Vrydag 12 Augustus

SAUK Radio Nuus berig vir Vrydag, 12 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Tydens die jongste plaaslike regeringsverkiesings het VF+ sodanig gevorder, dat hy in al nege provinsies sy stemtotaal vermeerder het.

Dié party se leier, dr. Pieter Mulder, sê in sommige provinsies het dit verdubbel, in die Wes-Kaap vervierdubbel en in Noord-Kaap selfs vyfvoudig gegroei. “Die gevolg is dat die VF Plus vir die eerste keer raadslede verkies gekry het op plekke waar die party in die vorige termyn geen teenwoordigheid gehad het nie,” sê dr. Mulder.

“Waar verskeie kleiner partye in die pas afgelope verkiesing amper uitgewis is, is die VF Plus tans die vyfde sterkste uit die meer as 200 partye wat aan die plaaslike verkiesing deelgeneem het. Die party het ook met amper 30% gegroei sedert die onlangse 2014 verkiesing. Daarom is die VF Plus tans ʼn rolspeler in sommige munisipaliteite.”

Dr. Mulder sê hy is bewus van talle gerugte wat die rondte doen oor koalisies en ooreenkomste wat reeds op plaaslike vlak gesluit is. “Hierdie gerugte is vals. Tot op datum is geen amptelike ooreenkomste nog met enige party gesluit nie. Ooreenkomste sal slegs deur die VF Plus se hoogste beleidmakende liggame gesluit word en nie deur lede op plaaslike vlak nie. Op hierdie wyse kan die VF Plus se landwye posisie beter beoordeel word en die beste beding word. Die VF Plus is tans in gesprekke met verskeie politieke partye oor die moontlike vorming van koalisies of samewerkingsooreenkomste in rade waar geen party ʼn meerderheid het nie. In verskeie van hierdie rade kan die VF Plus ʼn rol speel by die vorming van koalisies.

“Omdat meeste rade voor die einde van volgende week hulle ampsdraers moet aanwys, kan hierdie samesprekings nie vir altyd aanhou nie. Wat die onderhandelinge kompliseer is die baie verskillende kombinasies en partye wat betrokke is. Waar dit in gevalle soos Hessequa in die Wes-Kaap eenvoudig is met die VF Plus as koningmaker tussen die ANC en die DA, is dit aansienlik ingewikkelder in ander munisipaliteite waar tot vyf partye in verskillende kombinasies betrokke is. Elke kombinasie kan tot ʼn ander uitkoms lei,” sê dr. Mulder.                

2) Die Tshwane Metroraad, wat Pretoria onder sy bestuur het, maak van kontrakteurs gebruik om elektrisiteitsaansluitings af te sny, terwyl die kontrakteurs self aan die verkeerde kant van die wet staan. Die Vryburger se verslaggewer was getuie van ‘n voorval toe die voorafbetaalde elektrisiteitstoevoer van mnr. Hannes Scholtz van Faerie Glen summier afgesny is. Aangesien mnr. Scholtz op die voorafbetaalde stelsel werk, kan sy elektrisiteit nie agterstallig wees nie en was gevolglik in ‘n stewige krediet. Sy bewys daarvan het geen indruk op die arrogante kontrakteurs gemaak nie en hulle het die krag om 17:00 afgesny. Teen daardie tyd was daar niemand meer by die Tshwane metroraad beskikbaar om aandag aan die saak te gee nie.

By nadere ondersoek blyk dit dat die voertuig van die kontrakteurs hoogs onpadwaardig is en inderwaarheid ‘n gevaar kan wees vir ander motoriste. Al vier bande was nie meer diensbaar nie, en drie van hulle het geen of nouliks nog enige loopvlak gehad. Die lisensieskyf het reeds byna ‘n jaar gelede, op 30 September 2015, verval.

Mnr. Scholtz wou die metropolisie skakel om die onpadwaardige voertuig van die pad te verwyder. Hy het die bestuurder van die voertuig onder siviele arrestasie geplaas maar die het hom daarteen verset, mnr. Scholtz aangerand, sy loopfoon uit sy hande geklap sodat dié ongeveer R3 000 skade het. Daarna het hy probeer om mnr. Scholtz en Die Vryburger se verslaggewer raak te ry toe hulle hom wou verhinder om te ry.

Die saak is by die polisie aangegee en mnr. Scholtz beoog ook siviele optrede teen die Tshwane Metroraad                               

3) Baie mense leef in ‘n droomwêreld, veral as dit gaan oor die nuwe reënboognasie.  Maar niks bring diesulkes so hard terug aarde toe as hulself onderwerp word of kennis maak met die geweld en misdaad van die nuwe SA nie. Vorige ANC raadslid Visvin Reddy is die nuutste een wat ontwaak uit die droomwêreld. Hy is deur vyf mans in Pinetown aangeval en het verskeie ernstige steekwonde aan sy arm opgedoen. Die “Geskokte” Reddy vra die vraag:  “Hoekom moet  ons in gedurige vrees lewe”.    ’n Woordvoerder van Projek 2010 sê die man is nog nie mooi wakker uit sy droomland nie, want maandeliks word talle blankes vermoor op die wreedaardigste wyse deur ’n klomp barbare waarvan die meerderheid selde aan die man gebring word.

Hy sê die Reddy moet ook kennis neem dat die barbare wat wel gevang word, ruiterlik erken dat hulle uit hulle werkloosheid verlos word en nou in ’n “hotel” gaan bly waar kos en verblyf gratis voorsien word.    

4) Die sage rondom stakings duur voort.  Minstens 23 busbestuurders van die “Tshwane Busdiens” is afgedank nadat hul vir ‘n derde keer aan ‘n onbeskermde staking deelgeneem het.

Die busdiens het die afgelope tyd deurgeloop onder voortslepende stakings, afwisselend elke twee tot drie maande.

Die nuwe “Are Yeng Busdiens” word ook geraak deur die voortslepende stakings en intimidasie.

Die stakings volg nadat verskeie treine se passasierswaens in Pretoria, en ook in die Wes-Kaap deur revolusionêre werkers afgebrand is. ’n Woordvoerder het later gesê dit sal minstens 18 maande neem om die tekort aan vervoer aan te vul.

Intussen is verneem dat die stakers toegeneem het in getalle en dat tientalle busse staan weens ’n gebrek aan bestuurders, wat veroorsaak dat werkers of laat, of selfs glad nie opdaag by hulle werk nie.

5) Groot gewag word gemaak van ´n verslag deur Standard Bank ekonoom, Siphamandla Mkhwanazi. Hy maak, op grond van ´n Gini koëffisiënt ontleding, die bewering dat blankes in SA op grond van hul ras steeds ´n aansienlik hoër per capita verdienste ontvang as swart inwoners. Die Gini koëffisiënt meet (onder andere) ongelykhede in inkomste geskoei op die aantal inwoners van ´n gebied. Wesentlike tekortkominge word algemeen erken, aangesien hierdie maatstaf berus op ´n aanname dat onderliggende statistiek akkuraat en volledig is.

Voorts is dit bekend dat demografiese realiteite nie sinvol verreken kan word nie. Internasionaal word ook erken dat hierdie ´n baie simplistiese maatstaf verteenwoordig.

Nieteenstaande hierdie erkende tekortkominge, val die fokus in veral hoofstroom media op die R29,000 per capita inkomste van swart Suid Afrikaners, teenoor ´n gestelde R215,000 vir blankes. Onafhanklike ontleders maan dat hierdie fokus uiters onrusbarend is, veral kort na ´n plaaslike verkiesing wat duidelik die ontevredenheid met gebrekkige beleidsrigtings van die regime weerspieël.

Nie soseer die ontleding nie, as die verwronge klem op ras, moet betreur word.  Dit gaan bloot rasse-polarisasie aanvuur tot nuwe hoogtes. Ofskoon daar in baie berigte sydelings verwys word na opleiding en vaardighede as ´n faktor om verdienste te verbeter, en verlangsamende ekonomiese groei bloot as feit gemeld word, word die onderliggende werklikhede verswyg. Ten eerste, meeste swart inwoners is bekend daarvoor dat min waarde aan onderwys, opleiding of vlyt in die werkplek geheg word. Afgebrande skole en geplunderde kampusse spreek vanself.

Daarteenoor belê die deursnit blanke geld, tyd en ondersteuning aan hul kinders se onderrig. Verder, wat betref owerheidsbeleid, word ekonomiese beleid dikteer deur sosialistiese vakbonde enersyds, en Stalinistiese kollektivisme andersyds. Geen erns word gemaak met werkskepping nie.

Derdens, en sekerlik die grootste werklikhede wat (klaarblyklik) deur die ekonoom se ontleding buite rekening gelaat is, is die omvang van swart persone wat kies om nie te werk nie, maar van regeringshulp te lewe, en die omvang van ongebreidelde bevolkingsgroei in ´n land met wesentlik beperkte hulpbronne.

Ten slotte moet hierby gevoeg word die grootskaalse vermorsing van hulpbronne en doodgewoon kriminele selfverryking van politici.

Nkandla spreek vanself, so ook die honderde miljoene wat aan monumente, feesvieringe soos Dinsdag 9 Augustus en die herhaalde her-konstruksie van infrastruktuur wat jaar na jaar deur “protes” in die slag bly. n Ontleder het aan “Die Vryburger” gemeld dat indien statistiese gevolgtrekkings in ras-terme uitgedruk word, behoort ook die onderliggend aanleidende faktore in ras-terme weergegee te word. “Onder die huidige regime is ras-klassifikasies die mees omvattende van enige land ooit ter wêreld gemaak.”  

6) Indien jy enigsins aan spanning ly, of gepla is met slaaploosheid en uitputting, kan die oorsaak moontlik teruggevoer word na die gewoonte om te veel water en ander vloeistofbedags in te neem.

Mense behoort nie die grens te oorskrei deur meer as 1,5 tot maksimum 2 liter vloeistof per dag in te neem nie. Een van die groot nadele is dat belangrike soute en ander stowwe saam met die vog uitgeskei word en indien te veel vog ingeneem word, kan te veel belangrike soute en ander stowwe verlore raak.

’n Senior konsultant van ’n bekende Europese Universiteit se hospitaal afdeling wys daarop dat die inname van groot hoeveelhede vog oor ’n kort tyd wat nie genoeg soute bevat nie, die liggaam se soute balans beïnvloed en belangrike minerale word uitgeskei wat noodsaaklik is vir die liggaam. Hy wys daarop dat die groot inname kan lei tot swelling van die brein omdat water na die brein sypel wat die persoon duiselig en slfs van balans kan maak.Intussen sal die niere en blaas oortyd werk om al die vog weer vrygestel te kry.                

7) Die verstewiging van die rand is goeie nuus vir die ekonomie en vir verbruikers. ‘n Ekonoom verwag dat die Reserwebank rentekoerse onveranderd sal hou na die vergadering van die bank se monetêre beleidskomitee later die maand. Dit ondanks ‘n verbruikersinflasiesyfer wat bo die Reserwebank se boonste teiken van ses persent is. Die geldeenheid het in die laaste week sewe-en-‘n-half persent gestyg en die land se ekonomie weer terug in die nommer een posisie op die vasteland geskuif.

8) n Konstruksiewerker is in ‘n kritieke toestand nadat hy by ‘n gebou in Seepunt in Kaapstad afgeval het. ‘n Woordvoerder vir ER24, Russel Meiring, sê die man het moontlik sy balans verloor en sowat vyf meter ver geval. Die man het ernstige kopbeserings opgedoen en is in die Christiaan Barnard Hospitaal opgeneem.

9) Die administratiewe blok van die Tegniese Skool in Potchefstroom is gisteroggend in ‘n brand beskadig. ‘n Private veiligheidsmaatskappy het op ‘n alarm gereageer en die brandweer ontbied. Die woordvoerder van die Mooirivier Beskermingsdienste sê die brand is binne twee uur geblus met die hulp van bykomende brandbestryders van die weermag en die universiteit. Die ingangsportaal, ontvangslokaal en die hoof se kantoor het afgebrand. Die brandbestyders het voorkom dat die vlamme na die biblioteek en die personeelkamer versprei. Die oorsaak van die brand word ondersoek.

10) Minstens 40 mense sterf daagliks op paaie in Suid-Afrika, en die regering het nou uit radeloosheid besluit om vroue in die polisiediens aan te wend om die Verkeersdepartement te ondersteun.

Die vroulike beamptes sal onder die bestuur van Pad Verkeer Korporasie funksioneer om die hele maand die strate en paaie van die land meer veilig te probeer maak.

Die beamptes sal probeer om ’n impak te maak deur padblokkades te verminder en beter sigbaarheid by veral die gebiede waar ongelukke die meeste voorkom.

Die poging word as projek toegepas omdat die land sommer die hele maand as Vroue-maand beskou.

Met die tientalle padsterftes wat maandeliks deur ongelukke veroorsaak word, en die gemiddelde moord syfer van meer as 42 mense per dag, behoort die veiligheidsmagte nie net vergroot te word nie, maar behoort ook beter opgelei te word.                                                                  

11) Die Departement van Hoër Onderwys sê in ’n verklaring dat die Universiteite nie alleen in groot skuld gedompel is nie, maar staar ook ’n nuwe krisis in die gesig want die betaling van studiegeld het drasties afgeneem.

Dit is nie net die sogenaamde “arm studente” wat nie hulle verpligtinge nakom nie, maar sedert die eis geopper is vir gratis opleiding, betaal die welgestelde studente ook nie meer hulle rekening nie.

’n Woordvoerder wat verkies om anoniem te bly, sê universiteite sukkel om finansieel staande te bly weens die nuwe neiging, en die owerhede het by sekere instellings vasgestel dat agitators die student aanmoedig om hulle betalings terug te hou.

Die universiteite sit met reuse bedrae aan opgelope skulde wat tot sluiting van die instellings kan lei as die aangeleentheid nie reggestel word nie.

Studente sê die regering moet die skuld aflos, en die regering se verweer is dat dit onbekostigbaar is om alle studiegeld vir studente te betaal.

Die finansiële posisie van die inrigtings gaan maandeliks verder agteruit, veral nadat die sogenaamde “Fees must fall” gevolg is as betoog teen die regering.

Gerugte doen die rondte dat universiteite reeds sowat R5,5 biljoen tot 2014 veerloos het, wat intussen verder verhoog het weens die skielike onwilligheid om enige studiegeld te betaal.                         

12) Binne enkele dae gaan dit bekend gemaak word wie ad. Thuli Madonsela sal opvolg as Openbare Beskermer wanneer sy aan die einde van hierdie jaar uittree as hoof van die instelling.

Donderdag is al 14 die kandidate in afsonderlike onderhoude geëvalueer en kan daar binne enkele dae ’n aankondiging kom om die lang wag te beëindig.

Madonsela se sewe jaar termyn loop ten einde in Oktober, waarna ’n nuwe OB die taak moet voortsit, en alle oe sal op die nuweling wees om te sien of die vreesloosheid van Madonsela weer na vore sal kom.

Madonsela het sonder huiwering die land gedien deur enige persoon wat onregmatig optree, aan die kaak te stel, en het vreesloos te werk gegaan om selfs die president se vergrype aan die kaak te stel.

Sy het verskeie internasionale toekennings ontvang gedurende haar dienstermyn, waarvan ’n aantal uit die VSA en Europa was om erkenning te gee vir  haar deeglike werk                               
13) Die brandstof en olie bedryf se werkers het op 28 Julie hulle gereedskap neergesit en begin staak met die gevolg dat talle vulstasies sonder ’n druppel brandstof moes sit en toekyk hoe motoriste van een na die ander ry om geholpe te raak.

Die staking wat weens ’n geskil oor loonverhogings ontstaan het, duur nou reeds meer as twee weke.

In minstens vier provinsies het lede van die Chemiese bedryf, sowel as Energie, Papier, Drukkerye, saam met die Allied Workers Union begin staak ter ondersteuning van die brandstof bedryf se stakers.

’n Woordvoerder van die stakers sê ondersteunende demonstrasies word in Sentraal Transvaal, Oos-Transvaal, Natal en in die Wes-Kaap gehou.

Daar is egter nog geen teken dat die geskil bygelê kan word  nie, en danksy ’n klompie gewillige werkers, word die grootste krisis afgeweer.                                                                               

14) Dinsdag het die vakbond NUM aangekondig dat sy 15,000 lede wat by Eskom werksaam is, oorgegaan het tot ’n volskaalse staking.

Num sê die staking geld vir al sy Eskom werkers in al nege provinsies en gaan duur tot die geskil opgelos is. Woensdagmiddag het Eskom egter bekend gemaak dat hy ’n interdik verkry het van die Arbeidshof teen die onwettige staking van NUM lede.

Met die stap het Eskom daarin geslaag om die staking as onwettig te verklaar, en dat enige aksie van die werkers as onbeskermd beskou moet word.

Die interdik bied Eskom die reg om enige staker te ontslaan indien hulle nie terugkeer na die werkplek nie. Eskom werkers sorteer onder die Arbeid Regulasies wat bepaal dat geen werker mag staak as hy ’n pos beklee by ’n instansie wat ’n noodsaaklike diens lewer.

Die werkers staak nadat hulle eis om ’n 10% salaris verhoging deur die werkgewer van die hand gewys is, en ’n teenaanbod van 7% aangebied is.

15) Sportnuus:

Suid-Afrika het nou vier Olimpiese medaljes, nadat die Blitsbokke ‘n brons medalje by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro ingepalm het deur vir Japan met 54 – 14 te klop in die uitspeelwedstryd vir die derde plek. Die Suid-Afrikaners het vroeër in die halfeindronde van die Sewestoernooi met 7 – 5 teen Brittanje verloor. Fiji het Brittanje in die eindstryd met 43 – 7 geklop om die land se eerste olimpiese medalje ooit te wen. Die Suid-Afrikaanse roeiers, Lawrence Brittain en Shaun Keeling het gister ‘n silwermedalje gewen, terwyl die swemmers, Chad le Clos en Cameron van der Burgh ook albei al ‘n silwer medalje ingepalm het.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Mooi Weer-  met ‘n min 27 max van 36

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 6 en ‘n max van 28

Pretoria  – Mooi Weer met ‘n  min van 10 en max van 24

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 7 en max van 22

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 10 en max van 25

Bloemfontein –Mooi Weer – met min 9 ‘n max van 22

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 17 en max van 29

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 7 en max van 23

Oos London –  Mooi Weer – met ‘n min 18 en max van 31

Kaapstad –Gedeeltelik Bewolk met Ligte Reen – met n min van 10 en max van 17

Upington – Mooi Weer – met ‘n min van 13 en max van 28

Sutherland –Bewolk met Min 0 en max 17

PE- Bewolk – met ‘n min 14 en max van 25

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Psalms 35:27 – “Laat húlle jubel en bly wees wat ’n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat ’n welbehae het in die vrede van sy kneg!”

Psalms 149:4 – “Want die HERE het ’n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.”

Abe en Elise Meintjies se “You are Lord of creation”

 Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment