Vrydag 22 Julie

SAUK Radio Nuus berig vir Vrydag, 22 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1)Die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte eis wat sy noem leierskap van die minister van polisie, Nathi Nhleko om die politieke moorde in KwaZulu-Natal te pak. Duarte glo dit is die werk van huurmoordenaars. Maandag is twee wykskandidate, Bongani Skhosana, and Khanyisile Ngobese-Sbisi in twee afsonderlike voorvalle vermoor.  Intussen sê ‘n politieke ontleder, Protas Madlala ‘n kommissie van ondersoek na die politieke moorde sal geen doel dien nie. Madlala sê die probleme binne die party behoort aandag te kry. Die ANC in die provinsie het ‘n beroep op Nhleko en die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo gedoen om in te gryp en die provinsie te stabiliseer.

2) Die Reserwebank het weer besluit om die rentekoers onveranderd op sewe persent te hou, en het terselfdertyd Suid-Afrika se groei van komma ses persent tot nul persent afwaarts aangepas. Dit beteken dat die prima uitleenkoers bly op tien-komma-vyf persent. Die president, Lesetja Kganyago, sê die bank bly steeds bekommerd oor ekonomiese groeivooruitsigte. Hy sê egter daar was ‘n wêreldwye vraag vir groei uit die opkomende markte en dit is duidelik in die rand se onlangse verstewiging.

3) Versoeke is tydens die Internasionale Vigskonferensie in Durban ontvang vir ‘n sterk reaksie deur regerings om die stryd teen MIV/VIGS te finansier. Die Wêreldfonds het gevra vir 150 miljard rand om sy fondse aan te vul. ‘n Woordvoerder van die Amerikaanse President se Noodfonds vir ViGS-verligting, Michael Ruffner, sê skenkerfondse het afgeplat. Hy sê regerings moet volhoubare MIV programme instel.

4) Die verdagte wat aangekla word van die verkragting van minstens drie studente van die Universiteit van Kaapstad naby die Rhodes-gedenkteken, het vlugtig in die Wynberg Landdroshof verskyn. Die verdagte is verlede jaar in hegtenis geneem nadat die polisie hom deur ‘n gesteelde selfoon opgespoor het. Die staatsaanklaer, Deidre Rossouw sê hulle glo hulle het ‘n sterk saak. Die staat het gevra vir uitstel sodat die saak oorgedra kan word na die Wes-Kaapse Hooggeregshof. Die saak is uitgestel tot 1 September.

5) Reeva Steenkamp se ouers sê die besluit om ‘n aansoek tot appèl in te dien teen die vonnis wat Oscar Pistorius opgelê is, is deur die staat geneem. Pistorius het Steenkamp in 2013 doodgeskiet. Regter Thokozile Masipa het hom vroeër vandeesmaand tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Die voorgeskrewe minimum vonnis vir moord is vyftien jaar. ‘n Woordvoerder vir Barry en June Steenkamp, Tanya Coen sê hulle het egter nog altyd advokaat Gerrie Nel en sy span se pogings ondersteun om geregtigheid te laat geskied.

6) Die Verkiesingskommissie sê negehonderd weermaglede sal landwyd ontplooi word in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing op 3 Augustus. Elke provinsie sal honderd weermaglede ontvang om te verseker dat daar geen ontwrigtings plaasvind nie. Die VK se beampte vir uitreik en opleiding, Modisaotsile Brodie sê polisiebeamptes en weermaglede is opgelei om te verseker dat daar geen stemlokale is waar dit te gevaarlik is vir mense om te stem nie, en dat die situasie kalm bly.

7) Die Demokratiese Alliansie in KwaZulu-Natal het gister ‘n plakkaatoptog buite die SABC se kantore in Durban gehou. Die party eis dat die beweerde inmenging by redaksionele beleid gestaak word. Die provinsiale voorsitter en burgemeesterskandidaat vir die Ethekweni-metrogebied, Haniff Hoosen sê Suid-Afrikaners verdien die waarheid en dat joernaliste die nodige vryheid gegun moet word. Hoosen het die SABC se bedryfshoof, Hlaudi Moetsoeneng daarvan beskuldig dat hy die openbare uitsaaier in ‘n staatsuitsaaier wil omskep.

8) Die polisie se dwelm-eenheid in Limpopo het drie Nigeriese burgers in Polokwane in hegtenis geneem op aanklagte van dwelmhandel. ‘n Polisiewoordvoerder, Ronel Otto sê hulle het beslag gelê op dwelms ter waarde van 35-duisend rand, sowel as kontant en tien selfone. Otto sê die verdagtes is vasgetrek nadat die polisie inligting ontvang het oor verdagte bedrywighede by ‘n huis in Ivy Park. Die verdagtes sal môre in die Polokwane Landdroshof verskyn.

9) Die Vrystaatse Hooggeregshof het die Universiteit van die Vrystaat se besluit om Engels as die enigste onderrigtaal te gebruik, tersyde gestel. Afriforum het die verandering aan die taalbeleid bevraagteken en aangevoer dat die verwydering van Afrikaans as onderrigtaal, strydig is met die wet. Die Universiteitsraad het in Maart eenparig besluit om Engels as die primêre taal van onderrig vanaf 2017 te aanvaar. Dit is onduidelik of die universiteit die beslissing gaan teenstaan.

10) Die arbeidshof het verrigtinge in die saak van vier afgedankte SABC-joernaliste, tot môre uitgestel. Die SABC se regsverteenwoordigers het gevra vir uitstel sodat hulle hofstukke kan indien. Die joernaliste, wat deur die vakbond Solidariteit verteenwoordig word, vra die hof om hul afdankings ter syde te stel. Regter Robert Le Grange het die aansoek om uitstel toegestaan, maar het die belangrikheid van die saak beklemtoon.

11) Die mediese hulpgroep, Dokters sonder Grense sê die liggame van 22 mense is op ‘n migrante-boot in die Middellandse See gevind. Die liggame van een man en 21 vroue is onder in die boot naby die kus van Libië gevind. Meer as 200 oorlewendes wat op die boot was, insluitend sowat 50 kinders, is na ‘n boot van Dokters sonder Grense oorgeplaas. Volgens berigte was meeste mense op die boot van lande in Wes-Afrika afgekomstig. Meer as tweeduisend migrante is sedert gister tydens verskeie reddingsoperasies gered.

12) Rusland se baan- en veldatlete sal nie aan die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro kan deelneem nie, nadat hulle appèlsaak deur die Hof vir Arbitrasie in Sport in Switserland van die hand gewys is. Die appèlsaak is gebring deur 68 Russiese atlete wat deur die internasionale atletiekfederasie, die IAAF verbied is om aan die Olimpiese Spele deel te neem. Die Russiese atletiekfederasie is deur die IAAF geskors nadat ‘n onafhanklike verslag bewyse van die wydverspreide gebruik van verbode middels gevind het. ‘n Onlangse verslag het ook aangedui dat Russiese amptenare betrokke is by pogings om die gebruik van verbode middels te versteek.

13) Betogende inwoners van Piet Plessis in Noordwes het werksaamhede in die gebied tot ‘n stiltand gebring. Hulle eis ‘n 70-kilometer teerpad van Stella na Piet Plessis. Hulle sê die provinsiale regering het hulle al jare gelede ‘n teerpad beloof, maar daar is geen vordering nie. Onderrig by skole in die gebied word ontwrig, en gemeenskapslede sê hulle gaan aanhou betoog tot daar aan hulle eis voldoen word. ‘n Skeepshouer wat as ‘n klaskamer dien, is afgebrand. Verlede jaar het inwoners van vyf gebiede in die Joe Morolong-munisipaliteit by Kuruman ‘n teerpad van 130-kilometer geëis. Die betoging het daartoe gelei dat 16-duisend skoolkinders ses maande van onderrig misgeloop het.

14) Die vermeende verkragter van studente by die Universiteit van Kaapstad verskyn vandag in die Wynberg Landdroshof. Die 35-jarige man word daarvan beskuldig dat hy minstens drie studente naby die Rhodes-gedenkteken aangeval en verkrag het. Hy is verlede jaar in hegtenis geneem nadat die polisie hom opgespoor het deur die sein van ‘n gesteelde selfoon te volg. Die verdagte sal na verwagting ook op bykomende aanklagte tereg staan.

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  Gedeeltelik Bewolk   –  met ‘n min 26 max van 34

Nelspruit –  Mooi weer  met ‘n  min van 11 en ‘n max van 28

Pretoria  – Mooi weer met ‘n  min van 7 en max van 24

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 5 en max van 22

Vereeniging – Mooi weer met ‘n  min 5 en max van 24

Bloemfontein – Mooi weer – met min 0 ‘n max van 18

Durban – Mooi Weer met ‘n min van 12 en max van 24

Rustenburg –  Mooiweer  met ‘n min 4 en max van 25

Oos London –  Bewolk met ‘n min 11 en max van 17

Kaapstad –Gedeeltelik Bewolk met ligte reen met n min van 10 en max van 14

Upington – Mooi weer met ‘n min van 5 en max van 18

Sutherland –Bewolk met reen  met Minus 3 en max 6

PE- Deeltelik Bewolk met ligte reen met ‘n min 11 en max van 18

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Romeine 5:12 – “DAAROM, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het —“

1 Korintiërs 15:21-22 – “Want aangesien die dood deur ’n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ’n mens. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;”

Danie Botha se “Children of the living GOD”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00 tot 1uur  elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment