Woensdag 10 Augustus

NOODBERIG

Daar is n protes aksie op die pad tussen Hotazel en Blackrock.  Die kuruman/ Hotazel pad is toe aan die Hotazel kant.

Kzn – Ulundi – Taxi Operateurs staak op die roete tussen Ulundi and Johannesburg.

Limpopo – Vuwani area.  Protest aksie mag dalk voortgaan vandag op die R523.

SAUK Radio Nuus berig vir Woensdag, 10 Augustus 2016.

Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@saukradio.com

RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nie.

Wil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by nuus@sauk.co.za

Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio

My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet

NUUS

1) Terwyl die ANC en sy meelopers spartel om in verskeie munisipale gebiede pogings aanwend om koalisies saam te stel, is daar die ander wat verwytend terugsit “want die fiasko van die verkiesing is Zuma se skuld”.

In Pretoria en Port Elisabeth het die DA die beste gevaar, maar sal in koalisie met kleiner partye moet gaan as hy wil regeer.

In Johannesburg moet die ANC in koalisie gaan met ander as hy die Goudstad se regeerder wil bly.

Die toedrag van sake het ontstaan, volgens ’n bepaalde ondersteuningsgroep in die ANC, deur die optrede van president Zuma gedurende die afgelope jaar.

Verskeie ANC hooggeplaastes het blykbaar ’n vorige versoek herhaal dat Zuma moet uittree ter wille van die party se voortbestaan, maar die ANC in Natal sê die terugslagkan nie toegeskryf word aan die president se optrede nie.

Die teenstanders sê hy is weens die korrupsie, en die talle skandale wat gekoppel word aan hom en sy nasionale regering se administrasie, verantwoordelik vir die swak vertoning.

Die vermoede bestaan dat ANC leiers ’n oproep sal doen vir ’n vervroegde konferensie om die nederlaag te bespreek en nuwe strategie uit te werk.                                                                                         Berig deur die Vryburger

2) Terwyl die bankrot regering poog om genoeg geld bymekaar te kry om die vervaardiging van nuwe treine te finansier, is sy ondersteuners besig om die een na die ander trein in vlamme te laat opgaan.

In die jongste voorval w=is verskeie treinwaens in die Wes-Kaap vernietig deur agitators wat graag van vuurhoutjies gebruik maak.

Minstens vier passasierswaens is in een voorval by Retreat spoorwegstasie vernietig in brande.

’n Woordvoerder van Metrorail sê sy kan egter nie meer besonderhede verstrek van die skade nie, maar’n bedrag van tot R100,000 sal betaal word vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming van die skuldiges.

Sy het erken dat die treindiens daardeur geraak word en dat pendelaars in die komende dae gaan sukkel om betyds by hulle werk aan te kom.                                                                                                 Berig deur die Vryburger

3) Bekommerde leiers in die ANC weet dat hulle onderhandelings om koalisie te bewerkstellig, aansienlik verswak het nadat Julius Malema gesê het hulle kan met hom praat as hulle ontslae is van pres. Jacob Zuma.

Met die Natalse ANC wat steeds ontken dat die swak prestasie in die munisipale verkiesings toegeskryf moet word aan Zuma se omstredenheid, word die party se onderhandelings kragte aansienlik verminder.

Politieke partye soos die linkse DA en die ANC skarrel rond om koalisie vennote te kry, en die indruk word gelaat dat partye met “enige ander party behalwe die ANC” sal saamwerk om die ANC uit beheer weg te hou.

Die Rooi Party van Malema kan met goeie voetwerk die hef in die hand hou in minstens 26 munisipaliteite waar geen party ’n volstrekte meerderheid het nie.

Die belangrikste munisipaliteite wat met koalisie regeer moet word, is Pretoria en Port Elisabeth, en die ANC sal aansienlike toegewings aan die Rooies moet maak, en dalk eers ontslae raak van Zuma.

Die feit is: Malema se party gaan beslis wie regeer in plekke soos Pretoria, Port Elisabeth en selfs Johannesburg.                                                                                                                             Berig deur die Vryburger

4) “Bring Julius Malema terug na die ANC, want ons het hom regtig baie nodig”, was die reaksie van die ANC se Jeugliga in Sentraal Transvaal.

Die voorsitter van die Jeugliga in die provinsie, Matome Chiloane, het Sondag die noodkreet geuiter nadat die ANC die een terugslag na die ander ervaar het in die munisipale verkiesing.

Matome Chiloane het ook ’n beroep op Malema gemaak om “terug te kom na sy huis” waar hy ’n belangrike rol moet vervul.

Politieke kenners meen Malema is egter die grootste openbare vyand van Jacob Zuma, en die terugkeer van Malema na die ANC sal beteken dat Zuma eers as president moet uittree.

’n Politieke ontleder in Pretoria het aan “Die Vryburger” gesê Malema was Zuma se grootste ondersteuner, maar die moontlikheid dat Malema sal terugkeer na die ANC sal soveel konflik veroorsaak binne die party dat dit die einde van die ANC kan meebring.

Hy sê die oproep van die Jeugleier is ’n duidelike teken van die ANC se paniek, en sy dilemma wat moeilik opgelos gaan word.                                                                                                          Berig deur die Vryburger

 5) ‘n Pizza restaurant in die Kolonade Sentrum in Pretoria is laat Sondag-nag deur twee mans beroof waarna hul ‘n enkel-kajuit bakkie gekaap en ontvlug het.

Die polisie het in ‘n jaagtog die voertuig ingejaag waarop ’n oor-en-weer skietery plaasgevind het.

Die twee verdagtes het daarna uit die voertuig gespring en te voet op die vlug geslaan.

’n Vorige rooftog by dieselfde sentrum het daartoe gelei dat die waarskuwing van ’n geplante bom, die bestuur laat besluit het om die sentrum te sluit vir die hele dag.

Groot winkelsentrums word toenemend die teiken en meet gesien word as gevaarlike plekke vir inkopers en die werkende personeel.

Die afgelope paar maande is verskeie winkelsentrums in Sentraal Transvaal geteister deur rampokkers en diewe wat in die nagtelike ure toeslaan terwyl wagte dikwels slaap,of selfs saamwerk met die rowers.  Berig deur die Vryburger

6) Persone wat hulle as beroepsjagters voorhou, sal eersdaags opgeneem word in ’n register saam met instansies soos jag-skole en sogenaamde jag-uitrusters om die bedryf meer vaartbelyn te kry.

Een van die redes vir die stap is om die ontduiking van regulasies en dokumentasie hantering vas te vat deur ’n Nasionale Register op te stel.

Die Departement van Omgewingsake is gemoeid met die stelsel en toepassing van die register, en het reeds sekere inligting deurgegee aan die verskillend provinsies om dit in hulle provinsiale wetgewing op te neem.

Een van die redes wat aangevoer word is dat beroepsjagters en uitrusters dikwels nie hulle verpligtinge nakom nie en ’n volgende seisoen in ’n ander provinsie gaan werk.

Met die nuwe stelsel word die inligting tussen provinsies gesirkuleer om ongerymdhede uit te skakel.

Die Uitvoerende Hoof van die SA Beroepsjagters Vereniging het die nuwe maatreëls verwelkom en gesê dit het lankal tyd geword dat die bedryf beter beheer en gekontroleer word.

Die lisensies vir die verskillende bedrywe word op provinsiale vlak uitgereik en aansoeke word gerig aan die provinsie se Departement van Omgewingsake.                                                   Berig deur die Vryburger

7)  Sowat vyftienduisend lede van die N.U.M wat vir Eskom werk, sal vandag met ‘n nasionale staking begin. Die nasionale woordvoerder van die vakbond, Livhuwani Mamvhuru sê hulle eis ‘n salarisverhoging van tien persent vir die laas besoldigde werknemer, agt komma vyf persent vir die hoogs besoldigde werknemer en ‘n behuisingstoelaag van drieduisend rand. Mamvhuru sê lede sal volhou met die staking totdat daar aan hul eise gehoor gegee word.

8) Sjina het gewaarsku dat sy toekomstige bande met Brittanje in die gedrang kan kom indien planne om kernkragstasie ter waarde van miljarde dollar te bou, nie voortgaan nie. Sjina sal ‘n derde van die finansiering verskaf vir die kernkragstasie wat vir die suide van Engeland beplan word. Die Britse regering het egter verlede maand aangekondig dat hy die projek gaan hersien nadat vrae ontstaan het oor veiligheidsaspekte weens Sjina se betrokkenheid.

9) Honderde taxipendelaars wat tussen Ulundi en Johannesburg reis, is gestrand weens ‘n staking. Taxi-operateurs is ontevrede omdat hul taxi’s glo deur verkeersowerhede geskut word. ‘n Woordvoerder van die KwaZulu-Natalse afdeling van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad, Boy Zondi beweer dat die regering niks doen om onwettige operateurs vas te vat nie. Zondi het pendelaars gevra om van alternatiewe vervoer gebruik te maak.

10) Die Duitse owerhede het ‘n vermeende senior lid van die militante Islamitiese Staat groep in Mutterstadt in die weste van die land in hegtenis geneem. Volgens mediaberigte in die land is die man in hegtenis geneem tydens ‘n roetine polisie-ondersoek. Die polisie is volgens die Bild-koerant se aanlynweergawe deur ‘n man in ‘n tronk in ‘n ander streek ingelig oor die teenwoordigheid van die I.S verdagte.

11) Die leier van die “United Democratic Movement”, Bantu Holomisa, het gister in ’n mediaverklaring gesê die koalisie onderhandelings kan in die twee weke uiters morsig word tussen die groter partye.

Die geskarrel om beheer te kry oor die drie groot metro-gebiede, Port Elisabeth,Pretoria en Johannesburg, is sodanig dat die Rooi-party van Malema dinge baie moeilik maak vir die vêr-linkse DA en die kommunistiese ANC.

Holomisa sê dit gaan nie maklik wees om ooreenkomste te bereik nie, veral omdat die partye gaan sukkel om met die EFF saam te werk.

Die UDM van Holomisa is reeds deur beide die groot partye genader, en hy het sy eerste vergadering oor koalisie reeds gehad.

Hy sê koalisie ooreenkomste is nie vreemd vir die UDM nie, want sy party het die linkse DA bygestaan in die Wes-Kaap.

Politieke waarnemers wys daarop dat die twee groot partye heelwaarskynlik belangrike toegewings sal moet maak om die Malema party se samewerking te kry.

Malema het aanvanklik gesê dat hy geen samewerking met die ANC voorsien nie, en later geëis dat Zuma eers as president uitgeskop moet word voor hy met die ANC sal praat.

Die EFF het die hef in die hand in minstens 27 munisipalteite, en kan met sterk eise ’n uitstekende posisie kry as hy sy kaarte reg speel, maar die gevaar is ook dat hy in een munisipale raad ’n ander standpunt sal moet huldig as in die volgende raad. Dit kan ’n onhoudbare situasie word, sê politieke ontleders.              Berig deur die Vryburger

12) Ekonome beskou die 2016 plaaslike verkiesing se uitslae as sleg in die sin dat die land ‘n ekonomiese ’n radikale omkeer nodig het,  veral met die Reserwe Bank se vooruitskouing van ‘n 0% groei in 2016, en ’n 1,5% in 2017 met slegs 1,75%  in 2018.

Die ekonome is van mening dat die Regering ‘n nuwe plan op die tafel moes plaas om die land se ekonomie ‘n hupstoot te gee, maar daarin gefaal het.Die grootste krisis wat die land tans in die gesig staar is die meer as 717 staats-beheerde entiteite wat nie finansieel oorleef nie en gedurig ‘n geldelike reddingsboei ontvang van die regering.

Die lugvaart redery, SAL is in ‘n diep finansiële krisis en meer as R14 biljoen is reeds as finansiële waarborge gegee om die sinkende skip regop te hou.

‘n Verdere probleem is die regering se onvermoë om private ondernemings betyds te betaal vir dienste gelewer, en dit plaas groot druk op besighede se kontantvloei.                                                            Berig deur die Vryburger

Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet

Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro

Warmbad – Mooi Weer-  met ‘n min 26 max van 35

Nelspruit –  Mooi Weer – met ‘n  min van 4 en ‘n max van 26

Pretoria  – Mooi Weer met ‘n  min van 10 en max van 27

Johannesburg – Mooi Weer – met ‘n min 5 en max van 22

Vereeniging –Mooi Weer – ‘n  min 9 en max van 26

Bloemfontein –Mooi Weer – met min 6 ‘n max van 20

Durban – Mooi Weer – met ‘n min van 14 en max van 23

Rustenburg – Mooi Weer – met ‘n min 8 en max van 24

Oos London –  Mooi Weer – met ‘n min 17 en max van 24

Kaapstad –Mooi Weer – met n min van 13 en max van 25

Upington – Mooi Weer – met ‘n min van 13 en max van 27

Sutherland –Mooi Weer met Min 5 en max 18

PE- Mooi Weer – met ‘n min 15 en max van 23

Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig

Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus. ons epos adres nuus@saukradio.com

Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar

Ons het Borge nodig vir ons programme

Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by nuus@saukradio.com

Skakel gerus in vir ons Uitsendings

KRAG VIR DIE DIE DAG

Filippense 4:6 – “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.”

Mattheüs 6:25 – “Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?”

Deon van der Merwe se “Dankie Heer”

Huidiglik:

Heerlike musiek 24/7

 7vm weeksdae –  Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh

10vm elke weeksdag – Gooi Mielies met Jaco Viljoen

1nm elke weeksdag –  Kinderprogramme & Bak en Proe  met Corrie

7nm  Maandag aande – Werk soek met Pieter  van Zyl

8nm Maandag aande  –  Bosoorlog met Corrie

9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter  van Zyl

9nm Dinsdag aande  –  SAUK RADIO Top 20 met Pieter van Zyl

7nm Woensdag aande – Geskiedenis met Gottie Myburgh

8nm Woensdag aande – Aktueel met Jaco Viljoen

7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl

7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie

8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie

10:00nm tot Middernag elke aand musiek vermaak  en nog meer

Saterdagmiddag Sport program  en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.

7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio

  • Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
  • Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
  • Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
  • Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?

Help ons om ons erfenis terug te neem!

Kontak ons by nuus@saukradio.com

Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio, Jy kan ook op jou selfoon Browser direk na die inskakel bladsy gaan met www.sauk.mobi.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment