die staat nie finansieel ingryp nie. Minister Gordhan het Dinsdag gesê die SA Lugdiens benodig ’n “hele nuwe Raad” en bygevoeg dat “politieke huiswerk” nodig is om die regte persone te vind wat oor die kundigheid beskik om die Lugdiens weer op gesonde grondslag te kry. Outa sê in ’n verklaring die SAL het oor die afgelope paar jaar van sy mees kundige bestuurslede verloor wat oor die ervaring beskik om die Lugdiens te bestuur. Berig deur die Vryburger

7) Die nuutste syfers vrygestel toon dat 5,6 miljoen mense tans werkloos is.  Meer as 129,000 mense het hul werk in die tweede termyn van 2016 verloor.  As daar gekyk word na mense wat nie meer uitkyk vir werk nie, skuif die syfer op na 36,4% in die tydperk.  Die huidige ekonomiese toestand word as een van die hoofredes aangegee vir die verlies aan werksgeleenthede.  Statistiek SA gebruik twee stelsels om hul syfers te bekom en sonder om in die wyer besonderhede in te gaan verskil die stelsels met bykans 10 miljoen. Verskeie redes word aangevoer vir hierdie verskil maar die Internasionale Monetêre Fonds se verslag toon dat gekwalifiseerde persone ‘n kleiner kans het om werkloos te raak en voeg daarby dat werkloosheid onder die voorheen benadeeldes tans op 40,6 % staan. Dit is meer as vier keer die van hul eweknie wat ligter van vel is.  Waarnemers meen die verskil kan toegeskryf word aan die feit dat diegene wat wil werk, wel werk vind. Berig deur die Vryburger

8) Sewentien mense is reeds vermoor met politieke motiewe in die opbou na die munisipale verkiesing van volgende week. Die inligting is vrygestel deur ’n woordvoerder van die polisie, maar dit blyk dat die syfers wat deur die minister, Nathi Nhleko, vrygestel is nie klop met die werklikheid nie. Die Minister sê vier mense is vermoor, waarvan een elk in ’n provinsie was, en verwys dan na Sentraal Transvaal, die Oos-Kaap, Wes-Transvaal en Oos-Transvaal. Die syfers wat deur die polisie vrygestel is, sluit nie die twee IVP lede in wat intussen vermoor is nie.Die waarnemende polisie kommissaris Khomotso Phahlane het glo aan joernaliste erken dat daar reeds 13 moorde met ’n politieke konnotasie in Natal gepleeg is. Volgens die polisie kommissaris is 25 politiek verwante insidente reeds op rekord waarvan 14 gevalle moord of poging tot moord is. Politieke ontleders sê die tendens is soortgelyk as wat meer as 250 jaar gelede gebeur het toe stamhoofde en kapteins om die lewe gebring is deur aspirante wat die amp wou beklee. Berig deur die Vryburger

9) Swemmers en branderplank entoesiaste sal eersdaags die gevaar van haaie vooraf kanbepaal deur ’n “ mobiele app”.  Die Haai Opspoorder Span maak gebruik van ’n “openbare platform” in ’n poging om sowat R60,000 bymekaar te maak vir die ontwikkeling van die stelsel wat as ’n eenstop vir die swemmers en branderplank ryers sal wees. Die stelsel sal “werklike tyd” inligting bied om mense daarvan te verseker dat hulle n ingeligte besluit kan neem of hulle die gebied se water wil trotseer. Die stelsel sal veiligheid alarms bied, en kan selfs die gevaar aandui asook verslae bied oor omgewings omstandighede. Die projek bestuurder van “Shark Spotters” sê die organisasie het reeds meer as 50% van die benodigde bedrag ingesamel van die publiek, maar hoop die balans kan spoedig aangevul word. Die kundiges het reeds begin werk aan die projek en hoop om dit gereed te kry teen Oktober vanjaar.  Berig deur die Vryburger

10) Om die klein bedrag van die Nkandla-opgradering te betaal, gaan blykbaar nie moeilik wees nie, want sy helpers begin reeds bydraes maak. ’n Sakeman van Madibeng het president Zuma bygestaan met “voorvader gebede”, ses koeie, en ’n onbekende bedrag geld gegee om die paar Rand skuld op die luukse woonplek te help betaal.           Robert Ngwenya het namens die “Madibeng Sake Forum”  tydens die verkiesingsveldtog in Wes-Transvaal, ’n pleidooi gelewer dat mense finansiële bydraes moet maak Robert Ngwenya het in sy pleidooi, waar Jacob Zuma teenwoordig was, gesê die mense van die gebied wil nie sien dat die president swaar kry nie, en gaan hulle ook nie laat voorskryf of hulle die president mag help al dan nie. {Ons gaan die geld betaal vir die president se huis”, het hy onder ’n minder entoesiastiese gejuig van die skare gesê. Verskeie ANC takke en ander sakemanne het glo reeds besluit om geldelike bydraes te maak. Intussen is vertroulik verneem dat die president ’n lening by een van die bankiers gekry het om die bedraggie af te los wat eersdaags betaalbaar is by die staatskas.   Berig deur die Vryburger

11) Ten spyte van honderde miljoene Rand wat verkwis is, blyk dat die staat se beste raming van Zuma-bevoordeling op sowat R 51,5 miljoen stel. Dit is koste wat verband hou met luukshede soos lugverkoeling, hysbakke en interne paaie – benewens die berugte beeskraal, hoenderhok, amfiteater, besoekerssentrum en swembad. Hiervan, ingevolge ´n Grondwethof-bevel, moet Zuma slegs ´n skamele R 7,8 miljoen terugbetaal – die koste van die sogenaamde “groot vyf” vergrype uitgewys deur die Openbare Beskermer. En nou word só skerp gefokus op ´n “hof-oorwinning”, dat die meer as R 246 miljoen spandeer op ´n privaatwoning selde in die pers genoem word. Nieteenstaande die Spesiale Ondersoek Eenheid se bevindings, het die Tesourie hierdie R 7,8 miljoen as betaalbaar voorgestel. Duidelik meen die Grondwethof dat hierdie skikking billik is teenoor belastingbetalers en het ´n bevel uitgereik dat die bedrag binne 45 dae betaal moet word. Hierdie uitspraak poog klaarblyklik, aldus waarnemers, om die verdere vrae na die privaat kliniek en ander uitspattighede deur advokaat Thuli Madonsela geïdentifiseer, te stuit. Intussen het die Zoeloe-koning aangekondig dat trust-grond eersdaags aan inwoners oorgedra gaan word. Vind dit plaas, verkry die Zuma-familie eensklaps ´n byna R 250-miljoen bate vir ´n skamele 3% premie. By die ter perse gaan het dit ook geblyk dat heelwat van Zuma se vertrouelinge bereid is om die rekening namens hom te betaal. Voorwaar ´n reuse, en klaarblyklik belastingvrye wins, vir Zuma.

Berig deur die Vryburger

12) Die nuut vrygestelde speletjie, bekend as Pokémon GÔ, het blykbaar die ganse mensdom in vervoering, maar kenners waarsku dat die “mobile foon speletjie” ook ’n gevaar vir motoriste inhou. In die eerste week sedert die speletjie beskikbaar geraak het, is talle motorongelukke in die buiteland aangemeld wat veroorsaak is deur motoriste wat in ’n bewegende voertuig ook besig was om te sit en speel op hulle slimfone terwyl hulle bestuur. Versekeringsmaatskappye waarsku dat hulle selfs ’n eis kan weier indien vasgestel word dat die ongeluk ontstaan het weens die wederregtelike gebruik van ’n slimfoon terwyl bestuur word. Die AA het saam met ander Internasionale Padveiligheid Organisasies  in ’n verklaring gewaarsku dat motoriste onder geen omstandighede moet speel met slimfone terwyl hulle ’n bewegende motor bestuur nie. Alhoewel die speletjie glo nog nie in die land bekombaar is nie, word die publiek betyds vermaan om versigtig te bestuur en nie ’n  mobile foon moet gebruik terwyl hulle bestuur nie, aangesien daar streng wetgewing teen die gebruik is. Berig deur die Vryburger

13) Die Rooi Kruis Kinder Hospitaal in Kaapstad het binne enkele weke die nodige R10 miljoen teiken bereik wat deur donateurs geskenk is om hulle ideaal te verwesenlik. Die Rooi Kruis het in totaal ’n R100 miljoen nodig om noodsaaklike uitbreidings aan te gaan in hulle Kinderhospitaal. Die uitbreiding is een trap nader met die R10 miljoen wat gedurende die afgelope weke ingesamel is. Menige sakeondernemings en privaat instansies het die hand in die sak gesteek om die R10 miljoen bymekaar te maak nadat dit bekend geword het hoeveel kinders in die hospitaal versorg word en veral in die nuut ingerigte Hoësorgeenheid. In Maart is ’n dringende beroep op Suid-Afrika gedoen deur die oorspronklike stigters, bekend as die “Kinder Hospitaal trust” om R10 miljoen bymekaar te maak. Die bedrag is binne drie maande bymekaar gemaak uit donasies om die hospitaal se hoësorgeenheid tot ’n uiters moderne afdeling in te rig. Die 22-bed eenheid is die grootste van sy soort in Afrika, waar uitstekende mediese sorg aan kinders gegee word. Berig deur die Vryburger

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  Geeltelik Bewolk-  met ‘n min 25 max van 34

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 7 en ‘n max van 23

Pretoria  – Mooi Weer met ‘n  min van 10 en max van 22

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 7 en max van 18

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 8 en max van 23

Bloemfontein –Mooi Weer – met min 7 ‘n max van 18

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 13 en max van 26

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 6 en max van 21

Oos London –  Mooi Weer – met ‘n min 18 en max van 29

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 11 en max van 23

Upington – Mooi Weer – met ‘n min van 7 en max van 24

Sutherland –Gedeeltelik son en koel met Min 2 en max 14

PE- Mooi Weer – met ‘n min 13 en max van 27

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Psalms 37:1-4 – “’n PSALM van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie; want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog. Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.”

Romeine 12:2 – “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”

Louis Britz se  “Verlustig Jou In Hom ; Staan Vas

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment