Donderdag 18 Augustus

Noodberig

Protest aksie umlazi e section shaka high school wees asb versigtig

Steelpoort/Burgersfort/Lydenburg Onluste.

R37 closed at ZCC Lebowakgomo turn off due to community unrest. Police fired shots, but then retreated.

SAUK Radio Nuus berig vir Donderdag, 18 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Dit volg na ‘n uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof teen Nersa. Aangesien die hof nie die tarief self kan bereken nie, het hy dit na Nersa terugverwys om te hersien. Dit kom in wese daarop neer dat die nuwe tariewe wat Eskom in April vanjaar in werking gestel het, moontlik onregmatig was, met die gevolg dat die verbruikers te veel betaal het. Hoe die saak reggestel gaan word, is nog onseker. Nersa moet nou eers die tariewe hersien, wat beteken dat die verbruiker eers sal weet waar hulle staan as die nuwe tariewe aangekondig word en dan dan eers bereken kan word wat die verbruiker te veel betaal het. Direkte verbruikers van Eskom behoort voordeel daaruit te trek, maar ook verbruikers wat elektrisiteit kry deur middel van tussengangers soos munisipaliteite. Munisipaliteite plaas gewoonlik nog ‘n wins bo-op die Eskom-pryse, wat beteken dat hulle ook onder druk gaan kom. Daar was geruime tyd reeds vrae oor Nersa se werkswyse. Hulle hou ‘n proses van openbare verhore, waar die publiek en belanghebbende instansies hulle voorleggings kan maak oor moontlike prysverhogings. Die uitkoms is meesal dat Eskom sy sin of naby sy sin kry met bo-inflasie prysverhogings wat hy wil hê. Nersa is, soos Eskom, uiteindelik staatsbeheer wat beteken dat hulle na mekaar se belange moet omsien. Vier sakemanne van Port Elizabeth het uiteindelik die bul by die horings gepak en die saak suksesvol hof toe geneem. Dit is nog nie bekend of Nersa gaan appelleer nie.                                     

2) Ten spyte van redelik goeie reën in die winterreënvalgebied, is die stand van damme landwyd aansienlik laer as verlede jaar die tyd, en in sommige gebiede dreig ‘n krisis. Die Vaaldam, wat onder andere water lewer aan die PWV-gebied, is tans slegs 34,5% vol, teenoor verlede jaar die tyd se 66,1%. Die Vrystaatse damme in geheel staan tans op slegs 55,1% teenoor verlede jaar se stand van 76,1%. Die Bloemhofdam is tans slegs 25,5% vol waar dit verlede jaar die tyd op 62,4% gestaan het. In Natal lyk die situasie nog slegter met ‘n huidige stand van 44,7% (64,2% verlede jaar), Noord-Transvaal 51,8% (78,1%), Oos-Transvaal 55,9% (79,2%), Wes-Kaap 58% (66%), Noord-Kaap 65,7% (81,2%) en Oos-Kaap 66,2% (79,3%).  Die winterreën wat vir ‘n verrassing in Wes-Transvaal veroorsaak het, het die damstand egter gestyg. Tans is damme daar gemiddeld 65,2% vol, teenoor 63,8% verlede jaar. Sekere gebiede is egter nog glad nie uit die greep van die droogte bevry nie. Swartruggensdam is tans slegs 1,4% vol, terwyl dit verlede jaar hierdie tyd reeds krities was op slegs 5%. Die damme in Lesotho, wat ook ‘n voedingsgebied is vir Suid-Afrikaanse riviere en damme, staan tans op 40,2% teenoor verlede jaar se 64,3%. Baie boere kan nie meer besproei nie, en droogtehulp word steeds aan boere gegee waar moontlik.  TLU SA se hoofbestuurder, mnr. Bennie van Zyl, sê hulle kry steeds versoeke vir droogtehulp van kommersiële boere. Die publiek is egter steeds betrokke en dra steeds by tot TLU SA se droogtefonds.                                                                    

3) Dit wil voorkom of daar lig aan die tonnel is vir die drie-weke lange staking in die brandstofbedryf. Die vakbond Sepwawu se 15 000 lede het gestaak oor ‘n dispuut oor loonverhogings. Dié vakbond het ‘n salarisverhoging van ongeveer dubbel die amptelike inflasiesyfer geëis.  Die KVBA het as bemiddelaar opgetree en eenstemmigheid is skynbaar bereik. Besonderhede van die ooreenkoms is nog nie bekend gemaak nie. Die staking het daartoe gelei dat heelwat vulstasies sonder voorraad geraak het. Vrywilligers het egter gesorg dat brandstof wel afgelewer kon word, en daardeur voorkom het dat die staking in ‘n nasionale krisis ontaard het.   

4)  Die sogenaamde Parys-moordsaak, waar aanvanklik 14 boere aangekla is in verband met die beweerde moord op Tjixa Jubeba, wat met ‘n plaasaanval verbind is, is besig om geleidelik te verwater. Tans is slegs sewe beskuldigdes in die saak oor nadat die staat die klagtes teruggetrek het teen Fanie, Wian, Wicus en Muller van der Westhuizen. Die saak sal weer op 18 November voortgesit word. Een van die beskuldigdes is ‘n minderjarige, wie se saak geskei word van die ander, en sy saak kom weer op 9 September 2016.  

5) Die ANC-bewind is vasbeslote om voort te gaan met die sogenaamde Rassisme Wet. Dié wet sal enige vorm van rassisme, gewaande haatspraak en diskriminasie ‘n misdryf maak waarvoor mense tronk toe kan gaan. ‘n Juris met wie Die Vryburger gesels het, sê dat die situasie sou kon ontstaan dat meer mense vir diskriminasie in die tronk kan wees as wat daar moordenaars sal wees. “Enige mens diskrimineer,” het sy gesê. “Wanneer ‘n man en vrou besluit om te trou, diskrimineer hulle in wese met die mense met wie hulle nie getrou het nie. Dis diskriminasie. Diskriminasie is die reg om te kan kies, en die hele lewe bestaan uit keuses,” het sy gesê. “Dit gaan interessant wees om te sien hoe die wet uiteindelik daar uit gaan sien, aangesien die land se grondwet juis voorsiening maak vir diskriminasie, om die sogenaamde ongeregtighede van die verlede reg te stel. Daar kan verwag word dat hierdie wet nog in terme van sy grondwetlikheid uitgedaag gaan word.” Die wetsontwerp is egter nog vertraag omdat haatspraak daarby ingeskryf moet word, en die definisie daarvan nog nie gefinaliseer is nie. Die situasie kan ontstaan dat voorstanders van apartheid, nou tot misdadigers verklaar kan word, en dat enige onbenulligheid gesien kan word as haatspraak, met die risiko van tronkstraf daarvoor. Openbare deelname sal binnekort begin sodra die wetsontwerp gefinaliseer is. Die geskiedenis het egter al geleer dat daar nie veel aandag gegee word aan voorleggings tydens openbare verhore nie, en dat dit net ‘n skynproses is.                                    Berig deur die Vryburger

6) Die “gefragmenteerde” grense van SA en die beheer by die poste is klaarblyklik een van die eerste sake op die agenda sodra die parlement weer sitting gaan inneem.  ‘n Nuwe wet, die “Grens Bestuurs Gesagswet” oftewel “Border Management Act” sal deur die portefeulekomitee van Binnelandse Sake bestudeer word en wag openbare aanbevelings in.  ‘n Enkel entiteit sal glo daargestel word met uitvoerende gesag.  Die 5 244km grens van die nuwe SA is klaarblyklik soos ‘n sif wat mense deurlaat, in baie gevalle afhangend van die bedrag geld wat onder die tafel deurgegee word.  Gesien in die lig van die onlangse inhegtenisname van twee Binnelandse ake amptenare oor korrupsie en omkopery by grensposte, sal ‘n wet nie instroming vanuit Afrika keer nie.

                                                                                                                                 

7) Sodra daar gedink word rede het geseëvier, bars die volgende spreekwoordelike bom. #FeesMustFall is tans weer besig om die massas op te sweep oor die sg gesloerdery oor gratis tersiêre onderwys. Volgens berigte is die Wes-Kaapse Universiteite gewaarsku om sekuriteit op te skerp na dreigemente van ‘n nasionale sluiting van Universiteite. Minister Blade Nzimande het die vasstelling van 2017 fooie  onbepaald uitgestel.  Moontlike protes optogte kan volg na FMF (Fees Must Fall) aangekondig het dat ‘n sluiting van alle universiteite in die provinsie onvermydelik is.

8) Die sogenaamde Shangai-graderings het die Universiteit van die Witwatersrand nou amptelik die beste universiteit in Afrika verklaar, en is deel van die wêreld se 200 beste universiteite. Stellenbosch, Kaapstad en KwaZulu-Natal se universiteite is ook steeds onder die top 500 in die wêreld. Na die gedwonge transformasie van voormalige hoogaangeskrewe universiteite soos Pretoria, Vrystaat en selfs Potchefstroom, is hulle nie meer in daardie kategorie nie.                                                                                

9) Die DA se burgemeesterskandidaaat in die Johannesburg Metro, Herman Mashaba sê hy is bereid om terug te staan as die party dit van hom vra. Hy het reageer op verklarings van die EFF-leier, Jalius Malema dat hy nie Mashaba kan steun nie. Die EFF het onderneem om wel die DA se burgemeesterkandidaat in Tshwane, Solly Msimanga te steun. Mashaba sê hy vind Malema se voorwaarde vreemd. Hy sê hy het agtien maande lank daaraan gewerk om die ANC se mag en arrogansie te verslaan. Mashaba sê hy is bereid om terug te staan en weer op sy sakebelange te konsentreer.                                                                                  

10) Die IVP sê sy samewerkingsooreenkomste met die DA en EFF kan meebring dat hy nog meer bestrede munisipaliteite in KwaZulu-Natal beheer. Die party beheer tans ses munisipaliteite in die provinsie. Die IVP se nasionale voorsitter van sy verkiesingskomitee, Narend Singh sê die ooreenkoms sal na Gauteng uitgebrei word waar die party die DA sal steun. Hy sê dit kan beteken dat die IVP nog vyf plaaslike munisipaliteite en drie distriksmunisipaliteite kan beheer.                                                                      
11) Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Mulder het hul koalisie-ooreenkoms met die DA verwelkom en sê dit is `n historiese oomblik vir Suid-Afrika. Mulder sê politiek in die land het `n nuwe tydvak bereik. Hy sê dit is die eerste keer dat daar so `n breë samewerking tussen partye is. Volgens Mulder is die partye verbind daartoe om `n openlike, eerlike, verantwoordelike en verantwoordbare regering aan die mense te bring.    

12) Die ekonoom, Dawie Roodt sê Suid-Afrikaners moet hulle weens stygende inflasie staal teen moeiliker tye wat voorlê. Roodt het in Kaapstad gesê witmense word al hoe meer blootgestel aan werkloosheid en armoede. Hy het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul poste te behou en om geld te spaar.                  

13) Die Oos-Kaapse polisie ondersoek `n ongeluk waarin drie mense op die R63 tussen Queenstown en Tarkastad gesterf het. Die provinsiale verkeersafdeling sê die voertuig het beheer verloor en omgeslaan. Die motor het toe aan die brand geslaan.                                                                                                                          

14) Die maatskappy wat die omstrede e-tolgelde in Gauteng invorder, word nou ten volle deur die Oostenrykse maatskappy, Kapsch beheer. Dit volg nadat die enigste bemagtingingsvennoot, TMT-dienste van hul aandeel ontslae geraak het. Die groep het saam met Kapsch die invorderingsmaatskappy, ETC gevorm. Kapsch het in 2010 die e-tolkontrak van ses-miljard rand van die padagentskap, SANRAL gekry. Die woordvoerder van OUTA, die organisasie teen belastingmisbruik, Wayne Duvenage het sy kommer uitgespreek dat Suid-Afrika se invordering van e-tolgeld nou volledig in buitelanders se hande is.                                                                                    

15) Agt mans is in in hegtenis geneem vir wilddiefstal in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. `n Woordvoerder van die Valke, Hangwani Mulaudzi sê hulle het op renosterhorings en vuurwapens beslag gelê. Volgens hom het die beskuldigdes reeds in landdroshowe verskyn. Die sake is almal uitgestel.  

16) Die DA se Oos-Kaapse leier, Athol Trollip, sal waarskynlik vandag by die Nelson Mandelabaai se raadsvergadering as burgemeester verkies word. Dit volg nadat die DA `n ooreenkoms met die UDM, Cope en ACDP bereik het om `n koalisie te vorm. Geen party kon `n volstrekte meerderheid in die munisipale verkiesing in die metro behaal nie. Die DA het vier raadslede benodig om by sy 57 setels te voeg sodat hy `n meerderheid kan hê. Die EFF is nie deel van die koalisie nie, maar het reeds aangedui dat hy vir die DA sal stem. Die ANC sal die eerste keer die opposisie in dié Metro wees.                                                                                                                    RSG

17) Die moordsaak van ‘n boer van Noordwes en sy seun wat na bewering ‘n swart boer vermoor het, is na die hooggeregshof in Pretoria vir verhoor verwys. Die verhoor sal in Februarie aanstaande jaar begin. Die 53-jarige Schalk Myburgh en sy seun, Schalk junior, het na bewering in Desember verlede jaar die 63-jarige Muraga Mavula in Sanddrift buite Brits vermoor. Hul borgtog van 500-rand elk is verleng.                                            

18) Die DA se Oos-Kaapse leier, Athol Trollip, sal waarskynlik vandag by die Nelson Mandelabaai se raadsvergadering as burgemeester verkies word. Dit volg nadat die DA `n ooreenkoms met die UDM, Cope en ACDP bereik het om `n koalisie te vorm. Geen party kon `n volstrekte meerderheid in die munisipale verkiesing in die metro behaal nie. Die DA het vier raadslede benodig om by sy 57 setels te voeg sodat hy `n meerderheid kan hê. Die EFF is nie deel van die koalisie nie, maar het reeds aangedui dat hy vir die DA sal stem. Die ANC sal die eerste keer die opposisie in dié Metro wees.                                                                                                                        RSG

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Bewolk –  met ‘n min 27 max van 37

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 7 en ‘n max van 26

Pretoria  – Gedeeltelik Bewolk –  met ‘n  min van 9 en max van 24

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 8 en max van 21

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 9 en max van 23

Bloemfontein –Gedeeltelik Bewolk met Reen naby- met min 10 ‘n max van 19

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 17 en max van 27

Rustenburg – Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min 9 en max van 24

Oos London – Gedeeltelik Bewolk met Reen naby – met ‘n min 18 en max van 27

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 15 en max van 22

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 15 en max van 26

Sutherland –Sonskyn  met Min 5 en max 15

PE- Mooi Weer – met ‘n min 16 en max van 25

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsending

KRAG VIR DIE DIE DAG

Psalms 24:1 – “’n PSALM van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;”

1 Korintiërs 10:26 – “Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.”

Ronéll Erasmus se “Majesteit”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

7nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment