Maandag 11 Julie

nuus radioSAUK Radio Nuus berig vir Maandag,  11 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

 Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

 

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

  • President Jacob Zuma het in die Franse hoofstad Parys aangekom op ‘n tweedaagse staatsbesoek. Frankryk is Suid-Afrika se vierde grootste handelsvennoot in die Europese Unie naas Duitsland, die Verenigde Koningkryk en Italië. Die president sal na verwagting drie bilaterale ooreenkomste onderteken tydens sy besoek aan Parys
  • Die ANC se burgemeesterskandidaat in die Tshwane Metro, Thoko Didiza, en haar groep het ‘n gemengde ontvangs tydens hulle deur-tot-deur veldtog in Ekangala naby Bronkhorstspruit oos van Pretoria gekry. Hulle het T-hemde van die ANC uitgedeel maar van die inwoners het geweier om ‘n T-hemp met die President se gesig op te ontvang en het aangedring op ‘n T-hemp met Madiba se gesig oop. Baie mense het ook gekla oor leë politieke beloftes, werksbevoordeling vir ANC-lede en hulle families en swak dienslewering. Van die mense was ook opgewonde om hulle te sien.
  • Die Verkiesingskommissie sê hulle doen alles moontlik om te verseker dat die verifikasie van kiesers se adresse in Tlokwe in Noordwes suksesvol is. Die kommissie is die naweek weer besig om kiesers se adresse na te gaan om sodoende aan ‘n uitspraak van die Konstitusionele hof te voldoen. Die minister van samewerkende regering, Des van Rooyen sê hulle doen alles moontlik om te verseker dat daar aan die hofuitspraak gehoor gegee word. Die OVK het homself tot Vrydag tyd gegee om kiesers se adresse na te gaan.
  • Twee mense is dood en 13 beseer in ‘n botsing op die N12 naby Warrenton in die Noord-Kaap. Volgens die polisie het die bestuurder van ‘n passasiermotor ‘n voertuig verbygesteek en teen ‘n aankomende taxi gebots. Albei die insittendes van die passasiermotor is dood, terwyl 13 insittendes in die taxi beseer is.
  • Die Wildernis Soek-en Reddingseenheid het stappers gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle tydens die winter staproetes onderneem. Dit volg nadat ‘n 20-jarige student met ‘n helikopter van die Jonkershoekberge gered moes word nadat hy in ‘n kloof afgeval het. Ivan Pauw het Donderdag gaan stap en moes die volgende dag per helikopter op die berg opgepik word. ‘n Woordvoerder van Soek en Redding, Donny Dunn, sê staproetes word glibberig tydens die winter. Dunn het stappers gevra om spesiale aandag te skenk aan die voetpaaie omdat hulle dikwels deur die reën weggespoel word. …
  • Omgewingskundigdes glo hulle het die roofdier gevang wat die afgelope dae onder Afrika pikkewyne by Simonstad buite Kaapstad gemaai het. Minstens 20 bedreigde pikkewyne is die afgelope twee weke doodgebyt. Omgewingskundigdes van Kaapstad het deur middel van ‘n versteekte kamera die rooikatwyfie geïdentifiseer. Sy is net suid van Froggy Pond gevang en verdoof. Die rooikat is in die Tafelberg Nasionale Park vrygelaat – ver weg van die pikkewynkolonie. Die kusgebied tussen Windmill-strand en Froggy Pond, wat tydens die soektog gesluit was, is weer vir die publiek oopgestel.
  • Hondsdolheid het by Hartbeeshoek naby Pretoria uitgebreek. Die Departement van Landbou het begin om honde in die omgewing van Hartbeeshoek en Madibeng in Noordwes as voorsorgmaatreël in te ent. Mense met honde op plekke soos Broederstroom, Hartebeespoortdam en Skeerpoort is ook aangeraai om hul troeteldiere te laat in-ent. Hondsdolheid is ‘n virale siekte wat dodelik vir mens en dier kan wees indien dit nie gou behandel word nie.

 

  • Die Zimbabwiese polisie het een van die leiers van die afgelope week se grootskaalse wegbly-aksie in hegtenis geneem en nog twee word ondervra. Promise Makwananzi, ‘n voormalige amptenaar van die opposisie – die MDC, sal binnekort in die hof verskyn. Hy en twee ander mans is Vrydag deur die polisie ontbied. Hulle regsverteenwoordigers sê hulle is ondervra oor of hulle beplan het om die staat skade te berokken, waarna Makwananzi in hegtenis geneem is. Die drie was die hooforganiseerders van die wegbly-aksie wat die land Woensdag grootliks tot stilstand gebring het. Duisende mense het betoog oor Zimbabwe se ekonomiese en politieke probleme, wat vererger is deur ‘n verbod op die invoer van goedere vanaf Suid-Afrika.
  • Die Suid-Afrikaanse regering is intussen in gesprek met Zimbabwe oor die jongste handelsbeperkings. Die Minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, was met die Zimbabwiese regering en strukture van die SAOG in gesprek om ‘n vreedsame oplossing te probeer vind. Zimbabwe se verbod geld vir sekere produkte, soos graan, kaas, geblikte vrugte en groente, tweedehandse bande, yster- en staalprodukte, meubels en geweefde katoenmateriaal. Handelaars in die grensdorp Musina sê dit het hul sake met Zimbabwiërs ingrypend geraak.
  • Tien mense is in ‘n motorongeluk op KwaMbotho naby Harding aan die KwaZulu-Natalse suidkus dood. Een persoon is in ‘n kritieke toestand, terwyl nog agt ernstige beserings opgedoen het toe hulle bakkie omgeslaan het.
  • Die getal stemgeregtigde kiesers in die Musina plaaslike munisipaliteit in Limpopo het meer as verdubbel van sowat 20-duisend tot meer as 43-duisend. Die plaaslike Verkiesingskommissie sê die rede daarvoor is dat sommige dele van die ontbinde Mutale munisipaliteit ingevolge die nuwe afbakening by Musina ingelyf is. Nog ses wyke en meer as 50 dorpies sal onder Musina val. Die Verkiesingsbeampte op Musina, Kenny Ravhuanzo, sê drie nuwe politieke partye gaan ook in die plaaslike verkiesing staan.
  • Die Minister van Sport en Ontspanning, Fikile Mbalula, het onderneem om 100-duisend rand en ‘n kombi te skenk aan ‘n sokkerspan wat deur die Heilsleër naby Khayelitsha in Kaapstad op die been gebring is. Mbalula het stemme vir die ANC gewerf in Kaapstad en ‘n kerkdiens bygewoon. Hy het die kerk geloof vir sy betrokkenheid by die ontwikkeling van jongmense, deur voormalige bendelede te rehabiliteer en hulle help om sokkerspelers te word. Mbulala sê die rol van die kerk is van kritieke belang in maatskaplike samehorigheid.
  • Die president van die Amerikaanse Polisiestigting, Jim Bueermann, sê die inhegtenisneming van ‘n vooraanstaande aktivis van die organisasie ” Black Lives Matter” kon anders hanteer gewees het. Die polisie in die staat Louisiana het Deray McKessan tydens ‘n betoging in die stad Baton Rouge in hegtenis geneem. Hulle het betoog oor die skietdood van ‘n swart man deur die polisie. Die polisie sê hulle het die betogers herhaaldelik gewaarsku dat hulle in hegtenis geneem sal word indien hulle straatoptogte hou. Bueermann het nadat hy die video gekyk het, gesê dit was ‘n vreedsame betoging.

                                                                                    Sport

Die Skotse tennisster, Andy Murray, het sy tweede Wimbledon-titel gewen, nadat hy die Kanadees, Milos Raonic, in skoon stelle in die eindronde van die mans enkelspel verslaan het. Die telling was 6-3, 7-6 en 7-6. Vroeër het die

Britse Formule Een renjaer, Lewis Hamilton, die Britse Grand Prix op die Silverstone renbaan gewen. Sy spanmaat van Mercedes, Nico Rosberg, wat aanvanklik tweede was, is vier ure ná die wedren afgeskuif na die derde plek omdat hy en sy span radio-regulasies oortree het. Die 18 jarige Max Verstappen van die Red Bull-span is opgeskuif na die tweede plek.

 SuperRugby Uitslae vir Vrydag 8Julie 2016

Blues 40 vs Brumbies 15
Reds 5 vs Chiefs 52
Lions 57 vs Kings 21

Super Rugby Saterdag 9 Julie 2016

Crusaders 85 vs Rebels 17
Waratahs 17 vs Hurricanes 28
Stomers 22 vs Force 3
Bulls 50 vs Sunwolves 3
Sharks 26 vs Cheetahs 10

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  – Bewolk  en  warm –  met ‘n min 26 max van 36

Nelspruit –  Mooiweer  met ‘n  min van 3 en ‘n max van 22

Pretoria  – Mooi weer met ‘n  min van 7 en max van 23

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 4 en max van 18

Vereeniging – Mooi weer met ‘n  min 6 en max van 23

Bloemfontein – Mooi weer – met min 4 ‘n max van 19

Durban – Mooi weer met ‘n min van 13 en max van 25

Rustenburg –  Mooi weer met ‘n min 4 en max van 21

Oos London –  Mooi weer met ‘n min 17 en max van 30

Kaapstad –Bewolk min van 12 en max van 23

Upington – Mooi weer met ‘n min van 10 en max van 23

Sutherland –Gedeeltelik sonskyn en koel met Minus 1 en max 15

PE – Mooi weer met ‘n min 16 en max van 29

 Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig 

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.

ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

                                                                          KRAG VIR DIE DIE DAG

  1. 1 Konings 8:60 – “sodat al die volke van die aarde kan weet dat die HERE God is, niemand meer nie.”

  Julius Magan se “Lord of all”

 

Huidiglik:

 Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

3nm weeksdae – Dit wat saak maak met Mariska Delene – binnekort weer terug op die lug

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

 

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus @saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment