Donderdag 28 Julie

Noodberigte

Lenasia.  Planned Protest action. Please try to use alternate routes

SAUK Radio Nuus berig vir Donderdag, 28 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Die vakbond Solidariteit en Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum het die SABC se besluit verwelkom om sewe van sy afgedankte joernaliste her aan te stel maar sê die openbare uitsaaier moet hom ook neerlê by ‘n interdik wat hom verhinder om enige verdere dissiplinêre optrede teen hulle te doen. Die SABC het vroeër Thandeka Gwubule, Busi Ntuli en Lukhanypo Calata, Krivani Pillay, Jacques Steenkamp, Foeta Krige en Suna Venter afgedank nadat hy hulle daarvan beskuldig het dat hulle in die openbaar gereageer het op ‘n opdrag om nie beeldmateriaal van gewelddadige betogings te vertoon nie. Die SABC het vroeër vier van hulle toegang tot die gebou geweier ondanks ‘n uitspraak van die Arbeidshof wat hulle heraanstelling gelas.

2) Talle SAKP-ondersteuners het gister ‘n plakkaatoptog voor die SABC se kantore in Polokwane in Limpopo gehou. ‘n Memorandum met eise is ook oorhandig. Die provinsiale sekretaris van die SAKP, Gilbert Kganyano sê die party eis onder meer die bedanking van die SABC se bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng.

3) Die Nasionale Vryheidsparty sê bewerings dat hulle ‘n ooreenkoms het met die regerende party sodat hul lede vir die ANC kan stem, is onwaar. Die NVP is gediskwalifiseer omdat die party nie betyds ‘n deposito van 490-duisend rand betaal het nie. Die NVP se provinsiale voorsitter, Vikizitha Mlotshwa het ‘n beroep op partylede gedoen om te wag tot Vrydag wanneer die Verkiesingshof uitspraak lewer. Partyleiers sal dan met lede kommunikeer oor die weg vorentoe.

4) Die Minister van Polisie, Nathi Nhleko, sê hy verwag nie dat geweld in die aanloop tot aanstaande Woensdag se verkiesing sal uitbreek nie. Nhleko het die media in die Parlement toegespreek oor die vordering van die kommissie van ondersoek wat op die been gebring is, om politieke moorde te ondersoek. Hy sê daar was tot dusver vanjaar 14 moorde of poging tot moorde met politieke motiewe, uitgesluit die voorvalle die week. Nhleko voorsien egter nie enige opwelling of polities gemotiveerde geweld voor die plaaslike verkiesing nie.

5) Nhleko sê huurmoordenaars word in van die polities gemotiveerde moorde gebruik. Die taakspan wat op die been gebring is om die moorde te ondersoek, fokus op veertien moorde of pogings tot moorde in KwaZulu-Natal. Nog vier politieke moorde is in Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en die Oos-Kaap gepleeg. Nhleko sê die taakspan wat taxigeweld ondersoek, vorm deel van die span wat op politieke moorde fokus.

6) Die Pretoriase Hooggeregshof het die burgerregte-organisasie, Afriforum se dringende aansoek teen die implementering van UNISA se nuwe taalbeleid met koste van die hand gewys. Die nuwe beleid maak nie voorsiening vir Afrikaans as onderrigmedium vanaf 2017 nie. Slegs Engels sal voortaan gebruik word. ‘n Woordvoerder van UNISA, Jan van Wyk sê hulle sal nou voortgaan met die druk van studiemateriaal en eksamentekste sodat hulle voorbereid is vir die jaar wat voorlê.

7) Die man wat destyds probeer het om president Ronald Reagan te vermoor, John Hinckley Junior, sal aanstaande week na 35 jaar uit ‘n psigiatriese hospitaal vrygelaat word. Reagen en nog drie ander mense is destyds in Maart 1981 in die skietery buite ‘n hotel in Washington gewond. Hinckley wat nou 61 jaar oud is, is weens geestesversteurdheid onskuldig bevind maar vir behandeling na ‘n hospitaal in Washington gestuur. Hy het reeds die afgelope tyd 17 dae per maand onder streng voorwaardes by sy ma se huis in Virginia deurgebring.

8) Die Verkiesingskommissie het die munisipale regeringsverkiesing op 3 Augustus beskryf as die grootste in die land se geskiedenis. Dit kan toegeskryf word aan ‘n toename in politieke partye, kandidate en kiesers. Die VK het gister die nasionale uitslagsentrum in Pretoria geopen. Die sentrum is toegerus met moderne tegnologie om data van al die stembusse te verwerk, ‘n oproepsentrum en werkstasies. ‘n Woordvoerder, Mosotho Moepya sê die VK is slaggereed.

9) Die provinsiale verkiesingsbeampte in Limpopo, Nkaro Mateta is bekommerd oor die gebrek aan verkiesingsveldtogte in Vuwani in aanloop tot die munisipale verkiesing. Mateta het verteenwoordigers van politieke partye in Polokwane toegespreek. Sy het gesê sy is verbaas dat politieke partye swyg terwyl kiesers ontmoedig word om aan die verkiesing deel te neem. Mateta het ook gevra hoekom daar geen verkiesingsplakkate in Vuwani aangebring is nie.

10) Die minister van polisie, Nathi Nhleko sê sewe mense is in verband met politieke moorde in hegtenis geneem. Nhleko het tydens ‘n mediakonferensie by die parlement gepraat oor die vordering wat die kommissie van ondersoek maak na die moorde asook voorvalle van onrus in die aanloop tot die munisipale regeringsverkiesing. Nhleko sê 25 voorvalle is ondersoek.

11) Nhleko sê drie verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord op twee ANC-aktiviste by Mehlokazulu Hoërskool in Imbali buite Pietermaritzburg. Badedile Tshapa en Khetheni Ngubane is doogeskiet toe hulle teruggekom het van ‘n vergadering. Twee van die verdagtes is positief met die moorde verbind en sal op 23 Augustus in die hof verskyn.

12) Eskom het eenheid vier van die Ingula-kragstasie in KwaZulu-Natal in bedryf gestel. Die kragstasie wat teen ‘n koste van 25 miljard rand gebou word is tussen Ladysmith en Harrismith in die Klein Drakensberg. Die aanleg sal met voltooiing ‘n bykomende 332 megawatt tot die kragnetwerk bydra. Die kragstasie sal aanstaande jaar ten volle in bedryf gestel word.

13) Die Oos-Kaapse polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord en roof nadat twee polisiebeamptes in KwaZakhele in Port Elizabeth aangeval is. ‘n Polisiewoordvoerder sê die konstabels is deur twee gewapende mans genader wat op hul dienspistole aangedring het. Skote is afgevuur, maar niemand is getref nie. Die verdagtes het in ‘n polisievoertuig gevlug. Die voertuig is later gekry.

14) Die polisie in Somalië sê sowat dertien mense is dood toe twee motorbomme naby die ingang van die lughawe in Mogadisjoe ontplof het. Plaaslike joernaliste sê een van die bomme is deur ‘n selfmoordbomaanvaller ontsteek. Die oorledenes is glo veiligheidswagte wat by die kontrolepunt gewerk het. Die militante groep, Al-Sjabaab het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Die Afrika Unie se basis vir vredestroepe wat daar gesetel is, was glo die teiken.

15) Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, sê daar moet gesprekke wees tussen die verskillende rolspelers oor hoe om die beste maniere te vind om hoër onderwys te finansier. Gordhan sê terwyl dit ‘n langtermynbeleid van die regering is om gratis onderwys te verskaf, het die regering beperkte bronne en baie hoë eise wat aan hom gestel word. Hy het deelgeneem in ‘n dialoog met ANC-lede by die universiteit van Kaapstad as deel van die party se voorbereidings vir die plaaslike verkiesing aanstaande week.

16) President Jacob Zuma sê die sinchronisasie van die krageenhede by die nuwe Ingulakragstasie in KwaZulu-Natal sal verseker dat die land ‘n volgehoue kragvoorraad het. Hy sê dit is van die uiterste belang is vir regstreekse buitelandse beleggings. Die President tydens die amptelike bekendstelling van eenheid 4 van die kragstasie naby Ladysmit gepraat. Met voltooiing aanstaande jaar sal die kragstasie van 25-komma-nege miljard rand meer as duisend-300 megawatt aan Suid-Afrika se kragnetwerk lewer. Zuma sê die projek sal ook help om die land se energiemengsel te diversifiseer en wêreldwye toegang tot krag vir huishoudings te versnel.

17) Die verkiesingsowerheid in KwaZulu-Natal sê hulle is gereed om stemmateriaal in die provinsie te versprei ondanks die onlangse politiesgemotiveerde geweld en moorde. Die minister van Polisie, Nathi Nhleko het vroër gesê ‘n polisie-taakspan ondersoek 25 sake in KwaZulu-Natal, wat meer as ‘n dosyn moorde insluit. Die provinsiale verkiesingsbeampte, Mawethu Mosery, sê partye werk saam voor aanstaande week se verkiesing.

18) Die KwaZulu-Natalse regering sê sy rampbestuurspanne werk steeds onverpoosd oral in die provinsie om die lewensverlies en skade aan infrastruktuur na die sneeu, storms en oorstromings in die provinsie sedert die naweek te bepaal. Die dodetal wat deur die weer veroorsaak is, staan nou reeds op agt. Die LUR vir Samewerkende Regering, Nomusa Dube- Ncube, sê baie paaie is weggespoel, en ‘n paar brue het ook in die slag gebly.

19) Die polisie se misdaadbestrydingsoperasie in die Wes-Kaap het ‘n stewige hupstoot gekry. Die polisie het bykans tweeduisend bykomende lede in sy geledere verwelkom. Die nuwe polisebeamptes sal regoor die provinsie ontplooi word. Hulle eerste taak sal wees om die veiligheid van aanstaande week se plaaslike verkiesing te verseker. Die Minister van Polisie, Nathi Nhleko, het die nuwe rekrute by die polisie in Kaapstad verwelkom.

20) Die Islamitiese Staat-militantegroep het glo ‘n video vrygestel van die twee mans wat ‘n bejaarde Franse priester tydens ‘n gyselaarsdrama by sy kerk in Normandië vermoor het. Die video wys glo hoe die mans in Arabies hulle steun aan die militantegroep toesê. Die video is deur die I.S se nuusagentskap vrygestel, maar is nog nie deur Franse owerhede geverifieer nie. Albei aanvallers is Dinsdag deur die polisie doodgeskiet nadat hulle die priester, twee nonne en kerkgangers as gyselaars aangehou het. Een van die aanvallers is geïdentifiseer as die 19-jarige Adel Kermiche, wat twee keer probeer het om na Sirië te reis om by die I.S aan te sluit. Die Franse polisie werk intussen steeds om die tweede aanvaller te identifiseer.

Laastens net n waarskuwing en advies

21) Petroleum  industriele werkers gaan vandag op n staking oor n loon verhoging dispuut  wat n moontlike tekort van brandstof kan veroorsaak. Maak asb seker dat u spaar brandstof,  ñ paar ekstra brode het vir die vrieskas en  karton of poeiermelk,  aangesien daar n moontlikheid is dat rakke kan leeg raak

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  Mooi Weer –  met ‘n min 26 max van 35

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 8 en ‘n max van 25

Pretoria  – Mooi Weer met ‘n  min van 8 en max van 18

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 3en max van 13

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 6 en max van 15

Bloemfontein –Gedeeltelik Bewolk met Reen Plek/Plek – met min 3 ‘n max van 12

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 13 en max van 24

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 6 en max van 19

Oos London –  Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min 13 en max van 22

Kaapstad –Gedeeltelik Bewolk met Matige tot Swaar Reen- met n min van 13 en max van 19

Upington – Mooi Weer – met ‘n min van 6 en max van 17

Sutherland –Bewolk met Moontlikheid van Reen  met Min 2 en max 7

PE- Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min 12 en max van 20

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Handelinge 2:39 – “Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.”

Jesaja 57:19 – “Ek skep die vrug van die lippe; vrede, vrede vir die wat ver en die wat naby is, sê die HERE; en Ek sal hulle genees.”

Marié du Toit se “Kom Na My”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment