Dinsdag 30 Augustus

SAUK Radio Nuus en Weer berig vir Dinsdag, 30 Augustus 2016.

Noodberigte:

Kriel: Protest action at Rietspruit village please avoid

WAARSKUWINGS: R555 (ou Middelburg pad) Daar het n sinkgat ingeval, regoorkant die steenmakery

Wees versigtig asb!!!!

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio, My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet ens.

NUUS

1) Die omstrede Gupta-familie, wat daarvan verdink word dat hulle meer as redelike invloed op ANC-president Jacob Zuma het,  het die naweek aangekondig dat hulle al hulle Suid-Afrikaanse aandele gaan verkoop.

Hulle en baie van hulle sake-ondernemings word tans deur die Valke ondersoek, en dit kan ‘n poging wees om hulle eie sinkende skip te verlaat en kopers van hulle aandele met die gebakte pere te laat.

Intussen word daar druk in ekonomiese en politieke kringe gespekuleer oor wat die beweegrede agter die Guptas se aankondiging is.

Hulle het, behalwe hulle Suid-Afrikaanse bates, ook bates elders in die wêreld, onder meer in die Midde-Ooste. Die moontlikheid word genoem dat hulle buitelandse belange bloot hulle Suid-Afrikaanse belange sal oorkoop. Op die wyse het hulle as familie die kontant in die hand, terwyl hulle buitelandse regsentiteite dan steeds in besit is van hulle bates in Suid-Afrika.

‘n Ander bespiegeling is dat die Guptas belangstel om die politiek te betree. Hoe suksesvol hulle daarmee sal wees, sal nog gesien moet word. Hulle is wel groot vriende van Jacob Zuma en baie van sy vertrouelinge. Daar is al aantygings gemaak dat die Guptas bepaal wie as ministers en adjunkte aangestel moet word. Hulle is dus waarskynlik wel welkom in die ANC, en kan op die wyse help keer dat Zuma nie vervolg word as hy sy amnestie verloor as hy nie meer president van die land is nie.                            

2) Die minister van finansies, Pravin Gordhan, se lot is steeds in die weegskaal, nadat hy hom nie verlede week laat intimideer het om op die Valke se rooi tapyt te verskyn nie.

Die nasionale vervolgingsgesag het intussen wel bevestig dat hulle ‘n dossier oor Gordhan ontvang het, maar ontken dat hy al aangekla is of op die punt staan om gearresteer te word. Die dossier word nog eers bestudeer, waarna hulle sal besluit of daar genoeg, indien enige, gronde bestaan vir die vervolging van Gordhan.

Intussen is die drieparty-alliansie onder geweldige druk nadat die SA Kommuniste Party die naweek ‘n striemende aanval op die ANC gedoen het ter verdediging van Gordhan, wat skynbaar ook ‘n lid is van die SAKP.

Al is Gordhan se lot nog onseker, is ‘n ander aspek egter wel seker, en dit is dat die land se ekonomie geweldig skade ly deur die hele sage. Die rand het al meer as vyf persent van sy waarde verloor, wat waarskynlik daartoe kan lei dat motoriste volgende maand weer meer vir brandstof kan betaal. Daar word ook nou openlik gespekuleer dat die Suid-Afrikaanse ekonomie voor die einde van die jaar rommelstatus gaan hê.              

3) Die Suid Afrikaanse Nasionale Siviele Organisasie (SANCO) het ‘n beroep gedoen op die Nobel Vredes Prys Komitee om FW De Klerk se toekenning van die vredesprys terug te trek. Dit volg op De Klerk se effens laat kritiek oor die regering se Swart Ekonomiese Bemagtigingsbeleid.  Hul val De Klerk aan oor sy leierskapvermoë . Dit is nie die eerste keer nie dat De Klerk ook vanuit swart geledere aangeval oor sy (on)vermoë om met die realiteit tred te hou. In volkskringe is voorheen al bepleit dat dié prys van hom weggeneem moet word aangesien daar sedert sy en Mandela se Nobelprys toekenning, hoegenaamd geen vrede meer in Suid Afrika was nie.  Dit word jaar na jaar bevestig wanneer die misdaadsyfers, waaronder moorde, verkragtings, rooftogte en die ander misdade bekendgestel word.                                    

4) Terwyl die ANC nog sy wonde lek na die plaaslike verkiesing en besig is om takke landswyd te besoek om antwoorde te kry vir hul swak vertoning, is lede van die party besig om Luthulihuis se besetting te beplan om te eis dat Zuma en sy uitvoerende bestuur moet bedank .  Die beplande optrede word vir 5 September beplan aangesien dit die dag is  wanneer Zuma ‘n nasionale werkskomiteevergadering sal bywoon.  Diesulkes het ‘n beroep gedoen op Thabo Mbeki, Kgalema Monthlantle, Dennis Goldberg , Ahmed Kathrada en les bes Winnie Mandela om die party te kom red.
            
5) ‘n Boer is op sy plaas Palmietfontein in die omgewing van Brandfort in die Vrystaat aangeval. ‘n Polisiewoordvoerder, Ikobeng Hlubi, sê die 70-jarige boer was op pad uit sy plaas toe een van die verdagtes met ‘n vuurwapen teen die motor se ruit geklop het. Die boer het daarin geslaag om deur die passasiersdeur uit die motor te ontsnap. Die verdagtes het op hom geskiet waarna hy teruggeskiet het. Vier verdagtes tussen die ouderdomme 26 en 40 is n hegtenis geneem. Een van die gewonde verdagtes is op pad hospitaal toe dood. Die verdagtes sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn op ‘n aanklag van poging tot moord.                                         

6) Die kragverskaffer Eskom het ontken dat hy ‘n ondersoek van die Nasionale Tesourie geblokkeer het na steenkoolkontrakte met Tegeta, ‘n maatskappy wat deur die Guptafamilie beheer word. Eskom het gesê hy het ‘n verslag van die Tesourie in April ontvang en dat hy beplan om na ‘n raadsvergadering aan die einde van September daarop te reageer. Die maatskappy sê hy het ten volle saamgewerk met die Tesourie en aan hulle al die dokumentasie gegee wat hulle vereis het. Volgens die verslag was daar geen ongerymdhede aan die kant van die kragverskaffer nie. Die Tesourie het gesê Eskom het sy verslag geïgnoreer. Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe, sê hulle staan by hulle verklaring.                                                   

7) Twaalf onderwysers van verskeie skole in KwaZulu-Natal is afgedank nadat hulle daaraan skuldig bevind is dat hulle seksuele omgang met leerlinge gehad of hulle seksueel gemolesteer het. Die Departement van Onderwys in die provinsie het sedert Julie vanjaar 12 gevalle van seksuele verhouding of seksuele aanranding hanteer. Die provinsiale LUR vir Onderwys, Mthandeni Dlungwa, sê hulle sal voortgaan om seker te maak dat leerders in skole beskerm word. Dit het aan die lig gekom nadat ‘n onderwyser by ‘n hoërskool in Nquthu in die noorde van die provinsie in die hof verskyn het op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding.                                    

8) Studenteverteenwoordigers is van mening dat die Fooiekommissie ‘n klug en ‘n vermorsing van tyd deur die regering is. ‘n Lid van die studenteraad van die Universiteit van KwaZulu-Natal, Phinda Mofokeng, het voor die kommissie in Durban na die liggaam wat op die been gebring is om die lewensvatbaarheid van gratis hoër onderwys na die landwye FeesMustFall veldtog te ondersoek, verwys as ‘n mors van geld. Mofokeng sê die Departement van Hoër Onderwys het miljoene rand bestee aan die huur van buitemense om die studie te doen.      

9) Die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, sê die beweerde rassisme by die Preroria High School for Girls kan die beginsel van ‘n reënboognasie ondermyn soos wat deur oudpresident Nelson Mandela en aartsbiskop Desmond Tutu verkondig is. Lesufi het ‘n vergadering met die skool se hoof, Karen du Toit, die bestuur en die beswaarde leerders gehad. Lesufi het op die vergadering gesê die skoolgemeenskap en sy bestuursliggaam het swart leerlinge in die steek gelaat deur nie na hulle klagtes te luister nie. Hy het die meisies geloof omdat hulle met ‘n vreedsame betoging begin het terwyl die hele ding die bestaande rasseharmonie kon ontwrig het. Lesufi het belowe om alle rolspelers deur dialoog te betrek met die doel om ‘n vreedsame oplossing te vind vir die rasse-uitdagings wat geskep word deur die vermeende gebrekkige kleredragkode van die skool.                                                  

10) Die leier van die DA, Mmusi Maimane het ‘n brief geskryf aan die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela waarin hy haar vra vir ‘n vorderingsverslag oor haar ondersoek na beweerde staatskaping deur die Gupta-familie. Sy navraag is in reaksie op die aankondiging deur die familie dat hulle teen die einde van die jaar al hulle sakebelange in die land sal verkoop. Die Openbare Beskermer het etlike maande gelede met die ondersoek begin op versoek van die DA. Dit was in reaksie op die adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas se onthulling dat die Guptas hom die pos van minister van Finansies aangebied het kort voor president Jacob Zuma Nhlanhla Nene uit die pos verwyder het. Maimane sê in ‘n verklaring die Guptas kan nie toegelaat word om die land te verlaat sonder dat hulle aanspreeklik gehou word nie. Hy sê die invloed van die Guptas sal voortduur weens die invloed wat hulle op bestaande posbekleërs het.                                     

11) Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê dit kan ‘n rukkie neem voordat ‘n eenmalige gratifikasiebedrag aan kwalifiserende raadslede betaal word wat na die plaaslike verkiesing hulle poste kwyt is. Dit volg na dat Minister Des van Rooyen ‘n gratifikasiebedrag gosdgekeur het wat aan hulle uitbetaal sou word. Die Nasionale Tesourie het reeds meer as 300 miljoen rand oor die 2016 Mediumtermyn Uitgawe-raamwerk beskikbaar gestel om die geld uit te betaal. ‘n Woordvoerder van die Departement van Samewerking en Tradisionele Sake, Legadima Leso, sê die eenmalige betaling sal nie dadelik uitbetaal word nie. Leso sê hulle kry reeds oproepe van raadslede wat nie teruggaan nie, en hulle sal moet besef dat dit sal tyd neem omdat daar nog sekere prosedures en kontroles is wat gevolg moet word.            

12) Die vakbond FAWU het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty gedoen om die Drieparty-alliansie te verlaat. Die vakbond wat verkies het om hom aan die vakbondfederasie COSATU te onttrek, sê daar is ‘n behoefte aan ‘n werklike werkersklasparty wat die SAKP behoort te lei. FAWU het in ‘n persverklaring gesê die ANC se Drieparty-alliansie het irrelevant geword. Die vakbond se adjunkhoofsekretaris, Moleko Phakedi, sê die SAKP behoort sy tradisionele rol te aanvaar.                  

13) Die ANC het ontken dat die regering van SAKP-lede gesuiwer word. Die Kommunisteparty het die sommige ANC-lede daarvan beskuldig dat sy lede geteiken word. Van die name wat genoem word is die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande . Die SAKP sê hy het dit op goeie gesag dat vier ministers wat SAKP-lede is, hulle poste met die volgende kabinetskommeling gaan verloor. Die ANC-woordvoerder, Zizi Kodwa sê die SAKP moet dié bewerings met die ANC bespreek. Bespiegelings oor ‘n vertrouensbreuk tussen dié twee alliansievennote doen ‘n geruime tyd reeds die rondte.                            RSG

14) Drie lede van ‘n gesin in Mosselbaai in die Suid-Kaap word vir skietwonde behandel nadat hulle buurman na bewering op hulle geskiet het. Die 30-jarige verdagte het glo na ‘n geskil skote deur die deur van die gesin se woonstel afgevuur. ‘n Man en vrou en hulle tienerdogter is raakgeskiet. ‘n Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie sê ‘n verdagte is in hegtenis gneem, maar is gisteroggend dood in die polisie se aanhoudingselle gevind.  

15) Drie verhoorafwagtende gevangenes het uit die Letsitele-aanhoudingselle buite Tzaneen in Limpopo ontsnap. Dit is die vierde voorval in vier maande waar verhoorafwagtende gevangenes uit aanhoudingselle in Limpopo ontsnap. ‘n Polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die drie verdagtes was in aanhouding in verband met aanklagte van poging tot moord, huisbraak, verkragting en die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Een van die verdagtes is weer in hegtenis geneem, en die soektog gaan voort na die oorblywende twee verdagtes.                                                                         

16) Die ANC se streekleier in die Noord-kaap, Zoniselo Magawu het gister in die Postmasburg Landdroshof verskyn in verband met die moord op die DA-raadslid Johannes Baaitjie en sy sakevenoot, Shuping Nose. Hulle is byna twee weke gelede op die hoofpad tussen Postmasburg en Daniëlskuil aangeval. Baaitjie is op die toneel dood, terwyl sy sakevennoot later in die hospitaal dood is. Sowat honderd gemeenskapslede het buite die hof betoog. Die polisie moes vroeër keer dat DA en ANC ondersteuners slaags raak. Die saak is oorgeplaas na die Daniëlskuil Landdroshof, en uitgestel tot 22 September. Magawu bly intussen in aanhouding.

17) Die Minister van Minerale Hulpbronne, Mosebenzi Zwane, sê meer moet gedoen word om te verseker dat Afrika voordeel trek uit sy ryke minerale hulpbronne. Mynkenners van meer as 100 lande vergader die volgende vyf dae in Kaapstad om kwessies van gemeenskaplike belang te bespreek. Hulle sal wyses bekyk om navorsing rakende geowetenskap te bevorder en sal ook mynwese, minerale en vulkaniese aspekte, bespreek. Die vergadering word bygewoon deur meer as vierduisend afgevaardigdes. Zwane het met die opening van die 35-ste Internasionale Geologiese Kongres gesê dit is belangrik vir Afrika om die kongres aan te bied, omdat die vasteland agterweë is rakende geologie. Die kongres eindig Vrydag en sal weer in 2020 in Indië plaasvind.                    

18) Die Nelson Mandelabaai Sakekamer het hulle stem gevoeg by die landwye kommer oor die wyse waarop die voortgesette ondersoek na die beweerde wangedrag van die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, deur die Valke en die President hanteer word. Gordhan en drie voormalige senior amptenare van die Inkomstediens word ondersoek vir ‘n beweerde spioenasie-eenheid van die Inkomstediens. Volgens die president van die Sakekamer, Ian Nicholls, lyk dit of die ondersoeke gebruik word om die minister se reputasie skade te berokken sonder om enigsins ag te slaan op die uitwerking daarvan op die ekonomie. Nicholls sê Gordhan het die steun van die land en veral die leierskap van Suid-Afrika nodig.                                                        

19) Die polisie se Soek- en Reddingseenheid het die liggame van twee seuns gekry wat in die Ezimbokodweni-rivier buite Umlazi suid van Durban verdrink het. Die polisie se ondersoek na die omstandighede wat tot die seuns se verdrinking gelei het, is aan die gang. Hulle is vermoedelik deur die rivier meegesleur. ‘n Woordvoerder van die KwaZulu-Natalse Nooddienste, Robert McKenzie, sê die seuns se ouderdomme is nie bekend nie.

20)Die polisie in Noordwes het die proses afgehandel om sake te open teen ouers, voogde en oortreders wat toegelaat het dat meer as drieduisend minderjarige meisies swanger geraak of reeds geboorte gegee het. Die jong ma’s is deur die Ministerie van Maatskaplike Ontwikkeling in die landelike Ratlou-munisipaliteit opgespoor. Van die ma’s is so jonk as 11, 12 en 13 jaar oud, en die pa’s van die kinders is ouer mans. Die provinsiale polisiekommissaris, Baile Matswenyane, sê inhegtenisnemings is onafwendbaar hangende die oorhandiging van dossiere aan die Direkteur van Openbare Vervolging later vandeesweek.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Gedeeltelik Bewolk –  met ‘n min 27 max van 36

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 8 en ‘n max van 32

Pretoria  – Mooi Weer –  met ‘n  min van 12 en max van 30

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 11 en max van 28

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 12 en max van 31

Bloemfontein –Mooi Weer- met min 12 ‘n max van 28

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 19 en max van 30

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 9 en max van 30

Oos Londen – Mooi Weer – met ‘n min 18 en max van 30

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 13 en max van 24

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 19 en max van 31

Sutherland –Sonskyn, raak gedeeltelik bewolk  met Min 11 en max 23

PE- Mooi Weer – met ‘n min 19 en max van 29

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Johannes 7:37 – “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!”

Johannes 4:13-14 – “ Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.”

Jurie Els & Sonja Herholdt se   “Die Lewende Water”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

7nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment