Dinsdag 23 Augustus

Noodberig

” LYDENBURG CRIME INTERVENTION :” Atok pad (R37) weer geblok . Baie swaar Polisie teenwoordigheid . Gemeenskap is baie opstandig en aggresief!! NO GO AREA !!!!   B L Y  W E G !!! As iemand Pietersburg toe moet gaan, gebruik alternatiewe roetes. Vermy ten alle koste !!! Hulle SAL enige voertuig aanval ,met klippe gooi en aan die brand steek ”

ATM BOMBING : STD BK.  BP. DAVEYTON. EMM. GP. PERPS IN GREY TOYOTA COROLLA OPENED FIRE ON SAPS. NO INJURIES. BLAST DESTROYED CASH & MACHINE.

TrafficEC  R63 Road between Dolimbaza and King William’s Town closed with burning tyres….

SAUK Radio Nuus berig vir Dinsdag, 23 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Die Vryheidsfront Plus het in ‘n verklaring bekendgemaak dat een van sy raadslede in Johannesburg vroeër vandag gedreig is oor samewerking teen die ANC. Die raadslid, Franco de Lange is kort voor die metroraad se eerste raadsvergadering gedreig dat sy vrou en kind sal ‘verdwyn’ indien hy saam met die opposisie teen die ANC stem. De Lange het blykbaar n anonieme sms-boodskap ontvang waarin hy gedreig is om nie in n koalisieregering betrokke te raak nie. Hy sê hy was geskok en neem die dreigement ernstig op, maar hy sal hom nie laat intimideer nie. De Lange sê die VF Plus het n leidende rol om te speel in die verandering en verbetering van die Johannesburgse metroraad. Ander opposisiepartye is van die voorval in kennis gestel en ‘n klag is by die polisie ingedien.

2) Die Kabinet het berigte ontken dat President Jacob Zuma die minister van Finansies, Pravin Gordhan en die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande aangesê het om geld te vind sodat universiteitsgeld nie aanstaande jaar verhoog hoef te word nie. Die Tesourie het meer as ‘n week gelede by ‘n kommissie van ondersoek na die befondsing van Hoër Onderwys gesê dat daar nie begroot is vir geen styging in universiteitsgeld nie. Die minister in die Presidensie, Jeff Radebe het by ‘n mediakonferensie in Pretoria herhaal dat ‘n besluit oor ‘n styging in universiteitsgeld eers na raadpleging met alle rolspelers geneem sal word.                                      

3)  Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het sy voorspellings oor ‘n La Nina weerpatroon vir die somer aangepas. Die weerkundige, Cobus Olivier sê vroeër is voorspel dat daar ‘n swak La Nina sal wees, maar daar is nou groter onsekerheid oor die moontlikheid. Olivier sê die voorspelling kan nader aan die somer weer aangepas word. Die La Nina is die teenoorgestelde van die El Nino, en veroorsaak hoër as normale reënval.       

4) Die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering sê belangrike damme in die provinsie is sowat 59 persent vol ná die onlangse reën. Verlede week was die damme 54 persent vol. Die woordvoerder van die departement, James Styan sê hulle hoop die damvlakke sal in die komende weke verder herstel. Hy sê verlede jaar was die damme 85 persent vol.                                                                                                                                            RSG

5) Kaapstad Rampbestuur staan meer 350 huishoudings by wat deur swaar reën oor die Kaapse Skiereiland geraak is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die reën sal vir die res van die week opklaar, maar ligte reën word weer Sondag voorspel. ‘n Woordvoerder van Rampbestuur, Charlotte Powell sê hulle verskaf hulp in twaalf gebiede in Khayelitsha en Sophiatown in Blackheath op die Kaapse Vlakte. Volgens Powell is geen beserings aangemeld nie.     

6) Twaalf studente van die Walter Sisulu Universiteit is met ‘n waarskuwing vrygelaat nadat hulle vlugtig in die Butterworth Landdroshof verskyn het. Hulle word aangekla van openbare geweld nadat hulle na bewering tydens ‘n betoging polisievoertuie met klippe bestook het. Hulle word ook aangekla van huisbraak en diefstal, omdat hulle glo by ‘n universiteitswinkel ingebreek en kos gesteel het. ‘n Polisiewoordvoerder, Jackson Manatha sê die saak is uitgestel tot 30 September.                                                                                                                  RSG

7) Die regering is besig om ‘n lys name te finaliseer van kandidate vir ‘n nuwe raad vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Dit het die naweek aan die lig gekom dat lugvaart-owerhede in Hong Kong dreig om alle SAL-vlugte oor die volgende twee weke te hok indien die SAL nie sy finansiële verslae bekendmaak nie. Volgens berigte weerhou die minister van Finansies, Pravin Gordhan ‘n Tesourie-waarborg van vyf miljard rand tot die omstrede voorsitter van die SAL-raad, Dudu Myeni bedank en ‘n nuwe raad aangestel word. Die Presidensie het egter ontken dat daar ‘n geskil tussen President Jacob Zuma en Gordhan is oor die kwessie.Die minister in die Presidensie, Jeff Radebe sê die bestendigheid by die nasionale lugdiens is steeds ‘n hoë prioriteit.  RSG

8) Die verdagte wat aangekla word van die moord op die DA-raadslid in die Noord-Kaap, Johannes Baaitjie, was ‘n ANC-raadslidkandidaat wat aan die munisipale verkiesing deelgeneem het. Zonisele Magawu het vandag in die Postmasburg Landdroshof verskyn, en bly in polisie-aanhouding tot sy borgtogaansoek aanstaande week. Baatjie se sakevennoot, wat ook in die voorval gewond is, is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Die DA sê Baaitjie het doodsdreigemente van die ANC ontvang voordat hy verlede week vermoor is. Twee DA-raadslede, insluitend Baaitjie, sou saam met twee raadslede van die Kgatelopele Gemeenskapsforum ‘n koalisieregering vorm om beheer van die Kgatelopele-munisipaliteit by die ANC oor te neem.                                                                  

9) Die voormalige minister van Intelligensie, Ronnie Kasrils sê die adjunkminister van Verdediging en voorsitter van die MK veteranevereniging, Kebby Maphatsoe se arrogansie is soortgelyk aan dié van die ANC. Die saak waarin Kasrils Maphatsoe vir ‘n miljoen rand dagvaar, is in die hooggeregshof in Pretoria tot more uitgestel. Kasrils sê Maphatsoe het hom in 2014 belaster toe hy beweer het Kasrils is ‘n “vyand van die mense”. Maphatsoe beskuldig Kasrils ook daarvan dat hy in 2005 die verkragtingsaanklagte teen president Jacob Zuma aangevoor het. Kasrils sê Maphatsoe kon die hofsaak vermy het deur om verskoning te vra.                                                      RSG

10) Die selfoonmaatskappy – MTN – gaan aandele van nege-komma-nege-miljard rand aan swart beleggers verkoop. Dit verteenwoordig ‘n aandeel van vier-persent. MTN doen dié stap in ‘n poging om te voldoen aan regeringskwotas rakende swart eienaarskap. MTN wat Afrika se grootste selfoonoperateur is, sê die nuwe swart ekonomiese bemagtingsooreenkoms sal aanstaande maand in ‘n openbare aanbod aan aandeelhouers uitgereik word.  

11) Die Mededingingskommissie sê die boete wat die staalreus, ArcelorMittal opgelê is, sal hopelik ‘n sterk boodskap stuur dat onmededingende gedrag nie geduld sal word nie. ArcelorMittal is met een-komma-vyf-miljard rand beboet, nadat die maatskappy erken het dat hy met ander maatskappye in die staal- en skrootmetaalbedryf oor prysvasstellings saamgespan het. ‘n Kommissaris van die Mededingingskommissie, Tembinkosi Bonakele sê verbruikers moet beskerm word teen onmededingende gedrag, veral wat sleutel nywerheidsprodukte aanbetref. Dit is die grootste boete wat nog aan ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy opgelê is vir teen-mededingingsoptrede.      

12) Die DA het beheer oorgeneem van die land se ekonomiese kern nadat Herman Mashaba gisteraand as burgemeester van Johannesburg verkies is. Kevin Wax van die DA is as hoofsweep verkies en Vasco da Gama, ook van die DA, as Speaker. Die eerste vergadering van die metroraad het bykans twaalf ure geduur en is verskeie kere onderbreek. ‘n ANC-raadslid, Nonhlanhla Mthembu is dood nadat sy kort voor die stemmery vir die burgemeester inmekaargesak het. Paramedici was dadelik op die toneel, maar kon haar nie red nie. Die DA het vroeër ook beheer oorgeneem van die Tshwane en Nelson Mandelabaai metropole. Die Ekurhuleni-metroraad aan die Oos-rand hou vandag sy eerste vergadering wanneer ampsdraers verkies sal word. RSG

13) Die kabinet sê die feit dat die ANC beheer oor belangrike metrorade verloor het, sal nie ‘n uitwerking hê op die regering se verbintenis tot maatskaplike ekonomiese ontwikkeling nie. Kommer is uitgespreek dat die regering onder leiding van die ANC befondsing na munisipaliteite, wat deur opposisiepartye beheer word, kan verminder of vertraag. Die ANC het beheer van die vernaamste metropole aan die DA afgestaan. Die minister in die Presidensie, Jeff Radebe het die naweek in Pretoria aan die media terugvoering gegee oor die kabinetsvergadering. Hy sê veranderinge by munisipaliteite het nie ‘n uitwerking op die regering se doelwit om beter lewens vir Suid-Afrikaners te verseker nie. Hy sê hulle sal alle munisipaliteite en metrorade steun, al word hulle nie deur die ANC beheer nie. RSG

14) ‘n Sewe-en-dertigjarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy huurder in Rietvallei aan die Wesrand. Die verdagte het na bewering sy huurder doodgesteek na ‘n geskil oor die gebruik van elektrisiteit. Die polisie het ‘n mes op die toneel gevind. Die verdagte sal later vandeesweek in die Kagiso Landdroshof verskyn. RSG

15) Die Oos-Kaapse polisie is soek steeds na vier gewapende verdagtes wat ‘n veiligheidswag by ‘n hoërskool in Maluti buite Matatiele doodgeskiet het. ‘n Polisiewoordvoerder, Raphael Motloung sê die verdagtes het na bewering twee leerders verkrag nadat hulle die wag geskiet het. Die verdagtes het ook die wag se vuurwapen en rekenaars gesteel. RSG

16) Die uitsaaiowerheid in Zambië het die uitsaai-lisensies van drie onafhanklike uitsaaiers opgeskort en sê hulle bedreig vrede en bestendigheid tydens verkiesings in die land. President Edgar Lungu het die verkiesing verlede week naelskraaps gewen. Sy grootste teenstander, Hakainde Hichilema het met regstappe begin om die uitslag te betwis. Die uitsaaiowerheid sê die onafhanklike televisiediens en twee radiostasies was onprofessioneel in hul verkiesingsdekking. Slegs die staatsbeheerde Zambiese uitsaaikorporasie word toegelaat om uit te saai. RSG

17) n Agt-en-twintigjarige man is dood nadat hy deur inwoners van Ngculu in die Oos-Kaap aangerand is. Woedende mense het die man daarvan beskuldig dat hy ‘n vrou in Ibika verkrag het. Die polisie wag intussen op die uitslae van DNS-toetse. ‘n Saak van moord word ook ondersoek. RSG

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Bewolk –  met ‘n min 25 max van 36

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 5 en ‘n max van 21

Pretoria  – Bewolk –  met ‘n  min van 6 en max van 22

Johannesburg – Bewolk – met ‘n min 6 en max van 20

Vereeniging –Bewolk – ‘n  min 7 en max van 25

Bloemfontein –Gedeeltelik Bewolk- met min 5 ‘n max van 18

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 13 en max van 20

Rustenburg – Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min 7 en max van 23

Oos Londen – Bewolk – met ‘n min 17 en max van 22

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 10 en max van 19

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 12 en max van 22

Sutherland –Gedeeltelik Bewolk met Minus 4 en max 14

PE- Mooi Weer – met ‘n min 14 en max van 23

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Psalm 16:8-11 – “ I have set the Lord continually before me; Because He is at my right hand, I will not be shaken. Therefore my heart is glad and my glory [my innermost self] rejoices; My body too will dwell [confidently] in safety,  For You will not abandon me to Sheol (the nether world, the place of the dead), Nor will You allow Your Holy One to undergo decay. You will show me the path of life; In Your presence is fullness of joy; In Your right hand there are pleasures forevermore.”

Donna Adkins se “Glorify Thy Name”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

7nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment