Donderdag 4 Augustus

Noodberig

MVA N4 by Brits Plaza (tolhek). 1 x P4. Pad is gedeeltelik gesluit net NOODLYN is oop. SAPS en Verkeerbeheer is op die toneel.  Indien moontlik vermy en gebruik alternatiewe roetes na Pta.

 

SAUK Radio Nuus berig vir Donderdag, 4 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1)Die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) was weer bedreig deur onbehoorlike optrede van sy beamptes.

Vier beamptes van die Onafhanklike Verkiesing Kommissie was geskors op grond van “ernstige verbreking van die verkiesings prosedure”.

Die knape is uitgevang dat hul kiesers toegelaat het om spesiale stemme uit te bring terwyl hulle nie daarvoor kwalifiseer nie en was die stembusse nie geseël nie.  Die beamptes het ook die stembusse onbewaak gelaat terwyl uitdruklike  instruksies gegee was dat die stembusse nie onbewaak gelaat mag word nie.

Die hoof Verkiesings beampte, ene Mostho Moepya, meld dat hierdie slegs geïsoleerde gevalle is en nie die legitimiteit van die verkiesing in gedrang sou bring nie.               Berig deur die Vryburger

2) Daar is geen rede tot paniek oor moontlike brandstof tekorte nie, en motoriste kan hou by hulle gewone roetine om brandstof aanvulling op voertuie te doen.Dit is die mening van die SA Petroleum Industrie Assosiasie (Sapia) na aanleiding van die staking wat reeds ’n week duur deur swart personeel van die bedryf.

Te midde van die versekering het talle brandstof vulstasies reeds aangedui dat hulle leeggeloop het, en op ander plekke staan motoriste in lang toue en wag met die hoop om brandstof te kry.

’n Annonieme werker by die raffinaderye het aan “Die Vryburger” gesê motoriste moet sorg dat hulle deurlopend brandstof aanvul omdat die staking nog ’n onbepaalde tyd kan voortduur.

Alhoewel die raffineerders klaarblyklik redelik goed op dreef is, word ernstige probleme ondervind met die aflewering aan vulstasies.

Sentraal Transvaal voel die staking die meeste en daarom moet motoriste liefs elke dag, die vulstasie besoek.

Sowat 15,000 vakbond lede staak weens ’n loon verskil waar hulle 9$ verhoging eis en die Industrie 7% aanbied.          Berig deur die Vryburger

3)  Die eiendomsagent, Vicky Momberg wat vervolg word nadat sy na bewering ’n rassistiese uitbarsting gehad het wat klaarblyklik met ’n selfoon opgeneem is, kannou nog sewe sake teen haar verwag van crimen injuria.

Momberg is deur die aanklaer, ene Yusuf Baba, tydens die tweede sitting in die Randburgse hof, daarop  gewys dat nog sewe aanklagte teen haar ingebring word deur die staat.

Die Staat het haar regsverteenwoordiger, Nardus Grove van afskrifte voorsien van die opnames wat gemaak is, en wat die ander sake sal vergesel.

Die saak teen Momberg is uitgestel tot 6 September.

In die video wat opgestel is, kon Momberg se uitbarsting gehoor word waartydens sy die verbode K-woord herhaaldelik gebruik het.

Die aard van die bykomende sewe aanklagte is egter nog onduidelik

                                                                                                Berig deur die Vryburger

4) Ongeveer 600,000 kinders van Afrika lande benodig behandeling en voeding gedurende die jaar,.

Dit is die bevinding van Menslike Hulp agentskappe in Suider Afrika, na aanleiding van die swaar droogte wat die kontinent met sy swak infrastruktuur getref het.

Die hulp is glo nodig om derduisende kinders van ’n hongerdood te red wat veroorsaak is deur die El Niño klimaat verskynsel.

Verskeie Organisasies het nou saamgespan en ’n aksieplan in werking gestel wat ten doel het om sowat R17 biljoen in te samel om meer as 12 miljoen mense in sewe lande te help waar die krisis blykbaar die ergste is.

Sowat R4 biljoen is reeds ingesamel, en beloftes is gemaak wat met tyd oorbetaal sal word aan die organiseerders.

Kenners wys daarop dat die hongersnood toegeskryf word aan die gebrek aan kennis en vaardigheid in Afrika om voedsel te produseer, en word die voorbeelde van Namibië en Suid-Afrika voorgehou wat ’n ewe groot droogte het, maar met vaardige landbouers steeds voldoende voedsel voorsien aan die mense.                                                                           Berig deur die Vryburger

5) Die streeks veldwagter van die Kruger Nasionale Park ,Rodney Landela, wat verskeie kere vereer is  deur die Veldwagters Vereniging, is saam met ‘n tegnikus van die Diere Gesondheid Direktoraat in hegtenis geneem.

Hulle is volgens berigte gearesteer vir renoster stroping misdrywe en Landela is ‘n uitvoerende lid van die Vedlwagters Vereniging.  Die arrestasies volg nadat skote in die Satara omgewing gehoor is , in ‘n opvolg operasie is twee mans, een in ‘n groen veldwagters uniform en een in khaki drag gearresteer.  Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat is opdrag gegee om die saak te ondersoek.

Veldwagter Landela is reeds 15 jaar in diens van die Kruger Nasionale

Berig deur die Vryburger

6) Die polisie sukkel om by die gebied uit te kom waar ‘n helikopter in ‘n kloof by Msikaba op Lusikisiki in die Oos-Kaap neergestort het. Daar word vermoed dat die vier mense was in die helikopter was, afkomstig van Margate in KwaZulu-Natal was toe dit gistermiddag neergestort het. Die polisie sê die terrein is onbegaanbaar en gure weer bemoeilik die situasie. Die polisie se reddingspan sal die toneel vandag probeer bereik.

7) Een persoon is dood en nog twee mense is beseer in ‘n botsing op die N-6 tussen Jamestown en Queenstown in die Oos-Kaap. Die bestuurder van ‘n lykswa wat van Johannesburg na die gebied onderweg was, het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor toe hy probeer het om ‘n botsing met ‘n vragmotor te vermy. Die lykswa het omgeslaan en een insittende is op die toneel dood verklaar.

8) Verkeersowerhede het motoriste gewaarsku om versigtig te bestuur na berigte van sneeuneerslae by Boesmanshoek buite Molteno in die Oos-Kaap. ‘n Verkeerswoordvoerder, Mayenzeke Dada sê daar word tot die naweek slegte weerstoestande voorspel. Hy sê motoriste moet veral in bergagtige gebiede versigtig wees.

9) `n Boeing 777-300 van die Emirates-lugdiens het gister `n noodlanding by die Dubaaise internasionale lughawe uitgevoer, maar volgens berigte is die 275 passasiers en bemanning almal gered. Die vliegtuig het in vlamme uitgebars en `n dik rookwolk het oor die lughawe gehang. Die vliegtuig was op `n vlug van Indië af. Die lughawe is gesluit sodat alles opgeruim kan word.

10) Twee kiesers is gister dood terwyl hulle tougestaan het om te stem. Die kiesers het ineengestort by ‘n stemlokaal in die Ingwe-plaaslike munisipaliteit in KwaZulu-Natal en by Strydenburg in die Noord-Kaap.

11) Motoriste kan weer asem skep nadat die prys van petrol skerp gedaal het. Die kleinhandelsprys van petrol het met 99 sent per liter afgekom. Diesel is af met 74 sent per liter en paraffien sal 88 sent per liter goedkoper wees. Die Departement van Energie skryf die daling toe aan laer internasionale oliepryse sowel as ‘n verbetering in die rand se wisselkoers teen die Amerikaanse dollar.

12)Sewe-en-twintig persent van die stemme in die afgelope munisipale verkiesing is reeds getel, met die ANC wat tot dusver ses munisipale rade ingepalm het. Drie is in die Oos-Kaap, twee in die Noord-Kaap en een in Mpumalanga. Die DA het sover beheer oor twee munisipaliteite, albei in die Wes-Kaap. Vroeë aanduidings is dat die IVP beter vaar nadat die Nasionale Vryheidsparty gediskwalifiseer is om in die verkiesing te staan. Die IVP het 27-persent van stemme in KwaZulu-Natal gekry, teenoor die ANC se 49-persent en die DA met 13-persent. Die EFF het 6-persent van die nasionale stemme. In Gauteng, spook die ANC en die DA dit steeds uit met die ANC wat sover met 44-persent voorloop in die wedloop om munisipaliteite en die DA met 41-persent. Landwyd loop die ANC voor met sowat 50-persent en die DA staan op 35-persent.

13)In die Wes-Kaap is sowat 22 persent van die stemme getel. Die DA loop voor met 84 setels, gevolg deur die ANC se 27 en die Karoo Gemeenskapsparty twee. Uit die 30 munisipaliteite in die Wes-Kaap het die DA twee rade behou wat hy voorheen beheer het – naamlik Swellendam en Bergrivier. In die Noord-Kaap het die ANC ook beheer behou oor die Tembelihle plaaslike munisipaliteit met 55-persent van die stemme.

14)Die Gautengse LUR vir Samewerkende Regering, Paul Mashatile, het die provinsie se inwoners bedank vir die vreedsame pasafgelope munisipale verkiesing. Die stemmery het ook vreedsaam verloop in gebiede wat as brandpunte beskou is. Die aanloop tot die verkiesing in die provinsie is ontsier deur gewelddadige betogings in verskeie townships in die Tshwane Metro ná die aanwysing van Thoko Didiza as die ANC se burgemeesterskandidaat. Midvaal, die enigste DA-beheerde munisipaliteit in Gauteng, het ook voortdurend onder onrus deurgeloop. Mashatile het ‘n beroep op inwoners gedoen om dié huidige situasie te handhaaf, selfs al is die uitslag nie in hulle guns nie. Hy het ook politieke leiers gevra om nie geweld aan te blaas deur roekelose verklarings te maak nie.

15)Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie, SANCO, sê hoewel hy teleurgesteld is dat daar geen verlenging van ure was by stemlokale wat laat geopen het nie, is hy tevrede dat die nodige maatreëls in plek is. ‘n Woordvoerder van SANCO, Jabu Mahlangu, het die Verkiesingskommissie geloof vir sy vinnige en beslissende optrede teen voorsittende beamptes en verkiesingspersoneel weens onreëlmatighede. Hy het ook die polisie geloof omdat hulle wet en orde tydens stemdag gehandhaaf het.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  Geeltelik Bewolk-  met ‘n min 25 max van 35

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 4 en ‘n max van 21

Pretoria  – Mooi Weer met ‘n  min van 7 en max van 21

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 3 en max van 16

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 6 en max van 18

Bloemfontein –Mooi Weer – met min 2 ‘n max van 13

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 13 en max van 22

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 5 en max van 19

Oos London –  Gedeeltelik Bewolk – met ‘n min 13 en max van 19

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 7 en max van 18

Upington – Mooi Weer – met ‘n min van 7 en max van 19

Sutherland –koel met baie Sonskyn met Min 1 en max 10

PE- Mooi Weer – met ‘n min 11 en max van 19

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Psalms 37:1-4 – “’n PSALM van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie; want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog. Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.”

Romeine 12:2 – “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”

Louis Britz se  “Verlustig Jou In Hom ; Staan Vas”

  1. Deuteronomium 31:6 – “Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.”

Deuteronomium 7:18-21 – “wees dan nie bevrees vir hulle nie; dink gedurig aan wat die HERE jou God aan Farao en die hele Egipte gedoen het, die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die sterke hand en die uitgestrekte arm waardeur die HERE jou God jou uitgelei het; so sal die HERE jou God aan al die volke doen vir wie jy bevrees is. En die HERE jou God sal ook die perdebye onder hulle stuur totdat hulle omkom wat oorgebly het en wat vir jou weggekruip het. Skrik nie vir hulle nie, want die HERE jou God is by jou, ’n groot en gedugte God.”

Fantasia Sangers se “Groot en magtig is die Heer”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment