Maandag 1 Augustus

Noodberigte

Vreeslike ongeluk op ou Pta pad, net anderkant brug na PFRETIEF SKOOL.  Abnormale voertuig  oor ander voertuie en rooi bakkie. Pad gedeeltelik  versper

East London: Protest action in Wilsonia

SAUK Radio Nuus berig vir Maandag, 1 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Die Verkiesingskommissie sê die stembriewe wat verlede week in Soweto gesteel is, sal nie ‘n uitwerking hê op die integriteit van die verkiesing nie. Sowat tweeduisend stembriewe is Donderdag uit ‘n afleweringsvoertuig in Dobsonville gesteel. ‘n Woordvoerder van die VK, Masego Sheburi sê die gesteelde stembriewe is nie meer geldig nie. Sheburi sê alle stembriewe is na die plaaslike takke van die VK versprei en word onder streng veiligheidsmaatreëls bewaar. Sheburi sê die VK voorsien nie enige verdere sekerheidskendings nie.

2) Die ANC-veteraan Winnie Madikizela-Mandela sê die DA se besluit om die voormalige president, Nelson Mandela se naam in sy verkiesingsveldtog te gebruik, is ‘n teken van morele en intellektuele bankrotskap. Sy sê die DA misbruik en verdraai die geskiedenis. Sy het by monde van haar woordvoerder uitgevaar teen die DA-leier Mmusi Maimane se gebruik van slagspreuke wat volgens Madikizela-Mandela ANC-eiendom is.

3) Maimane het Saterdag by sy party se laaste saamtrek weer oudpresident Nelson Mandela geloof as dié party se inspirasie. Maimane het in Soweto gesê die DA se waardes is gebaseer op dié van Madiba. Hy sê waardes soos vergewensgesindheid, menslikheid en opregtheid is die beginsels wat sy party voorstaan. Maimane het ook gesê Suid-Afrikaners moenie verplig voel om vir die ANC te stem nie en het die reg om te besluit watter party moet regeer.

4) Politieke partye het net tot gister kans gehad om kiesers te oorreed om vir hulle te stem. Die ANC het sy laaste saamtrek by Ellispark in Johannesburg gehou. Die party se president, Jacob Zuma is die hoofspreker. Zuma se toespraak was per satelliet na onder meer Durban en Kaapstad herlei. Die EFF-leier Julius Malema het sy party se sluitings veldtog afgesluit met ‘n saamtrek in Polokwane. Die leier van Cope, Mosioua Lekota was die spreker by sy party se laaste byeenkoms wat op Bouberg in Limpopo gehou was. Die IVP-leier, Mangosuthu Buthelezi het sy party se veldtog op Ulundi in KwaZulu-Natal afgesluit. Stemwerwing moet 48 uur voor die verkiesing gestaak word.

5) Die president van Durban se Kamer van Handel en Nywerheid, Zeph Ndlovu het `n beroep op brandstofmaatskappye en vakbonde gedoen om die staking in die brandstofbedryf so gou moontlik te beëindig. Kommer bestaan dat `n tekort aan brandstof Woensdag se munisipale verkiesing kan benadeel. Lede van die vakbond CEPPWAWU het Donderdag begin staak. In weerwil daarvan dat brandstofvoorsieners sê gebeurlikheidsplanne word in werking gestel, is sommige vulstasies reeds sonder brandstof. Paniekerige aankope het meegebring dat brandstof by verskeie vulstasies gou uitverkoop is. Intussen daal die petrolprys Woensdag met 99 sent per liter en die dieselprys met 74 sent.

6) Die Vryheidsfront Plus in die Noord-Kaap het `n klag teen die ANC ingedien dat hy die verkiesingsgedragskode oortree. Die party sê die ANC misbruik regeringsgeriewe vir stemwerwery. Na bewering het die burgemeester van Phokwane, Robbie Tsikwe wykskandidate van die ANC bekendgestel by `n geleentheid om titelaktes te oorhandig. Die Vryheidsfront se Theodoris Joubert sê dit is kommerwekkend.

7) Die polisie is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag in die aanloop tot die munisipale verkiesing wat Woensdag plaasvind. Die regering het vroeër gewaarsku dat daar streng opgetree sal word teen enigiemand wat die stemmery ontwrig. Volgens berigte sal sowat 100-duisend polisielede ontplooi word en die weermag is ook op ‘n gereedheidsgrondslag indien geweld sou uitbreek. Die minister van polisie, Nathi Nhleko het in ‘n verklaring gesê polisiebeamptes landwyd sal amptenare van die Verkiesingskommissie vergesel en stembriewe beveilig. Ses-en-twintig komma drie miljoen kiesers kan by die 22-duisend-612 stembusse landwyd stem.

8) Die sewe klaskamers wat Donderdagnag in Mareetsane by Mahikeng in Noordwes aan die brand gesteek is, hou vermoedelik verband met politieke geskille in die gebied. Die woordvoerder van die departement van Basiese Onderwys, Elijah Mahlanga sê dit is duidelik dat die voorval polities gemotiveerd is. Sommige inwoners van die gebied wil nie hê die skool moet as stemlokaal gebruik word in die komende verkiesing nie. Mahlanga sê die departement is vol vertroue dat die brandstigters binnekort in hegtenis geneem sal word.

9) Sommige plaaswerkers in Limpopo verwag dat munisipaliteite dienste soos water en gesondheid op plase moet voorsien. Van die inwoners van ‘n kampong in Waterpoort buite Louis Trichardt sê raadslede behoort seker te maak daar is klinieke en skole in die plaasgebiede. Maar die streeksbestuurder van die Transvaalse Landbou-unie, Drikus Botha sê munisipaliteite kan nie H.O.P.-huise op plase bou nie want dit is privaateiendom. Botha sê egter politieke partye kan wel plase besoek.

10)Die menseregte-advokaat , George Bizos sê hy is bekommerd oor die moontlikheid van `n burgeroorlog in Zimbabwe. Hy is deur die land se prokureurs vir menseregte genooi en Bizos was in die hof toe Douglas Mahiya aangekla is dat hy president Robert Mugabe beledig het. Sy borgtog is nie toegestaan nie. Hy sê dit wil voorkom of die Zimbabwiese regering nie regtig funksioneer nie. Volgens hom, het dienslewering tot stilstand gekom en armoede is oral te sien.

11) Maatskappye wat betrokke was in korrupte transaksies met die wapenskandaal, het rekenings van bykans een-komma-vyf-miljard rand aan die staatsbeheerde wapenvervaardiger, Krygkor gestuur. Die kuberkrakergroep, Anonymous sê dit dui daarop dat sekere maatskappye, soos gewoonlik, onwettig in 1999 opgetree het. Anonymous het onlangs Krygkor se rekenaars aangeval en inligting op die internet gepubliseer. Vyf van die internasionale maatskappy wat na bewering korrupt opgetree het, insluitende BAE en Thales, het die afgelope twee jaar rekenings aan Krygkor gestuur.

12) Die Onafhanklike Burgerregte Organisasie, ICOSA in George in die Suid-Kaap het `n aanklag van intimidasie en saakbeskadiging teen die DA ingedien. Die president, Jeffrey Donson sê een van hul kandidate het Vrydag by die DA aangesluit. Volgens Donson, het sy en ander plaaslike DA-leiers verskeie ICOSA-hempies verbrand.

13) Die Verkiesingskommissie het bevestig dat sy stemlokaal in Mareetsane by Mahikeng in Noordwes nie gebruik kan word nie, nadat sewe klaskamers by ‘n skool aan die brand gesteek is. ‘n Nabygeleë saal is ook beskadig. Die verkiesingshoof in die provinsie, Tumelonthe Thiba sê ‘n tydelike struktuur sal opgerig word indien die perseel ontoeganklik is. Indien nodig sal die stemlokaal verskuif word. Die departement van Onderwys het vroeër gesê die brandstigting by die skool was polities-gemotiveerd.

14) Lede van die Pan-Afrika Parlement eis beter veiligheidmaatreëls nadat `n vroue-parlementslid van Senegal Donderdag geskiet is tydens `n rooftog na haar aankoms op die OR Tambo-lughawe in Kempton Park. Volgens bronne in die P.A.P gebeur sulke aanvalle elke keer wanneer daar `n sitting in Suid-Afrika is. Die Senegalese LP is aangeval toe sy en ander parlementslede onderweg was na hul hotel in Sandton. Hulle is van al hulle waardevolste besittings en reiksdokumente beroof. Sy is in `n plaaslike hospitaal opgeneem. Dit was volgens berigte die derde aanval op LP’s uit Afrika onderweg na hulle hotelle met die laaste drie sittings in Midrand. Die Suid-Afrikaanse parlement het vroeër die aanval veroordeel.

15) Die DA-leier in die Wes-Kaap, Patricia de Lille het `n laaste uitgebreide verkiesingsveldtog op die Kaapse Vlakte gehou. Sy het Khayelitsha, Mfuleni en Elsiesrivier besoek om die kollig te plaas op die DA se vertoning in die Kaapstadse Metro. De Lille sê hulle het planne gereed om dienslewering in die Metro te verbeter.

16) Die leier van die IVP, Mangosuthu Buthelezi het die ANC en die DA daarvan beskuldig dat hulle politieke speletjies speel met mense se lewens. Hy het ook ondersteuners van die NVP, wat nie aan die verkiesing mag deelneem nie, aangemoedig om vir die IVP te stem. Buthelezi het in Ulundi in KwaZulu-Natal by die party se laaste saamtrek voor Donderdag se verkiesing gepraat. Hy sê in die Wes-Kaap is daar bejaardes wat al 18 jaar op huise wag en steeds vir die DA stem. Buthelezi sê daar is ook gemeenskappe sonder kraanwater. Hy wys daarop dat indien mense nie vir die ANC stem nie, hulle nie noodwendig vir die DA hoef te stem nie.

17) Die leier van die IVP, Mangosuthu Buthelezi sê die ANC was nog nooit swakker of meer verdeeld as nou nie. Hy sê ook die ANC se wenkanse in Woensdag se munisipale verkiesings is ook baie swakker. Buthelezi het `n IVP-byeenkoms in President Jacob Zuma se tuisdorp, Nkandla wat deur die IVP beheer word, toegespreek. Hy het verwys na `n verkiesingsveldtog wat gekenwerk is deur geweld van binne die ANC teen beoemde kandidate.

18) Agt van die 42 veewagters wat Saterdag weens swaar sneeu by Mount Fletcher in die Oos-Kaap vermis geraak het, is lewend gevind. Die liggame van drie ander veewagters is vroeër gekry. Twee weermaghelikopters en die polisie se honde-eenheid het die veewagters opgespoor. Slegs een van hulle is na veiligheid geneem, terwyl die ander sewe nie hulle vee wou agter laat nie. Meer as `n honderd mense moes vroeër ook by die Tiffendel ski-oord tussen Rhodes en Barkley-Oos na veiligheid geneem word.

19) Duisende mense het in die Demokratiese Republiek van die Kongo se hoofstad, Kinshasa saamgetrek om te betoog teen die moontlike uitstel van die presidensiële verkiesing. Die verkiesing sou in November plaasvind, maar die verkiesingskommissie sê dit sal tot 16 maande neem om die kieserslys reg te kry. Duisende ondersteuners van die opposisie het ook betoog om hul teenkanting te toon vir pogings om die huidige president, Joseph Kabila se ampstermyn te verleng. Hulle sê hy het bitter min vir die land gedoen en die grondwet moet eerbiedig word.

20) Minstens sewe mense, onder wie vier aanvallers, is dood tydens ‘n aanval in die Somaliese hoofstad Mogadisjoe. Volgens die polisie in die stad het vermeende Al-Sjabaab ekstremiste die aanval op ‘n gebou van die speurdiens uitgevoer. Die aanval het met twee selfmoordbomontploffings by die gebou se ingange begin, waarna minstens twee gewapende aanvallers die gebou binnegedring het. Die twee aanvallers is deur veiligheidsmagte doodgeskiet.

21) Sportnuus:

Die Lions speel Saterdag 6 Augustus teen die Hurricanes in Wellinton, Nieu Zeeland te Westpac Stadium, nadat die Lions hulle plek in die finaal verseker het deur die die Highlanders 42 – 30 te klop.

Die Suid-Afrikaanse roeier van Pietermaritzburg, Andy Birket het sy tweede goue medalje van die naweek by die ICF-wêreldbekermarathon in Prado Vila Verde in Portugal gewen. Hy het Saterdag `n goue medalje in die korter afstand verower. José Ramalho van Portugal was tweede en Adrián Boros van Hongarye derde. Birkett keer nou na Suid-Afrika terug om hom vir die Wêreld-marathonkampioenskappe oor vyf weke in Brandenberg in Duitsland voor te berei.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  Geeltelik Bewolk-  met ‘n min 26 max van 35

Nelspruit –  Gedeeltelik Bewolk met Reen Plek/Plek – met ‘n  min van 7 en ‘n max van 22

Pretoria  – Mooi Weer met ‘n  min van 8 en max van 19

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 5 en max van 14

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 6 en max van 15

Bloemfontein –Mooi Weer – met min 5 ‘n max van 14

Durban – Gedeeltelik Bewolk met Reen Plek/Plek – met ‘n min van 14 en max van 23

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 7 en max van 20

Oos London –  Gedeeltelik Bewolk met Reen Plek/Plek – met ‘n min 15 en max van 21

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 8 en max van 20

Upington – Mooi Weer – met ‘n min van 9 en max van 22

Sutherland –Eers Bewolk dan Son met Min 2 en max 10

PE- Mooi Weer – met ‘n min 12 en max van 20

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

1 Kronieke 16:29 – “Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die HERE in heilige gewaad.”
2 Kronieke 20:21 – “En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!”

André Bester se “Ek Roem U Naam”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment