Dinsdag 5 Julie

SAUK Radio Nuus berig vir Dinsdag, 5 Julie 2016. Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@ saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

 Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

  1. Die regering sê hy is besig met samesprekings met Zimbabwe oor die beperkings op invoere van Suid-Afrika, wat tot gewelddadige protesoptrede gelei het. Die Zimbabwiese polisie het 71 mense in hegtenis geneem nadat gewelddadige protesoptrede Vrydag by die Beitbrug-grenspos uitgebreek het. ‘n Pakhuis is onder meer aan die brand gesteek. Die minister van internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane sê samesprekings word met Zimbabwiese owerhede gevoer om ontwrigtings by die grenspos te verhoed.

2)Verskeie politieke partye het vandag hule verkiesingsveldtogte vir die munispale verkiesings op 3 Augustus voortgesit. Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mntashe het verskeie wyke in Lady Frere in die Oos-Kaap besoek en inwoners aangemoedig om te stem. Hy sê twee wyke op die dorp is geteiken waar die ANC probleme ondervind het. Die leier van die DA, Mmusi Maimane het Motherwell by Port Elizabeth in die Oos-Kaap besoek. Hy het sy kommer uitgespreek dat die Nelson Mandelabaai-metro steeds die grootste gebruikers van die sogenaamde emmerstelsel is.

3) Suid-Afrikaners is in reële terme armer as tevore met lewenskoste wat besig om te styg, terwyl inkomste daal. Die hoofekonoom van Investec Solutions, Lesiba Mothata het gereageer op die kwartaallikse werkverskaffingsopname wat deur Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak is. Die opname toon dat inkomste in die eerste kwartaal met vier persent van 545 miljard rand tot 523 miljard rand gedaal het. Hy sê die verhoging in munisipale tariewe en die brandstofprys vandeesmaand plaas bykomende druk op verbruikers.

4) Die departement van landbou in Noordwes is steeds besig met ‘n ondersoek nadat meer as 300 varke in Ipelegeng naby op Schweitzer-Reneke in Noordwes aan Afrika Varksiekte gevrek het. Volgens die Veeartsenydienste kan die siekte nie mense besmet nie. ‘n Woordvoerder, Simon Mosenoge, sê volgens die ondersoek het die siekte nie buite die gebied versprei nie. Hy het boere in die betrokke gebiede aangemoedig om enige tekens van die siekte onmiddellik aan te meld om te keer dat dit versprei.

5) Die EFF het ook die Nelson Mandelabaai-metro besoek. Die nasionale voorsitter Dali Mpofu het die taxi-staanplek op Govan Mbeki-rylaan in Port Elizabeth besoek en sê die party is vol vertroue dat hulle die metro sal wen. Cope het vroeër sy teleurstelling uitgespreek dat die Nasionale Vryheidparty gediskwalifiseer is om aan die verkiesing deel te neem.

5) Suid-Afrikaners is in reële terme armer as tevore met lewenskoste wat besig om te styg, terwyl inkomste daal. Die hoofekonoom van Investec Solutions, Lesiba Mothata het gereageer op die kwartaallikse werkverskaffingsopname wat deur Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak is. Die opname toon dat inkomste in die eerste kwartaal met vier persent van 545 miljard rand tot 523 miljard rand gedaal het. Hy sê die verhoging in munisipale tariewe en die brandstofprys vandeesmaand plaas bykomende druk op verbruikers.

6) Alhoewel groot dele van die Wes-Kaap reeds goeie reën ontvang het, is daar nog gebiede wat hunker na opvolgreën om die stand van water in die opgaardamme te verbeter.

Tans het die damme slegs sowat 35% water van hulle totale kapasiteit en met die winter wat reeds in die helfte is, word baie opvolgreën baie nodig om die droë somermaande in te gaan.

Teen die einde van Maart was die Wes-Kaapse opgaardamme slegs 32% vol, teenoor verlede jaar Maartmaand se meer as 45%.

Die algemene stand van damme is tans sowat 50% teenoor verlede jaar se meer as 75% vir die ooreenstemmende tyd.

Die Oos-Kaap het gemiddeld 68% teenoor 78% verlede jaar, en die Vrystaat het slegs 53% teenoor 89% verlede jaar.

Sentraal-Transvaal het 86% teenoor 91% verlede jaar, en Natal het 47% wat veel minder as verlede jaar se 70%.

Noord-Transvaal het 58% teenoor 84% verlede jaar, die Noord-Kaap het 61% wat veel minder is as verlede jaar se 83% en Wes-Transvaal het onveranderd gebly op 66%

 

7) Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ‘n sterk koue front sal more oor die Wes-Kaap inbeweeg wat Gauteng ook Donderdagaand sal tref. Die diens sê die koue front sal moremiddag ook oor die Noord-Kaap voorkom met temperature wat skerp sal daal. ‘n Woordvoerder sê dit sal tot Donderdag matig oor die res van die land wees, met temperature wat effens sal verbeter.

 

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  – Mooi weer en  warm –  met ‘n min 26 max van 36

Nelspruit –  Mooi weer met ‘n  min van 5 en ‘n max van 22

Pretoria  – Mooi weer met ‘n  min van 6 en max van 18

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 3 en max van 16

Vereeniging – Mooi weer met ‘n  min 6 en max van 21

Bloemfontein – Mooi weer – met min 6 ‘n max van 18

Durban – Mooi weer met ‘n min van 17 en max van 27

Rustenburg –  Mooi weer met ‘n min 3 en max van 19

Oos London –  Mooi weer met ‘n min 21 en max van 33

Kaapstad – Bewolk met ligte reen ‘n min van 10 en max van 16

Upington – Mooi weer met ‘n min van 8 en max van  24

Sutherland – Bewolk met ligte reen  met Minus 1 en max 11

PE – Mooi weer met ‘n min 13 en max van 30

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.

ons epos adres nuus@ saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

  1. Efesiërs 1:7 – “In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die

vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,”

Handelinge 20:28 – “Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.”

Ø  Cathy Viljoen se “Verlos deur die bloed”

Huidiglik:

 Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

3nm weeksdae – Dit wat saak maak met Mariska Delene – binnekort weer terug op die lug

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

8nm Woensdag aande – Aktueel met Corrie

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

 

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus @saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment