Dinsdag 9 Augustus

SAUK Radio Nuus berig vir Dinsdag, 9 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Die verwagting is dat die komende seisoen meer gunstig is as wat die geval was met die afgelope een, en dat die opbrengs vir saaiboere derhalwe veel hoër gaan wees.’n Landbou ekonoom van Pretoria sê daarmee in die vooruitsig, kan saaiboere ’n aansienlike daling in die prys per ton verwag. Hy sê die moontlikheid bestaan dat graanproduksie aansienlik gaan styg in ander wereld dele wat die prys negatief sal beïnvloed.

Die positiewe is dat daar ’n vooruitsig is op ’n veel groter opbrengs, wat die totale inkomste aansienlik hoër kan maak as die vorige seisoen.

Hy sê die prys van gehalte produkte soos wat die boere van Suid-Afrika produseer, sal altyd ’n betalende bedryf bly, veral as die boer sy vernuf aanwend om koste so laag as moontlik te probeer hou.

Boere moet ook in aanmerking neem dat die ekonomiese groei in die land uiters teleurstellend is, maar dat die landbou nog steeds ’n aanvaarde koers handhaaf te midde van talle struikelblokke. Hy reken die deurlopende vraag na energie is in die boer se voordeel en hulle moet geposisioneer wees om daarvan gebruik te maak. Dalende brandstofpryse is tans ’n bate, wat egter nie onbepaald so gaan bly nie, en aankope behoort tydig gedoen te word om koste besparend te wees.                                                                                

2) Die Universiteit van Stellenbosch se landbou-ekonoom, prof. Nick Vink, is deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) aangestel as direkteur.Die Reserwebank se aandeelhouers het prof. Vink aangestel as nie-uitvoerende direkteur vir die volgende drie jaar. Hy is tans die Universiteit se voorsitter in die Departement van Landbou Ekonomie, en sal saam met prof. Ben Smit dien wat herkies is vir die termyn van drie jaar. Prof. Vink sal in die termyn poog om die belangrikheid van die uitwerking van die Bank se besluite op die landbousektor uit te lig om daarmee die volhoubaarheid van voedselproduksie te bevorder.  Prof. Vink is ook tot voorsitter van die Vereniging van Internasionale Landbou-Ekonomie verkies.                                      

3) Twee mense is dood in ‘n brand in ‘n informele nedersetting in Philippi op die Kaapse Vlakte. ‘n Woordvoerder van die Kaapstadse Brand en Reddingsdienste, Liezl Moodie sê ‘n man en vrou het noodlottige brandwonde opgedoen. ‘n Kind is ook in die brand beseer, en ontvang mediese behandeling. Moodie sê die oorsaak van die brand word ondersoek. In nog ‘n voorval op die Kaapse Vlakte is 20 strukture vernietig in ‘n brand in Gugulethu. Moodie sê sowat 50 mense is haweloos gelaat. Sy sê die stad se rampbestuur is in kennis gestel.

4) Chroom ter waarde van miljoene rand is in Benoni aan die Oos-Rand teruggekry. Twee mense is in hegtenis geneem weens die onwettige besit van ‘n waardevolle mineraal. Die polisie sê hulle het die vragmotors voorgekeer wat van Mpumalanga afkomstig was, en die chroom daarin gekry. Daar is ook beslag gelê op die vragmotors wat nou in polisiebewaring is. Die twee vragmotorbestuurders is in hegtenis geneem. Die ondersoek gaan voort.

5) Krieket Suid-Afrika het nog vier spelers geskors weens die wedstrydknoeiskandaal wat die sport verlede seisoen getref het. Die voormalige Protea-paaltjiewagter en kaptein van die Highveld Lions, Thami Tsolikile, sy provinsiale spanmaats Pumelela Matshikwe en Jean Symes sowel as die Titans se Ethy Mbhalati is uit die sport verban weens die beplanning van of pogings om die uitslae van wedstryde in die Ram Slam T20- uitdaagreeks van 2015 te beïnvloed. Tsolekile is vir twaalf jaar uit die sport geskop, Mbhalati en Matshikwe vir tien jaar en Symes vir sewe jaar. Die skorsing van die spelers volg op uitgebreide ondersoeke. Vroeër vanjaar is is die voormalige Protea-, Lions- en Titans- speler Gulam Bodi vir 20 jaar uit krieket geskors is. Bodi is daaraan skuldig bevind dat hy betrokke was by wedstrydknoeiery in die reeks, sowel as die feit dat hy as tussenganger vir buitelandse weddenskapsindikate opgetree het.

6) Eskom sê hy beplan om later vandeesweek met werkers samesprekings te voer oor die salarisgeskil wat tot ‘n staking deur sommige werkers gelei het. Lede van die mynwerkersvakbond die N.U.M het met ‘n onbeskermde staking begin. Eskom sê dit is nie waar dat samesprekings vasgeval het nie. Die woordvoerder, Khulu Phasiwe sê daar was verlede week onderhandelings by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie, en dié onderhandelings gaan voort sodra die KVBA ‘n datum verskaf het.

7)  Die DA sê hy is nie oorhaastig om koalisieooreenkomste met kleiner partye in die Wes-Kaap te finaliseer nie. Die party se Federale Voorsitter, James Selfe sê onderhandelings word met elke munisipaliteit afsonderlik gedoen. Hy sê in sommige gevalle is daar voorlopige ooreenkomste, terwyl van die partye verkies dat die ooreenkomste op nasionale vlak plaasvind aangesien dit ‘n kettingreaksie kan veroorsaak. Die DA het in 26 Wes-Kaapse munisipaliteite nie ‘n volstrekte meerderheid nie.

8) Die Inkatha Vryheidsparty sê hulle is slegs bereid om gesprekke oor koalisies te voer met partye wat bereid is om die belange van die mense voor hulle eie belang te stel. Die IVP se voorsitter in Gauteng, Bonginkosi Dlamini sê hulle wil bestendige munisipaliteite skep wat ontvanklik is vir die behoeftes van mense. Dlamini sê hulle beraadslaag met die nasionale leiers oor die pad vorentoe. Hy sê die IVP sal alle gesprekke benader volgens die beginsel dat munisipale regering die regte prioriteite moet stel.

9) Die studenteorganisasie Cosas het ‘n beroep op onderwysers in die Vuwani-gebied gedoen om te verseker dat leerlinge hulle werk vinnig kan inhaal. Die skole heropen Woensdag, nadat dit vir drie maande gesluit was weens voortslepende protesoptrede. Inwoners van die gebied was gekant teen inlywing in ‘n nuwe munisipaliteit in die Vhembe-distrik. Die president van Cosas, Zama Khanyase sê hulle het die leerlinge ook gemaan om hard te werk en seker te maak dat hulle gereed is vir die eksamens.

10) Die polisie op Butterworth in die Oos-Kaap ondersoek ‘n saak van moord nadat die liggaam van ‘n man langs die treinspoor by die Skiet informele woongebied gevind is. ‘n Verbyganger het die liggaam gesien en die polisie ingelig. Die polisie het die publiek versoek om na vore te kom met inligting wat in die ondersoek gebruik kan word. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

11) Verskeie spitstydtreine in Kaapstad se suidelike gebiede was gekanselleer nadat twee treine eergister in brande vernietig is. Metrorail het ‘n beloning van 100-duisend rand aangebied vir inligting wat tot skuldigbevinding sal lei. Die woordvoerder van Prasa, Daphne Kayster sê die treine is by Retreat beskadig. Kayster sê Metrorail het die afgelope tyd deurgeloop onder opsetlike saakbeskadiging. Sy sê dit het daartoe gelei dat duisende pendelaars treine moet gebruik wat reeds oorvol is. Skade aan infrastruktuur het vroeër vanjaar reeds sowat 200 miljoen rand beloop.

12) Tien Angolese soldate is dood en nege is gewond in gevegte met rebelle in die land se olieryke Cabinda-provinsie. Die opperbevelvoerder van die Front vir die Bevryding van die Cabinda-Enklawe het sy optrede verskerp sedert die dood van die stigter, die 88-jarige Nzita Tiago vroeër vanjaar in ballingskap in Frankryk. Die seperatistegroep beywer hom vir die onafhanklikheid van die gebied wat die helfte van Angola se olie produseer. Die dodetal sedert die geweld vroeër vandeesmaand opgevlam het, het nou tot 40 gestyg.

13) Die Tesourie sê hy sal steeds besteding dophou, skuld verminder en hervormings instel om ekonomiese groei te bevorder. Die Tesourie het in ‘n verklaring gereageer ná die ANC aansienlik steun verloor het in die afgelope munisipale verkiesing. Die Tesourie sê hy het kennis geneem van graderingsagentskappe se kommer dat die regering meer populistiese beleidsrigtings sal inslaan om kiesers terug te wen. Hy sê die regering bly verbind tot fiskale konsolidasie en om staatsfinansies op ‘n volhoubare pad te plaas. Die graderingsagentskap Fitch het Vrydag gewaarsku dat die verkiesingsuitslae daartoe kan lei dat die regering meer bestee en so staatskuld verder verhoog.

14) Die borgtogaansoek van drie mans wat na bewering militêre vuurwapens, ammunisie en handgranate uit die vlootbasis op Simonstad in die Kaapse Skiereiland gesteel het, is tot Donderdag uitgestel. Duncan Gouvias, Dilon Sewkumar en Karabo Ramokgopa het glo op die basis ingebreek en outomatiese masjiengewere, 58 handgranate en 16 kanonprojektiele gesteel. Die meeste van die gesteelde wapens is weer teruggevind. Die landdros het vroeër bepaal dat die misdade skedule 5-oortredings is.

15) Die Gesondheidsowerheid het bewerings verwerp dat daar ‘n uitbraak van die rotavirus in Gauteng is. Die DA voer aan dat ‘n uitbraak gelei het tot ‘n toename in die getal baba’s wat vir diarree in die hospitaal opgeneem is. Die Departement van Gesondheid in Gauteng sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het inwoners die versekering gegee dat die land een van die beste en doeltreffendste entstowwe teen diarree het.

16) ‘n Bolandse verpleegster het met die toekenning van Landelike Verpleegster van die Jaar weggestap vir haar werk op plase in die Breedevallei. Charlotte Stemmet en ‘n kollega, Christine Marcus, bied primêre gesondheidsorgdienste soos berading oor MIV/Vigs en TB uit ‘n mobiele kliniek aan gemeenskappe waar mense nie toegang tot sulke dienste het nie. Stemmet sê sy hoop dié toekenning van die Landelike Verpleegstersvereniging sal die aandag vestig op mobiele kliniek-verpleegsters in die algemeen en die moeilike omstandighede waaronder hulle werk.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Gedeeltelik Bewolk-  met ‘n min 26 max van 35

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 6 en ‘n max van 24

Pretoria  – Mooi Weer met ‘n  min van 11 en max van 22

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 6 en max van 20

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 9 en max van 25

Bloemfontein –Mooi Weer – met min 5 ‘n max van 20

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 12 en max van 22

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 8 en max van 22

Oos London –  Mooi Weer – met ‘n min 14 en max van 24

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 10 en max van 22

Upington – Mooi Weer – met ‘n min van 13 en max van 26

Sutherland –Mooi Weer met Min 2 en max 15

PE- Mooi Weer – met ‘n min 12 en max van 24

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Johannes 1:16 – “En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.”

Kolossense 2:9-10 – “ Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;”

Janita Claassen se “U is altyd daar”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment