Maandag 15 Augustus

Noodberig

KZN, DURBAN, Protesoptog CLARE HILLS, CLARE Weg H/V KENNEDY Weg

Waarskuwing: Daar bestaan n sterk moontlikheid dat verkeer opgehou kan word in die omgewing van Phola en Kushile, en verder op die N12 nader aan Delmas. Wees asb versigtigtis sou daar in daardie rigting gereis word.

#durbantraffic #protest #action #Alice & #Greyst in #Dbn #cbd #trafficdelays

Durban: there is protest action @ amaoti in durban. Roads are closed because of fires

SAUK Radio Nuus berig vir Maandag, 15 Augustus 2016.
Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Een van die wêreld se grootste sonkrag maatskappye, wat tegnologies vêr gevorder is met die opwekking van sonkrag as energiebron, het besluit om op te pak en Suid-Afrika te verlaat weens die patetiese optrede van die regering. Die Duitse vervaardiger SMA Solar Tegnology het reeds sy Kaapstad fabriek gesluit weens die “lamlendigheid van die regering om betrokke te raak by groen energie”. Die maatskappy het ook minder vleiende woorde geuiter teenoor Eskom se benadering oor energie verskaffing, en verwys na “skokkende verklarings” wat die kragvoorsiener se hoof, Brian Molefe gemaak het. Die fabriek wat etlike jare gelede deur die Adjunk-Minister van Handel en Nywerheid, Mzwandile Masina, geopen is, word nou gesluit weens die onaanvaarbare benadering en optrede van die regering.

Die onttrekking van die vervaardiger kom te midde van die toenemende werkloosheid wat tans heers, asook in ’n tyd wat die beleggings van buite Suid-Afrika bitter nodig is om te verhoed dat die land in rommel status verval. In ’n brief aan Rob Davies, die Minister van Handel en Nywerheid, het SMA vervaardiger die regering gestriem oor sy versuim om verpligtinge na te kom en hernuwing van die ooreenkomste deur te voer.

SMA sê sy aandeelhouers kon nie sien dat die regering enigsins van plan was om ’n volhoubare sakeklimaat te vestig waarin belê kan word nie.Blykbaar kon geen woordvoerder van die departement bereik word om kommentaar te lewer oor die onttrekking van die vervaardiger nie, en kan Suid-Afrika aanvaar dat baie werksgeleenthede daarmee heen is.            

2) Eskom se uitvoerende hoof,  Brian Molefe, meen dat drie-jaar oue kosteberamings steeds geldig is. Verder blameer hy hernieubare energiekoste, wat volgens hom “onbuigsaam” is, vir die swak vergelyking met Eskom se leweringskoste. Hy meen verder dat geprojekteerde energiekoste, soos herbereken deur EE Publishers se Chris Yelland, misleidend is. Soos verwag, het hy ook die koste-voordeel van kernkrag opsies voorkeur gegee. Intussen het Yelland gereageer en verduidelik dat Eskom se aannames aangepas is met 2016-syfers en die nou bekende oorbesteding op onder andere Medupi en Kusile.Yelland het ook bevestig dat dieselfde grondslag as 2013-syfers van die Departement van Energie, aangepas is vir nuutste tariewe en werklikhede.  Vir Molefe om dus voet by stuk te hou by drie tot vier jaar oue syfers, spreek boekdele, veral in lig daarvan dat hy nie die grondslae en aannames vir sy standpunt wou openbaar nie.

Dié openbare meningsverskil volg op NERSA se ingryping oor stygende koste by Eskom, wat jaarliks meer en meer van die publiek probeer afpers. Dit word as vreemd beskou dat Molefe nie insien dat buitensporige bestuursvergoeding kan bydra tot steeds stygende koste nie.                

3) Die krane wat die R200-note laat vloei kanblykbaar nie leeg getap word nie, want die regering het R309 miljoen beskikbaar gestel aan raadslede wat nie weer verkies is nie. Legadima Leso, die segsman van die Departement van Koöperatiewe Regering en Tradisionele Sake, het bevestig dat die reuse bedrag as “gratifikasie” aan raadslede uitbetaal gaan word wat nie weer verkies is nie.Vroeër is beraam dat die uitbetaling aan die lede nie die bedrag van R100 miljoen sou oorskrei nie.

Tahir Sema, ’n woordvoerder van die SA Plaaslike Regering Assosiasie, sê die bedrag is toegeken om uitbetaal te word aan mense wat nie weer as raadslede verkies is nie, ofaan persone wat dit nie gemaak het om op hulle partye se kandidatelys te kom nie.

Navrae kon geen duidelike antwoord bied oor hoeveel oud raadslede gaan bakhand staan vir die uitbetaling nie, en niemand weet glo hoe bepaal gaan word watter persone het nie hulle partye se kandidatelys gehaal nie, wat nou almal vergoeding moet kry.                                

4) Die Rooi Party van Malema se woordvoerder, ene Mbuyiseni Ndlozi, sê die party hou ’n stewige greep aan hul verkiesingsbelofte om nie met die ANC saam te werk in ’n koalisieregering op plaaslike vlak nie. Hy sê die kiesers het die ANC verwerp, en nou moet hulle op “die harde manier leer” wat die EFF is permanent hier. Politieke ontleders sê dit is opballend dat Julius Malema weggehou word van die media deur sy partygenote, om in die volgende week gefokus te bly op onderhandelinge.

Mbuyiseni Ndlozi sê die ANC se nederlaag is veroorsaak met die tussenkoms van die EFF, want dit wat die regerende party verloor het, is nou by die Rooi Party. Malema het vroeër gesê hy sal met die ANC onderhandel oor koalisie, op voorwaarde dat die regerende party eers ontslae raak van Jacob Zuma as president van die land. Ndlozi het gesê die EFF kan nie met die ANC onderhandel, en daarmee die ANC weer terugplaas in ’n magsposisie nie, want die kiesers het hulle reeds die mag ontneem, en die EFF wil die kiesers se wens eerbiedig.                                                              

5) Dinsdag het die vakbond NUM aangekondig dat sy 15,000 lede wat by Eskom werksaam is, oorgegaan het tot ’n volskaalse staking. Num sê die staking geld vir al sy Eskom werkers in al nege provinsies en gaan duur tot die geskil opgelos is. Woensdagmiddag het Eskom egter bekend gemaak dat hy ’n interdik verkry het van die Arbeidshof teen die onwettige staking van NUM lede. Met die stap het Eskom daarin geslaag om die staking as onwettig te verklaar, en dat enige aksie van die werkers as onbeskermd beskou moet word.

Die interdik bied Eskom die reg om enige staker te ontslaan indien hulle nie terugkeer na die werkplek nie.

Eskom werkers sorteer onder die Arbeid Regulasies wat bepaal dat geen werker mag staak as hy ’n pos beklee by ’n instansie wat ’n noodsaaklike diens lewer.

Die werkers staak nadat hulle eis om ’n 10% salaris verhoging deur die werkgewer van die hand gewys is, en ’n teenaanbod van 7% aangebied is.                                        

6) Die polisie in Port Elizabeth soek na ses mans in verband met die moord op `n student en die verkragting van `n ander student. `n Polisie-woordvoerder, Priscilla Naidu sê die studente is in hul motor se kattebak ingedwing nadat hulle in Noordeinde gekaap is. Volgens Naidu is hulle toe na `n Port Elizabethse strand geneem waar die 21`-jarige student verkrag is. Haar vriend is ook daar geskiet. Sy liggaam is later in die see by Brighton-strand gevind. `n Polisie taakspan ondersoek nou die moord en verkragting.

7) Die Valke het drie mans in hegtenis geneem wat renosterhorings probeer verkoop het aan polisiebeamptes wat hulle as kopers voorgedoen het. Pieter van Zyl, Marco Swanepoel en Stephan Mylie is in Pretoria met vyf renosterhorings betrap. Die Polisie het sedertdien nog 108 renosterhorings by Van Zyl se huis opgespoor. Die waarde van die renosterhorings moet nog bepaal word, maar sal waarskynlik miljoene rand beloop. Van Zyl hou vol dat die horings aan hom behoort en die Valke probeer nou die sogenaamde permitte verifieer.

8) Burgerregte organisasies het die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela geloof vir die wys waarop sy die belangstelling op die werk van die instelling gevestig het. Onderhoude deur die parlement se ad hoc-komitee die afgelope week, het ook wye openbare belangstelling gelok. Madonsela se termyn verval in Oktober. Die komitee het onderhoude met al 14 kandidate oor 20 uur op `n enkele dag gevoer. Die uitvoerende direkteur van Corruption Watch, David Lewis sê die openbare belangstelling is as gevolg van Madonsela se harde werk. Hy sê, sy het haar taak sonder vrees of voorkeur uitgevoer. Die publiek stem saam dat sy baie goed gevaar het en die profiel van die beskermer opgebou het.

9) Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het ‘n paneel aangestel om raad te gee oor minimumlone in die land. Die paneel sal uit sewe lede bestaan. Ramaphosa is die voorsitter van ‘n komitee van die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad wat onder meer verantwoordelik is vir die vasstelling van die nasionale minimumloon. Ramaphosa se woordvoerder sê die vasstelling van ‘n minimumloon is deel van pogings om die waardigheid van die meerderheid Suid-Afrikaners te herstel en aandag te gee aan armoede, onder-ontwikkeling en ongelykhede.

10) Talle werkers by die Lily-goudmyn by Barberton in Mpumalanga het vrywillige skeidingspakette aanvaar en die myn verlaat. Die myn se operasionele direkteur, Mike Begg sê die maatskappy is nog onder `n sakereddingsplan. Hy sê geen pogings word tans aangewend om die liggame van drie werkers uit te kry wat ondergronds vasgekeer is toe ‘n mynskag ineengestort het nie. `n Kanadese maatskappy het bykans twee maande gelede onderneem om geld aan die myn te voorsien, maar kon nie daarmee voortgaan nie.

11) Die dekaan van die Universiteit van KwaZulu-Natal se Nelson Mandela-mediese fakulteit, Professor Richard Hift tree uit om blykbaar ander verpligtinge op te volg. Die universiteit se studenteraad het onlangs gevra dat hy vervang moet word. Die studente wil blykbaar `n swart dekaan hê sodat transformasie in die instelling kan voortgaan. `n Woordvoerder van die universiteit, Lisiba Seshoka sê Hift sal deel bly van die universiteit en het nie bedank nie. Volgens Seshoka sal hy ook van die doelwitte van die fakulteit aandryf.

12) Owerhede in die Demokratiese Republiek van die Kongo sê minstens 36 burgerlikes is deur rebelle naby die grens met Uganda vermoor. Die goewerneur van die Noord Kivu-provinsie sê die slagoffers is in hul huise en landerye naby die dorp Beni vasgemaak en doodgekap. Die weermag sê die moorde is uitgevoer deur die ADF-rebelle wat oorspronklik van Uganda is. Dit is glo gedoen uit weerwraak vir militêre operasies teen hulle. Die inwoners van Beni is nou in opstand en sê die weermag beskerm hulle nie. Die ADF-rebelle het slegs `n paar honderd vegters, maar nie die weermag of die VN-vredesmag kon hulle al verslaan nie.

13) Die Goewerneur van die Amerikaanse staat Wisconsin, Scott Walker het die nasionale wag ingeroep om die polisie in Milwaukee te help om onluste onder beheer te bring. Dit volg nadat die polisie `n gewapende verdagte doodgeskiet het toe hy weggehardloop het. Geweld het in die voorstad Sherman Park wat grootliks swart inwoners het, losgebars. Geboue en motors is aan die brand gesteek, daar is op die polisie geskiet en hulle is met klippe bestook. Talle geweldadige betogings het die afgelope paar maande in verskeie Amerikaanse stede plaasgevind.

14) Sportnuus: Wayde van Niekerk het die wêreldrekord in die mans 400 meter verbeter en Suid-Afrika se eerste goue medalje by die Olimpiese Spele in Rio ingepalm. Die 24-jarige Van Niekerk het die wedloop in 43-komma-0-3 sekondes voltooi. Die vorige rekord van 43-komma-1-8 is in 1999 deur die Amerikaner Michael Johnson opgestel. Suid-Afrika het nou in totaal sewe medaljes, waarvan een goud, vyf silwer en een brons is.

15) Intussen het Suid-Afrika se Akani Simbine vyfde gekom in die mans 100 meter, met ‘n tyd van 9-komma-9-4 sekondes. Usain Bolt van Jamaika het sy derde opeenvolgende Olimpiese goue medalje in die 100 meter verower, en het die wedloop in nege-komma-agt-een sekondes voltooi. Justin Gatlin van Amerika was in die tweede plek, en Andre de Grasse van Kanada in die derde plek.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Gedeeltelik Bewolk –  met ‘n min 26 max van 35

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 7 en ‘n max van 24

Pretoria  – Mooi Weer met ‘n  min van 10 en max van 26

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 9 en max van 23

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 10 en max van 26

Bloemfontein –Mooi Weer – met min 10 ‘n max van 22

Durban – Gedeeltelik Bewolk met Ligte Reen  – met ‘n min van 15 en max van 22

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 9 en max van 27

Oos London –  Bewolk – met ‘n min 16 en max van 19

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 9 en max van 17

Upington – Mooi Weer – met ‘n min van 12 en max van 23

Sutherland –Bewolk met Min 0 en max 12

PE- Bewolk – met ‘n min 14 en max van 19

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Jesaja 54:17 – “ Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.”

Lukas 21:15 – “ Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie.”

Jan De Wet se “By my spirit”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment