Donderdag 14 Julie

SAUK Radio Nuus berig vir Donderdag, 14 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@ saukradio.com

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1)’n Hof in Zimbabwe het aanklagte laat vaar teen Pastoor Evan Mawarire wat aanvanklik daarvan beskuldig is dat hy gehelp het met die afgelope ruk se betogings teen die regering. Hy is daarvan aangekla dat hy probeer het om die regering omver te werp deur middel van ‘n internet-veldtog. Sy ondersteuners het hom by die hof in Harare te midde van ‘n groot polisieteenwoordigheid toegejuig. Die hof het beslis dat aanklaers nie hulle saak behoorlik gestel het nie.

2)Die adjunkpresident, Cyril Ramaphosa het hulde gebring aan wyle Nkosi Johnson in aanloop tot die internasionale vigskonferensie wat oor 5 dae in Durban plaasvind. Ramaphosa het by die Nkosi Johnson-sentrum in Winchester Hills, suid van Johannesburg gepraat. Hy sê Johnson wat sestien jaar gelede ‘n spreker was by die internasionasionale vigskonferensie voordat hy ‘n jaar later aan vigs gesterf het, se nagedagtenis leef voort.

3)Die kinders van die slagoffers van die Field’s Hill-ongeluk waarin 24 mense gesterf het, het die eienaar van die vragmotor gevra om verantwoordelikheid te neem en hul skoolfonds te betaal. Die eienaar, Gregory Govender het vandag in die Verulam Landdroshof verskyn op aanklagte van oortreding van die nasionale padverkeerswet en die immigrasiewet. Die vragmotor wat die botsing veroorsaak het, is deur ‘n burger van Zwaziland, Sanele May bestuur. Hy is tot agt en ‘n half jaar tronkstraf gevonnis. Govender sal weer op 12 Augustus in die hof verskyn.

4)Die voorsitter van die ANC-Vroueliga in die Vrystaat, Olly Mlamleli sê hulle is goed op dreef om seweduisend-500 huise te verskaf aan inwoners van Caleb Motshabi in die Mangaung Metrogebied. Mlamleli, wat ook die ANC se burgemeesterskandidaat in die Mangaung Metro is, het sowat tweeduisend inwoners en ANC-lede in Bloemfontein toegespreek. Caleb Motshabi is ‘n informele nedersetting, wat onlangs formele residensiële status gekry het en tans ontwikkel word. Mlamleli, wat die huidige LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake is, sê sodra die proses om amptelik erwe toe te ken afgehandel is, sal daar met die behuisingsprojek begin word.

5)Die DA se nasionale woordvoerder en parlementslid, Phumzile van Damme het die party se verkiesingsveldtog in Lenting en Ga-madisha Leolo in Limpopo voortgesit. Van Damme het inwoners gevra om vir die DA te stem omdat die party hom beywer vir beter dienslewering. Van Damme sê inwoners het geen vullisverwydering of toegang tot water of sanitasiegeriewe nie. Die DA sê sy boodskap is eenvoudig en dat die party sal verseker dat mense beter dienste kry, toegang tot werksgeleenthede en korrupsie in munisipaliteite uitgeroei word.

6)Die DA sê ‘n gebrek aan dienslewering en werkloosheid in die Umjindi Plaaslike Munisipaliteit in Mpumalanga is ‘n groot bron van kommer. Die DA-leier in die provinsie, James Masango sê meer moet gedoen word om die lewensomstandighede van inwoners van Barberton te verbeter. Hy sê onderrig en verdere studie moet prioriteite wees. Masango het vandag die DA se verkiesingsveldtog voortgesit in die Barberton-omgewing.

7)Koningin Elizabeth die Tweede het die bedanking van die Eerste Minister, David Cameron aanvaar en die land se nuwe eerste minister, Theresa May amptelik in die amp aangestel by Buckingham Paleis in Londen. May is die dertiende eerste minister onder Koningin Elizabeth se monargie. May en haar man, Phillip het by die Paleis opgedaag minute nadat Cameron en sy gesin weg is. Cameron het voor sy besoek aan die Paleis by Downingstraat gesê dat hy Brittanje ‘n sterker land gemaak het as dié land wat hy ses jaar gelede as leier oorgeneem het. Hy het bygevoeg dat Brittanje ‘n stabiele en sterk leier in May sal kry.

8)’n Bekende politikus in Burundi, Hafsa Mossi, is in die hoofstad, Bujumbura vermoor. President Pierre Nkurunziza het dit as ‘n sluipmoord bestempel en sê dit was ‘n lafhartige daad. Mossi was ‘n parlementslid en ‘n voormalige minister. Volgens die polisie is hy deur twee mans doodgeskiet.

9)Een van Italië se gevreesde misdadigers, Bernardo Provenzano wat ook die voormalige baas van die Siciliaanse mafia was, is in ‘n hospitaal in Milaan oorlede. Hy was 83-jaar oud. Hy is 2006 in hegtenis geneem nadat hy 43 jaar voortvlugtig was. Sy bynaam was “Bernie die Trekker” oor hoe hy met sy vyande te werk gegaan en hulle afgemaai het.

10)Die Munisipale Afbakeningsraad het sy werk afgehandel ten opsigte van ‘n nuwe munisipaliteit in die Vhembe-distrik in Limpopo. Dit volg te midde van bespiegeling dat die raad sy besluit oor die samesmelting van sommige gebiede in Vuwani en Malamulele onder ‘n nuwe munisipaliteit, kan wysig. Die Konstitusionele Hof het onlangs ‘n aansoek deur tradisionele leiers van Vuwani om die raad se besluit te wysig, van die hand gewys. Die boikot van dienste uit protes oor die besluit, duur vir die derde maand voort. ‘n Woordvoerder vir die Afbakeningsraad, Bulelwa Mbali-Khoele sê wat die raad aanbetref is die afbakeningskwessie nou afgehandel en in die regering se hande om ‘n gladde oorgang na ‘n nuwe munisipaliteit te bewerkstellig. Sy sê die raad is nie betrokke by gesprekke met tradisionele leiers van Vuwani of die regering nie.

11)Die mynvakbond – AMCU – het hulle kommer uitgespreek oor mynveiligheid by alle myne landwyd. Dit volg nadat ‘n mynwerker by die Impala Platinummyn in ‘n rots-storting dood is. Die president van AMCU, Joseph Mathunjwa sê sulke ongelukke gebeur voortdurend. Hy sê sedert Januarie is 46 mynwerkers in mynongelukke dood. Mathunjwa sê die Nasionale Raad op Ekonomiese Ontwikkeling en Arbeid – Nedlac – het hulle versoek geweier om ‘n optog na die Uniegebou in Pretoria te hou.

12)Die Amerikaanse Konsulaat in Kaapstad sê hy is bereid om met die beweging – Black Solidarity Action – in gesprek te tree. Dit volg nadat die groep ‘n optog gehou het na die Amerikaanse konsulaat in Tokai. Black Solidarity Action sê die ambassade moet onmiddellik uit Suid-Afrika onttrek totdat hy “Amerikaanse polisiebeamptes se moorde op swart mense” onder beheer het. ‘n Lid van die groep, Xola Skhosana sê wit oorheersing en polisiewreedheid is nie onderhandelbaar nie en dit is nie ‘n versoek aan die Amerikaanse Ambassade nie, maar ‘n waarskuwing. ‘n Woordvoerder vir die konsulaat, Kimberley McClure het die groep bedank omdat hulle hul stem voeg by ‘n belangrike openbare debat in Amerika en gesê dit is ‘n gesprek wat vir almal belangrik is.

13)Sewe mense is in hegtenis geneem nadat hulle ‘n polisievoertuig by Siloam buite Thohoyandou in Limpopo aan die brand gesteek het. Die verdagtes gaan aangekla word van openbare geweld en saakbeskadiging. Hulle het na bewering ook ‘n tweede voertuig beskadig en ‘n vermeende misdadiger beseer. Die rede vir die protesoptrede is nie bekend nie.

14)Die politieke party – Cope – het sowat 10 ANC-lede in sy midde verwelkom. Hulle is afkomstig van Lethaleng op Bochum in Limpopo en beskuldig die ANC-beheerde Blouberg munisipaliteit daarvan dat hulle selektief gebiede ontwikkel. Die inwoners sê ‘n ander gebied, Machaba is al ontwikkel soos ‘n dorp, terwyl daar op Lethaleng geen ontwikkeling was nie, behalwe sewe H.O.P-huise. Inwoners sê twee maande nadat hulle aan ‘n COPE-raadslid gemeld het dat hulle geen elektrisiteit het nie, het hul huise krag gehad.

15)Die ANC se nasionale voorsitter, Baleka Mbete sê die party sal voorvalle waar hul verkiesingsmateriaal vernietig is by die Verkiesingshof aanmeld. Mbete het reageer op voorvalle in Thohoyandou in Limpopo waar ANC-baniere met president Jacob Zuma se gesig gevandaliseer is. Mbete is besig met ‘n verkiesingsveldtog in die provinsie. Sy sê alle partye moet help verseker dat hul lede nie die verkiesingswet oortree nie.

16)Die akademikus, Rhoda Kadalie is aangestel as die adjunk-voorsitter van die FW de Klerk Stigting se Raad van Trustees. Kadalie, wat in Oktober 2014 by die raad aangesluit het, is eenparig as adjunk-voorsitter verkies. Die Stigting sê sy sal waarde toevoeg tot hulle werk. Kadalie het omvattende ervaring as akademikus en menseregte-aktivis.

17)Die Amerikaanse Republikeine se waarskynlike presidentskandidaat, Donald Trump, het ‘n Hooggeregshofregter gevra om te bedank. Regter Ruth Bader Ginsburg het hom gekritiseer en gesê hy is onbekwaam om president te wees. Trump sê dit is onvanpas vir ‘n regter om by politiek betrokke te raak en het die regter as geestelik onbevoeg bestempel.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  – Mooiweer  en  warm –  met ‘n min 26 max van 35

Nelspruit –  Mooiweer  met ‘n  min van 3 en ‘n max van 24

Pretoria  – Mooi weer met ‘n  min van 7 en max van 23

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 3 en max van 18

Vereeniging – Mooi weer met ‘n  min 5 en max van 24

Bloemfontein – Mooi weer – met min 5 ‘n max van 18

Durban – Gedeeltelik Bewolk met ‘n min van 13 en max van 27

Rustenburg –  Mooiweer  met ‘n min 3 en max van 20

Oos London –  Gedeeltelik Bewolk met ‘n min 18 en max van 31

Kaapstad –Mooiweer met n min van 10 en max van 21

Upington – Mooi weer met ‘n min van 12 en max van 23

Sutherland –Sonskyn  met Min 3 en max 15

PE- mooi weer met ‘n min 15 en max van 27

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig 

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.

ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

                                                       KRAG VIR DIE DIE DAG

Handeling 3:6 – “Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!”

Ronéll Erasmus se “Dit borrel in my, Die liefde van Jesus is wonderbaar, Silwer en goud het ek nie”

Huidiglik:

 Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

3nm weeksdae – Dit wat saak maak met Mariska Delene – binnekort weer terug op die lug

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

 

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus @saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment