Vrydag 26 Augustus

SAUK Radio Nuus berig vir Vrydag, 26 Augustus 2016.

Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Dit is nog nie seker watse toutjies ANC=president Jacob Zuma getrek het nie, maar skynbaar is die  waarskynlike opvolger van adv. Thuli Madonsela as openbare beskermer, sy gunsteling. Daarmee probeer hy homself steeds met sy gunstelinge omring en sy magsposisie verstewig.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, wat ‘n ontleder is by die Staatsveiligheidsagentskap, is as voorkeurkandidaat aangewys om Madonsela op te volg.

Mkhwebane het tydens haar onderhoud vir die OB-pos gesê sy sal “minder vyandig” teen die regering wees en meer in vennootskap met die regering wil saamwerk. Daarmee het sy haarself dus reeds as skoothondjie aangebied, meen politieke ontleders.

Malema was aanvanklik ook ten gunste van haar aanstelling, totdat hy gehoor het sy is ook Zuma se gunsteling. Daar kan dus aanvaar word dat Mkhwebane dus ideologies baie naby aan die ANC, EFF en gevolglik ook die SAKP staan.

Intussen het Madonsela haar teleurstelling uitgespreek dat haar adjunk nie as haar opvolger aangewys is nie. Sy het hom beskryf as iemand wat nie vatbaar vir korrupsie is nie.                                          Die Vryburger

2) Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, het besluit om nie na die Valke te gaan vir ondervraging en die aflê van ‘n waarskuwingsverklaring nie.

Die Valke het hom skriftelik in kennis gestel dat hy en ‘n aantal van sy oud-kollegas vandag om 10 uur by hulle kantoor moet wees. Na oorlegpleging met sy regspan het hy besluit om die “opdrag” te ignoreer.

Aangesien hy nog nie aangekla is van enige misdryf nie, het hy nie nodig om aan hulle “opdrag” te voldoen nie. Die Valke is suiwer ‘n ondersoekeenheid, en as hulle inligting wou gehad het, kon hulle ‘n ondersoekbeampte na Gordhan gestuur het. Hulle het geen bevoegdheid om iemand te dagvaar nie.

Gordhan was gisteraand in Kaapstad in ‘n debat met die politieke kommentator Justice Malala betrokke, toe hy die aankondiging van sy weiering om na die Valke te gaan, bekendgemaak het. Skynbaar het die gehoor om staande daaroor toegejuig.

Hy het die oop uitgespreek dat die gebeure nie ‘n verdere negatiewe impak op die ekonomie gaan hê nie. Intussen het die rand weer in vryval begin tuimel toe die Valke se optrede teen Gordhan bekend geword het.

In sy toespraak het hy ook ‘n kwalik bedekte dwarsklap na Jacob Zuma uitgedeel toe hy praat oor leierskap.  Hy het gesê die land sal maklik kan betaal vir die opleiding van arm student as korrupsie gestop word, en as die regte pryse vir steenkool betaal sou word.

Alhoewel dit geen geheim meer is dat Zuma graag van Gordhan ontslae sou wou raak, is die ekonomiese gevolge waarskynlik selfs vir hom te veel van ‘n waagstuk om op hierdie stadium aan te pak.             

3) Die uittredende rektor van die Vrystaatse Universiteit, prof. Jonathan Jansen, het skynbaar gesê wit studente word bevoordeel, daar is fout met Afrikanermans en daarom moet Afrikaans as onderrigtaal afgeskaf word. Hy het later gesê hy is “verkeerd aangehaal”. Die opmerkings is skynbaar gemaak tydens ‘n senaatsvergadering wat agter geslote deure plaasgevind het.  Die Vryburger

4) Die sogenaamde Gautengse gesondheidsdepartement het R473 miljoen van die geld wat aan hom toegeken is, nie gebruik nie, terwyl die swak toestand in staatshospitale oorbekend is, en dit ‘n feit is dat mense sterf as gevolg van dokters wat tot skofte van 30 uur moet werk weens personeeltekorte                      

5) Die adjunk-minister van sport, Gert Oosthuizen, was nie bereid om vrae van die EFF in die parlement beantwoord of hy die Guptas al ontmoet het, en of hulle vir Oosthuizen se pak klere betaal het nie.             

6) Die ANC-veteraan en voormalige direkteur-generaal van buitelandse sake, Sipho Pityana het president Jacob Zuma gevra om te bedank. Pityana was een van die sprekers by die begrafnisdiens van die voormalige minister van sport, Makhenkezi Stofile op Alice in die Oos-Kaap. Hy sê die volgende stryd kan nie gelei word deur iemand wat die organisasie in oneer gebring het nie. Vroeër het adjunkpresident Cyril Ramaphosa by dieselfde geleentheid sy steun aan die minister van finansies, Pravin Gordhan toegesê. Gordhan en voormalige SAID-amptenare moes hulle vandag by die Valke se hoofkantoor in Pretoria aanmeld.                         

7) Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Jonathan Jansen, het gewaarsku dat arm studente in die langtermyn die ergste geraak sal word deur bankrot universiteite. Jansen het by die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie gepraat oor die stand van hoër onderwys in die land. Hy sê swak befondsing van universiteite sal ook lei tot ‘n uittog van die beste professore en navorsers terwyl die middel inkomstegroep hulle kinders na instellings met beter hulpbronne sal stuur.                        RSG

8) Twee mense is in Rosettenville in Johannesburg in hegtenis geneem nadat dwelms ter waarde van sowat 300-duisend rand in hulle besit gevind is. Die polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini sê die polisie het op ‘n wenk gereageer en die dwelms in ‘n huis gevind. Dlamini sê die twee verdagtes verskyn more in die Johannesburgse landdroshof op aanklagte van die onwettige besit van dwelms en dwelmhandel.                      RSG

9) Die Oesskattingskomitee het sy raming vir vanjaar se mielie-oes met komma vyf persent opwaarts aangepas tot sewe komma drie miljoen ton, danksy ‘n beter as verwagte geelmielie-oes. Dit is egter steeds aansienlik minder as verlede jaar se oes van nege komma nege vyf miljoen ton weens die ergste droogte in dekades. Die komitee se raming vir witmielies is onveranderd. Die prys vir witmielies is tans sowat 20 persent laer as in Januarie.     

10) Drie leeuwelpies wat in studentewoonstelle op Potchefstroom in Noordwes ontdek is, is verwyder. ‘n Lid van die publiek het die welpies op die balkon van ‘n woonstel gesien en die plaaslike Dierewelsynsorganisasie in kennis gestel. Twee vrouestudente voer na bewering aan dat die welpies afkomstig is van ‘n leeuplaas op Heilbron in die Vrystaat. Die studente moes vir hulle sorg totdat hulle drie maande oud is ek kon hulle dan na die plaas terugneem. RSG

11) Die Valke is besig met ‘n bose spel wat nie tuishoort in ‘n regstaat nie. Dit is die mening van oudregter Johan Kriegler. Kriegler het vanoggend saam met die menseregte-advokaat George Bizos, die Inkomstediensamptenare Johan van Loggerenberg en Ivan Pillay na die Valke se kantoor in Pretoria vergesel. Die twee is saam met die minister van finansies Pravin Gordhan deur die Valke versoek om ‘n verklaring te kom aflê oor ‘n beweerde onderduimse eenheid in die Inkomstediens. Dit word beweer dat die eenheid begin is in die tyd toe Gordhan kommissaris van die Inkomstediens was. Gordhan het geweier om gehoor te gee aan die versoek. Volgens Kriegler hoef niemand in Suid-Afrika toe te gee aan sulke versoeke soos die van die Valke nie.          

12) Die Helen Suzman Stigting en die grondwetwaghond Freedom under the Law sê in ‘n verklaring dit is welbekend dat die bestaan van die sogenaamde spioenasie-eenheid in die Inkomstediens nooit bevestig is nie en dat die berigte in dié verband deur die Sondagblad Sunday Times met verskoning teruggetrek is. Die jongste optrede deur die Valke teen die minister van Finansies, Pravin Gordhan en voormalige SAID-amptenare hou verband met dié beweerde eenheid. Die organisasies sê diegene wat by die aanvanklike bewerings betrek is, het ook nooit die geleentheid gehad om op die eensydige aanklagte te reageer nie. Die organisasies sê die jongste optrede is dus nie net ongegrond nie, maar ook verdag.                                           

13) n Sakeman van Johannesburg eis twaalf miljoen rand van die Ontvanger van Inkomste. Harry Chakala eis die geld na hy onskuldig bevind is op 52 aanklagte wat onder meer verband hou met oortredings van die belastingwet. Die aanklagte is deel van 150 ander aanklagte wat sedert 2003 teen Chakala opgestapel is. In sy uitspraak het landdros Bezuidenhout die Inkomstediens en die Nasionale Vervolgingsgesag gekritiseer oor onreëlmatighede in die ondersoek. Chakala het in 2003 verskeie tenderooreenkomste met die Inkomstediens gehad waarvan een was om dokumente te skandeer. Die kontrak is aan ‘n maatskappy in Indië hertoegewys. Daar bestaan onsekerheid oor wie die eienaars van die maatskappy is. Chakala het toe reeds ‘n deel van die werk afgehandel. Hy het navraag gedoen en het sedertdien verskeie hofverskynings gehad. ‘n Anonieme vertroueling van Chakala sê hulle gaan ook geld van die minister van Justisie en die minister van finansies eis.             

14) Die energiereguleerder, NERSA, het bevestig dat hy teen ‘n hofuitspraak gaan appeleer wat ‘n deel van die kragtariefverhoging, wat verlede jaar goedgekeur is, ter syde stel. NERSA het die verhoging van nege komma vier persent wat Eskom versoek het toegestaan. ‘n Deel van die verhoogde tariewe sou aangewend word vir duur dieselkragopwekkers. Die Hooggeregshof in Pretoria het bevind dat Eskom nie die regte prosedures gevolg het toe aansoek vir die bykomende verhoging gedoen is nie. NERSA gaan nou die saak na die Appèlhof in Bloemfontein neem. RSG

15) Die Presidensie sê daar is niks verdags aan die totstandkoming van die Koördinerende Raad vir Presidensiële Staatsbeheerde Ondernemings nie. Die regering het die totstandkoming van die raad aangekondig na die afsluiting van die kabinetsvergadering. Daar was sedert die aankondiging egter heelwat bespiegeling dat daar sinistere motiewe agter die totstandkoming van die raad is. ‘n Presidensiële woordvoerder, Bongani Ngqulunga sê egter die raad sal bloot help met die koördinering van staatsbeheerde maatskappye RSG

16) Die Finansiële en Fiskale Kommissie sê hy is bekommerd dat die voortgesette spanning tussen die Minister van Finansies, Pravin Gordhan en die Valke die begrotingsproses in die wiele kan ry. Die kommissie is ‘n Hoofstuk 9 instelling wat op die been gebring is om advies aan die Nasionale Tesourie te verskaf oor die verdeling van inkomste tussen die onderskeie vlakke van regering. Die kommissie sê die spanning kom op ‘n kritieke tydstip in die begrotingsproses. Die kommissie se waarnemende uitvoerende hoof, Bongani Khumalo, sê dit is die besigste tyd vir Gordhan wat sentraal is in enige oorlegpleging wat nou in die begrotingsproses plaasvind. RSG

17) Die ANC in Johannesburg sê die uitslag van die 2016 plaaslike verkiesing dien as ‘n wekroep vir die party om homself te vernuwe. Die streeksekretaris, Dada Morero, sê die party moet homself van binne versterk om seker te maak dat die algemene verkiesing in 2019 nie die huidige stempatrone weerspieël nie. Die regerende party het die mag in drie Metrorade verloor insluitende Johannesburg wat hy aan die DA afgestaan het. Morero het tydens die gedenkdiens vir Nonhlanhla Mtembu gepraat, ‘n raadslid wat vroeër die week tydens die Metroraad se eerste vergadering dood is. Cosatu sê intussen hy is nie gekant teen ‘n vroeë byeenkoms van die ANC se nasionale konferensie nie. Die federasie het na ‘n vergadering van sy sentrale uitvoerende komitee in Johannesburg gesê hy oorweeg nog die redes wat aangevoer word. Die party se jeugliga het na die ANC se verminderde steun in die plaaslike regeringsverkiesing gevra dat die ANC se Nasionale Konferensie, wat in 2017 moet plaasvind, vervroeg word. RSG

18) Die Minister van Kommunikasie, Faith Muthambi, het die tweedaagse gedrukte mediatransformasiekonferensie by Vryheidspark in Pretoria geopen. Die vergadering word bygewoon deur mediapraktisyns. Muthambi het die bydraes van talle struggle-joernaliste tot die mediavryheid geloof. Sy sê sedert die aanbreek van die demokrasie het die media oor die algemeen verander met gapings wat nog binne die privaat kommersiële gedrukte media sigbaar is. Sy het afgevaardigdes gevra om saam met die regering te werk en betrokke te raak by die finalisering van die beleidsdokumente oor die totale transformasie van die gedrukte media.RSG

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Gedeeltelik Bewolk –  met ‘n min 26 max van 36

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 6 en ‘n max van 30

Pretoria  – Mooi Weer –  met ‘n  min van 11 en max van 29

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 10 en max van 26

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 11 en max van 31

Bloemfontein –Mooi Weer- met min 12 ‘n max van 26

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 12 en max van 26

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 9 en max van 28

Oos Londen – Gedeltelik Bewolk met Ligte Reen – met ‘n min 17 en max van 20

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 13 en max van 27

Upington – Mooi Weer- met ‘n min van 17 en max van 30

Sutherland –Mooi Weer  met Min 9 en max 21

PE- Bewolk – met ‘n min 15 en max van 21

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar.

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Psalms 42:3 – “My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?”

Psalms 84:8 – “Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.”

André Bester se ”Ek soek niks anders nie”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

7nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment