Maandag 18 Julie

SAUK Radio Nuus berig vir Maandag, 18 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@ sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1)Die adjunkpresident van die ANC, Cyril Ramaphosa sê die party sal ‘n stelsel ontwerp waarmee munisipale raadslede se werk gemonitor kan word. Hy sê raadslede sal prestasiekontrakte moet onderteken om te verseker dat hulle diens van ‘n hoë gehalte lewer.

2)’n Betaling van 230 miljoen rand vir onderhoud aan die regering se BBP-stralers aan die lugvaartmaatskappy, Execujet bly ‘n raaisel. ‘n Ondersoek het onthul dat die staatsbeheerde wapenvervaardiger, Armscor die afgelope twee jaar miljoene aan Execujet betaal het om die staat se stralers te onderhou.

3)Drie mense is dood en nog ‘n persoon is in ‘n kritieke toestand nadat die voertuig waarin hulle was, omgeslaan het op die N3 naby Paradise Valley, wes van Durban. ‘n Woordvoerder vir die nooddienste, Robert McKenzie sê die oorsaak van die ongeluk is onbekend.

3)Sewe polisiebeamptes is in Baton Rouge in Louisiana geskiet. Drie het gesterf. Volgens berigte is die aanvallers swart mans en die slagoffers, wit polisiebeamptes. Een van die aanvallers is reeds aangekeer.

4)Kandidate vir die pos van Openbare Beskermer sal aan vier hoofvereistes gemeet word wat insluit die vermoë om onafhanklik te werk en uitgebreide regskennis. Die ander belangrike vereistes is ondersoekvaardighede en beroepservaring. Onderhoude met die veertien kandidate op die kortlys vind aanstaande maand plaas.

5)Volgens berigte het die Franse polisie ‘n nog man en ‘n vrou in hegtenis geneem in verband met die aanval Donderdagaand tydens Bastilledagvierings. Minstens 84 mense is dood toe ‘n vragmotor in ‘n skare ingeploeg het. ‘n Man van Tunisiese afkoms het die vragmotor bestuur. Hy is deur die polisie doodgeskiet. Altesaam sewe mense is reeds in hegtenis geneem.

6)Minstens agt mense is in die noorde van Indië dood nadat hulle ‘n tuisgebroude alkoholmengsel gedrink het. Die polisie in Uttar Pradesh sê nog twaalf mense is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem. ‘n Smous is in die Etar-distrik in hegtenis geneem en verskeie plaaslike amptenare is geskors weens nalatigheid en pligsversuim.

7)Die president van die Turks-Suid-Afrikaanse Vriendskapsinisiatief, Abubekir Salim, het die mislukte staatsgreep in Turkye veroordeel. Meer as 160 mense is in die staatsgreeppoging dood, insluitend meer as 100 samesweerders. Salim sê hulle sal voortgaan om enige demokratiese metodes te ondersteun om die situasie te stabiliseer. Hy het Turkse burgers by die ambassade in Pretoria toegespreek. Salim het ook gesê hulle sal enige verkose regering in Turkye steun, ongeag van watter kant van die politieke spektrum dit is.

8)Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, het gister tydens ‘n besoek aan Luxemburg Amerika se steun aan die Turkse regering bevestig. Die VSA het vroeër gesê hy het nog geen versoek van Turkye ontvang om die Moslem-kerkleier, Fethullah Gulen, uit te lewer nie. Die Turkse regering sê volgelinge van Gulen, wat al vir jare in ‘n selfopgelegde ballingskap in Amerika woon, is verantwoordelik vir die mislukte staatsgreep. Gulen het intussen ontken dat hy enige rol gespeel het in die opstande, en het dit veroordeel.

9)Die filantroop en stigter van die rekenaarreus, Microsoft , Bill Gates, lewer vandag die 14de jaarlikse Nelson Mandela-gedenklesing in Pretoria. Die lesing sal by die Universiteit van Pretoria se Mamelodi-kampus gehou word. Gates sê die oudstaatsman sal nog vir geslagte lank onthou word vir sy moed, visie en onkeerbare strewe na gelykheid en geregtigheid. Volgens die Nelson Mandela-stigting sal die lesing fokus op kwessies wat Suid-Afrika en die res van die wêreld raak.

10)Die Minister van Minerale Hulpbronne, Mosebenzi Zwane, het pogings deur die polisie verwelkom om die onwettige ontginning van chroom in en om Burgersfort in Limpopo te beëindig. Plaaslike inwoners, ondersteun deur beleggers, het chroom ter waarde van miljoene rand ontgin. Beleggers word daarvan beskuldig dat hulle myntoerusting vir die onwettige operasies verskaf en Zwane sê klagtes sal ingedien word. Inwoners sê hulle aansoeke om chroom te ontgin, is afgekeur. Zwane sê hy sal mense bystaan wat om mynregte wil aansoek doen.

11)Die burgerlike organisasie Sanco het gevra vir ‘n hersiening van onregverdige diskriminasie en onregverdige arbeidspraktyke teen minderheidsgroepe. Sanco het gereageer op ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof dat ‘n besluit van die Departement van Korrektiewe Dienste om nie bruinmense in die Wes-Kaap te bevorder nie, diskriminerend is. ‘n Woordvoerder van Sanco, Jabu Mahlangu, sê bruinmense was deel van die histories agtergeblewenes wat bemagtigingsgeleenthede behoort te geniet.

12)Rugby Uitslae van Vrydag en die Naweek:  Brumbies 24 Force 10,

Highlanders 25 Chiefs 15, Sharks 40 Sunwolves 29.

Saterdag:

Hurricanes 34  Crusaders 10,  Rebels 31 Reds 28,  Blues 34 Waratahs 28, Stomers 52  Kings 24,

Bulls 43 Cheetas 17, en die Jaguars reken af met die Lions 34 teen 22!

Kwarteindronde Program:

Friday, July 22

Brumbies v Highlanders, Canberra – 10:00

Saturday, July 23

Hurricanes v Sharks, Wellington – 09:35

Lions v Crusaders, Johannesburg – 16:30

Stormers v Chiefs, Cape Town – 19:00

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  Gedeeltelik Bewolk met ligte reen  –  met ‘n min 26 max van 34

Nelspruit –  Mooi weer  met ‘n  min van 4 en ‘n max van 23

Pretoria  – Mooi weer met ‘n  min van 7 en max van 20

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 4 en max van 18

Vereeniging – Mooi weer met ‘n  min 4 en max van 20

Bloemfontein – Mooi weer – met min 6 ‘n max van 19

Durban – Mooi Weer met ‘n min van 15 en max van 25

Rustenburg –  Mooiweer  met ‘n min 5 en max van 21

Oos London –  Mooi weer met ‘n min 16 en max van 29

Kaapstad –Mooi Weer met n min van 12 en max van 19

Upington – Mooi weer met ‘n min van 11 en max van 25

Sutherland –Gedeeltelik son tot baie son met Min 3 en max 14

PE- Deeltelik Bewolk met ‘n min 14 en max van 23

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig 

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.

ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

                                   KRAG VIR DIE DIE DAG

  1. Jesaja 45:9 – “WEE hom wat met sy Formeerder twis — ’n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!”

 Jesaja 60:21 – “En jou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit — as lote deur My geplant, ’n werk van my hande, tot my verheerliking.”

 Pieter Coffee & Friends se “Like the clay”

Huidiglik:

 Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

3nm weeksdae – Dit wat saak maak met Mariska Delene – binnekort weer terug op die lug

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus @saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment