Vrydag 8 Julie

SAUK Radio Nuus berig vir Vrydag, 8 Julie 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@ saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie

 Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak.

Kontak ons by nuus@ sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1)Die Nasionale Tesourie sê Suid-Afrika is positief oor sy ekonomiese groei en erken dat strukturele hervormings nodig is om groei ‘n hupstoot te gee en werk te skep. Die Tesourie het gereageer op ‘n verklaring deur die Internasionale Monetêre Fonds waarin die land se groeivooruitsigte tot nul-komma-een persent afgeskaal word. Die Tesourie sê hy verwag dat groei en werkskepping gerugsteun sal word deur verskeie strukturele hervormings en ingryping deur die regering. Die IMF sê Suid-Afrika is nie in staat om met sy groeiende bevolking tred te hou nie. Die ekonomie sukkel om te groei en word aan bande gelê deur lae kommoditeitspryse.

 2) Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het nie gereageer op versoeke om kommentaar dat hy verkrygingsprosedures geïgnoreer het om ‘n kontrak vir die herstrukturering van skuld van 15 miljard rand aan ‘n onbekende finansierder toe te ken nie. Volgens berigte het die SAL teen die Tesourie se advies gehandel deur in te stem om ‘n suksesfooi van 256 miljoen rand toe te ken aan ‘n finansierder, BnP Capital sonder om die kontrak op oop tender uit te sit. Die fooi is minstens drie keer hoër as wat die redery sou moes opdok indien die kontrak op oop tender was. Die nasionale redery word deur die Nasionale Tesourie gemonitor en het versuim om sy finansiële verslag bekend te stel.

3) Die DA sê sy vasstelling van 63 miljoen rand wat president Jacob Zuma skuld ingevolge die belasting op byvoordele aan sy privaatwoning op Nkandla, is konserwatief bereken. Die party sê die President is soos enige ander burger ingevolge die Inkomstebelastingwet aanspreeklik om te betaal vir ‘n voordeel wat hy van sy werkgewer, die Staat, ontvang het. Die party sê hy het op die berekening gekom deur die gebruik van die skedule wat deur die Departement van Openbare Werke verskaf is en wat presies uiteensit watter werk gedoen is en die koste verbonde aan die opgraderings. Volgens ons Politieke redaksie het die DA in sy berekenings die brandpoel, snoepwinkel, beesdeurgang en helikopter landingsplek ondermeer gelys as van die opgraderings waaruit die President permanent voordeel sal trek. Die strukture beloop 145 miljoen rand. Dit sluit die militêre kliniek, polisie motorhuise en personeelwonings uit wat die eiendom bly van die staat. ‘n Belastingkoers van 40 persent is op die 145 miljoen rand ingestel. Dan ook ‘n boete van tien persent vir laat betaling wat verduidelik hoe die party by die syfer van 63-komma-nege miljoen rand uitgekom het.

4) Die eienaars van die Lily-myn naby Barberton in Mpumalanga het hulle regsverteenwoordigers aangesê om miljoene rand van die Kanadese maatskappy AfroCan te eis vir die verbreking van ‘n ooreenkoms. AfroCan het ingestem om meer as 150-miljoen rand in Vintage Goldfields te belê, maar het dit na bewering nie gedoen nie. Die bestuurshoof van Goldfields, Mike McChesney sê dit is ‘n reuse terugslag vir die Lily-myn, wat steeds gesluit is nadat drie werkers in Februarie weens ‘n sinkgat dood is. McChesney sê die fondse van AfriCan was dringend nodig om te begin met ‘n sakereddingsplan en om werkers se salarisse te betaal. Hy sê hulle moet nou gaan soek na nuwe beleggers om die sakereddingsplan in werking te stel.

5) Die dodetal in ‘n selfmoordbomaanval in Bagdad in Irak die naweek, het tot 292 gestyg. Die Islamitiese Staat-militantegroep het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar. Meer as 200 mense is ook beseer in die aanval op ‘n besige straat in die hoofsaaklik Sjiïtiese Karrada-distrik. ‘n Woordvoerder van die ministerie van Gesondheid in Irak, Shmed al-Rudaini sê sowat 23 mense is steeds in die hospitaal. Die ministerie het vroeër vandag gesê 281 mense is in die ontploffing dood, maar sê die dodetal het verder gestyg nadat van die mense wat as vermis aangemeld is, as dood geïdentifiseer is.

6) Meer as 720-duisend Namibiërs staar voedseltekorte in die gesig weens die droogte in die land. ‘n Verslag wat deur die kantoor van die eerste minister en die ministerie van landbou in Windhoek vrygestel is, toon dat byna 600-duisend van dié dringend bystand nodig het.

7) n Dief is in Somerset-Wes deur ‘n Amerikaanse veghond gebyt toe hy in sy vlugtog oor die muur van ‘n woning gespring het en binne die hond se kake beland het.

Twee verdagtes het ‘n winkel beroof toe die eienaar die noodknoppie gedruk het om ‘n veiligheidsmaatskappy te ontbied.

Een van hulle is dadelik aangekeer toe die veiligheidswagte opgedaag het, maar sy trawant het op die vlug geslaan en heel niksvermoedend oor ‘n huismuur gespring.

Nadat hy deur die hond verwelkom en gebyt is, het hy besluit om liewer die hasepad te kies. Toe hy egter die veiligheidswagte gewaar, het hy sowaar weer teruggespring en die veghond het sommer dadelik aan die werk gespring om rondte twee se byte in te kry.

Die hond se eienaar het hom op daardie tydstip geroep en hy het dadelik ewe gehoorsaam opgehou.

Die veiligheidswagte het die man vasgetrek en sy bytwonde op die toneel behandel, waar die polisie hom in hegtenis geneem het.

 Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad  – Bewolk  en  warm –  met ‘n min 27 max van 35

Nelspruit –  Mooi weer met ‘n  min van 5 en ‘n max van 26

Pretoria  – Mooi weer met ‘n  min van 7 en max van 19

Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 3 en max van 18

Vereeniging – Mooi weer met ‘n  min 4 en max van 19

Bloemfontein – Mooi weer – met min 4 ‘n max van 15

Durban –Mooi weer met ‘n min van 8 en max van 25

Rustenburg –  Mooi weer met ‘n min 5 en max van 20

Oos London –  Mooi weer met ‘n min 16 en max van 26

Kaapstad –Bewolk min van 10 en max van 18

Upington – Mooi weer met ‘n min van 8 en max van 21

Sutherland –Mooi weer met Minus 4 en max 12

PE – Gedeeltelik Bewolk met ‘n min 15 en max van 23

 Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig 

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.

ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

1 Timotheus 6:12 – “Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die

ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.”

 1 Timotheus 6:19 – “en vir hulle ’n skat weglê, ’n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.”

 Janita Claassen se “Hardloop my kind”

Huidiglik:

 Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe met Corrie

3nm weeksdae – Dit wat saak maak met Mariska Delene – binnekort weer terug op die lug

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl

8nm Woensdag aande – Aktueel met Corrie

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

 

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus @saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment