Donderdag 25 Augustus

Noodberig

Traffic backed on the N1 North from Diepkloof all the way crawling. No idea what’s going on.

SAUK Radio Nuus berig vir Donderdag, 25 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Die departement van binnelandse sake wil Janusz Walus se Suid-Afrikaanse burgerskap ophef. Dit, blykbaar as gevolg daarvan dat hy die kommunis, Chris Hani, in 1993 doodgeskiet het.

Walus se regsverteenwoordiger, Julian Knight, sê Walus het geen probleem om gedeporteer te word as hy eers borgtog sou kry nie, aangesien hy dan by sy dogter in pole kan gaan woon. Knight reken egter dat Walus uit blote bitterheid in die tronk gehou word, terwyl hy lank reeds vir borgtog gekwalifiseer het.

Die ANC-minister van justisie, het onlangs geappelleer teen ‘n hofuitspraak dat Walus onverwyld op borgtog vrygelaat moet word. Vir Knight is dit vreemd dat die regering hom weer tot die hof wil wend en daardeur koste aangaan. As Walus gedeporteer sou word, sou dit ‘n goedkoper manier wees om die saak op te los. Walus is tans 65 jaar oud en is sedert 1993 al agter tralies. Die Vryburger

2) Nadat die omstrede SABC-bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, bloedneus gekry het oor die sewe joernaliste wat hy vroeër vanjaar onregmatig afgedank het, is hy van plan om dieselfde resultaat te behaal met ‘n ander strategie.

‘n Byna arrogante Motsoeneng het voor die parlementêre portefeuljekomitee verskyn oor sy hantering van SABC-aangeleenthede. Hy het kritiek vanuit die komitee afgemaak as “onwil om te transformeer”. Hy het ook gewaarsku dat hy die Afrikaanse radiodiens, RSG, nou by uitstek gaan teiken om te “transformeer”.

Sy aanslag is dus duidelik op die Afrikaanssprekende, waaronder ook heelwat Afrikaners is, alhoewel RSG toenemend al fokus op die kleurlinggemeenskap, in terme van hulle personeelaanstellings en programinhoud. In mediakringe word verwag dat Motsoeneng nog meer by RSG wil inmeng om die “his master’s voice” van die ANC-bewind te word. Talle van die RSG joernaliste is nog bereid om ook Afrikaners ‘n kans te gee om hulle saak te stel, en na verwagting sal hy ‘n stokkie hiervoor probeer steek.

Die joernaliste wat dus weer deur die hof in hulle poste heraangestel is, sal nou net deur ‘n ander prosedure onder skoot kom, totdat Motsoeneng hulle weggewerk het, word geglo.                

3) Die heksejag teen die Minister van Finansies, Pravin Gordhan duur voort, en hy moet later die week by die Valke aanmeld om ‘n waarskuwingsverklaring af te lê.

‘n Waarskuwingsverklaring word net afgeneem by mense wat verdagtes in ‘n saak is. Dit kan die ondersoekbeampte in ‘n saak help om ‘n ander perspektief op ‘n saak te kry. ‘n Verdagte het egter die reg om geen verklaring in sy waarskuwingsverklaring te maak nie.

Die Valke se eis dat Gordhan by hulle moet aanmeld is ook vreemd. Aangesien hy slegs verdink word maar nog nie gearresteer is nie, beteken dit dat ‘n ondersoekbeampte die verklaring ook by sy huis of kantoor kan gaan afneem. Sou Gordhan nie by die Valke gaan aanmeld nie, is dit nog geen rede om hom te arresteer nie.

Vyf van sy oud-kollegas is ook deur die Valke aangesê om by hulle aan te meld op dieselfde tyd.

In Mei vanjaar het die Valke gedreig om Gordhan in hegtenis te neem in verband met beweerde spioenasie in die tesourie toe hy nog die hoof daar was.

Aangesien Gordhan skynbaar geen Zuma-lofsanger is nie, word die heksejag gesien as ‘n laaste poging van Zuma om Gordhan uit te kry en ‘n meer lojale en sosialistiese finansminister in sy plek te kry.

Sedert die nuus dat die Valke Gordhan ontbied het, het die rand weer verswak teen ander internasionale geldeenhede.                  

4) Die silwermedaljewenner in spiesgooi by die Olimpiese Spele, Sunette Viljoen, het gevra dat Saskok ondersoek moet word weens ‘n R70 miljoen skenking wat hulle net voor die Olimpiese Spele by die Lotto gekry het. Sy het ook die Minister van Sport bygekom, wat gesê het “hy” sal tien medaljes lewer. “Wat het HY gelewer”, was Viljoen se vraag op die minister se aanmatigende stelling.                                                              

5) ANC- pres. Jacob Zuma het nou volmag gekry oor alle staatsentiteite (SOE’s), tydens die laaste kabinetsvergadering. Adv. Anton Alberts van VF+ beskryf dit as “niks anders nie as ’n poging om die maksimum finansiële voordele vir hom en sy familie te verseker voordat sy termyn verstryk.” Die DA sê sy geskiedenis van selfverryking dui op growwe misbruik van mag.

Die Vryburger

6) Jeremy Cronin, adjunkminister van openbare werke en ook senior leier in die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party, het die nuwe omstrede onteieningswet verdedig voor ‘n rondetafelbespreking van Oxfam in Kaapstad. Hy sê die doelwit van 30% grond in swart besit, is nie gehaal nie en daarom is so ‘n wet nodig. Hy sê daar was tot dusver te veel gefokus oor landbougrond wat deur die wet geraak kan word, maar gewys daarop dat stedelike grond ook hierby betrek gaan word.  TLU SA bepleit al vir jare vir ‘n grondoudit om te bepaal wat is die werklike situasie oor grondbesit, aangesien vermoed word dat die teikens vir swart eienaarskap lank reeds bereik is, en so ‘n wet dus in wese onnodig is. Die Vryburger

7) Die feit dat opposisiepartye nie eenstemmig gestem het teen die ANC nie, het daartoe gelei dat die ANC weer die septer swaai in die Ekhuruleni-metroraad, wat die Oosrand insluit. Van die opposisiepartye het hulle steun aan die ANC gegee. In Pretoria, Johannesburg en Port Elizabeth het ‘n DA-geleide koalisie die beheer oor die rade oorgeneem.                                              Vryburger

8) Die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande sê die regering sal meer as twee miljard rand van êrens moet kry indien die versoek van ‘n agt persent verhoging in universiteitsgeld aanstaande jaar nie toegestaan word nie. Hy het die parlementêre komitee oor Hoër Onderwys en Opleiding toegespreek. Nzimande sê die skatting is gegrond op die verhoging in 2015. Universiteite het voorgestel dat studiegeld met agt persent moet verhoog. Die leiers van die studente-organsisasie, SASCO by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth het onderneem om voort te gaan met hul betogings teen studiegeld totdat die Departement van Hoër Onderwys aan hul eis voldoen. Studente betoog sedert gister. Hulle eis dat die departement gratis tersiêre onderrig aan arm studente bied. Alle akademiese bedrywighede is weer vandag gekanselleer. Van die studente is ontevrede oor SASCO se optrede, omdat hulle die week toetse moet skryf. SASCO het egter ontken dat hulle nie studente oor die protesoptrede ingelig het nie.                  

9) Twee Oos-Kaapse mans het aanklagte van poging tot moord gelê nadat hulle gedwing is om hul dooie honde te eet terwyl hulle met ‘n vuurwapen aangehou is. Volgens die polisie is die twee mans, onderskeidelik 25 en 35 jaar oud, gevang toe hulle onwettig op ‘n privaat wildsplaas naby Komga gejag het. Die eienaar van die plaas het na bewering die twee honde doodgeskiet en hulle met ‘n vuurwapen aangehou. Die wildboer het op sy beurt ‘n klag van onwettige jag teen die twee gelê.                               

10) Die Thomas Cook-lugredery en die Wes-Kaapse bemarkingsmaatskappy, Wesgro, het ‘n nuwe vliegroete tussen Kaapstad en die Gatwick lughawe in Londen aangekondig. Die bestuurshoof van Wesgro, Tim Harris, sê die nuwe roete is ingestel vir die gerief van handels- en beleggingsvennote asook vir toeriste in die Verenigde Koninkryk. Harris sê hulle werk met verskeie internasionale lugrederye om meer vlugte na Kaapstad in te stel. Thomas Cook sal van Desember af drie keer ‘n week vlugte tussen die Moederstad en Gatwick hê.                

11) Die Gautengse Departement van Gesondheid het in gebreke gebly om in die vorige geldjaar 473 miljoen rand te bestee. Dit het aan die lig gekom in ‘n voorlegging van die departement aan die gesondheidskomitee van die Gautengse wetgewer. Die grootste bedrae wat nie bestee is nie is 194 miljoen rand vir disktriksgesondheidsdienste en 93 miljoen rand vir geboue en toerusting. Die nooddienste het 59 miljoen rand wat beskikbaar was nie bestee nie. Jack Bloom van die DA sê hy is teleurgesteld dat so ‘n groot bedrag nie gebruik is nie, terwyl hospitale onder groot druk is. Bykans ‘n half miljard rand sal nou aan die tesourie teruggegee moet word.                      

12) Die regsverteenwoordiger van die veroordeelde Nigeriese terroris, Henry Okah, voer in die Appèlhof in Bloemfontein aan dat sy kliënt verkeerdelik aan misdade skuldig bevind is. JP Marais voer aan dat Okah nie die misdade gepleeg het nie. Okah het hom na die Appèlhof gewend om sy 24 jaar tronkstraf te betwis. Okah is in Maart 2013 in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis, nadat hy skuldig bevind is op 13 aanklagte wat met terreur verband hou. Die aanklagte hou verband met twee motorbomme in Abuja in Nigerië in Oktober 2010 waarin 12 mense dood is en 36 mense beseer is, en ‘n bomaanval in Warri in Maart 2010 waarin een persoon dood en elf gewond is. Regter Mahomed Navsa het daarop gewys dat Okah se dreigemente teen Suid-Afrikaanse belange in Nigerië ernstig is.                              

13) Die Konstitusionele hof volstaan by sy besluit om nie ‘n appèl deur twee regters aan te hoor nie. Dit hou verband met ‘n saak waarby die Wes-Kaapse regterpresident John Hlophe betrokke is. Die hof het in Mei ‘n appèlaansoek deur regters Bess Nkabinde en Chris Jafta van die hand gewys. Hulle is ontevrede oor die prosedure wat die regterlike tribunaal gevolg het wat hul klag teen Hlophe moet ondersoek. Die twee regters het in 2008 gekla dat Hlophe probeer het om hulle op ‘n onbehoorlike manier te beïnvloed in ‘n saak waarby Jacob Zuma betrokke was voor hy president geword het. Hoofregter Mogoeng Mogoeng sê dit is in die belang van geregtigheid dat die klag teen die regterpresident sonder verdere vertragings afgehandel word.                            

14) Die staatsbeheerde wapenvervaardiger, Denel se finansiële toestand het in die boekjaar van 2015 en 2016 verbeter. Die maatskappy skryf dit toe aan beter buitelandse bestellings, wat nou 58 persent van sy inkomste uitmaak. Denel se gesamentlike onderneming met die Guptabeheerde VR Laser Services – Denel Asia – het meegebring dat talle bestuurslede geskors is. Minister Gordhan het ook aangedui dat hy nie die transaksie goedkeur nie. Denel se waarnemende hoof-finansiële beampte, Odwa Mhlwana sê die skorsingsproses is nou afgehandel. Volgens hom fokus hulle nou op `n nuwe Denel met `n nuwe bestuur. Hy wys daarop dat niks verkeerd gevind is met Denel Asia nie.      

15) Meer as vierduisend reddingswerkers het deurnag gesoek na oorlewendes na gister se aardbewing in ‘n bergagtige deel van Italië. Minstens 159 mense is in die aardbewing dood en sowat 368 is beseer. Daar word egter geglo dat baie mense nog onder die puin begrawe is, en dat die dodetal verder kan styg. Die minister van Gesondheid het vroeër gesê dat baie van die slagoffers kinders was. ‘n Jong meisie is laat gisteraand lewendig uit die puin gehaal, nadat sy vir 17 ure vasgekeer was.

16) Suid-Afrikaanse bates het verder teruggesak nadat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, gesê het hy sal nie vandag by die Valke aanmeld nie. Gordhan het gister bevestig dat hy ‘n brief van die Valke ontvang het wat hom aansê om aan te meld om nog vrae te beantwoord oor die sogenaamde klandestiene eenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die rand het gisteraand sy verliese vergroot en met nog een-komma-vyf persent tot 14-rand-21 teen die dollar teruggesak wat sy verlies tot bykans 5 persent verhoog het. Aandele het ook gedaal. Nuus van Gordhan se dagvaarding het beleggers se kommer oor ‘n leierskapstryd verder vererger terwyl Suid-Afrika op ‘n moontlike resessie afstuur en kredietgraderingsagentskappe dit oorweeg om die land teen die einde van die jaar tot rommelstatus af te gradeer.

17) Die organisasie, Corruption Watch, het die aanbeveling van advokaat Busisiwe Mkhwebane as die volgende Openbare Beskermer verwelkom. Die aanbeveling is deur die Parlement se adhockomitee gedoen. Mkhwebane is ‘n ontleder by die Staatsveiligheidsagentskap. Nog vier kandidate, Siraj Desai, Erica Weiner, Muvhango Lukhamaine en Bongani Majola is vroeër uitgeskakel. Die uitvoerende direkteur van Corruption Watch, David Lewis, sê Mkhwebane het goeie leierskapsvaardighede tydens die onderhoud aan die dag gelê.

18) Die nuutverkose burgemeester van die Thabazimbimunisipaliteit in Limpopo sê hulle sal ‘n forensiese ondersoek doen om te probeer vasstel wat veroorsaak het dat die munisipaliteit ineengestort het. Die munisipaliteit is onder administrasie na vermeende finansiële wanbestuur en korrupsie. Die burgemeester, Midah Moselane, van die Thabazimbi Belastingbetalersvereniging is tot die pos verkies na samewerking met DA, EFF en die Vryheidsfront Plus.

19) Brandbestrydingspanne van verskillende bosboumaatskappye en die organisasie Working on Fire het daarin geslaag om die brand in die Komatiland-plantasies tussen Sabie en Hazyview in Mpumalanga onder beheer te bring. Die brand het ‘n gedeelte van die plantasies van die Suid-Afrikaanse Bosboumaatskappy, Safcol vernietig. Brandbestrydingsspanne spook sedert Maandag om die vlamme met behulp van helikopters te probeer blus. Safcol sê sy voorlopige ondersoek dui daarop dat die brand op ‘n nabygeleë plaas begin het. Die vlamme het oor ‘n afstand van meer as tien kilometer gestrek en ‘n rookwolk het oor Sabie en die R536 na Hazyview gehang. ‘n Woordvoerder van Safcol, Khaya Buthelezi , sê ‘n span kundiges sal gestuur word om die omvang van die skade en die finansiële impak daarvan te bepaal.  

20) Die jonggetroude Suid-Afrikaanse avontuurpaartjie, Riaan en Vasti Manser het ‘n wêreldrekord verbeter vir roei oor die Stille Oseaan van Kalifornië tot by Honolulu in Hawaii. Die rekord vir die vaart is vfoorheen deur ‘n span van vier mans gehou. Die paartjie het die uitdaging aanvaar as deel van hulle wittebrood.

21) Minstens twaalf mense, insluitend sewe studente, is in Afghanistan dood in ‘n aanval op die Amerikaanse Universiteit in die hoofstad Kabul. Die polisie sê die twee aanvallers is deur veiligheidsmagte doodgeskiet byna tien ure nadat die aanval Woensdagaand met ‘n ontploffing begin het. Studente en personeel was tydens die aanval binne die universiteit vasgekeer. Die slagoffers sluit ook polisiebeamptes en veiligheidswagte in. Vyf-en-dertig studente en nege polsieibeamptes is beseer, en 750 studente en personeel is gered. Niemand het nog aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie. RSG

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Mooi Weer –  met ‘n min 26 max van 35

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 8 en ‘n max van 28

Pretoria  – Mooi Weer –  met ‘n  min van 11 en max van 29

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 8 en max van 25

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 11 en max van 31

Bloemfontein –Mooi Weer- met min 9 ‘n max van 24

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 18 en max van 29

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 9 en max van 27

Oos Londen – Mooi Weer – met ‘n min 16 en max van 28

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 11 en max van 21

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 16 en max van 29

Sutherland –Mooi Weer  met Min 4 en max 21

PE- Mooi Weer – met ‘n min 13 en max van 21

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Hebreërs 11:6 – “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek.”
Efesiërs 2:8-9 –“ Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.”

Matt Redman se “I Will Offer Up My Life (This Thankful Heart)”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

7nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment