Vrydag 15 Julie

SAUK Radio Nuus berig vir Vrydag, 15 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@ saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

 Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@ sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1)Sewe taxi-operateurs was gister in hegtenis geneem nadat geweld tussen die Uber en gewone metertaxi’s in die middestad van Kaapstad uitgebreek het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid in die stadsraad, JP Smith, sê die polisie moes skokgranate gebruik om die situasie tussen Langstraat en Waalstraat onder beheer te probeer bring.

2)Die busoperateur Autopax sê hy het ‘n verlies van 30 miljoen rand gely toe negentien van sy busse verlede maand tydens gewelddadige betogings in Mamelodi aan die brand gesteek is. Inwoners van die gebied het met gewelddadige betogings begin ná die aanwysing van Thoko Didiza as die ANC se burgemeesterskandidaat vir Tshwane. Autopax is genoop om sy dienste op te skort weens die geweld, maar het vroeër vandag aangekondig dat die busdienste Maandag hervat sal word. Die maatskappy se waarnemende bestuurshoof, Bongani Kupe sê minder busse sal beskikbaar wees. Die Gautengse LUR vir Vervoer, Ismail Vadi sê hulle het die politieke klimaat in die gebied ontleed en sê hulle verwag nie enige probleme nie. Vadi het ‘n beroep op die inwoners van Mamelodi gedoen om die beskadiging van infrastruktuur en eiendom te help voorkom.

3)’n Beleids-en politieke ontleder, Tinyiko Maluleke, sê indien oudpresident Nelson Mandela nog geleef het, sou hy baie hartseer gewees het oor die toename in korrupsie in die regering en die gehalte van leierskap wat deur sekere individue binne die ANC weerspieël word. Hy het egter gesê Mandela sou baie bemoedig gewees het deur die onafhanklikheid van die regbank.

4)Die DA is besig om alles in sy vermoë te doen om kiesers te oortuig om vir die party te stem in die Nelson Mandelabaai Metro in Port Elizabeth voor die munisipale verkiesing op 3 Augustus. Die leier van die party, Mmusi Maimane, het die Metro vandag weer besoek nadat hy vroeër ‘n deur-tot-deur veldtog in woonbuurtes soos Zwide, KwaZakhele en die noordelike dele van die Baai gedoen het. Maimane het ondersteuners van die party in Zwide toegespreek.

5)Met net minder as drie weke oor voor die munisipale verkiesing, het die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Mulder, het sy eerste besoek aan die Nelson Mandelabaai Metro in Port Elizabeth gebring. Alle oë is op die Metro gerig met die ANC en die DA wat altwee vol vertroue is dat hulle gaan wen. Indien dit nie gebeur nie, is dit moontlik dat die kleiner partye ‘n belangrike rol gaan speel in koalisies. Die VF Plus het op die oomblik geen setels op die raad van 120 lede nie. Mulder sê daar sal beslis ‘n koalisie in die Nelson Mandelabaai Metro wees.

6)Die brandweer, tesame met die nooddienste ER24 en Emer-G-Med, het gister ure lank gestry om drie brandende huise op ’n hoewe in Honeydew aan die Wes-Rand te probeer red en die huise se inwoners te beveilig.Die inwoners het volgens Max Cohen en Werner Vermaak, woordvoerders van onderskeidelik Emer-G-Med en ER24, gelukkig almal veilig uitgekom. “Daar is ongelukkig groot skade aan die hoofhuis op die perseel aangerig en die vlamme het ook na ander wonings op die perseel versprei,” het Vermaak gesê.Volgens hom het die brand vermoedelik in ’n kamer in die hoofhuis in Bothmastraat, Lazerpark, ontstaan. ’n Volledige ondersoek sal egter gedoen moet word. Die presiese oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, het Vermaak gesê.“Die brandweer kon daarin slaag om die grootste gedeelte van die tweede woning te red, maar het lank met die brandende hoofhuis gespartel.”Cohen sê T01, hul vennoot binne die Londola Protection Group, het hulle omstreeks 12:30 van die brand in kennis gestel. Drie noodvoertuie is dadelik daarheen gestuur.Volgens hom het ’n T01-veiligheidswag toevallig verby die huis gery en die vlamme opgemerk. Die hoofhuis was reeds in ligte laaie toe hulle daar aankom.“Paramedici het die familie wat op die hoewe woon, gehelp om hul 16-jarige hond, ganse en ander troeteldiere weg van die brandende huise te kry.”Die troeteldiere is op die agterkant van M07, een van hul noodvoertuie gelaai. Die mense en diere is vir beserings ondersoek, maar almal is ongedeerd, het Cohen gesê.Volgens Chitra Bodasing, ER24-woordvoerder, is die DBV ook na die toneel ontbied om seker te maak dat geen diere op die kleinhoewe seergekry het nie.Dit was Donderdagaand nie bekend hoeveel mense presies in die drie huise was toe hulle aan die brand geraak het nie

7)Drie vasgetrek met ammunisie, toerusting van polisie

Deur Hanti Otto 14 Julie 2016 16:38

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat drie verdagtes wat Woensdag met verskeie polisie-items betrap is, dit dalk tydens rooftogte en kapings gebruik het.Konst. Petunia Chabangu, polisiewoordvoerder, het gesê hulle het inligting van inwoners in die Winterveld-omgewing, noordwes van Pretoria, ontvang oor drie mans wat in besit van onwettige vuurwapens was.Lede van die Tshwane-Noord-polisiegroep en die misdaadintelligensie-eenheid het “soos blits” die inligting opgevolg, sê Chabangu.Die drie mans, tussen 18 en 37 jaar oud, is saam in een huis gevind.Tydens die deursoeking van die huis is benewens die wapens en ammunisie, ook ’n polisiepet, twee polisienaamplaatjies en -kentekens, ’n holster, handskoene en ’n magasynhouer van die polisie gevind.Daar is ook skootrekenaars, ’n mes, selfone, twee speelgoedgewere, ander soorte ammunisie en ’n afstandbeheer-seinblokkeerder gevind wat nie noodwendig polisietoerusting is nie.

ONS VERMOED DIE TOERUSTING IS TYDENS ’N VORIGE HUISBRAAK BY ’N BEAMPTE SE WONING GESTEEL.

Konst. Petunia Chabangu

“Ons vermoed die toerusting is tydens ’n vorige huisbraak by ’n beampte se woning gesteel. Die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat die mans die toerusting en die speelgoedwapens tydens rooftogte gebruik het,” sê Chabangu.Hulle sal binnekort in die landdroshof in Ga-Rankuwa verskyn en bly in aanhouding tot dan.

8)Nóg uitstel gevra SAL se resultate

Deur Niel Joubert 14 Julie 2016 19:34

Die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se finansiële jaarstate gaan nóg later reg wees.In ’n verklaring Donderdagmiddag sê die tesourie Pravin Gordhan, minister van finansies, het die parlement versoek om lugdiens tot 15 September uitstel te gee vir die indiening van sy jaarsyfers.Dit is die vierde keer dat dié versoek gerig is. Die SAL se jaarstate vir die boekjaar tot einde Maart 2015 moes al in September verlede jaar uitgereik gewees het, maar die vorige uitstel was tot Vrydag.Die SAL sukkel al ’n geruime tyd met sy geldsake en het in die 2013-’14-boekjaar ’n verlies van R2,5 miljard gely en is tegnies insolvent.Hy benodig staatswaarborge van R5 miljard om as lopende saak voort te gaan.

Die tesourie sê die lugdiens se finansiële state kan nie gefinaliseer word op die grondslag van ’n lopende saak nie totdat ’n besluit geneem is oor die waarborgaansoek. Totdat dié waarborg, waarvoor reeds op 21 Desember die eerste keer aansoek gedoen is, nie gegee is nie, kan die SAL nie sy jaarsyfers voltooi nie, sê die tesourie.“Gegewe die moontlike gevolg vir die land en die ekonomie het die saak omvangryke en versigtige oorweging geverg,” sê die tesourie.Gordhan wil ook geen waarborge toestaan voor drastiese bestuurs- en strukturele hervorming by die lugdiens deurgevoer word nie.Die SAL was die afgelope week in die nuus weens die toekenning van kontrakte waarteen sy eie penningmeester glo gemaan het en is nou al jare lank ’n enorme las op die staat se begroting.Die staatsonderneming word ook herhaaldelik geopper as ’n risiko vir die staat wat daartoe kan lei dat die land se internasionale kredietgradering tot rommelstatus verlaag kan word.

9)Sewe kinders en ‘n volwassene sterf in brand

July 14, 2016 – 

Sewe kinders en ‘n volwassene het omgekom in ‘n brand by ‘n plek van veiligheid wat gister in die vroeëoggendure  by die Lakehaven kinder- en jeugsentrum in Durban uitgebreek het. Altesaam 18 mense en twee kinderoppassers het in die gebou geslaap toe die brand uitgebreek het. Gewoonlik word daar by die sentrum omgesien na nagenoeg 60 kinders tussen die ouderdomme van ses tot 18-jaar wat mishandel, verwaarloos en iewers gelos is. Al die kinders in die sentrum is kragtens ‘n hofbevel daar geplaas. Vier ander mense is beseer en is in die hospitaal opgeneem. ‘n Ondersoek na die oorsaak van die brand moet nog gedoen word.

10)Petisie vra adverteerders – boikot SABC

‘n Beroep is deur middel van ‘n aanlyn-petisie gedoen dat adverteerders die SABC moet begin boikot.Alhoewel dit nie duidelik is wie die petisie opgestel het nie, het meer as ‘n 1 000 mense aangedui dat hulle dit steun (“like”).Die petisie is gerig aan onder meer Black Label, FNB, Vodacom, Clientele Life en Chicken Licken.Die bewoording stel dit dat “die situasie by die SABC is vinnig besig om versleg, met joernaliste wat skorsing in die gesig staar en meer en meer bewyse wat na vore kom oor sensuur. Dit verg ‘n nuwe aanslag. Sê aan adverteerders om op te hou om SABC-sensuur te steun.”Die aksie volg nadat die SABC se Hlaudi Motsoeneng dit duidelik gestel het dat hy hom nie gaan steur nie aan die Onafhanklike Uitsaai-owerheid (Okosa) se beslissing dat die uitsaaier sy besluit oor die sensuur van gewelddadige betogings moet herroep.

Druk word intussen geplaas op die ANC-regime dat die kabinet se portefeuljekomitee vir kommunikasie byeen moet kom om die krisis by die SABC te bespreek. Die kabinet is tans in reses in aanloop tot die komende munisipale verkiesing. Die onderlinge magspel te wees dat minister van kommunikasie, Faith Muthambi en president Jacob Zuma vertrouelinge is. Die minister het tot dusver weer bankvas agter Motsoeneng gestaan. Sy reaksie dat hy en die SABC-raad Okosa se beslissing gaan uitdaag, getuig van iemand wat meen hy het heelwat mag. Hy het voorts opgemerk dat niemand die reg het om die SABC voor te sê hoe om sy taak te verrig nie.

11)Regering koop heelwat grond in Noorde

Sowat 20% van die waarde van grondverkope oor ʼn jaar in Mpumalanga en Limpopo is deur swart eienaars aangeskaf.

Die volgende ontleding van grondverkope in Suid-Afrika handel oor die grondtransaksies vir stukke grond groter as 20 ha in Mpumalanga en Limpopo vir die tydperk April 2015 tot Maart 2016.

Dié ontleding is gedoen deur mnr. Johann Bornman, ‘n bekende in landboukringe. Dié inligting word alles op Landbou.com aangebied nadat dit verwerk is.

Mpumalanga

In Mpumalanga was daar 418 transaksies in ses distrikte. Altesame 139 310 ha is teen R2,420 miljard verhandel. Daarvan was 95 (23%) ooreenkomste deur mense wat nie wit is nie, wat 20,3% van die totale waarde behels. Altesaam 13 transaksies was regeringsaankope en 75 was private aankope teen R338 miljoen.

Meer as 25% van die transaksies was vir stukke grond kleiner as 50 ha en sowat 30% vir stukke grond groter as 300 ha.

Limpopo

In Limpopo is 557 transaksies in 15 distrikte gesluit, waarvolgens 192 569 ha teen R2,6 miljard verkoop is. Daarvan was 18% transaksies deur mense wat nie wit is nie, wat 37 373 ha behels het, teen ’n koste van R444 miljoen.

Twaalf transaksies was vir die koop van landbougrond deur die Regering en 88 was private aankope. Oorwegend gunstige prysneigings word in dié provinsie waargeneem.

* In Acornhoek (Mpumalanga) het die prys van plase oor die tydperk met 23,3 gestyg, en 15,7% by plase in Komatipoort.

** By Dendron, waar 66 transakies in die jaar plaasgevind het, het plaaspryse met 11,2% gestyg, en by Marken met 10,4%.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  Gedeeltelik Bewolk   –  met ‘n min 27 max van 35

Nelspruit –  Mooi weer  met ‘n  min van 6 en ‘n max van 25

Pretoria  – Mooi weer met ‘n  min van 6 en max van 20

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 4 en max van 17

Vereeniging – Mooi weer met ‘n  min 4 en max van 19

Bloemfontein – Mooi weer – met min 5 ‘n max van 18

Durban – Mooi Weer met ‘n min van 15 en max van 27

Rustenburg –  Mooiweer  met ‘n min 5 en max van 20

Oos London –  Mooi weer met ‘n min 14 en max van 29

Kaapstad –Gedeeltelik bewolk met ligte reen met n min van 10 en max van 15

Upington – Mooi weer met ‘n min van 8 en max van 24

Sutherland – Kouer met ligte wolke en Son  met Minus 1 en max 10

PE- Deeltelik Bewolk met ‘n min 11 en max van 21

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig 

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.

ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

                                     KRAG VIR DIE DIE DAG

Romeine 12:2 – “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”

Abe en Elise Meintjies se “Ek het U lief o Vader”

Huidiglik:

 Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

3nm weeksdae – Dit wat saak maak met Mariska Delene – binnekort weer terug op die lug

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

 

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus @saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment